Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Die Nuwe Suid Afrika - Koos Kombuis.........
Die Nuwe Suid Afrika - Koos Kombuis......... [boodskap #11082] Wo, 22 Oktober 1997 00:00
gal...  is tans af-lyn  gal...
Boodskappe: 191
Geregistreer: Mei 1996
Karma: 0
Senior Lid
'n vriend stuur my die volgende,nogal goed gestel, tipies Koos:

Blameer dit op Apartheid
------------------------------------------------------
(Koos Kombuis en die Warmblankes)


Daar's diewe in die driveway
Daar's gangsters in die pad
Daar's ouens by die traffic light
Wat jou kar wil vat
Hulle steur hulle nie aan heinings nie
Burglar bars is nutteloos
Die hele land vol satan
Die hele land is boos

Bele jy geld in Masterbond
Verloor jy dit te gou
Pos jy 'n brief by Telkom
Dan verdwyn dit in die blou
Die regering gee nie om nie
Die ministers bly stil
Selfs die Matie- rektor
Het sy vingers in die till

Blameer dit op apartheid
Blameer dit op De Klerk
Blameer dit op ou Satan
Of blameer dit op die kerk
Die hele land vol onrus
Fokkol werk en fokkol kos
Die Here is op holliday
En die duiwel is nou los

Verkeerskonstabels kyk maar weg
As minibussies wette breek
Hulle doel is net om tickets
Op geel strepe aan te steek
Jy kan maar raas en toeter
Jy kan maar vloek en ryp
Moet net nie dat die twintigsent
In jou parkeermeter verstryk

Alex Borraine stel nie belang nie
Mbeki is oorsee
Trevor Manuel is gou gym toe
En Zuma roer haar rooibostee
Blameer dit maar op Vlakplaas
Blameer dit maar op De Kock
Blameer dit op die army
en die polisiemag wat als opfok

Daar gebeur so baie skandes
In elke bleddie taal
Daar verdwyn so baie skoolkinders
Hul prentjies pryk op elke paal
Daar's diewe in jou driveway
Wat jou BMW wil steel
Daar's plakkers in die pastorie
Met messe teen jou keel
Vorige onderwerp: Ons EERBARE, GERESPEKTEERDE, CHRISTELIKE LEIERS.........
Volgende onderwerp: Re: Jaapie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 16 02:38:26 MGT 2024