Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Ons EERBARE, GERESPEKTEERDE, CHRISTELIKE LEIERS.........
Ons EERBARE, GERESPEKTEERDE, CHRISTELIKE LEIERS......... [boodskap #11081] Wo, 22 Oktober 1997 00:00
gal...  is tans af-lyn  gal...
Boodskappe: 191
Geregistreer: Mei 1996
Karma: 0
Senior Lid
Darem ongelooflik die verskonings van PW, Vlok,Pik & kie,
voor die Waarheid en Versoeningskomissie, dat hulle "nie geweet nie",
oor al die gruwelike apartheidsondes.
Dat dit maar net 'n ou "misverstandjie" was dat die polisie gedink
het woorde soos "elimineer" en "permanent uit die weg ruim" beteken
doodmaak en nie arresteer nie. Haai jinne! Dat hulle nou so verkeerd
kan verstaan! Hoor niks, sien niks, weet niks...

Hierdie mense LIEG !
Of hierdie ouens was donners onnosel, of hulle het dit goedgekeur.
Die FEIT is hulle het GEWEET. (Kamma "vermoed"...se gat!).
En dan verwag hulle mens moet ewig dankbaar wees vir hul ou aalmoesie
van 'n pseudo-verskoninkie? Pik Botha kan maar sy erkentenis dat hy
"meer" kon gedoen in sy hol opsteek. Die bliksemse vermetelheid nog!

En dan kom dit nog op die nuus oorsee, waar mens hul LIEGSTORIES
in AFRIKAANS op band in die agtergrond hoor, terwyl die vertaler vertaal.
(Dit is eintlik die "cherry op die koek" van die nuus, eintlik heel grappig):
Hoor hier, onthou julle nog Suid Afrika?, hoor net DIE politikus se
verskoning, hy se dit was maar net 'n misverstand, "eliminate"...
Ha, ha ha!

Ja, die Afrikaner se naam is alweer gat!
Maar ons ou Afrikanervolkie staan nog maar by sy LEIERS, tot die bitter
einde, verdedig hulle, kom vir hulle op... want almal wat hul so kritiseer
is tog so ONREGVERDIG,ONINGELIG,PARTYDIG,MOEDSWILLIG,VERSTAAN NIE,
SIT-OORSEE-EN-WEET-VOKKOL...

Onse EERBARE, GEREPEKTEERDE, OPREGTE, CHRISTELIKE, LEIERS.
Die Nasionale Party Helde wat die land regeer het met 'n Blink Toekoms
vir almal...maar nou nie die verantwoordelikheid wil aanvaar vir hul
beleid nie. LAFAARDS!

Ek kan dit nog vat dat mense verkeerd gedoen het as hul MANHAFTIG genoeg
is om dit RONDBORSTIG te erken. Maar hierdie ouens is LAFAARDS,
HUIGELAARS en SKOBBEJAKKE. En whiskeygesig, pokergesig Pik
was amper die nuwe NP president. Maar nou het die NP mos 'n knapie wat
al op Universiteit sy hande vuil het van Apartheid-skelmstreke en geheime
organisasies en fondse. Dis mos nou die NUWE, SKOON NP!
Sulke NUWE, EERBARE LEIERS...'n blink toekoms!
STEM NASIONAAL!!

Sterkte hoor! Gaan soen ou swart tannies en omies se agterente in die
townships en kyk of julle hul kan oortuig die NP het verander.

Vriendelike groete.
Vorige onderwerp: 150 MB webwerf vir jou besigheid
Volgende onderwerp: Die Nuwe Suid Afrika - Koos Kombuis.........
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 15 04:41:49 MGT 2024