| Vir Torreke [boodskap #110687] |
Di., 04 Julie 2006 06:03  |
Riaan
Boodskappe: 1008 Geregistreer: Maart 2006
|
Senior Lid |
|
|
Soos met Soois probeer ek net vir so rukkie van die politieke wa
afklim, want dit begin so bietjie afgesaag raak.
Jy is duidelik iemand wat Teologie studeer het, en ek het gewonder wat
is jou siening van die Harry Potter boeke.
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Vir Torreke [boodskap #110698 is 'n antwoord op boodskap #110696] |
Di., 04 Julie 2006 12:43   |
bouer
Boodskappe: 4784 Geregistreer: Desember 2003
|
Senior Lid |
|
|
Torreke skryf
> Jammer, Riaan, dis seker 'n gaping in my opvoeding, maar het net eenvoudig
> nog nooit die tyd gehad om ernstig van die Harry Potter boeke kennis te neem
> nie - in elk geval so kennis te neem dat ek 'n verantwoorde standpunt kan
> inneem nie.
Ek kon nog nooit hierdie beheptheid met Harry
Potter onder grootmense verstaan nie. Ek kan
verstaan hoekom kinders die boeke sal verslind,
maar hoekom grootmense nou sulke volgelinge
word, slaan my dronk. Ek het die eerste boek
begin lees, maar na 'n twintig bladsye of so
opgegee, want die letterkundige waarde daarvan
is nie veel nie.
Dus kan ek ook nie verstaan hoekom grootmense
téén die boeke is nie. Veral die Christene, wie se
Bybel vol dinge is wat Harry Potter na kinderspeletjies
laat lyk, soos die heks van Endor en so voort en so
voort.
Gloudina
|
|
|
|
|
|
| Re: Vir Torreke [boodskap #110702 is 'n antwoord op boodskap #110698] |
Di., 04 Julie 2006 13:38  |
Riaan
Boodskappe: 1008 Geregistreer: Maart 2006
|
Senior Lid |
|
|
Ek kan met jou saamstem dat Harry Potter geen noemenswaardige
letterkundige waarde bevat nie, maar dit is nie die rede vir my hoekom
ek die boeke gelees het nie. Om eerlik te wees het ek nie eers geweet
van die boeke nie.
Ek was vir 2 jaar in Nigeria gewees en het toevallig die eerste 2 Harry
Potter flieks op VCD (DVD's is nog nie so beskikbaar daar nie) by een
van die honderde ouens gekoop wat daagliks so 'n lewe maak.
Eers toe ek terug is in SA het ek op die net gesien dat die skrywer
besig is om boek 6 te skryf. Ek het toe die boeke in PDF formaat van
die net afgelaai en het die storie so geniet dat ek nie kan wag vir
boek 7 (die finale boek) om volgende jaar uit te kom sodat ek kan sien
hoe sy al die los halms gaan vasknoop nie, en ook hoe dit gaan eindig
nie.
Ek moet bysê dat ek behalwe vir fliek 1 en 2 glad nie van die flieks
hou nie. Dit is te vaag, en ek glo nie iemand wat nie die boeke gelees
het sal verstaan wat op sekere plekke in die fliek gebeur nie.
Hessie wrote:
> Ek kon nog nooit hierdie beheptheid met Harry
> Potter onder grootmense verstaan nie. Ek kan
> verstaan hoekom kinders die boeke sal verslind,
> maar hoekom grootmense nou sulke volgelinge
> word, slaan my dronk. Ek het die eerste boek
> begin lees, maar na 'n twintig bladsye of so
> opgegee, want die letterkundige waarde daarvan
> is nie veel nie.
> Dus kan ek ook nie verstaan hoekom grootmense
> téén die boeke is nie. Veral die Christene, wie se
> Bybel vol dinge is wat Harry Potter na kinderspeletjies
> laat lyk, soos die heks van Endor en so voort en so
> voort.
>
> Gloudina
|
|
|
|