Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Geen Simpatie
Geen Simpatie [boodskap #109739] Vr, 17 Maart 2006 09:38 na volgende boodskap
Riaan  is tans af-lyn  Riaan
Boodskappe: 1008
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
Ek sien die Cats het vandag teen die Crusaders weer sleg verloor, en ek
besef dat as 'n Suid Afrikaner, ek veronderstel is om vir die SA spanne te
skree as hulle teen die ander manne speel.

Probleem is dit is vir my as BULLS ondersteuner nogal moeilik. Vir so baie
jare was ons elke jaar laaste in die reeks en die ander SA spanne het ons
lekker gespot daaroor. So ek het geen simpatie nie, kry vir julle
Re: Geen Simpatie [boodskap #109750 is 'n antwoord op boodskap #109739] Vr, 17 Maart 2006 16:56 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Hoe kan mens simpatie hê met 'n span wat duidelik nie veel lus het om te
speel nie? SA rugby ly oor die algemeen aan 'n skok....en sy naam is Jake
White. Hy reken mos jy wen 'n wêreldbeker met verdediging....aggressiewe
verdediging. Probleem is, die spelers is nou so ingestel op verdedig dat
hulle skoon vergeet het hoe om aan te val! Die maklikste manier om meeste
van die SA spanne te klop, is om vir hulle die bal te gee en sê: 'Speel
julle.' Duuuhh??!! As ons ophou om vir onderskepdrieë en ander
mog-et-treffe te cheer, sal dit dalk tot die spelers begin deurdring dat
daar iets tussen hulle ore is wat sê: 'Julle mag maar iets anders probeer
ook, hoor!'
Ek is een moerse Bul-ondersteuner, maar dit maak my nie blind nie. Kyk
na wedstryde van die Ozzies en NZ en jy kan sien hoe werk die spanne aan
alternatiewe. Met die SA-spanne moet mens maar hê�p dinge loop reg vir
jou........

"Riaan" skryf in boodskap news:1142587963.756488@proxy.jhb.stormnet.co.za...
> Ek sien die Cats het vandag teen die Crusaders weer sleg verloor, en ek
> besef dat as 'n Suid Afrikaner, ek veronderstel is om vir die SA spanne te
> skree as hulle teen die ander manne speel.
>
> Probleem is dit is vir my as BULLS ondersteuner nogal moeilik. Vir so baie
> jare was ons elke jaar laaste in die reeks en die ander SA spanne het ons
> lekker gespot daaroor. So ek het geen simpatie nie, kry vir julle
>
Re: Geen Simpatie [boodskap #109759 is 'n antwoord op boodskap #109750] Sa, 18 Maart 2006 05:14 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jonas  is tans af-lyn  Jonas
Boodskappe: 1070
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Suidwester - ek's 'n Haai (Sharks) ondersteuner. As die Bulle die
spiere en die Sharks die breins verskaf het, het ons 'n wenspan gehad.
Met alle respek - die generaal van enige span is die losskakel. Om
Hougaardt keer op keer as losskakel te gebruik omdat hy kan skop
beteken bloot dat jy steeds dom rugby sal speel. Hougaardt kan nie 'n
agterlyn aan die gang kry nie. (Hoeveel keer het die bal vir Habana op
vleuel bereik die seisoen?)
Bepaald so - ons speel die offensiewe rugby nie - en dis juis met die
soort rugby wat die Aussies en NZ.s kringe om ons loop - oftewel
hardloop.
Interessant dat White Andre Snyman iewers gaan opdiep het. Ek verstaan
nie so lekker nie....

Suidwester wrote:
> Hoe kan mens simpatie hê met 'n span wat duidelik nie veel lus het om te
> speel nie? SA rugby ly oor die algemeen aan 'n skok....en sy naam is Jake
> White. Hy reken mos jy wen 'n wêreldbeker met verdediging....aggressiewe
> verdediging. Probleem is, die spelers is nou so ingestel op verdedig dat
> hulle skoon vergeet het hoe om aan te val! Die maklikste manier om meeste
> van die SA spanne te klop, is om vir hulle die bal te gee en sê: 'Speel
> julle.' Duuuhh??!! As ons ophou om vir onderskepdrieë en ander
> mog-et-treffe te cheer, sal dit dalk tot die spelers begin deurdring dat
> daar iets tussen hulle ore is wat sê: 'Julle mag maar iets anders probeer
> ook, hoor!'
> Ek is een moerse Bul-ondersteuner, maar dit maak my nie blind nie. Kyk
> na wedstryde van die Ozzies en NZ en jy kan sien hoe werk die spanne aan
> alternatiewe. Met die SA-spanne moet mens maar hóóp dinge loop reg vir
> jou........
> "Riaan" wrote in message
> news:1142587963.756488@proxy.jhb.stormnet.co.za...
>> Ek sien die Cats het vandag teen die Crusaders weer sleg verloor, en ek
>> besef dat as 'n Suid Afrikaner, ek veronderstel is om vir die SA spanne te
>> skree as hulle teen die ander manne speel.
>>
>> Probleem is dit is vir my as BULLS ondersteuner nogal moeilik. Vir so baie
>> jare was ons elke jaar laaste in die reeks en die ander SA spanne het ons
>> lekker gespot daaroor. So ek het geen simpatie nie, kry vir julle
>>
Re: Geen Simpatie [boodskap #109761 is 'n antwoord op boodskap #109759] Sa, 18 Maart 2006 08:20 Na vorige boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Daar is 'n hele paar dinge verkeerd met die Bulle:
1. Hougaardt: Hoekom skop hy so diep in by die afskop? Probeer hy die
skare beïndruk of wat probeer hy bereik? Sy spelers kan nie by die bal kom
nie! Ek dink in elk gevqal Morne Steyn is beter, maar Hougaardt is Heyneke
Meyer se gunsteling. Hougaardt kan net een soort van ding doen.
2. Habana: Hy ly aan die Slap Chips-siekte en wil net balle onderskep.
Dit mag met tye opwindend wees [as dit werk], maar 99% breek hy die
verdedigingslyn en kom sy man by hom verby. Daarmee plaas hy sy eie mense
onder druk.
3. Reserwes: Ek weet nie of Meyer 'brain fade' kry nie, maar as jou span
onder druk is, dan vervang jy al jou sleutelspelers met plaasvervangers?
Sommer beide Hougaardt en Du Preez op een slag! Bakkies Botha is net goed
genoeg vir 60 minute. Ek sou dink dat jy 'n ou wat sukkel, vervang. Dit
bring mens by die vraag op of Meyer nie dalk 'n behoefte het aan verloor
nie....so nie is dit plein bleddie stupid!
Maar breinfloute is nie uniek in SA rugby nie. Met André Snyman se
kontrak gee Jake White presies die volgende boodskap aan die spelers:
"Maak nie saak hoe goed julle speel nie, ek kies manne wat ek van hou en wat
ek dink in my span sal werk, shluss en klaar." Soos ons gesê het, Jake
speel verdediging en hy's mal oor stampkarre.....hy voer nou al modelle van
oorsee af in!

"Jonas" wrote in message
news:1142658841.545920.298810@g10g2000cwb.googlegroups.com.. .
Suidwester - ek's 'n Haai (Sharks) ondersteuner. As die Bulle die
spiere en die Sharks die breins verskaf het, het ons 'n wenspan gehad.
Met alle respek - die generaal van enige span is die losskakel. Om
Hougaardt keer op keer as losskakel te gebruik omdat hy kan skop
beteken bloot dat jy steeds dom rugby sal speel. Hougaardt kan nie 'n
agterlyn aan die gang kry nie. (Hoeveel keer het die bal vir Habana op
vleuel bereik die seisoen?)
Bepaald so - ons speel die offensiewe rugby nie - en dis juis met die
soort rugby wat die Aussies en NZ.s kringe om ons loop - oftewel
hardloop.
Interessant dat White Andre Snyman iewers gaan opdiep het. Ek verstaan
nie so lekker nie....

Suidwester wrote:
> Hoe kan mens simpatie hê met 'n span wat duidelik nie veel lus het om te
> speel nie? SA rugby ly oor die algemeen aan 'n skok....en sy naam is
> Jake
> White. Hy reken mos jy wen 'n wêreldbeker met verdediging....aggressiewe
> verdediging. Probleem is, die spelers is nou so ingestel op verdedig
> dat
> hulle skoon vergeet het hoe om aan te val! Die maklikste manier om
> meeste
> van die SA spanne te klop, is om vir hulle die bal te gee en sê: 'Speel
> julle.' Duuuhh??!! As ons ophou om vir onderskepdrieë en ander
> mog-et-treffe te cheer, sal dit dalk tot die spelers begin deurdring dat
> daar iets tussen hulle ore is wat sê: 'Julle mag maar iets anders
> probeer
> ook, hoor!'
> Ek is een moerse Bul-ondersteuner, maar dit maak my nie blind nie.
> Kyk
> na wedstryde van die Ozzies en NZ en jy kan sien hoe werk die spanne aan
> alternatiewe. Met die SA-spanne moet mens maar hê�p dinge loop reg vir
> jou........
> "Riaan" wrote in message
> news:1142587963.756488@proxy.jhb.stormnet.co.za...
>> Ek sien die Cats het vandag teen die Crusaders weer sleg verloor, en ek
>> besef dat as 'n Suid Afrikaner, ek veronderstel is om vir die SA spanne
>> te
>> skree as hulle teen die ander manne speel.
>>
>> Probleem is dit is vir my as BULLS ondersteuner nogal moeilik. Vir so
>> baie
>> jare was ons elke jaar laaste in die reeks en die ander SA spanne het
>> ons
>> lekker gespot daaroor. So ek het geen simpatie nie, kry vir julle
>>
Vorige onderwerp: Paslakens
Volgende onderwerp: Arabische psychiaatster spreekt zich vernietigend over islam uit
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 15 10:57:24 MGT 2024