Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » BP Brandstof
BP Brandstof [boodskap #109615] |
Mon, 13 March 2006 09:15  |
Riaan
Boodskappe: 1008 Geregistreer: March 2006
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
BP reken in hulle advertensie laas jaar dat hulle alreeds "skoner brandstof"
verkoop, en dus voor die ander olie maatskapye is. Nou wonder ek net hoekom
hulle ook so sonder unleaded brandstof sit soos die ander ouens. Ek het
vandag eers by die vierde plek reggekom, en mag net R100 ingegooi het.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: BP Brandstof [boodskap #109708 is 'n antwoord op boodskap #109707] |
Wed, 15 March 2006 07:17  |
PietR
Boodskappe: 3341 Geregistreer: July 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Wa'van praat jy nou?!!
"Otterkop" skryf in boodskap news:SYOdneZUvbBnMYrZnZ2dneKdnZydnZ2d@is.co.za...
> en lood in jou potlood maak dat jou pomp beter spuit
>
> "Suidwester" wrote in message
> news:afKdnSuIbJImBYvZRVn-pQ@is.co.za...
>> Dit maak net ekonomiese sin om dit so te doen. Ek neem aan dat dit wel
>> so is dat die bymiddels wel 'n verskil maak, maar as daar bv. 'n Engen is
>> wat sonder petrol staan en die enigste beskikbare petrol op daai oomblik
>> is van Total, wie sal ooit die verskil ken by die pomp? Ek glo nie een
>> van die maatskappye maak 'n 'swak' petrol nie. Selfs met die nuwe
>> 'skoon' diesel. As hulle so af en toe meer swael deursmokkel, sal die
>> gebruiker dit nie maklik agterkom solank dit op die korttermyn geskied
>> nie. Die vervaardigers storie ook mos al lank dat loodvrye petrol beter
>> is vir jou kar...nie in alle gevalle nie. Gaan vra vir die renjaers wie
>> van hulle ry loodvry uit vrye keuse. Lood in petrol maak dat jou kleppe
>> beter sluit en dit beteken beter werkverrigting.
>> "Torreke" wrote in message
>> news:dv5osn$6k6$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>>> As jy met mense wat by SASOL werk praat (Ek het jare terug vir SASOL
>>> gewerk en het verskeie familielede wat vir SASOL gewerk het), sal hulle
>>> jou vertel dat AL die brandstofmaatskappye petrol by SASOL koop - petrol
>>> wat uit steenkool vervaardig is! - en dit by die vulstasies onder hulle
>>> eie handelsmerk verkoop! Die verskil kom glo in die bymiddels wat
>>> elkeen by sy eie depots bygooi..
>
>>> Torreke
>
>>> "Suidwester" wrote in message
>>> news:HdOdnaTjkO3CwojZRVn-jw@is.co.za...
>>>> Ek sou daai advertensie met 'n knippie sout neem. Vir baie, baie jare
>>>> al werk Shell en BP uit dieselfde depots uit. Veral by ons op die
>>>> platteland, g�i die transporters vir beide sommer ooglopend uit
>>>> dieselfde tenker uit. Brandstof by die service station is nie altyd so
>>>> eenvoudig nie. Weet jy dat die eienaar van die diensstasie kontant
>>>> vooruit moet betaal vir elke vrag? As daar prysverlagings/verhogings
>>>> kom, moet die manne hulle strategie baie fyn uitwerk anders kan hulle
>>>> lelik verloor.
>
>
>
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Fri Mar 07 10:49:45 UTC 2025
|