Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " Sachsen-gruss " deur A.G. VISSER
" Sachsen-gruss " deur A.G. VISSER [boodskap #109549] Wo, 08 Maart 2006 01:15 na volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Sachsen-gruss
A.G. VISSER

Die rose pryk in sonneskyn
En wag, my lief, om jou te groet:
Sing sag, my hart, 'n soet refrein.

Die trotse, rooi as karmosyn,
Die spreek van liefdevuur en -gloed
Al prykend in die sonneskyn.

Die witte, beeld van liefde rein,
Werp skaam hul skoonheid jou te voet:
Sing sag, my hart, 'n soet refrein.

In wit albaster met robyn
Verrys jou beelt'nis, vroom en vroed:
Al prykend in die sonneskyn.

Ek bied aan skoonheid soewerein
'n Ligrooi roos, 'n Saksegroet:
Sing sag, my hart, 'n soet refrein.

Verlange woon in harte rein,
Madonnablank met rosegloed!
Die rose pryk in sonneskyn:
Sing sag, my hart, 'n soet refrein.
Re: " Sachsen-gruss " deur A.G. VISSER [boodskap #109557 is 'n antwoord op boodskap #109549] Wo, 08 Maart 2006 11:23 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Paddy Girl  is tans af-lyn  Paddy Girl
Boodskappe: 54
Geregistreer: Mei 2000
Karma: 0
Volle Lid
Gloudine,waar staat het huis van AG Visser ?
"Hessie" schreef in bericht
news:1141780508.737036.138640@j52g2000cwj.googlegroups.com.. .
> Sachsen-gruss
> A.G. VISSER
>
> Die rose pryk in sonneskyn
> En wag, my lief, om jou te groet:
> Sing sag, my hart, 'n soet refrein.
>
> Die trotse, rooi as karmosyn,
> Die spreek van liefdevuur en -gloed
> Al prykend in die sonneskyn.
>
> Die witte, beeld van liefde rein,
> Werp skaam hul skoonheid jou te voet:
> Sing sag, my hart, 'n soet refrein.
>
> In wit albaster met robyn
> Verrys jou beelt'nis, vroom en vroed:
> Al prykend in die sonneskyn.
>
> Ek bied aan skoonheid soewerein
> 'n Ligrooi roos, 'n Saksegroet:
> Sing sag, my hart, 'n soet refrein.
>
> Verlange woon in harte rein,
> Madonnablank met rosegloed!
> Die rose pryk in sonneskyn:
> Sing sag, my hart, 'n soet refrein.
>
Re: " Sachsen-gruss " deur A.G. VISSER [boodskap #109558 is 'n antwoord op boodskap #109557] Wo, 08 Maart 2006 12:39 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Mon skryf

> Gloudine,waar staat het huis van AG Visser ?

Ek weet nie. Visser is al baie lankal
dood.

Gloudina
Re: " Sachsen-gruss " deur A.G. VISSER - Agvisser.jpg (0/1) [boodskap #109569 is 'n antwoord op boodskap #109557] Wo, 08 Maart 2006 18:18 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Gina  is tans af-lyn  Gina
Boodskappe: 7
Geregistreer: Februarie 2006
Karma: 0
Junior Lid
On Wed, 08 Mar 2006 11:23:05 GMT, "Mon" wrote:

> Gloudine,waar staat het huis van AG Visser ?

Heidelberg, Gauteng
From Wikipedia, the free encyclopedia

Heidelberg is a South African town situated at the foot of the
Suikerbosrand (Sugarbush Ridge) next to the N3 highway, which connects
Johannesburg and Durban. Heidelberg began in 1862 as a trading station
built by a German HJ Uekermann. A town was laid out around the store
and named after Uekermann's alma mater.

Heidelberg is some 50 kilometres south-east of Johannesburg, close to
the Mpumalanga border. Just south of the town is the De Hoek toll
plaza on the newest section of the N3, which opened in December 2001.

Heidelberg sits nestled at the eastern end of the Suikerbosrand Nature
Reserve, a large tract of land that is home to Gauteng's highest
point, almost 2000 metres above sea level.

Heidelberg has played an important part in the South African history
acting as an capital for the Boer republic during the war with Great
Britain. In addition Heidelberg was home to A G Visser a famous South
African poet. His home while not open to the public can still be seen
situated close the main road through town. Historical landmarks in the
town include AG Visser's bust and the Klip Kerk ( Stone church). The
British built a concentration camp here during the Second Boer War to
house Boer women and children.

http://en.wikipedia.org/wiki/Heidelberg,_Gauteng

Gina
Re: " Sachsen-gruss " deur A.G. VISSER [boodskap #109571 is 'n antwoord op boodskap #109558] Wo, 08 Maart 2006 20:13 Na vorige boodskapna volgende boodskap
knersus  is tans af-lyn  knersus
Boodskappe: 211
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
As ek dit nie mis het nie, het AG Visser in Heidelberg gepraktiseer as dokter.
En dis waar sy huis as monument staan.

Hessie wrote:
> Mon skryf
>
>> Gloudine,waar staat het huis van AG Visser ?
>
> Ek weet nie. Visser is al baie lankal
> dood.
>
> Gloudina
>

--
_______
| OSCAR |
|KNERSUS|
|_&_KIE_|
Re: " Sachsen-gruss " deur A.G. VISSER - Agvisser.jpg (0/1) [boodskap #109573 is 'n antwoord op boodskap #109569] Wo, 08 Maart 2006 20:43 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Gina skryf

> Heidelberg sits nestled at the eastern end of the Suikerbosrand Nature
> Reserve, a large tract of land that is home to Gauteng's highest
> point, almost 2000 metres above sea level.

Dis nogal interessant om te weet dat Gauteng
se hoogste punt dáár is. Ek sou dit nie kon
geraai het nie.

Gloudina
Re: " Sachsen-gruss " deur A.G. VISSER - Agvisser.jpg (0/1) [boodskap #109574 is 'n antwoord op boodskap #109573] Wo, 08 Maart 2006 21:16 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Gina  is tans af-lyn  Gina
Boodskappe: 7
Geregistreer: Februarie 2006
Karma: 0
Junior Lid
On 8 Mar 2006 12:43:38 -0800, "Hessie" wrote:

>
> Gina skryf
>
>> Heidelberg sits nestled at the eastern end of the Suikerbosrand Nature
>> Reserve, a large tract of land that is home to Gauteng's highest
>> point, almost 2000 metres above sea level.
>
> Dis nogal interessant om te weet dat Gauteng
> se hoogste punt dáár is. Ek sou dit nie kon
> geraai het nie.
>
> Gloudina

Interessant soos jy sê. Mens sou raai dat Pretoria en verder hoër lê.
Dit het laerskool herinneringe terug gebring, waar ons geleer is dat
die land se oppervlak soos 'n onderstebo piering lyk. Met die riffiie
die toettie. En dan lê Heidelberg en omgewing natuurlik
op die riffie aan die onderkant van die piering, en Pretoria
daaroor en laer. (Lyk pierings nog so? Ek is nie nou lus
om te gaan kyk nie.)

Gina
Re: " Sachsen-gruss " deur A.G. VISSER - Agvisser.jpg (0/1) [boodskap #109584 is 'n antwoord op boodskap #109574] Do, 09 Maart 2006 15:37 Na vorige boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Gina skryf

> Dit het laerskool herinneringe terug gebring, waar ons geleer is dat
> die land se oppervlak soos 'n onderstebo piering lyk. Met die riffiie
> die toettie. En dan lê Heidelberg en omgewing natuurlik
> op die riffie aan die onderkant van die piering, en Pretoria
> daaroor en laer

Wat bedoel jy met die "toettie." Bedoel jy met
"die land se oppervlak" die land daar op die
Hoëveld, of die hele SA? Sover ek kan onthou,
was daar 'n baie groot meer in prehistoriese
tye daar, en het die goud en ander minerale
afgesak in die water tot op die rim van dié
groot meer, wat nie alleen in die huidige
Gauteng gesetel is nie, maar ook in die
Vrystaat.

Gloudina
Vorige onderwerp: " Meriba " deur D.J. OPPERMAN
Volgende onderwerp: " ek skryf uit Maputo " deur MARK BEHR
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Apr 25 19:46:53 MGT 2024