Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " Meriba " deur D.J. OPPERMAN
" Meriba " deur D.J. OPPERMAN [boodskap #109350] Wo, 01 Maart 2006 12:40
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Mériba
D. J. Opperman

Waar alles verstrak
tot die rots, tot die ding,
in Kades, die stad
op die sande van Sin,

vra my volk wildsbokke
en rooi granate,
die wingerdstokke
wat raak aan U water.

Maar onder my staf
wat driftig spreek
dat, soos uit 'n kraf,
U vryelik breek

uit die rots, uit die ding
in Kades, die stad
op die sande van Sin,
breek U waters brak.
Vorige onderwerp: " Volksvreemd " deur DAN ROODT
Volgende onderwerp: " Sachsen-gruss " deur A.G. VISSER
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 22:22:06 MGT 2024