Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Lui wurms en die geskiedenis
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Lui wurms en die geskiedenis [boodskap #107541 is 'n antwoord op boodskap #107516] |
Thu, 01 December 2005 13:15   |
Basjan
Boodskappe: 71 Geregistreer: March 2006
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
"@rogers.com" skryf in boodskap news:X56dnQfzIcZkPBDeRVn-vQ@rogers.com...
>
> "Basjan" skryf
>
>> Ek kan maar net glo dat jy iets daaraan gedoen het? Miskien gekla het by
>> die owerhede? Miskien van jou salaris aan die swartman afgestaan het om
> die
>> verskil op te maak? Of het jy maar net altyd "kwaad gebly", terwyl ander
>> oor die die vingers tik oor hul apatiese houding t.o.v. apartheid?
>
> So nou sit jy, wit mannetjie, vir my en sê wat ek moes gedoen
> het gedurende apartheid. Sulke arrogantheid. Hoekom vertel jy
> nie vir my wat jou pa en ma en ooms en tannies gedoen het
> aan die situasie gedurende die apartheidsdae nie.
Ons praat nie oor my ma en pa nie, ou tannie, ons praat oor jou ervaringe en
selfopgelegde martelaarskap. My ma en pa raak nie sulke bog soos jy kwyt
nie, DUS hoef hulle nie sulke snert te regverdig nie. Eenvoudig, of hoe?
Jy, daarenteen, braak op apatie en probeer jou eie te verdoesel met
argumente soos hieronder.
> Jy kan verseker
> wees dat ek, wat geweier het om in wit skole skool te hou onder
> die duiwelsregime,
En watter "loss" was dit vir die wit skole of "aanwins" vir swart skole?
M.a.w. waar lê jou opoffering?
> en wat later met my voete gestem en die land
> verlaat het,
Vertaling: Pass die bal na 'n ander man/vrou, dis hulle worries. Terloops,
br�g jy, regverdig jy, of vra jy verskoning?
> alles in my vermoë gedoen het as private persoon
> om mense om my te help.
Dieselfde kan ek sê van BAIE ander mense, links- EN regsgesind.
> Ek het net vir die NG dominee wat by my
> kom kollekteer het, gesê dat ek nie vir hom en sy kerkboufonds
> enige geld het nie.
Ons kan natuurlik nie jou motiewe bevraagteken nie, hetsy suiwer of
onsuiwer... dit sal net jy kan uitlê vir jouself. Dus kan die boonste sin
ook vertaal word met: Nee dankie, ek hou my geld vir myself.
Basjan
|
|
|
|
Re: Lui wurms en die geskiedenis [boodskap #107543 is 'n antwoord op boodskap #107539] |
Thu, 01 December 2005 14:24   |
PietR
Boodskappe: 3341 Geregistreer: July 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"@rogers.com" skryf in boodskap news:btidnToerbNzfBPenZ2dnUVZ_s-dnZ2d@rogers.com...
>
> Kom ons kyk wat in Zimbabwe gebeur het. Vir jare
> het die handjievol wit koloniste maar nog rugtig
> voortgegaan om op die beste plaasgrond te sit en
> geldmaak uit hulle groot tabakplase, terwyl die
> miljoene swartes maar nog voortgegaan het in
> hulle ellende.
----Dis hier waar jou logika jou verlaat. Die blankes het die 'plaasgrond'
gevat....dit was nie plaasgrond voorheen nie. Dit was gewone veld en het
jy enige idee wat jy moet doen om veld om te bou in plaasgrond, veral in
landerye soos ou Rhodesië? Die veld moet ontbos en ontrots word sodat dit
geploeg kan word. Dan moet die onkruid sover moontlik uitgeroei word.
Dan moet waters geboor word en drade gespan word en as jy klaar hiermee is,
het jy die geld wat jy vir die grond neergesit het, net so dubbeld en meer
uitgegee en jy het nog nie 'n sent gemaak nie. Dan moet jy saad koop en
hoop die weer speel saam.
Nou, ou bok, daar is groter gebiede in Afrika wat kommunaal en beskermd
is as wat daar sogenaamde 'plaasgrond' is. Die wilde Transkei is een goeie
voorbeeld. Daar is beter plantgrond daar as omtrent in die res van Afrika!
Niks, maar niks het die swart stamme op hul kommunale grond verbied om hulle
grond in plaasgrond te omskep nie....maar dit het nog nêrens eintlik gebeur
nie, of hoe?
Toe begin die oudstryders vir
> hulself afvra. Hier is dit so lank na die sogenaamde
> onafhanklikheid, en wat het verander? Toe begin
> hulle plase beset.
-----Die ou breinselle jeuk vandag? As jy Afrika se politiek ken [en jou
bek is groot genoeg om dit voor te gee] dan sal jy weet dis die politici wat
ryk word en die man op straat, en veral die oudstryders[terroriste vir
sommige!] wat niks kry nie. Vir hulleself werk en sorg is nie deel van die
swart Afrikaan se kultuur nie. Nee wat, kom ons doen dit weer en vat
hierdie keer wat ons politieke meesters nie bereid is om met ons te deel
nie. Gloudina-strategie.
> Die vraag is, doen die huidige regering in SA
> genoeg om die vorige benadeeldes hoop te
> gee?
----Tipies jou tipe van benadering. Wat van jou eie hoop skep? Werk.
WERK!
|
|
|
|
Re: Lui wurms en die geskiedenis [boodskap #107545 is 'n antwoord op boodskap #107542] |
Thu, 01 December 2005 15:44   |
bouer
Boodskappe: 4791 Geregistreer: December 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Basjan" skryf
> Tussen die boom en die bas is nóg bas, nóg boom. Soos ek gesê het, die sad
> waarheid is dat jou roots sal uitsterf en jou kinders en kleinkinders
> geassimileer word in 'n herkoms wat nie hulle eie is nie.
Jy dink parogiaal. Jy dink in die laaste analise
rassisties. Jy dink alles is swart en wit. My
familie se bande met SA is gesond en sterk.
Ons dogter en skoonseun het sopas 'n ses
weke lang besoek aan SA voltooi, waar
hulle in die Kruger wildtuin aan 'n baba-
renoster gevat het, Pretoria vol jakarandas
gesien het, by Welkom in 'n regte myn
afgegaan het, in Uitenhage die huis gaan
besigtig het waar my man gebore is, by
George in die see geswem het, in die
Kangogrotte gegaan het, volstruise in
lorries sien ry het, wynroetes in Montagu
en Robertson en Paarl en Franshoek
besoek het, teen Tafelberg opgegaan het.
Orals gehuis deur familielede of aangetroude
familielede. Sulke wortels is wat tel.
Daar is baie Afrikaners in Kanada, en
ek dink hulle voel almal tuis, behalwe miskien
mense wat in die laaste dosyn jare of so van
die "swart regering" gevlug het en nie eintlik
die groener weivelde hier gekry het wat hulle
gesoek het nie.
So wat is jou storie, jy wat daar in
België sit. Dieselfde moet vir jou geld.
Voel jy nog bas, nog boom? Sou jy in
SA vreeslik bas en boom voel? In alle
geval, twee van my kinders is in Kanada
gebore. Dis hulle land hierdie.
Gloudina
|
|
|
Re: Lui wurms en die geskiedenis [boodskap #107546 is 'n antwoord op boodskap #107541] |
Thu, 01 December 2005 16:04   |
bouer
Boodskappe: 4791 Geregistreer: December 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Basjan" skryf
> Ons kan natuurlik nie jou motiewe bevraagteken nie, hetsy suiwer of
> onsuiwer... dit sal net jy kan uitlê vir jouself. Dus kan die boonste sin
> ook vertaal word met: Nee dankie, ek hou my geld vir myself.
Die situasie met daardie dominee se besoek aan my
op Adams Mission was baie kompleks. Ek was twee
keer op dieselfde plek ( dis sewe myl van Amanzimtoti
af, na die binneland.) Die eerste keer was Amerikaanse
sendelinge nog in kontrole. Ek is daar weg toe die
departement van Bantoe-Onderwys kom oorneem het.
Drie jaar later het ek weer teruggegaan na dieselfde
plek (omdat ek naby Stoffel Nienaber wou wees,
wat my promotor was vir 'n uiteindelike Ph.D in
Afrikaans.) Toe was daar skielik so baie Afrikaners
op Adams Mission dat die NG Kerk predikant
so oop en toe oop en toe Adams Mission toe
gekom het om die NG Kerk lede te kom besoek.
Die hoof van die plek was ouderling by sy kerk.
Hierdie man het die pos gekry omdat, soos die
Afrikaners op Adams Mission self geskinder het,
hy en sy vrou Verwoerd se kinders gebabysit het.
Nou sit hierdie predikant en sy vrou in my
kamer en hulle wil weet hoekom ek nie na sy kerk
in Amanzimtoti kom nie. Ek verduidelik dat ek na
die kerk op die terrein gaan. Hy begin oor geld
praat. Ek probeer beleef wees, maar kan net
eenvoudig nie meer dit van hom weghou dat
ek my nie meer met die NG Kerk kan vereen-
selwig nie. Hy wil weet hoekom nie. Ek probeer
verduidelik dat ek dink wat hulle goedpraat, en
wat in die skool aangaan, is sodanig dat ek my
daarvan móét skei. Hy sê hoekom gaan praat
ek dan nie met die hoof, wat die ouderling in sy
kerk is nie, oor hierdie sake. Teen dié tyd is
ek in trane en sy vrou, wat al lankal begin besef
het wat tussen hierdie twee Afrikaners aangaan,
is twee pole van mekaar, probeer hom stilmaak.
Ek kan alleen hoop dat daardie twee
mense, wat op hulle eie manier goed probeer
doen het, maar net eenvoudig onkundig was oor
wat in hulle eie land aangaan, later baie teruggedink
het oor wat my reaksie was. Wonder wat hulle
gedink het soos wat apartheid meer en meer
onheilig begin word het.
Gloudina
|
|
|
|
Re: Lui wurms en die geskiedenis [boodskap #107549 is 'n antwoord op boodskap #107545] |
Thu, 01 December 2005 16:48   |
Basjan
Boodskappe: 71 Geregistreer: March 2006
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
"@rogers.com" skryf in boodskap news:vqCdnagoQ_6whRLeRVn-gg@rogers.com...
>
> "Basjan" skryf
>
>> Tussen die boom en die bas is nóg bas, nóg boom. Soos ek gesê het, die
> sad
>> waarheid is dat jou roots sal uitsterf en jou kinders en kleinkinders
>> geassimileer word in 'n herkoms wat nie hulle eie is nie.
>
> Jy dink parogiaal. Jy dink in die laaste analise
> rassisties. Jy dink alles is swart en wit.
En ek sou sê dis realisties. Ek dink jy onderskat die
"assimilasie-vermoëns" van klein kinders. Hulle absorbeer wat om hulle is
en as dit nie Afrikaans of SA geskiedenis is nie, is dit Engels en NA
geskiedenis. Realisties gesien...
> My
> familie se bande met SA is gesond en sterk.
> Ons dogter en skoonseun het sopas 'n ses
> weke lang besoek aan SA voltooi, waar
> hulle in die Kruger wildtuin aan 'n baba-
> renoster gevat het, Pretoria vol jakarandas
> gesien het, by Welkom in 'n regte myn
> afgegaan het, in Uitenhage die huis gaan
> besigtig het waar my man gebore is, by
> George in die see geswem het, in die
> Kangogrotte gegaan het, volstruise in
> lorries sien ry het, wynroetes in Montagu
> en Robertson en Paarl en Franshoek
> besoek het, teen Tafelberg opgegaan het.
Klink vir my na 'n toeriste-besoek.
> Orals gehuis deur familielede of aangetroude
> familielede. Sulke wortels is wat tel.
Dalk. Maar ek dink dis die wortels wat jy in jou gesins-huis vestig wat die
beste groei. Dalk sal hulle mense in die verre "daai nice oom en tannie in
Afrika" bly.
> So wat is jou storie, jy wat daar in
> België sit. Dieselfde moet vir jou geld.
> Voel jy nog bas, nog boom?
Presies - ek voel nog bas, nog boom. Maar ek weet my land is Suid-Afrika en
ek wil terug. Ek sit hier vir die vryheid en genot van jonkwees. Ons was 6
jaar in die VSA en het 45 state op die kerfstok en baie vriende gemaak.
Maar ons was op besoek. Ons sit vir 2-3 jaar in België, juis vir die
wonderlike geleentheid om werkservaring op te doen en Europa te sien. Waar
gaan ons eindig? dit weet ek nie, maar SA is BESLIS op die lys.
> Sou jy in
> SA vreeslik bas en boom voel?
Yes - ek was 'n paar keer al soontoe vir werk (1.5 maande en 3 weke die
jaar) en telkens was dit 'n gemaklike "tuiskoms". Dan is mens mos bas?
> In alle
> geval, twee van my kinders is in Kanada
> gebore. Dis hulle land hierdie.
Presies my punt.
Basjan
|
|
|
Re: Lui wurms en die geskiedenis [boodskap #107550 is 'n antwoord op boodskap #107546] |
Thu, 01 December 2005 16:52   |
Basjan
Boodskappe: 71 Geregistreer: March 2006
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
"@rogers.com" skryf in boodskap news:N4adnY_xioIhgRLeRVn-jQ@rogers.com...
>
> "Basjan" skryf
>
>> Ons kan natuurlik nie jou motiewe bevraagteken nie, hetsy suiwer of
>> onsuiwer... dit sal net jy kan uitlê vir jouself. Dus kan die boonste
>> sin
>> ook vertaal word met: Nee dankie, ek hou my geld vir myself.
>
> Die situasie met daardie dominee se besoek aan my
> op Adams Mission was baie kompleks. Ek was twee
> keer op dieselfde plek ( dis sewe myl van Amanzimtoti
> af, na die binneland.)
...ons het altyd as kinders by Umtentweni vakansie gehou...
> Die eerste keer was Amerikaanse
> sendelinge nog in kontrole. Ek is daar weg toe die
> departement van Bantoe-Onderwys kom oorneem het.
> Drie jaar later het ek weer teruggegaan na dieselfde
> plek (omdat ek naby Stoffel Nienaber wou wees,
> wat my promotor was vir 'n uiteindelike Ph.D in
> Afrikaans.) Toe was daar skielik so baie Afrikaners
> op Adams Mission dat die NG Kerk predikant
> so oop en toe oop en toe Adams Mission toe
> gekom het om die NG Kerk lede te kom besoek.
> Die hoof van die plek was ouderling by sy kerk.
> Hierdie man het die pos gekry omdat, soos die
> Afrikaners op Adams Mission self geskinder het,
> hy en sy vrou Verwoerd se kinders gebabysit het.
> Nou sit hierdie predikant en sy vrou in my
> kamer en hulle wil weet hoekom ek nie na sy kerk
> in Amanzimtoti kom nie. Ek verduidelik dat ek na
> die kerk op die terrein gaan. Hy begin oor geld
> praat. Ek probeer beleef wees, maar kan net
> eenvoudig nie meer dit van hom weghou dat
> ek my nie meer met die NG Kerk kan vereen-
> selwig nie. Hy wil weet hoekom nie. Ek probeer
> verduidelik dat ek dink wat hulle goedpraat, en
> wat in die skool aangaan, is sodanig dat ek my
> daarvan móét skei. Hy sê hoekom gaan praat
> ek dan nie met die hoof, wat die ouderling in sy
> kerk is nie, oor hierdie sake. Teen dié tyd is
> ek in trane en sy vrou, wat al lankal begin besef
> het wat tussen hierdie twee Afrikaners aangaan,
> is twee pole van mekaar, probeer hom stilmaak.
> Ek kan alleen hoop dat daardie twee
> mense, wat op hulle eie manier goed probeer
> doen het, maar net eenvoudig onkundig was oor
> wat in hulle eie land aangaan, later baie teruggedink
> het oor wat my reaksie was. Wonder wat hulle
> gedink het soos wat apartheid meer en meer
> onheilig begin word het.
Gloudina, jou keuses moet ek bewonder, want dit is sekerlik al wat mens kan
vra, dat elkeen volgens sy gewete optree ten bate van ander.
Basjan
|
|
|
|
Re: Lui wurms en die geskiedenis [boodskap #107557 is 'n antwoord op boodskap #107539] |
Fri, 02 December 2005 10:47   |
Danie
Boodskappe: 83 Geregistreer: August 1997
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
"@rogers.com" skryf in boodskap news:btidnToerbNzfBPenZ2dnUVZ_s-dnZ2d@rogers.com...
> ...die handjievol wit koloniste maar nog rugtig
> voortgegaan om op die beste plaasgrond te sit en
> geldmaak uit hulle groot tabakplase
Daar is net soveel verkeerd met daardie sin:
1. Hulle is meestal nie koloniste nie, maar burgers wat generasies al daar
is. Die res van die plase is oorwegend besit deur buitelanders.
2. Hulle "sit" nie, maar bestuur sukselvolle kommersieele plase. Soos enige
ander besigheid, as dit suksesvol is, maak hulle geld. Hierdie plase het
duisende mense werk gegee en geld in die land ingebring en die belasting
hierop het die land aan die dreef gehou. Kyk hoe goed gaan dit nou sonder
daardiwe werke en valuta! Praat van elende! Hierdie selfde boere wat jou so
ongemaklik maak is opgeraap deur Mocambique, Zambie en Nigerie omdat hulle,
hulle vaardighede en hulle kennis redelik nodig is in ENIGE land. Vra net
enige honger ou.
3. Meeste van Zim is steeds onbenut, maar bruikbaar. Hoekom het die regering
nie daardie land ontwikkel nie? Die VK het miljoene ponde geskenk om plase
te koop of ontwikkel. Wat gebeur? Daardie plase wat wel by die wit boere
gekoop is, is aan Bob se maatjies gegee, die res van die geld is in Bob se
gatsak.
4. Daardie "beste land" is die beste land omdat iemand die tyd, sweet, bloed
en geld spandeer het om dit so te maak (en nee, dit was nie die swartes nie,
maar blanke families). 100jaar gelede was dit alles onontwikkelde wildernis.
Dit sou nou aansienlik makliker te wees om die land te tem met trekkers en
stootskrapers as wat dit destyds was. In die afgelope 26 jaar, hoeveel nuwe
plase kon hulle geskep het?
5. Daardie boere het niks anders as 'n positiewe bydrae gemaak tot Zimbabwe
nie. As die regering die oordrag van kennis en eiendom wan bestuur is is dit
glad nie die boere se skuld nie.
> , terwyl die
> miljoene swartes maar nog voortgegaan het in
> hulle ellende.
Praat van sit en geld maak. Bob het in 26 jaar tyd baie meer geld gemaak as
die boere deur diefstal en het sy PLIG om dinge reg te stel versuim vir sy
eie gewin.
Toe begin die oudstryders vir
> hulself afvra. Hier is dit so lank na die sogenaamde
> onafhanklikheid, en wat het verander? Toe begin
> hulle plase beset.
Polities opgesweepde party ondersteuners was meestal te jonk was om stryders
te wees. Hoeveel van daardie waardevolle plase lewer nou genoeg om 'n
familie te voer, wat nog van 'n land? Zero, Zip, Zilch, None, Habba,
Fokkol, Niks, Geen, nie een nie.
> Die agtergeblewenes moet 'n
> toekoms begin sien, anders raak hulle opstandig.
Die agtergeblewenis is 26 jaar terug deur SWART leiers (Bob) weer agter
gelaat. Nie deur die blankes nie.
> Die vraag is, doen die huidige regering in SA
> genoeg om die vorige benadeeldes hoop te
> gee?
Die vraag (dink ek) behoort te wees : "Word die blankes genoeg gebruik as
hulpbron (nie as melkkoeie) om die land te laat vooruitgaan vir almal?". Die
antwoord is al hoe meer "Nee". Met al die geld en hulp bronne beskikbaar aan
die SA regering, met regstellende aksie en BEE om die rykdomme te verskei is
meeste swart mense niks beter af nie. Die paar ryk swartes word meer so, die
res word weer deur die SWART regering agtergelaat, selfde as in Zim (en
May - maar nie ten voordeel van die blankes nie. O nee. Ten voordeel van 'n
klein groepie swartes.
Nee. Zimbabwe is toeTAAL en al Bob en die swart regering se skuld en
probleem, deur agterlosigheid, wanbestuur, diefstal en 'n liefde vir mag.
Dit is dalk tyd om op te hou om blaam te soek in die verlede en met
objektiewe oe te kyk na wat aangaan in die hede. Bere daardei swepie. Ons
wit velle is al seer.
Danie
"
After independance 1980 the biggest change in Zimbabwe is the skin colour of
the oppressors.
"ZIMBABWE ICHA SUNUNGUKA" Zimbabwe shall be free
We cried out those three words more than 30 years ago under apartheid
repression, pleading for humanity and equal rights.
I still pray one day the dream will come true.
http://www.korubo.com/ZIMBABWEDOC/indexzimbabwe.htm
"
|
|
|
|
|
Re: Lui wurms en die geskiedenis [boodskap #107579 is 'n antwoord op boodskap #107551] |
Fri, 02 December 2005 18:19   |
Basjan
Boodskappe: 71 Geregistreer: March 2006
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
"@rogers.com" skryf in boodskap news:_eWdnWt54Z4fpxLenZ2dnUVZ_smdnZ2d@rogers.com...
>
> "Basjan" skryf
>
>> En ek sou sê dis realisties. Ek dink jy onderskat die
>> "assimilasie-vermoëns" van klein kinders. Hulle absorbeer wat om hulle
>> is
>> en as dit nie Afrikaans of SA geskiedenis is nie, is dit Engels en NA
>> geskiedenis. Realisties gesien...
>
> Natuurlik. Jy wil vir my beskuldig omdat ek nou
> nie meer aan my Afrikanerwortels lojaal is nie.
> Hoekom moet ek lojaal wees? Ek verkies nou
> om Kanadees te wees. Hoekom is jy nie
> lojaal aan jou familie se Europese wortels nie?
Want ek is eerstens 'n Suid-Afrikaner, nie 'n Europeër nie. WAAR val jy nou
uit met Europa? Die verskil tussen my en jou is dat ek (1) trots is op my
Afrikanerskap en (2) saam wil werk aan die voortbestaan van Afrikaners,
binne 'n uitdagende SA situasie.
> Hierdie soort geploeter oor die spesiale
> betekenis en roeping van die Afrikanernasie
> is soms 'n klomp bunkum.
Dankie, Gloudina, ek is eerlik en sê met LIEFDE dat 'n Afrikaner soos jy
dalk nie hoort by Afrikaners nie. En glo my, dit hou die res van ons glad
nie wakker in die nag nie!
> Kyk wat het 'n
> groep van hulle in die laat twintigste eeu
> aangevang, en dit nogal met die seën van
> die leidende stemme in die Afrikaner-
> gemeenskap. Ek het geen rede om my te
> beroep op die karakter en die beginsels
> van die Afrikanervolk nie. Hulle het altyd
> so gekla oor hoe hulle deur die Engelse
> behandel word, en toe hulle die mag in
> hande kry, toe is hulle tien keer erger.
En so spring jy rond, totdat jy nie meer Kanadees wil wees nie, dan is dit
dalk Eskimo, totdat hulle te veel robbe eet, en dan is dit...
Jou onbereidheid om in jou EIE groep vir iets beter te werk, maar eerder 'n
gemakliker groep BUITE jou wortels op te soek, spreek van jou karakter. When
the going gets tough.... En dit is nogals heelwat anders as iemand wat sy
Afrikanerskap wil uitleef al emmigreer hy. Dit blyk dat jy nie net jou
"groep/mense" agterlaat nie, maar nou wil tuishoort in 'n ander as totaal
een van hulle? Raar.
Basjan
|
|
|
|
|
Re: Lui wurms en die geskiedenis [boodskap #107844 is 'n antwoord op boodskap #107586] |
Wed, 14 December 2005 14:51  |
Basjan
Boodskappe: 71 Geregistreer: March 2006
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
"@rogers.com" skryf in boodskap news:JcKdnSdsTN5YAA3enZ2dnUVZ_tednZ2d@rogers.com...
>
> "Basjan" skryf
>
> Dit blyk dat jy nie net jou
>> "groep/mense" agterlaat nie, maar nou wil tuishoort in 'n ander as totaal
>> een van hulle? Raar.
>
> Dis so pateties wanneer mense van "groepe" wil praat
> en waar hulle tuishoort en waar hulle nie tuishoort nie.
Dink weer: Dis uiteindelik naief wanneer mense nie hulle groepe kan/wil
herken/erken nie. Niks fout met groepe nie, wel fout met "diskriminasie".
Kom by die realiteit.
> Ek is tuis oral waar ek gaan. Solank ek in 'n land bly
> wat, ten minste uit beginsel, nie menseregte skend en
> rassistiese beleide uitvoer nie.
En Kanada se klad is wit soos sneeu? Gaan lees bietjie verder terug in die
geskiedenis. Ek dink as die klok klaar gelui het, moet jy en jou man vir
ewig stom bly omdat julle weier om enige taal te praat van mense wat ooit 'n
mensereg geskend het. Daar bestaan nie so 'n nasie nie. Genugtig, jy is
entertaining!
> Daar is wel lande waar
> ek nie graag sal wil bly nie. Een van hulle is België.
> Die land is te plat en te klein.
Akkoord! Ek wil ook nie hier bly nie. Ek kuier net en sien pragtige dele
van Europa. Ek moet sê ek geniet die taal, "terras-kultuur", goeie sjokolade
en verskeidenheid biere.
Basjan
|
|
|
Bladsye (2): [ 2] |
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Fri Mar 07 10:58:32 UTC 2025
|