| Nog lui wurm stories...... [boodskap #107198] |
So., 20 November 2005 09:05  |
PietR
Boodskappe: 3341 Geregistreer: Julie 2003
|
Senior Lid |
|
|
Die van julle wat die storie volg oor die massagraf in Namibië, sal dit
interessant vind om te weet dat daar in die Nam parlement die afgelope week
'n interessante skuif was agv juis hierdie massagraf en andere soos dit.
Daar het 'n wetsvoorstel gekom om afgetrede president Sam Nujoma tot
'stigtingsvader van die volk' te verklaar. Hierdie wet sal aan hom
immuniteit teen vervolging gee en 'n mens kan nie help om te wonder oor die
'timing' daarvan nie. Hier word massagrafte van dooie Swapo's ontbloot en
skielik word die vraag gevra: Hoekom was dit? Die antwoord is omdat Sam
na die sluiting van vrede besluit het om 'n aanval op die land te loods en
so ongeveer 500 man onnodiglik na hulle dood gestuur het. Hierdie verraad
kan dalk vir hom in die sop laat beland en nou soek hy 'n wet om hom te
beskerm.
Die storie van die massagraf is in die naweek se pers verder gevoer toe
die Windhoek Observer fotos van die grafte geplaas het...toe dit gegrawe was
uit die tyd van die verraad van Swapo. Die enigste werklike joernalis in
Namibië, Hannes Smith, het sekerlik een van die grootste private argiewe in
Suider-Afrika en die fotos wat hyself van die dooies geneem het ten tyde van
die gebeurtenis, die bestaan en van hulle het hy gepubliseer. G'n bleddie
wonder ou Sam raak benoud nie!
|
|
|
|
| Re: Nog lui wurm stories...... [boodskap #107232 is 'n antwoord op boodskap #107198] |
Ma., 21 November 2005 08:47   |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Hy is nie al een wat dit doen nie..,,,
--
Groetnis
Annette
"Suidwester" skryf in boodskap news:Q8KdnZaj2aoX7BzenZ2dnUVZ_tKdnZ2d@is.co.za...
> Doer in Maart 1989 was die land op die drumpel van uiteindelike vrede. Die
> ooreenkoms is gesluit dat die VN beheer van die land sou oorneem. Swapo se
> soldate bly bokant die 23ste breedtegraad [ek dink!] in Angola. Die SA
> weermag onttrek grotendeels uit SWA en los eintlik net die SA polisie en 'n
> bystandmag om dinge glad te laat verloop na die eerste verkiesing toe.
> Duidelik 'n ding wat by Sam Nujoma gebroei het [die sou mens later jare
> in sy intense haatspraak teenoor die 'boere' ook vind] was die feit dat in
> 23 jaar van probeer en duisende Swapo dooies, hulle nie 'n enkele basis kon
> vestig in die land nie. Dit was nie oor die Swapo's sulke swak soldate was
> nie, dit was meer oor hulle nie so lekker georganiseerd was nie want hulle
> 'base' het in luukse verblyf oorsee gesit en die manne in uniform gesdryf
> het om hulle vuil werk vir hulle te doen, het self nie geweet hoe om dit te
> doen nie.
> Nou, tussen 300 en 500 swaar gewapende Swapo's het die land in direkte
> opdrag van Sam Nujoma, die land binnegeval. Hulle doel was om basisse te
> vestig in die land om vir die wêreld te wys dat hulle sukses in die oorlog
> behaal het. Van sy bevelvoerders was kwaai gekant teen die opdrag want
> hulle het uit jare se ondervinding in die bos, geweet wat gaan gebeur.
> Dat dié Swapo's goed gewapen was, is bewys deur die feit dat 5 Wolf
> personeeldraers van Koevoet deur anti-tenk deur RPG's en SKS geweer
> anti-tenk projektiele uitgehaal is. Hulle het ook SAM 7's saamgedra want
> mens sou jou kon indink dat hulle gedink het dat as die SAW 'n vinnige
> terugkeer tot die gebied maak, sal daarvan met vliegtuig en helikopter wees
> en dan kan hulle dit met dié grond tot lug missiel looi. Meer belangrik
> was dat hulle die nuutste RPG vuurpyl gehad het: Die RPG-75.
> Swapo het hulle egter misreken met die ervaring van Koevoet en binne 'n
> paar dae was alles verby en die lyke van Swapo soldate by die honderde.
> Daar is begin om die lyke te begrawe. In die eerste week van April is
> ooreengekom dat die lyke later weer oopgegrawe kon word en herbegrawe kon
> word afhangende van die wetsprosedure en ondersoeke. Die is wel gedoen,
> maar aangesien die gevegte wyd versprei was, is sekerlik nie alle begraafde
> lyke weer gevind nie.
> Die belangrikste om te onthou, is dat dit oorlog was en dat dit 'n geveg
> was tussen soldate. Die mense wat dood is, is dood agv van gewapende
> konflik en dis nie siviele mense nie. Die werklike skuldige aan dié dooies
> is Sam Nujoma, wat ten spyte van die feit dat vrede bereik is en
> ooreenkomste onderteken is, hy besluit het om 'n aanval te loods deur die
> opdrag daarvoor te gee.
> O, en mense soos Sam Nujoma skiet nie self nie. Hulle kruip onder die
> bed weg tot die geweld verby is en dan moet jy sy bek hoor! Hy stuur
> maar net mense na hulle dood.....
>
> "@rogers.com" wrote in message
> news:OJudnbXQU_4A8x3eRVn-rQ@rogers.com...
>>
>> Kan jy bietjie weer verduidelik wat hier aangaan. Ek neem
>> aan dis Swapo soldate wat in die massagrafte is. Hoekom
>> beskuldig jy nou vir Sam Nujoma daarvan. Is dit hy wat
>> hulle doodgeskiet het?
>>
>> Gloudina
>>
>
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Nog lui wurm stories...... [boodskap #107367 is 'n antwoord op boodskap #107312] |
Wo., 23 November 2005 04:50  |
Otterkop
Boodskappe: 377 Geregistreer: Maart 2006
|
Senior Lid |
|
|
Denmar is in Garsfontein
"Riaan" skryf in boodskap news:1132663821.55687@proxy.jhb.stormnet.co.za...
> Ek dink jy praat hier van Denmar Kliniek. Dit is in Lyttelton Centurion,
> en is uitsluitlik vir die behandeling van sielkundige probleme as ek dit
> nou reg het.
>
>
> "Suidwester" wrote in message
> news:Q4CdneQ54I-Qlx7enZ2dnUVZ_sidnZ2d@is.co.za...
>> Dan is daar die instituut in Lyttleton in Pretoria [of so iets] wat ook
>> goeie werk doen. Ek dink nie jy het 'n eis vir skadevergoeding nie,
>> maar hulle help jou herstel.
>
|
|
|
|