Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Wat is politiek?
Wat is politiek? [boodskap #107089] Do, 17 November 2005 06:29
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11112
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Wat is politiek?

'n Seuntjie vra aan sy pa: "Pa, wat is politiek?"
Die pa krap sy kop en dink 'n rukkie. "Sien, eintlik is dit heel eenvoudig,"
s
"Ek bring die geld huis toe, dus verteenwoordig ek KAPITALISME."
"Jou ma beheer die geld, dus is sy die REGERING."
"Oupa hou 'n ogie dat alles in die gesin glad loop, dus is hy die OWERHEID."
"Die buurvrou is die WERKERSKLAS."
"Ons het almal maar net een doel in die lewe, naamlik jou welsyn. Dit maak
van jou die VOLK."
"Jou kleiner boetie in sy doeke is die TOEKOMS."
Die seuntjie sê dis goed so, hy sal daaroor gaan dink.
Daardie nag word hy wakker van sy boetjie wat huil met 'n vuil doek. Omdat
hy nie weet wat om te doen nie, staan hy op en stap na sy ma-hulle se
slaapkamer. Net sy ma is daar, en sy slaap so vas hy kan haar nie wakker kry
nie.
Hy stap aan na die pretkamer toe, waar hy deur die venster sien dat sy pa
by die tannie langsaan met vreemde dinge besig is. Hy merk ook op dat sy
oupa skelm oor die muur loer. Almal is so druk besig en vasgevang in die
situasie dat nie een van hulle hom opmerk nie. Die seuntjie besluit dus om
maar te gaan slaap, daar is niks wat hy aan die saak kan doen nie.
Die volgende oggend vra sy pa of hy politiek nou verstaan, en dit in sy eie
woorde kan uitlê.
"Ja," sê die seuntjie. "KAPITALISME bevark die BUURMANSKLAS terwyl die
OWERHEID net kyk en die REGERING slaap. Die VOLK word heeltemal geïgnoreer
en die TOEKOMS bring net k@k.
Vorige onderwerp: Totsiens
Volgende onderwerp: Skreeusnaakse Franse ironie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Sep 28 15:05:16 MGT 2024