Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Waarom?
Waarom? [boodskap #106] Wo, 26 September 2001 04:57 na volgende boodskap
Jonas  is tans af-lyn  Jonas
Boodskappe: 1070
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Waarom word die nuusgroepie nie benut nie?
Re: Waarom? [boodskap #107 is 'n antwoord op boodskap #106] Wo, 26 September 2001 17:18 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Arthur  is tans af-lyn  Arthur
Boodskappe: 609
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Jonas" schreef...
> Waarom word die nuusgroepie nie benut nie?

Om te baklei is ouliker wanneer daar baie deelnemers is, soos op
soc.culture.south-africa.afrikaans ;)

Groete,
Arthur
Re: Waarom? [boodskap #108 is 'n antwoord op boodskap #106] Do, 27 September 2001 00:56 Na vorige boodskap
Zobo Kolonie  is tans af-lyn  Zobo Kolonie
Boodskappe: 8
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Junior Lid
Jonas skryf in boodskap news:9orn9t$sns$1@ctb-nnrp1.saix.net...
> Waarom word die nuusgroepie nie benut nie?
>
Ek weet nie.

ZK
--
Dead men don't need season tickets
Re: waarom? [boodskap #23432 is 'n antwoord op boodskap #106] Sa, 29 Mei 1999 00:00 Na vorige boodskap
PAT  is tans af-lyn  PAT
Boodskappe: 141
Geregistreer: April 1999
Karma: 0
Senior Lid
Jy moet eers bietjie tyd spandeer om te leer hoe om jou sleutelbord korrek
te gebruik kleintjie, want hierdie geskreeuery van jou is m.i. doelbewus
om aandag te trek. Wat is eenvoudiger as caps lock en ontsluit?

Die rede vir die "gekappery" is doodeenvoudig. Ons geniet dit. As ons oor
koeitjies en kalfies wil sit en chat om die teetafel, dan kan ons dit mos
daagliks doen met ons huismense en vriende. Ons geniet hierdie anonomieme
medium waar ons al ons fobias en latente rassistiese (sommige van ons)
gevoelens en onsekerhede kan lug, en verseker wees van dadelike en swift
reaksies van die ander lesers :-)))

Los ons uit, en stig jou eie "Om die roosvormige koektafel klub waar net
oor ditjies en datjies gesels mag word"

Pat

Kleintjie wrote in article
...
> WONDER MAAR NET WAAROM DIE GEKAP NA MEKAAR>
> IS DIT OM SENIORITEIT EN EGOS TE BEVREDIG> OF IS DIT N TIEPEKULTUUR?
> KOM ONS GENIET DIE SAAMWEES OP DIE GROEP EN DEEL WERELDWYD MET MEKAAR
> EN LAG SAAM EN SPOT SAAM>
> EK WAS SO OPGEWONDE OM DIE GROEP TE ONTDEK MAAR DIE LAASTE TYD SE
> BITTERBEKKE LAAT RERIG N WRANG SMAAK IN DIE MOND
>
Re: waarom? [boodskap #23433 is 'n antwoord op boodskap #106] Sa, 29 Mei 1999 00:00 Na vorige boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 29 May 1999 18:57:37 +0200, "Kleintjie" wrote:

|WONDER MAAR NET<
|WAAROM DIE GEKAP NA MEKAAR>
|IS DIT OM SENIORITEIT EN EGOS TE BEVREDIG> OF IS DIT N TIEPEKULTUUR?
|KOM ONS GENIET DIE SAAMWEES OP DIE GROEP EN DEEL WERELDWYD MET MEKAAR
|EN LAG SAAM EN SPOT SAAM>
|EK WAS SO OPGEWONDE OM DIE GROEP TE ONTDEK MAAR DIE LAASTE TYD SE
|BITTERBEKKE LAAT RERIG N WRANG SMAAK IN DIE MOND
|
|
Kleintjie, vertel vir ons waar in die wereld jy is en miskien wat die
afgelope week/maand vir jou baie mooi was, dan het ons iets moois om
oor te praat.

Hier waar ek in Minnesota in die VSA is, is die somer in volle gang.
In ons tuin blom die tulpe in kleure wat amper 'n mens se oë wil seer
maak. Verder is alles net groen, 'n oorweldigende ligte groen - ons
is baie gelukkig om in 'n baie boomryke metropool te bly - ek wys nou
die dag vir my vrou waar ons 'n myl van St Paul se middestad af ry, op
die hoofweg, kon ons net drie geboue tussen al die bome sien, en die
Mississippi rivier. Dis regtig pragtig.

Iets interresants: St Paul se middestad is maar baie soos enige ander
stad s'n, maar daar is baie selde baie mense te sien. Omdat die
winters so bitter koud is (selfs twee minute in die wind kan jou
ernstige "frostbite" skade aan jou gesig gee), is die
"window-shopping" loopvlak van die stad een vloer opgelig! Hulle noem
dit die skywalk. Waar normale kantoorgeboue in ander stede
winkelvensters en kaffees en winkeldeure op die sypaadjies sal hê, is
dit hier alles op die vloer bokant grondvlak. Meeste van die geboue
is met looptonnels bo-oor die strate verbind en jy kan letterlik van
een kant van die middestad af tot aan die anderkant loop in T-hemp en
kortbroek terwyl dit buite -40°C is. Boonop sonder om oor enige
verkeer te bekommer.

'n Vriend van my wat nou in Houston in Texas woon vertel my dat dit
daar net die teenoorgestelde is - dis gewoonlik reg deur die jaar
onmenslik warm en meeste van die middestad is soos Kaapstad se Goue
Akker kompleks onder die grond.

=|:^)

Johan
Vorige onderwerp: Antie G, die een is vir jou...
Volgende onderwerp: Re: Waar staan SA- vra Rico - Koerant.jpg (0/1)
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Jun 13 09:18:12 MGT 2024