Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Waar staan SA- vra Rico - Koerant.jpg (0/1)
Re: Waar staan SA- vra Rico - Koerant.jpg (0/1) [boodskap #50815] Wo, 26 September 2001 19:58 na volgende boodskap
davie davis[1]  is tans af-lyn  davie davis[1]
Boodskappe: 696
Geregistreer: Maart 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 25 Sep 2001 22:50:08 GMT, Danielle wrote:

> On Tue, 25 Sep 2001 20:45:55 +0200, Davie Davis
> wrote:
>
>> Die berig in 'n liberale, swak maar bekende dagblad (vandag se
>> uitgawe) sal bes moontlik jou vraag GEDEELTELIK beantwoord.
>
> Ek kan nie help om te wonder of dit die Beeld was/is nie, Dave?

Jy het 'n baie wye kennis oor die Suid Afrikaanse media, Danielle.
En soos gewoonlik slaan jy die spyker op die kop. Dieselfde Beeld wat
aanvalle deur Swartes op Blankes weergee as aanvalle deur 'mense wat
mense aangeval het' en aanvalle deur Blankes op Swartes haal sonder
uitsondering die voorblad in groot swart letters. 'n Brief deur my oor
dié kwessie is nooit geplaas nie en 'n (nie werklik so lank terug)
geval waar 'n blanke swart mense in 'n bus aangeval het en dit weer
uitgebasuin is met klem op die wit vel van die blanke het lesers
keelvol geraak met Beeld daaroor (wat dit geensins verander het nie).
Ek onthou baie min van die insident maar onthou baie goed dat Beeld
homself die reg voorbehou het om dit te doen wanneer 'aanvalle
polities geinspireerd is'. Dit klink soos die Waarheid Kommissie
Sirkus wat homself ook die reg toegeeien het om te besluit wanneer
politiek betrokke is/was en wanneer nie.

> Rico
>> Dit berig laat my skrik.
>> En die regering doen niks daarteen nie, ons kan se, SA is pro Afganen?????

Rico, die SA regering het omtrent net so moeilike besluit om te maak
as George Bush. Bush (oftewel die VSA regering) se besluit gaan
daaroor of onskuldige mense moet sterf omdat onskuldige mense gesterf
het. Die SA regering weer, het diepgewortelde Arabiese en ander Moslem
vriende.

>
> Danielle
>> Die berig sê mos dat hulle die mense ontmoedig - ...

Nee Danielle, die berig sê slegs dat mense ontmoedig 'kan word'.
Lees dit, ek heg dit aan.
>
> Wouter
> Wat jy sê is in beginsel reg, Danielle, maar
> * ek sou graag eers die berig wou sien, miskien kan Davie dit
> volledig plaas?

Sò interessant Wouter, gisteraand het ek my scanner weer geinstalleer
op die rekenaar wat ek gewoonlik gebruik. In die oggendure het ek
dieselfde rekenaar se moederbord verloor. Ek het vyf rekenaars maar
slegs op daardie een was die scanner geinstalleer. Ek werk nou van my
notebook af en wonder nou of ek die berig moet skryf... nee ek sal die
scanner installeer. (sien jou nou nou...)

Hier's ek terug. Hoop nie jy't lank gewag nie :-)
Die berig is hierby.
Re: Waar staan SA- vra Rico - Koerant.jpg (0/1) [boodskap #50820 is 'n antwoord op boodskap #50815] Wo, 26 September 2001 20:19 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Arthur  is tans af-lyn  Arthur
Boodskappe: 609
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Davie Davis schreef...
> Rico, die SA regering het omtrent net so moeilike besluit om te maak
> as George Bush. Bush (oftewel die VSA regering) se besluit gaan
> daaroor of onskuldige mense moet sterf omdat onskuldige mense gesterf
> het. Die SA regering weer, het diepgewortelde Arabiese en ander Moslem
> vriende.

Iedereen heeft het er bij voorbaat over dat er door overhaaste Amerikaanse
akties onschuldige mensen gaan sterven, maar vooralsnog zijn we meer dan
twee weken verder en is het de stand 6000 voor de terroristen en 0 voor de
Amerikanen. Petje af voor Bush, hij gaat zorgvuldig en koelbloedig te werk.
Wat sowieso blijft is het feit dat de Amerikanen nooit met opzet zomaar
onschuldigen zal gaan doden, terwijl dat juist WEL de opzet van de
terroristen was.

Groeten,
Arthur
Re: Waar staan SA- vra Rico - Koerant.jpg (0/1) [boodskap #50829 is 'n antwoord op boodskap #50815] Do, 27 September 2001 00:34 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Davie Davis wrote:

> 'n liberale, swak maar bekende dagblad

Beeld is een van die koerante wat deur die
NASIONALE PERS uitgegee word. Kan
enigiemand vir my verduidelik hoekom
Beeld sulke haat op hierdie nuusgroep
ontketen, as dit een van die min besighede
is, saam met Die Burger, ens. wat wel
deur Afrikaanse besigheidsmense suksesvol
beoefen word in SA.

Gloudina

>
Re: Waar staan SA- vra Rico - Koerant.jpg (0/1) [boodskap #50831 is 'n antwoord op boodskap #50815] Do, 27 September 2001 06:04 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Gloudina, ek het niks teen Beeld nie, omdat ek dit nie lees nie.
Elke koerant het maar sy verslaggewers en redakteurs wat bepaal hoe nuus
weergegee word, en dit verander - dus steur ek my nie veel daaraan nie.
Soos hier, lees ek wat en wanneer ek wil.
Ek stem egter glad nie met jou saam dat daar slegs enkele besighede is wat
deur Afrikaanse ( ek neem aan jy meen Afrikaans-sprekende) mense suksesvol
bedryf word nie.
Dus, as jy die tyd het, gee vir ons die name van die enkeles wat jy van
weet, en dan kan ons dit vir jou aanvul.
Annette

--
>
>> 'n liberale, swak maar bekende dagblad
>
> Beeld is een van die koerante wat deur die
> NASIONALE PERS uitgegee word. Kan
> enigiemand vir my verduidelik hoekom
> Beeld sulke haat op hierdie nuusgroep
> ontketen, as dit een van die min besighede
> is, saam met Die Burger, ens. wat wel
> deur Afrikaanse besigheidsmense suksesvol
> beoefen word in SA.
>
> Gloudina
>
>>
>
Re: Waar staan SA- vra Rico - Koerant.jpg (0/1) [boodskap #50835 is 'n antwoord op boodskap #50815] Do, 27 September 2001 06:19 Na vorige boodskap
Lou  is tans af-lyn  Lou
Boodskappe: 436
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Weereens 'n Gloudiaanse verdagmaking - rumours oor rumours ... tut tut.

As iemand dink die koerant is swak dan beteken dit nie hy haat die
koerant nie.

As iemand - en dit is slegs 'n voorbeeld - dink jy kan vreeslik rojaal
met die waarheid omgaan, beteken dit nie hy haat jou nie. :|

@home.com wrote:
>
> Davie Davis wrote:
>
>> 'n liberale, swak maar bekende dagblad
>
> Beeld is een van die koerante wat deur die
> NASIONALE PERS uitgegee word. Kan
> enigiemand vir my verduidelik hoekom
> Beeld sulke haat op hierdie nuusgroep
> ontketen, as dit een van die min besighede
> is, saam met Die Burger, ens. wat wel
> deur Afrikaanse besigheidsmense suksesvol
> beoefen word in SA.
>
> Gloudina
>
>>
Vorige onderwerp: Waarom?
Volgende onderwerp: Gloudina oor seksisme en hangtieties
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 23 11:18:01 MGT 2024