Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Sport & ontspanning » Re: Bokke en Pumas
Re: Bokke en Pumas [boodskap #106915] Ma, 07 November 2005 07:53 na volgende boodskap
Deneneile  is tans af-lyn  Deneneile
Boodskappe: 65
Geregistreer: November 2005
Karma: 0
Volle Lid
Die Pumas het meer gekonsentreer om die spel rondom hul skrum, losgemaal en
voorspelers te hou want dit is hul sterkpunt, die Franse en Kiwi's neig meer
om te slaan met hul agterlyn sowel met hul kragtige dryfspel so die Bokke se
spel het meer soos 'n "hoepie-le" gelyk as werklike agterlyn flair. Bolla
het heel goed vertoon en sy skoon maak agter die oond was vinning, hy het
net 'n paar keer verkeerde kant na toe gespeel. Niks met polities korrek nie
want jy kyk weer natuurlik na vel kleur.

"Suidwester" skryf in boodskap news:X66dnbrTeqftZ_PeRVn-vw@is.co.za...
> Ek het op 'n stadium gestres dat die Bokke gaan verloor! Jake White sal
> van sy troontjie moet afklim en 'n spesialis-losskakel in die span kry om
> Andre Pretorius by te staan. Die is van die begin af gesê, maar hy het
> sy eie kop gevolg. Het julle die wedstryde van die All Blacks vs Wallis
> en Frakryk vs Oz gesien. Dit maak mens skrikkerig vir wat gaan kom! Ja
> ek weet Jake se Bokke speel basies 'n verdedigingspatroon met die hoop van
> 'n los drietjie hier en daar, maar beide die AB's en Frankryk lyk nie of
> hulle hul gaan laat mak verdedig nie. Wat soek Bolla Conradie in die
> Bokspan, behalwe dat hy polities korrek is? Miskien moet iemand hom
> vertel dat hy sy span onder druk sit deur dwars te hardloop......maar dalk
> pas dit in Jake se 'vision' in?
>
Re: Bokke en Pumas [boodskap #106919 is 'n antwoord op boodskap #106915] Ma, 07 November 2005 10:24 Na vorige boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek het nie 'n probleem met sy kleur nie, dit was net 'n stelling. Hy
hardloop egter meestal dwars op die veld en daarmee plaas hy sy eie agterlyn
onder druk. Met elke tree wat hy dwars gee, is die ander span se
verdediging een tree nader, so effektief verloor jy veld solank as wat die
bal in sy hande is. Die hele Bok-agterlyn skuif net van kant tot kant oor
die veld met niemand wat die lyn kan breek nie. Ek het gedink die tydjie
wat Claassens op die veld was het dit beter met die Bokke gegaan....

"Deneneile" skryf in boodskap news:dkn15n$8rf$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Die Pumas het meer gekonsentreer om die spel rondom hul skrum, losgemaal
> en voorspelers te hou want dit is hul sterkpunt, die Franse en Kiwi's neig
> meer om te slaan met hul agterlyn sowel met hul kragtige dryfspel so die
> Bokke se spel het meer soos 'n "hoepie-le" gelyk as werklike agterlyn
> flair. Bolla het heel goed vertoon en sy skoon maak agter die oond was
> vinning, hy het net 'n paar keer verkeerde kant na toe gespeel. Niks met
> polities korrek nie want jy kyk weer natuurlik na vel kleur.
Vorige onderwerp: Bokke en Pumas
Volgende onderwerp: Rugby
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Apr 28 18:38:01 MGT 2024