Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Die doel van hierdie nuusgroep
Die doel van hierdie nuusgroep [boodskap #106378] Di, 11 Oktober 2005 10:57 na volgende boodskap
Julius Bergh  is tans af-lyn  Julius Bergh
Boodskappe: 111
Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Ons nuusgroep is nou wel veronderstel om n "debatsvereniging" in en oor Afrikaans te wees - en daar is goeie voorbeelde daarvan. Ek geniet die
gedigte en die politieke dialoog maar meer as die helfde van die plasings het meer met terapie te doen.

Die eensames maak lekker penvriende en penvyande en geniet die penvyande selfs meer as die penvriende. Jy kan sommer die swael ruik soos die ouens
mekaar lekker beledig en selfs lelik vloek. Maar hulle geniet die beledigings wat hulle kant toe kom net so veel as die terug byt. n Mens voel
sommer verlig - amper soos wanneer jy die hond gaan skop as jy kwaad is vir iets sonder om skuldig te voel oor jy die homd onnodig seergemaak het want
hierdie Internethond het sy straf verdien.

Selfs die patalogiese kranksinniges met hulle anonieme plasings vind die uitlaatklep vir hulle graffiti goedkoper as n besoek aan die psigiater. Dis
darem lekker om bOERE te bevloek in die veiligheid van jou Internetverbinding - sonder die risiko van n blou oog en n haasbek en sonder dat jou ma jou
ore warm klap omdat jy so lelik praat!

Aaaah - nou daar het ek nou ook my terapie vir die aand gehad. Ek voel nou sommer lus vir nog n dag se "struggle".

Dankie en groete van huis tot huis.

Julius
Re: Die doel van hierdie nuusgroep [boodskap #106381 is 'n antwoord op boodskap #106378] Di, 11 Oktober 2005 13:10 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
So jy's nou ontslae van die Bobby.............? Foei tog!

"Julius Bergh" skryf in boodskap news:dj5nk1147gaboa2h6q0475t9uhno9su69f@4ax.com...
> Ons nuusgroep is nou wel veronderstel om n "debatsvereniging" in en oor
> Afrikaans te wees - en daar is goeie voorbeelde daarvan. Ek geniet die
> gedigte en die politieke dialoog maar meer as die helfde van die plasings
> het meer met terapie te doen.
>
> Die eensames maak lekker penvriende en penvyande en geniet die penvyande
> selfs meer as die penvriende. Jy kan sommer die swael ruik soos die ouens
> mekaar lekker beledig en selfs lelik vloek. Maar hulle geniet die
> beledigings wat hulle kant toe kom net so veel as die terug byt. n Mens
> voel
> sommer verlig - amper soos wanneer jy die hond gaan skop as jy kwaad is
> vir iets sonder om skuldig te voel oor jy die homd onnodig seergemaak het
> want
> hierdie Internethond het sy straf verdien.
>
> Selfs die patalogiese kranksinniges met hulle anonieme plasings vind die
> uitlaatklep vir hulle graffiti goedkoper as n besoek aan die psigiater.
> Dis
> darem lekker om bOERE te bevloek in die veiligheid van jou
> Internetverbinding - sonder die risiko van n blou oog en n haasbek en
> sonder dat jou ma jou
> ore warm klap omdat jy so lelik praat!
>
> Aaaah - nou daar het ek nou ook my terapie vir die aand gehad. Ek voel
> nou sommer lus vir nog n dag se "struggle".
>
> Dankie en groete van huis tot huis.
>
> Julius
Re: Die doel van hierdie nuusgroep [boodskap #106382 is 'n antwoord op boodskap #106378] Di, 11 Oktober 2005 13:26 Na vorige boodskapna volgende boodskap
kaalbaster  is tans af-lyn  kaalbaster
Boodskappe: 108
Geregistreer: September 2005
Karma: 0
Senior Lid
Julius Bergh wrote:
> Ons nuusgroep is nou wel veronderstel om n "debatsvereniging" in en oor Afrikaans te wees - en daar is goeie voorbeelde daarvan. Ek geniet die
> gedigte en die politieke dialoog maar meer as die helfde van die plasings het meer met terapie te doen.
>
> Die eensames maak lekker penvriende en penvyande en geniet die penvyande selfs meer as die penvriende. Jy kan sommer die swael ruik soos die ouens
> mekaar lekker beledig en selfs lelik vloek. Maar hulle geniet die beledigings wat hulle kant toe kom net so veel as die terug byt. n Mens voel
> sommer verlig - amper soos wanneer jy die hond gaan skop as jy kwaad is vir iets sonder om skuldig te voel oor jy die homd onnodig seergemaak het want
> hierdie Internethond het sy straf verdien.
>
> Selfs die patalogiese kranksinniges met hulle anonieme plasings vind die uitlaatklep vir hulle graffiti goedkoper as n besoek aan die psigiater. Dis
> darem lekker om bOERE te bevloek in die veiligheid van jou Internetverbinding - sonder die risiko van n blou oog en n haasbek en sonder dat jou ma jou
> ore warm klap omdat jy so lelik praat!
>
> Aaaah - nou daar het ek nou ook my terapie vir die aand gehad. Ek voel nou sommer lus vir nog n dag se "struggle".
>
> Dankie en groete van huis tot huis.
>
> Julius

Julius, dit maak 'n mens ergerlik om jou nuusgroep oop te maak en die
walglike taal van sommige van die ouens te lees, en wat dit die ergste
maak is dat dit juis die "Afrikaanse taal" is wat op so 'n wanordelike
wyse rond geswaai word.

Dit kan nie terapie wees nie, want my bloed stol en veroorsaak dit 'n
ooraktiewe bloed styging wat my kwaad, kwaad maak!!

Afrikaans is mooi en is daar soveel onderwerpe om te bespreek dat dit
onnodig is dat vuil taal en spesifiek deur drie persone, so wanordelik
gebruik word.

As ek darem weet wie hulle is, sal ek werklik hul ore warm klap!

Maar nou ja, sulkes is daar ook en moet mens seker maar met hulle
saamleef.

Groetnis

Kaalbaster
Re: Die doel van hierdie nuusgroep [boodskap #106387 is 'n antwoord op boodskap #106378] Di, 11 Oktober 2005 16:49 Na vorige boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Julius Bergh" skryf

> Aaaah - nou daar het ek nou ook my terapie vir die aand gehad. Ek voel nou sommer lus vir nog n dag se "struggle".
>
> Dankie en groete van huis tot huis.

Ja, en ons geniet jou hernude teenwoordigheid op hierdie
nuusgroep, na baie baie lange afwesigheid. Ons moet iets
reg doen om jou aandag te hou.

Gloudina
Vorige onderwerp: Re: cc
Volgende onderwerp: Re: What's Wrong??
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 04 02:04:43 MGT 2024