Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: cc
Re: cc [boodskap #106352] So, 09 Oktober 2005 17:24 na volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Jonas" skryf:

> In elk geval - Katryn het haar les geleer.

Werklik? En wat sou daardie les dan nou wees?
Ou Jonas, ek reken dat jy en jou ilk nou maar gerus moet ophou met
julle gedurige persoonlike aanvalle en neerhalende gewoontetjies. Dit
reflekteer net sleg op jou intellek en opvoeding (of gebrek daaraan)
Waarom antwoord of probeer julle nie eerder om die stelling wat ek
gemaak het, en wat direk gelei het tot hierdie afskuwelike morsige
moddergooiery, verweer of verdedig nie.
Ja, ek erken dat slegs die eerste pargraaf van my boodskap was
ernstig, en dat die res suiwer tong in kies draakstekery was. Iets
wat duidelik nie vanpas is op 'n groep soos hierdie nie.

Die stelling wat ek gemaak het, is werklik heel eenvoudig en gladnie
moeilik om te begryp of verstaan nie. Dit kan en behoort selfs 'n
interessante geprek te raak.
Die 2 verskillende filosofiese denkrigtings van "dualisties"teenoor
"non-dualisties" is werklik interessante onderwerpe.

My stelling was:
"Ek reken Gloudina wil jou graag probeer oortuig dat 'n
non-dualistiese sienswyse, , beter is as jou dualistiese
interpretasie van jou geloof,waar siel/gees en liggaam apart is (in 'n
neutedop gestel).

Nou vra ek vir JOU ou Jonas, Wat was dan so vreeslik BS in daardie
paragraaf? Wat daarin verstaan jy nie?
Het jy dalk 'n probleem met die terminologie? Dalk is daar beter
afrikaanse woorde vir die terme? Ek luister graag. Maar sien
eenvoudig nie meer kans vir hierdie kinderagtige sinnelose aanvalle
van julle nie.
Re: cc [boodskap #106353 is 'n antwoord op boodskap #106352] So, 09 Oktober 2005 22:01 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Jonas" skryf

wie het die aap uit die mou gelaat? Nou weet almal natuurlik van ons
> alternatiewe kommunikasie. Ek het jou lankal gesê ons kan nie iemand soos
> Ferdie vertrou nie.

Ja, ek het nooit teveel daarvan gehou dat ons
Ferdi in ons kringetjie se kommunikasie-stelsel
ingelaat het nie. Joernaliste het los lippe, of laat
ek nou liewer sê, los penne.

Gloudina
Re: cc [boodskap #106354 is 'n antwoord op boodskap #106352] So, 09 Oktober 2005 22:05 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Katryn" skryf

> Ja, ek erken dat slegs die eerste pargraaf van my boodskap was
> ernstig, en dat die res suiwer tong in kies draakstekery was. Iets
> wat duidelik nie vanpas is op 'n groep soos hierdie nie.

Jou opmerkings oor die Mahayana "corpus"
was nou suiwer tong in die kies draakstekery?
Dierbaarheid, ek dink ek moet by jou kom
les neem.

Donald Rumsfeld
Re: cc [boodskap #106358 is 'n antwoord op boodskap #106352] Ma, 10 Oktober 2005 05:18 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Bobby[1]  is tans af-lyn  Bobby[1]
Boodskappe: 76
Geregistreer: Januarie 2005
Karma: 0
Volle Lid
"Katryn" skryf in boodskap news:8pjik19fsog7rf6eterj4l1b4ch2a27ahg@4ax.com...
> "Jonas" skryf:
>
>> In elk geval - Katryn het haar les geleer.
>
> Werklik? En wat sou daardie les dan nou wees?
> Ou Jonas, ek reken dat jy en jou ilk nou maar gerus moet ophou met
> julle gedurige persoonlike aanvalle en neerhalende gewoontetjies.

Waaroor yl die ou nou weer? HY haal niks aan uit enige boodskap nie en gaan
dan gal af oor taktiek ensovoorts. Dink jy hy't nou die kluts kwytgeraak?
Nou ja, meng jou met die semels...
Re: cc [boodskap #106363 is 'n antwoord op boodskap #106352] Ma, 10 Oktober 2005 08:17 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Otterkop  is tans af-lyn  Otterkop
Boodskappe: 378
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
waar kom die woord "draaksteek" vandaan ?
Re: cc [boodskap #106364 is 'n antwoord op boodskap #106353] Ma, 10 Oktober 2005 08:20 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Otterkop  is tans af-lyn  Otterkop
Boodskappe: 378
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
maar Ferdi was dan al die jare jou groot gabba ?

Wil jy se jy vertrou hom nou nie meer nie ? Dit kan mos net nie waar wees
nie Anti

"@rogers.com" skryf in boodskap news:z5SdnYdIDrKADNTeRVn-vA@rogers.com...
>
> "Jonas" skryf
>
> wie het die aap uit die mou gelaat? Nou weet almal natuurlik van ons
>> alternatiewe kommunikasie. Ek het jou lankal gesê ons kan nie iemand soos
>> Ferdie vertrou nie.
>
> Ja, ek het nooit teveel daarvan gehou dat ons
> Ferdi in ons kringetjie se kommunikasie-stelsel
> ingelaat het nie. Joernaliste het los lippe, of laat
> ek nou liewer sê, los penne.
>
> Gloudina
>
Re: cc [boodskap #106365 is 'n antwoord op boodskap #106363] Ma, 10 Oktober 2005 09:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina en Katryn ...................................................he-he!

"Otterkop" skryf in boodskap news:EY6dnThnRKAQvtfeRVn-hQ@is.co.za...
> waar kom die woord "draaksteek" vandaan ?
>
Re: cc [boodskap #106369 is 'n antwoord op boodskap #106358] Ma, 10 Oktober 2005 17:09 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Bobby" skryf:

> Waaroor yl die ou nou weer?

Giegie - dit is nou wat ek nogsteeds probeer uitvind.

> HY haal niks aan uit enige boodskap nie en gaan
> dan gal af oor taktiek ensovoorts. Dink jy hy't nou die kluts kwytgeraak?

Bobby, dink jy dié ou klungel het ooit die kluts gehad om mee te
begin? Ek is nie so seker nie.
Wat is 'n kluts en hoe raak mens dit kwyt?

> Nou ja, meng jou met die semels...

Dan leef jy langer, maar spandeer die laaste 15 jaar van jou lewe op
die toilet soos die komediant Alan King altyd gesê het?
Re: cc [boodskap #106371 is 'n antwoord op boodskap #106369] Di, 11 Oktober 2005 03:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Bobby[1]  is tans af-lyn  Bobby[1]
Boodskappe: 76
Geregistreer: Januarie 2005
Karma: 0
Volle Lid
"Katryn" skryf in boodskap news:dc7lk199u17v68jekr37uian1lm4l1jofa@4ax.com...
> Bobby, dink jy dié ou klungel het ooit die kluts gehad om mee te
> begin?

Hmmm, goeie punt hier beet. Wat's 'n klungel?

Wat is 'n kluts en hoe raak mens dit kwyt?

Nee wragtag, nou weet ek ook nie. Miskien iets soos 'n klitser? Het jy al
gesien wat kan gebeur as dit tekere gaan terwyl jy 'n pannekoek wil maak?
Nie 'n mooi prentjie nie - oral oor die kombuisvloer...

>> Nou ja, meng jou met die semels...
>
> Dan leef jy langer, maar spandeer die laaste 15 jaar van jou lewe op
> die toilet soos die komediant Alan King altyd gesê het?

Hoe lekker giggel ek nou hier! Ja-nee, sommige mense is genoeg om jou
vinnig na die toilet te stuur... Hier is drie op die groep wat, as ek nou
genoeg omgegee het, die soort van effek op my sou kon hê.
Die geknies van die knaende klungels [boodskap #106379 is 'n antwoord op boodskap #106371] Di, 11 Oktober 2005 11:43 Na vorige boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Bobby" skryf:

> Hmmm, goeie punt hier beet. Wat's 'n klungel?

Sovêr ek kan onthou is dit iets soos 'n sukkelaar of knoeier?

> Wat is 'n kluts en hoe raak mens dit kwyt?
>
> Nee wragtag, nou weet ek ook nie. Miskien iets soos 'n klitser? Het jy al
> gesien wat kan gebeur as dit tekere gaan terwyl jy 'n pannekoek wil maak?
> Nie 'n mooi prentjie nie - oral oor die kombuisvloer...

Giegiegieeee....
Vorige onderwerp: Ons Mense
Volgende onderwerp: Die doel van hierdie nuusgroep
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 18 04:32:07 MGT 2024