Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Die doel van hierdie nuusgroep
Die doel van hierdie nuusgroep [boodskap #106378] |
Di., 11 Oktober 2005 10:57  |
Julius Bergh
Boodskappe: 111 Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Ons nuusgroep is nou wel veronderstel om n "debatsvereniging" in en oor Afrikaans te wees - en daar is goeie voorbeelde daarvan. Ek geniet die
gedigte en die politieke dialoog maar meer as die helfde van die plasings het meer met terapie te doen.
Die eensames maak lekker penvriende en penvyande en geniet die penvyande selfs meer as die penvriende. Jy kan sommer die swael ruik soos die ouens
mekaar lekker beledig en selfs lelik vloek. Maar hulle geniet die beledigings wat hulle kant toe kom net so veel as die terug byt. n Mens voel
sommer verlig - amper soos wanneer jy die hond gaan skop as jy kwaad is vir iets sonder om skuldig te voel oor jy die homd onnodig seergemaak het want
hierdie Internethond het sy straf verdien.
Selfs die patalogiese kranksinniges met hulle anonieme plasings vind die uitlaatklep vir hulle graffiti goedkoper as n besoek aan die psigiater. Dis
darem lekker om bOERE te bevloek in die veiligheid van jou Internetverbinding - sonder die risiko van n blou oog en n haasbek en sonder dat jou ma jou
ore warm klap omdat jy so lelik praat!
Aaaah - nou daar het ek nou ook my terapie vir die aand gehad. Ek voel nou sommer lus vir nog n dag se "struggle".
Dankie en groete van huis tot huis.
Julius
|
|
|
|
|
Re: Die doel van hierdie nuusgroep [boodskap #106387 is 'n antwoord op boodskap #106378] |
Di., 11 Oktober 2005 16:49  |
bouer
Boodskappe: 4791 Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Julius Bergh" skryf
> Aaaah - nou daar het ek nou ook my terapie vir die aand gehad. Ek voel nou sommer lus vir nog n dag se "struggle".
>
> Dankie en groete van huis tot huis.
Ja, en ons geniet jou hernude teenwoordigheid op hierdie
nuusgroep, na baie baie lange afwesigheid. Ons moet iets
reg doen om jou aandag te hou.
Gloudina
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: So. Apr. 13 07:08:16 UTC 2025
|