Tuis » Lekker » Sport & ontspanning » Rugby?
Rugby? [boodskap #87219] |
Mon, 17 November 2003 11:33 ![na volgende boodskap na volgende boodskap](/theme/default/images/down.png) |
Sandvlooi
Boodskappe: 484 Geregistreer: July 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Wat sê julle van die rugby? Ek was in beide verkeerd, so ek reken die
Souties gaan dalk die WB wen aangesien ek meer van Australië dink?
|
|
|
|
|
|
Re: Rugby? [boodskap #106159 is 'n antwoord op boodskap #87219] |
Wed, 28 September 2005 12:07 ![Na vorige boodskap Na vorige boodskap](/theme/default/images/up.png) ![na volgende boodskap na volgende boodskap](/theme/default/images/down.png) |
bouer
Boodskappe: 4791 Geregistreer: December 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Jonas" skryf
>Bepaald nie 'n pluimpie vir die kanaalape nie.
Sien Jonas, hierdie opmerking lê jou bloot. Hoekom is daar
'n sekere tipe Afrikaner, soos jy, wat altyd hooghartig dink
dat hy beter is as ander Afrikaners? Soos ek vantevore
gesê het, ek het eers die woord "kanaalaap" op hierdie
nuusgroep vir die eerste keer gehoor. Niemand het my
dit genoem toe ek op Stellenbosch studeer het nie.
Ek het altyd gevoel dat die professore met wie ek in
aanraking gekom het, die grootste respek vir my het
wanneer ek vertel het waarvandaan ek kom, miskien
omdat die hoërskole daar in die Noordweste baie
goeie skole was. (Meestal omdat hulle groot getalle
skoliere uit die suidelike gebiede van die ou
Suidwes opgeneem het in koshuise, en hulle getal
skoliere dus taamlik hoog was.)
So, elke keer wanneer jy my 'n kanaalaap noem,
is dit 'n refleksie op jou, nie op my nie. Ek dink
ek kan veilig aanneem dat dit dieselfde indruk
maak op die ander lede van hierdie nuusgroep.
Gloudina
|
|
|
|
Re: Rugby? [boodskap #106163 is 'n antwoord op boodskap #106159] |
Wed, 28 September 2005 13:34 ![Na vorige boodskap Na vorige boodskap](/theme/default/images/up.png) ![na volgende boodskap na volgende boodskap](/theme/default/images/down.png) |
PietR
Boodskappe: 3341 Geregistreer: July 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Ou anti, soos in die verlede se ek dit weer vir jou [maar jy lees nie wat
mens vir jou skrywe nie]: Kanaalaap is nie 'n belediging vir enige
Upingtonner nie. Dis 'n troetelnaam wat die mense van daai wereld met
trots gebruik om hulleself te identifiseer. Net vanoggend ry ek met die
kar na 'n buurdorp toe en ek hoor oor die Afrikaanse radio van 'n vrou wat
van Upingtonse oorsprong is en waarmee 'n onderhoud gevoer word. Toe die
omroeper vir haar vra waar sy nou eintlik vandaan kom, toe se sy dat sy nou
eintlik 'n Kanaalaap is en almal weet presies waarvan sy praat en sy hoef
nie eers verder te verduidelik nie....
Soos ek ook vir jou in die verlede gese het, is dat hierdie term
hoofsaaklik in die blanke gemeenskap voorkom en as enigiemaqnd dit as 'n
belediging sien, is hy/sy sekerlik nie 'n blanke persoon nie. Dieselfde
ding gebeur hier by ons in Namibie.....'n bobbejaan is 'n uiters slim,
pragtige dier, maar skel jy 'n werker en noem hom 'n bobbejaan, dan kla
hulle jou aan. Hoekom? Sekerlik omdat baie gespot word dat die bobbejane
veel slimmer as sekere mense is?
Vat vir jou. Hoekom hou jy nie op whitey speel nie? Ons weet tog wie
en wat jy is?
"@rogers.com" skryf in boodskap news:tdSdnQQOq-_kGKfeRVn-sw@rogers.com...
>
> Sien Jonas, hierdie opmerking lê jou bloot. Hoekom is daar
> 'n sekere tipe Afrikaner, soos jy, wat altyd hooghartig dink
> dat hy beter is as ander Afrikaners? Soos ek vantevore
> gesê het, ek het eers die woord "kanaalaap" op hierdie
> nuusgroep vir die eerste keer gehoor. Niemand het my
> dit genoem toe ek op Stellenbosch studeer het nie.
> Ek het altyd gevoel dat die professore met wie ek in
> aanraking gekom het, die grootste respek vir my het
> wanneer ek vertel het waarvandaan ek kom, miskien
> omdat die hoërskole daar in die Noordweste baie
> goeie skole was. (Meestal omdat hulle groot getalle
> skoliere uit die suidelike gebiede van die ou
> Suidwes opgeneem het in koshuise, en hulle getal
> skoliere dus taamlik hoog was.)
> So, elke keer wanneer jy my 'n kanaalaap noem,
> is dit 'n refleksie op jou, nie op my nie. Ek dink
> ek kan veilig aanneem dat dit dieselfde indruk
> maak op die ander lede van hierdie nuusgroep.
>
> Gloudina
>
|
|
|
|
|
|
Re: Rugby? [boodskap #106181 is 'n antwoord op boodskap #106166] |
Wed, 28 September 2005 16:22 ![Na vorige boodskap Na vorige boodskap](/theme/default/images/up.png) ![na volgende boodskap na volgende boodskap](/theme/default/images/down.png) |
PietR
Boodskappe: 3341 Geregistreer: July 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Weereens, jy praat stories en nie die waarheid nie. Die oorspronklike
bewoners van die grond waarvan jy praat, het hulle kaart en transport op die
grond gehad? Het hulle die grond gekoop van enige regering af? Nee, dit
was ongebruikte staatsgrond waarop hulle gaan plak het. Wanneer van
hierdie grond later aan 'n instansie soos die kerk verkoop word en die
besluit om dit te ontwikkel in plotte of erwe vir sy lidmate, dan is dit mos
sy eiendom om te besluit wat om daarmee te maak? Daar is baie,baie
voorbeelde in die geskiedenis van mense wat gaan plak het op grond en dan
sommermeer wil aanspraak maak daarop. Dit werk nie so nie. 'n Regverdige
regering sal die plakker of 'n kans gee om die grond te koop of ander grond
op 'n ander plek teen 'n billike prys aanbied. Die probleem is net dat
plakkers nie geld maak nie en nie kan koop nie....
"@rogers.com" skryf in boodskap news:45qdnd0_EOjkAqfeRVn-vQ@rogers.com...
>
> "Suidwester" skryf
>
>> ----Jy praat tog tjol. Hoe kan 'n kerk 'n wit woonbuurt skep? Watter
> mag
>> het die kerk daaroor?
>
> Wel, dis wat in praktyk op die walle en die eilande van
> die Oranje-rivier gebeur het. Die NG Kerk het skemas
> daar begin, wat uitsluitlik grond aan witmense gegee het.
> Die oorspronklike bewoners van daardie eilande moes
> in krotjies op die walle van die Oranje ( onwettig) bly,
> of vir hulle huise oprig in "kroeke" in die droë heuwels,
> waar hulle myle en myle moes stap met emmers op
> die kop om vir hulle water uit die naaste kanaal te
> gaan haal. As jy in so 'n ellende gedompel was in
> jou jeug, sou jy nie ook 'n struggle wou begin nie?
>
> Gloudina
>
|
|
|
Re: Rugby? [boodskap #106182 is 'n antwoord op boodskap #106180] |
Wed, 28 September 2005 18:05 ![Na vorige boodskap Na vorige boodskap](/theme/default/images/up.png) |
bouer
Boodskappe: 4791 Geregistreer: December 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Suidwester" skryf
Miskien moet jy jou Bybel
> sommer oopmaak by die deel wat vir jou vertel die oordeel kom jou as mens
> nie toe nie?
Og, Suidwester. Jy is nou die laaste een wat oor oordeel
moet praat. Elke hawerklaps veroordeel jy die hele
Afrika, en tusssenin veroordeel jy almal wat nie met
jou saamstem nie. Watter witgepleisterde graf is jy.
Penkop van die Derde Republiek
|
|
|
|
![Stuur antwoord](/theme/default/images/post_reply.gif) |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [ ![XML-voer RSS](/theme/default/images/rss.gif) ]
Tyd nou: Mon Feb 17 18:42:34 UTC 2025
|