Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Vir die rekord ...
Re: Vir die rekord ... [boodskap #106073 is 'n antwoord op boodskap #106037] Do, 22 September 2005 12:26 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi Greyling  is tans af-lyn  Ferdi Greyling
Boodskappe: 1232
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 21 Sep 2005 15:42:01 +0200, "Riaan" wrote:

> So wil jy sê demokrasie is 'n foutlose stelsel Ferdi.

Nooit sal ek dit se nie. En nooit het ek dit gese nie. In teendeel....
Winston Churchill het dit seker die beste opgesom toe hy gese het
demokrasie is n gebrekkige stelsel vol gate waarin besluite te veel
kere in rook gevulde agterkamers geneem word - maar dit is steeds
strate beter as enige ander alternatief.

Ek onderskryf die siening.

En as demokrasie reg werk, dan word fokops soos in Delmas (en
elektrisiteit in Jhb ens) uitgewys, daar kom n groot bitch en lawaai
daaroor, die politici skrik daarvoor want van hulle kan hulle voordele
verloor en dan doen hulle iets daaraan.

As ons nie 'n demokrasie was nie en as daar nie binne maande n landwye
munisipale verkiesing aan die kom was nie, sou Delmas met doodgesmoor
gewees het.

Nou praat die president van sulke goed, twee ministers besoek die
plek, Tony Leon besoek die plek ens, ens.

Dit is vir my demokrasie. Daardie wisselwerking. Die proses wat inskop
wanneer kak aangejaag word.

> Op in Afrika sien ek baie diktators, is dit dalk die stelsel wat
vir die swartes die meeste sin maak ?.

Moet nie vergeet dat die beroemdste diktators van ons tyd buite Afrika
was nie! Mao in die Ooste, Stalin in Rusland, Hitler, Mussolini,
Franco en Salazar in Europa, Peron in Suid-Amerika ens.

Dis n gewilde stelsel vir mense van alle kleure wat baie mag wil he en
nie uitgedaag wil word nie.

Natuurlik werk dit ook in Afrika.

> Pik Botha is/was nog altyd 'n vryemesselaar, sy motiewe vir dit wat hy doen
> is meestal duister
>
> Ek stig eerder my eie party voordat ek by die ANC aansluit

Dis jou demokratiese reg, natuurlik.

Ek was ook nooit 'n moerse fan van Pik nie.
Re: Vir die rekord ... [boodskap #106074 is 'n antwoord op boodskap #106060] Do, 22 September 2005 12:34 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Suidwester" skryf
.
> Rook dit, ou antie. Die werklikheid is iets heel anders as julle teorie
> wat julle op die 'Net uitbasuin. Daar is 'n rede hoekom Suider-Afrika
> ontwikkel het onder wit beheer ten spyte van werelddruk ten gunste van die
> swart meerderheid. Vandag staan daai rede soos 'n helder lig in 'n donker
> nag.

Suidwester, Suid-Afrika is vandag onder groter
fiskale beheer as gedurende die apartheidsdae,
toe hulle massas geld op projekte uitgegee het
wat soos mis voor die son verdwyn het. SA
is vandag onder meer kapitalistiese en selfs
konserwatiewe kapitalistiese regeringsdenke
as wat dit was gedurende die apartheids-
dae, toe daar 'n sosialistiese gewarra warra
was met rasseprojekte wat baie na aan die
nasionaal-sosialisme van die Nazis was.
Die kwaliteit van die politici in SA vandag
is, myns insiens, van beter kwaliteit as
gedurende die apartheidsdae. Ek weet. Ek
het taamlik intiem kennis van baie van die
invloedryke families wat die kern van die
apartheidsoligargie uitgemaak het. Ek was
met baie van hulle dogters toentertyd op
Huis-de-Villiers. Ek het met sommige van
hulle seuns gaan BTK. Ek sê nie alle politici
vandag is vreeslik hoë kwaliteit nie. Maar
ek kan jou verseker dat die klompie
Afrikaners wat die mag in die hande gekry
het gedurende die veertig jaar diktatorskap,
nie van vreeslik hoë kwaliteit was nie, en
dat hulle verskriklik baantjies vir boeties
geskep het, en massas geld in hulle sakke
laat verdwyn het.

Gloudina
Re: Vir die rekord ... [boodskap #106075 is 'n antwoord op boodskap #106073] Do, 22 September 2005 13:15 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Ferdi Greyling" skryf

> Dit is vir my demokrasie. Daardie wisselwerking. Die proses wat inskop
> wanneer kak aangejaag word.

Ja, ek dink ook dat daardie "wisselwerking" waarvan
jy praat, die kernrede is hoekom "demokrasie" so
goed werk. Dit het my egter laat sidder hoe maklik
daardie wisselwerking in SA verloor is en die land
'n diktatorskap geword het. Selfs die sogenaamde
demokrasie onder die wit stemgeregtigdes. Hoekom
het dit minder as tien jaar geneem en daar was nie
meer iets soos "demokrasie" in SA ne.
Gelukkig kom daar skeurings in magtige
partye. Ek dink dit gebeur alreeds in die ANC
geledere. Mens kan duidelik sien dat die
Republikeinse Party in die VSA dieselfde
skeurlyn begin te wys.

Gloudina
Re: Vir die rekord ... [boodskap #106078 is 'n antwoord op boodskap #106074] Vr, 23 September 2005 06:49 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" skryf in boodskap news:UJWdncB2X7VWP6_eRVn-hw@rogers.com...
>
> Suidwester, Suid-Afrika is vandag onder groter
> fiskale beheer as gedurende die apartheidsdae,
> toe hulle massas geld op projekte uitgegee het
> wat soos mis voor die son verdwyn het.
-----Wat soos mis voor die son verdwyn het? Wie dink jy het al die paaie,
stede, dorpe, skole...alles, gebou?
SA
> is vandag onder meer kapitalistiese en selfs
> konserwatiewe kapitalistiese regeringsdenke
> as wat dit was gedurende die apartheids-
> dae, toe daar 'n sosialistiese gewarra warra
> was met rasseprojekte wat baie na aan die
> nasionaal-sosialisme van die Nazis was.
----Jy praat twak net om jou stem te laat hoor. In die ou era is meer
skole vir swart mense gebou as vir wit mense en dit is 'n feit. Dit is
juis die aparte ontwikkeling-idee wat gemaak het dat skole vir elke ras
gebou moes word.

> Die kwaliteit van die politici in SA vandag
> is, myns insiens, van beter kwaliteit as
> gedurende die apartheidsdae.
----Ek stem met jou saam dat daar nie iets soos 'n goeie politikus is nie,
maar net so ook nie joernalis nie en ook nie 'n graad in gediggies jou slim
maak nie. Die probleem egter met vandag se politici, is presies wat
hierdie redenasie aan die gang gesit het: 'n Gebrek aan toepaslike
lewenservaring plaas mense aan beheer van ministeries wat self nie 'n goeie
idee het van hoe om sy eie huishouding se boeke te doen nie. Hulle neem
belangrike besluite oor dinge waaroor hulle eintlik nie 'n idee het van wat
reg en verkeerd is nie. Dit het niks met ras te doen nie, so by the way.
Ek weet. Ek
> het taamlik intiem kennis van baie van die
> invloedryke families wat die kern van die
> apartheidsoligargie uitgemaak het. Ek was
> met baie van hulle dogters toentertyd op
> Huis-de-Villiers. Ek het met sommige van
> hulle seuns gaan BTK.
----Jitte, maar jy lieg onbeskaamd. As ek jou ouderdom reg het, dan was jy
op skool nog voor die apartheidera.
Ek sê nie alle politici
> vandag is vreeslik hoë kwaliteit nie.
----Die eerste stukkie sense wat jy praat. Kyk na die misdaadsyfer, die
blatante moorde op plaasmense, die departementele bedrog en alles wys op 'n
tjol regering.
Maar
> ek kan jou verseker dat die klompie
> Afrikaners wat die mag in die hande gekry
> het gedurende die veertig jaar diktatorskap,
> nie van vreeslik hoë kwaliteit was nie, en
> dat hulle verskriklik baantjies vir boeties
> geskep het, en massas geld in hulle sakke
> laat verdwyn het.
-----Daar was gevalle, die gee ek toe, maar nie op die skaal van vandag nie.
In ons land is daar nie 'n enkele departement wat nie onder die een of ander
vorm van geregtelike ondersoek oor bedrog aan die gang is nie. Tot onlangs
is uitgevind dat die plaas wat die swart regering onteien is, nie gedoen is
om swart boere grond te gee nie....politici [swart] was agter die
mineraalregte op die grond aan.
>
> Gloudina
>
Re: Vir die rekord ... [boodskap #106080 is 'n antwoord op boodskap #106078] Vr, 23 September 2005 07:52 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi Greyling  is tans af-lyn  Ferdi Greyling
Boodskappe: 1232
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 23 Sep 2005 07:49:01 +0100, "Suidwester" wrote:

> "@rogers.com" wrote in message
> news:UJWdncB2X7VWP6_eRVn-hw@rogers.com...

>> Suidwester, Suid-Afrika is vandag onder groter
>> fiskale beheer as gedurende die apartheidsdae,
>> toe hulle massas geld op projekte uitgegee het
>> wat soos mis voor die son verdwyn het.
> -----Wat soos mis voor die son verdwyn het? Wie dink jy het al die paaie,
> stede, dorpe, skole...alles, gebou?

Jy en Pik Botha?
Re: Vir die rekord ... [boodskap #106086 is 'n antwoord op boodskap #106080] Vr, 23 September 2005 16:01 Na vorige boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Defintief nie salaristrekkers soos jy nie! Ook nie jou swart boeties nie
en definitief nie Gloudina en haar mense 'af die Kaap' nie. Dan maar Pik
en ek.....feit bly, dis meeste gebou deur 'n blanke beheerde regering.
Feit soos 'n koei [of 'n joernalis of Gloudina].

"Ferdi Greyling" skryf in boodskap news:r0d7j1dcdue1ikf88h3jubu70u2rptq97v@4ax.com...
> On Fri, 23 Sep 2005 07:49:01 +0100, "Suidwester"
> wrote:
>
> > news:UJWdncB2X7VWP6_eRVn-hw@rogers.com...
>
>>> Suidwester, Suid-Afrika is vandag onder groter
>>> fiskale beheer as gedurende die apartheidsdae,
>>> toe hulle massas geld op projekte uitgegee het
>>> wat soos mis voor die son verdwyn het.
>> -----Wat soos mis voor die son verdwyn het? Wie dink jy het al die
>> paaie,
>> stede, dorpe, skole...alles, gebou?
>
> Jy en Pik Botha?
>
Vorige onderwerp: Vir die rekord ...
Volgende onderwerp: Jong Afrikaner Nasionalisme by TUKS
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 26 23:26:17 MGT 2024