Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Klomp Goed 3: Spierpaleis vermis
Klomp Goed 3: Spierpaleis vermis [boodskap #105818] Sa, 10 September 2005 10:26
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Son 9/9 bl 5:

Dit gaan oor die aantreklike spierpaleis met die X-faktor Neels Moir - wat
blykbaar pas na sy baie gewilde eerste CD se vrystelling spoorloos verdwyn
het.
Hy het selfs die gesogte RSG-speellys gehaal.

Gallo, sy platemaatskappy, en sy agent en publisiteitsmens, soek ook na hom.
Hy het in 2003 by die KKNK en Aardklop opgetree.

Daar is nou diegene wat beweer dat hy verdwyn het omdat hy nooit self gesing
het nie. Hy sou glo die front gewees het vir 'n minder aantreklike sanger.
"Mense in die musiekbedryf kan ook skielik nie onthou of hulle hom ooit
skielik live sien optree het nie.
Die wat hom wel 'n keer of wat op die verhoog gesien het, kan sweer sweer hy
het elke keer gemime.
Gerugte doen tans die ronte dat Neels sy mikrofoon vir 'n grassnyer verruil
het en dat hy blykbaar die dienste in Knysna doen om sy hunky liggaam en siel
aanmekaar te hou."

A: Daar is al hoe meer meriete vir die kunstenaars wat nie met "backtrack"
musiek "sing" nie.

--
Groetnis
Annette
Life is uncertain - eat dessert first
ann...@ctnet.co.za
Vorige onderwerp: Het jullie dit al verneem of gelees?
Volgende onderwerp: DD se respek
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 19 13:45:39 MGT 2024