Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Wie se verantwoordelikheid?
Wie se verantwoordelikheid? [boodskap #105391] Sa, 27 Augustus 2005 07:30 na volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Na aanleiding van die busramp in Kloofnekweg eergister, waarin die
busbestuurder en 3 leerlinge dood is, en 10 ander in 'n bedenklike toestand
is:
1) Is dit nie die plig van die busmaatskappy om te sorg dat die voertuie wat
hulle uitverhuur in 'n goeie toestand is nie?
2) Was dit nie die plig van die bestuurder, nog voordat hy die kinders
opgelaai het, en toe al miskien agtergekom het hy moet die pedale pomp om
die remme te laat werk, om te weier om die bus te bestuur nie?
3) By Tafelberg, het die busbestuurder glo stene gepak teen die wiele van
die bus, en glo aan 'n werknemer van Tafelberg vertel die handrem werk nie,
en hoe hy moet pedaalpomp om die ander remme te laat werk. Moes hierdie
werker nie toesien, of iemand kry om toe te sien dat die bus vol kinders nie
vertek nie?

Dit alles gesê, vind ek nogtans iets snaaks aan die storie - hoe kon die bus
redelik veilig en ongedeerd vanaf die kabelstasie tot by Kloofnek ry met die
onklaar remme? Die afdraand van daar en die draaie is veel meer steil en
skerp as op Kloofnekweg.
So miskien vertel die Tafelbergwerknemer 'n storie, en die remme het regtig
skielik ingegee, wat ons elk geval terugbring by die verhuurders van die
bus, wat heelwaarskynlik die bus nie behoorlik nagegaan het voordat dit op
sy noodlotstog vertrek het nie.

--
Groetnis
Annette
Re: Wie se verantwoordelikheid? [boodskap #105392 is 'n antwoord op boodskap #105391] Sa, 27 Augustus 2005 09:02 Na vorige boodskapna volgende boodskap
D@D  is tans af-lyn  D@D
Boodskappe: 143
Geregistreer: Mei 2005
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 27 Aug 2005 09:30:57 +0200, "Annette" wrote:

> Na aanleiding van die busramp in Kloofnekweg eergister, waarin die
> busbestuurder en 3 leerlinge dood is, en 10 ander in 'n bedenklike toestand
> is:
> 1) Is dit nie die plig van die busmaatskappy om te sorg dat die voertuie wat
> hulle uitverhuur in 'n goeie toestand is nie?
> 2) Was dit nie die plig van die bestuurder, nog voordat hy die kinders
> opgelaai het, en toe al miskien agtergekom het hy moet die pedale pomp om
> die remme te laat werk, om te weier om die bus te bestuur nie?
> 3) By Tafelberg, het die busbestuurder glo stene gepak teen die wiele van
> die bus, en glo aan 'n werknemer van Tafelberg vertel die handrem werk nie,
> en hoe hy moet pedaalpomp om die ander remme te laat werk. Moes hierdie
> werker nie toesien, of iemand kry om toe te sien dat die bus vol kinders nie
> vertek nie?
>
> Dit alles gesê, vind ek nogtans iets snaaks aan die storie - hoe kon die bus
> redelik veilig en ongedeerd vanaf die kabelstasie tot by Kloofnek ry met die
> onklaar remme? Die afdraand van daar en die draaie is veel meer steil en
> skerp as op Kloofnekweg.
> So miskien vertel die Tafelbergwerknemer 'n storie, en die remme het regtig
> skielik ingegee, wat ons elk geval terugbring by die verhuurders van die
> bus, wat heelwaarskynlik die bus nie behoorlik nagegaan het voordat dit op
> sy noodlotstog vertrek het nie.

no. 3 is die kritieke vraag want as dit die waarheid sou wees, is dit
miskien 'n nalatigheid wat maklik bewys kan word. Betreffende jou
laaste vraag is een van die moontlikhede dat die absoluut laaste
oorblyfsels van die rem vellings(?-brake pads) opgebruik was op
daardie gedeelte. En dit opsigself, as dit die geval sou wees, lê
dit die skuld moeiteloos voor die deur van die eienaars.
Re: Wie se verantwoordelikheid? [boodskap #105393 is 'n antwoord op boodskap #105392] Sa, 27 Augustus 2005 09:27 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Vandag se Argus sê ook so. Blykbaar moes busse en ander swaar voertuie
vroeër elke 6 maande 'n padwaardigheidstoets onderneem. Dit is toe verander
na een maal per jaar.
Nou word daar bepleit ( na vele noodlottige ongelukke op Kloofnek deur busse
en ander swaar voertuie) dat die voertuie na 'n sekere aantal kilometers
weer vir padwaardigheid getoets moet word.
Soos altyd, het dit hierdie laaste 4 lewens gekos wat uiteindelik die
politieke besluitnemers dwing om iets prakties te doen wat al 20 jaar gelede
gedoen moes gewees het.
--
Groetnis
Annette

"DD" skryf in boodskap news:rea0h1pg5jubs20vjko7mgon87cs9cb5pi@4ax.com...
> On Sat, 27 Aug 2005 09:30:57 +0200, "Annette"
> wrote:
>
>> Na aanleiding van die busramp in Kloofnekweg eergister, waarin die
>> busbestuurder en 3 leerlinge dood is, en 10 ander in 'n bedenklike toestand
>> is:
>> 1) Is dit nie die plig van die busmaatskappy om te sorg dat die voertuie wat
>> hulle uitverhuur in 'n goeie toestand is nie?
>> 2) Was dit nie die plig van die bestuurder, nog voordat hy die kinders
>> opgelaai het, en toe al miskien agtergekom het hy moet die pedale pomp om
>> die remme te laat werk, om te weier om die bus te bestuur nie?
>> 3) By Tafelberg, het die busbestuurder glo stene gepak teen die wiele van
>> die bus, en glo aan 'n werknemer van Tafelberg vertel die handrem werk nie,
>> en hoe hy moet pedaalpomp om die ander remme te laat werk. Moes hierdie
>> werker nie toesien, of iemand kry om toe te sien dat die bus vol kinders nie
>> vertek nie?
>>
>> Dit alles gesê, vind ek nogtans iets snaaks aan die storie - hoe kon die bus
>> redelik veilig en ongedeerd vanaf die kabelstasie tot by Kloofnek ry met die
>> onklaar remme? Die afdraand van daar en die draaie is veel meer steil en
>> skerp as op Kloofnekweg.
>> So miskien vertel die Tafelbergwerknemer 'n storie, en die remme het regtig
>> skielik ingegee, wat ons elk geval terugbring by die verhuurders van die
>> bus, wat heelwaarskynlik die bus nie behoorlik nagegaan het voordat dit op
>> sy noodlotstog vertrek het nie.
>
>
> no. 3 is die kritieke vraag want as dit die waarheid sou wees, is dit
> miskien 'n nalatigheid wat maklik bewys kan word. Betreffende jou
> laaste vraag is een van die moontlikhede dat die absoluut laaste
> oorblyfsels van die rem vellings(?-brake pads) opgebruik was op
> daardie gedeelte. En dit opsigself, as dit die geval sou wees, lê
> dit die skuld moeiteloos voor die deur van die eienaars.
>
Re: Wie se verantwoordelikheid? [boodskap #105394 is 'n antwoord op boodskap #105391] Sa, 27 Augustus 2005 09:44 Na vorige boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Die busmaatskappy behoort voldoende versekering te hê om alle eise te dek.
Of dit die bus was wat gekonk het of die drywer was wat 'n fout gemaak het,
die verantwoordelikheid bly die busmaatskappy s'n. Aan die een kant kon
dit die brieke gewees het, maar dan kon hy ook die afskakeling na 'n laer
rat ook gemis het. Wat die padwaardigheid van die bus aanbetref, dit sal
nie help as hulle die bus elke week 'n padwaardigheidstoets gee en daar is
nie verantwoordelike mense om die wet toe te pas nie. As 'n mens die
magdom onpadwaardige voertuie op die paaie so kyk, dan is daar nie veel
wetstoepassers wat hul veel aan padwaardigheid steur nie.
Dit bring mens by voorsorg. Moet die skole wat kinders wil laat
vervoer, nie ordentlike maatskappye huur om die kinders te vervoer nie? Ek
sou graag wou weet of daar 'n alternatiewe vervoerder was en/of hulle vir
die goedkoopste ou gegaan het?

"Annette" skryf in boodskap news:dep8vn$q8l$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Na aanleiding van die busramp in Kloofnekweg eergister, waarin die
> busbestuurder en 3 leerlinge dood is, en 10 ander in 'n bedenklike
> toestand
> is:
> 1) Is dit nie die plig van die busmaatskappy om te sorg dat die voertuie
> wat
> hulle uitverhuur in 'n goeie toestand is nie?
> 2) Was dit nie die plig van die bestuurder, nog voordat hy die kinders
> opgelaai het, en toe al miskien agtergekom het hy moet die pedale pomp om
> die remme te laat werk, om te weier om die bus te bestuur nie?
> 3) By Tafelberg, het die busbestuurder glo stene gepak teen die wiele van
> die bus, en glo aan 'n werknemer van Tafelberg vertel die handrem werk
> nie,
> en hoe hy moet pedaalpomp om die ander remme te laat werk. Moes hierdie
> werker nie toesien, of iemand kry om toe te sien dat die bus vol kinders
> nie
> vertek nie?
>
> Dit alles gesê, vind ek nogtans iets snaaks aan die storie - hoe kon die
> bus
> redelik veilig en ongedeerd vanaf die kabelstasie tot by Kloofnek ry met
> die
> onklaar remme? Die afdraand van daar en die draaie is veel meer steil en
> skerp as op Kloofnekweg.
> So miskien vertel die Tafelbergwerknemer 'n storie, en die remme het
> regtig
> skielik ingegee, wat ons elk geval terugbring by die verhuurders van die
> bus, wat heelwaarskynlik die bus nie behoorlik nagegaan het voordat dit op
> sy noodlotstog vertrek het nie.

>
> --
> Groetnis
> Annette
>
Vorige onderwerp: Bedrog loop hoog in Namibië!
Volgende onderwerp: Flap-Trap op Carte Blanche
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 02 15:31:20 MGT 2024