Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Petrolprys
Petrolprys [boodskap #105034] So, 14 Augustus 2005 15:57 na volgende boodskap
DD  is tans af-lyn  DD
Boodskappe: 1166
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
mense gee reeds hul vuurwapens weg; uit skrik vir die nuwe
vuurwapenwette.
Ek dink mense gaan binnekort begin om voertuie te verkoop.
Dit was nie regtig lank terug wat die Afrikaanse nuus tydens
'n uitsending gesê het dat 'die petrolprys al weer 'oor R30.00 is'
en 'n paar aande later 'darem weer onder R30.00'
Ek was ietwat geskok toe dit onlangs R50 gehaal het. Nou se
R67 laat die vraag hoe ver R70 is, en waar die draai punt
gaan wees. Wat op gaan moet afkom. Maar wat gaan die
momemtum verminder? En wanneer, want dit blyk dat dit
terug geskakel is in 'n versnelrat.
Miskien moet oom George met meer olielande betrekkinge
aanknoop.
Re: Petrolprys [boodskap #105035 is 'n antwoord op boodskap #105034] So, 14 Augustus 2005 16:13 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Joeboy  is tans af-lyn  Joeboy
Boodskappe: 54
Geregistreer: Februarie 2003
Karma: 0
Volle Lid
"DD" skryf in boodskap news:7qpuf1hpkr847usn5na36mok5j7emad60g@4ax.com...
>
>
> mense gee reeds hul vuurwapens weg; uit skrik vir die nuwe
> vuurwapenwette.
> Ek dink mense gaan binnekort begin om voertuie te verkoop.
> Dit was nie regtig lank terug wat die Afrikaanse nuus tydens
> 'n uitsending gesê het dat 'die petrolprys al weer 'oor R30.00 is'
> en 'n paar aande later 'darem weer onder R30.00'
> Ek was ietwat geskok toe dit onlangs R50 gehaal het. Nou se
> R67 laat die vraag hoe ver R70 is, en waar die draai punt
> gaan wees. Wat op gaan moet afkom. Maar wat gaan die
> momemtum verminder? En wanneer, want dit blyk dat dit
> terug geskakel is in 'n versnelrat.
> Miskien moet oom George met meer olielande betrekkinge
> aanknoop.
>
Jinne, het nie besef die Rand het soveel teenoor die US$ verander nie ;-)
Joeboy
Re: Petrolprys [boodskap #105037 is 'n antwoord op boodskap #105035] So, 14 Augustus 2005 16:55 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DD  is tans af-lyn  DD
Boodskappe: 1166
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 14 Aug 2005 18:13:35 +0200, "Joeboy" wrote:

>
> "DD" wrote in message
> news:7qpuf1hpkr847usn5na36mok5j7emad60g@4ax.com...


>> mense gee reeds hul vuurwapens weg; uit skrik vir die nuwe
>> vuurwapenwette.
>> Ek dink mense gaan binnekort begin om voertuie te verkoop.
>> Dit was nie regtig lank terug wat die Afrikaanse nuus tydens
>> 'n uitsending gesê het dat 'die petrolprys al weer 'oor R30.00 is'
>> en 'n paar aande later 'darem weer onder R30.00'
>> Ek was ietwat geskok toe dit onlangs R50 gehaal het. Nou se
>> R67 laat die vraag hoe ver R70 is, en waar die draai punt
>> gaan wees. Wat op gaan moet afkom. Maar wat gaan die
>> momemtum verminder? En wanneer, want dit blyk dat dit
>> terug geskakel is in 'n versnelrat.
>> Miskien moet oom George met meer olielande betrekkinge
>> aanknoop.

> Jinne, het nie besef die Rand het soveel teenoor die US$ verander nie ;-)
> Joeboy
>

ja, die jare toe HF Verwoerd nog praktiese beplanning gedoen het,
was dit anders. Op 'n stadium was die Rand selfs meer werd as die
dollar.
Tsafendas het daaraan 'n einde gemaak, na David Pratt misluk het.
Natuurlik is dit net invoer artikels wat daardeur geraak word. En
wanneer ons uit die Ooste invoer score ons. Maar ons betaal nie meer
vir huisvesting en vir brood en melk as die yanks nie. En biltong en
vye jam is goedkoper hier. Miss Balls se blatjang kan jy by byna enige
café oppie hoek koop.

En, dit is nié die geldwaarde wat die rede is hier nie, maar
skommelings in die olielande.
Re: Petrolprys [boodskap #105038 is 'n antwoord op boodskap #105034] So, 14 Augustus 2005 17:01 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"DD"skryf

> Miskien moet oom George met meer olielande betrekkinge
> aanknoop.

Ja, hy moet vriende met Kanada maak. Hulle is so
hardekoejawel oor die kwessie van soft wood
lumber, waarop hulle tariewe geplaas het ten
spyte van die feit dat hulle dit volgens NAFTA
nie mag doen nie. Nou weier hulle om gehoor
te gee aan die NAFTA hof wat vir Kanada en
teen die VSA geoordeel het. Miskien moet
Kanada maar net al die olie wat hulle van ons
kry, afsny. China sal dit alles opkoop.

Intussen floreer die Kanadese ekonomie. Die
surplusse wat voorspel word in die begrotings
is gereeld ver onder die werklike surplusse.
Kanada swem in die geld. Hoofsaaklik as
gevolg van die prys van olie, maar ook omdat
dit intelligent begroot.

Gloudina
Re: Petrolprys [boodskap #105039 is 'n antwoord op boodskap #105038] So, 14 Augustus 2005 17:12 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DD  is tans af-lyn  DD
Boodskappe: 1166
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 14 Aug 2005 13:01:53 -0400, "@rogers.com" wrote:

>
> "DD"skryf
>
>> Miskien moet oom George met meer olielande betrekkinge
>> aanknoop.
>
> China sal dit alles opkoop.

> Gloudina
>

China sal dit alles opkoop sê jy.
Nevermaaind wat Sjina alles sal opkoop, (dit blyk dat hulle ook
maar 'n groot terugslag vir Hong Kong is) is daar iets anders
wat vir my 'n vraag bly, en ek het dit al so saggies hier genoem,
maar so sag, dat niemand dit gehoor het nie:
(en ek dink dat dit op een of ander manier
inskakel by die VSA/Irak inval.)

Daar is 'n spesifieke hoeveelheid olie in die aardbol. En die
wêreld probeer al vir dekades 'n alternatief vir die binnebrand
enjin ontwikkel, maar slaag nie. As die wêreld sonder olie is,
trek ons terug oor die Drakensberge.

Olie word teen 'n geweldige tempo verbruik. Teen 'n tempo wat versnel
by die uur, afgesien van by die dag.

Dieselfde mense wat die maan besoek en ruimtetuie met kameras na
ver planete stuur, beplan nou al reise na Mars. 'n Onbemande vuurpyl
het gister ook die reis daarheen aangepak.

Hulle kan dan al tot jam in 'n toe blik sit! Maar die petrol enjin kan
steeds nie vervang word nie.

Afgesien van oliepryse, dink ek gaan beskikbaarheid ook 'n rol
begin speel.
Re: Petrolprys [boodskap #105040 is 'n antwoord op boodskap #105039] So, 14 Augustus 2005 17:56 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Paulus de boskabouter  is tans af-lyn  Paulus de boskabouter
Boodskappe: 161
Geregistreer: April 2005
Karma: 0
Senior Lid
> Olie word teen 'n geweldige tempo verbruik. Teen 'n tempo wat versnel
> by die uur, afgesien van by die dag.
>
> Dieselfde mense wat die maan besoek en ruimtetuie met kameras na
> ver planete stuur, beplan nou al reise na Mars. 'n Onbemande vuurpyl
> het gister ook die reis daarheen aangepak.
>
> Hulle kan dan al tot jam in 'n toe blik sit! Maar die petrol enjin kan
> steeds nie vervang word nie.
>
> Afgesien van oliepryse, dink ek gaan beskikbaarheid ook 'n rol
> begin speel.
>
Een alternatief is dat boere massaal koolzaad gaan teel om diesel te vervang
as brandstof;maïsolie blyk ook een goei alternatief te wees
Re: Petrolprys [boodskap #105042 is 'n antwoord op boodskap #105040] So, 14 Augustus 2005 20:03 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DD  is tans af-lyn  DD
Boodskappe: 1166
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 14 Aug 2005 17:56:32 GMT, " de boskabouter" wrote:

>
>> Olie word teen 'n geweldige tempo verbruik. Teen 'n tempo wat versnel
>> by die uur, afgesien van by die dag.

>> Dieselfde mense wat die maan besoek en ruimtetuie met kameras na
>> ver planete stuur, beplan nou al reise na Mars. 'n Onbemande vuurpyl
>> het gister ook die reis daarheen aangepak.

>> Hulle kan dan al tot jam in 'n toe blik sit! Maar die petrol enjin kan
>> steeds nie vervang word nie.

>> Afgesien van oliepryse, dink ek gaan beskikbaarheid ook 'n rol
>> begin speel.

> Een alternatief is dat boere massaal koolzaad gaan teel om diesel te vervang
> as brandstof;maïsolie blyk ook een goei alternatief te wees
>

As iets groots soos die Sasol aanleg nie eens naastenby groot genoeg
is om in slegs die Suid Afrikaanse behoeftes te voldoen nie, teen
watter mate dan, moet alternatiewe gesoek word?
Vir my bly dit snaaks dat ons in die ruimte eeu, steeds nie 'n
praktiese antwoord kry nie. In my kleuterjare was daar trams
(dubbeldekker busse) wat op elektrisieteit aangedryf was. Soos
die hedendaagse treine.

Ook klink dit nie of daar naarstiglik gesoek word nie. Een groot
probleem is dat 'n motor wat op batterykrag beweeg, nie ook
'n alternator kan in stand hou wat sterk genoeg is om die
batterye vol kragte hou nie. Dit is tog seker wat die antwoord
vorentoe sal wees.
Re: Petrolprys [boodskap #105044 is 'n antwoord op boodskap #105042] So, 14 Augustus 2005 22:35 Na vorige boodskapna volgende boodskap
knersus  is tans af-lyn  knersus
Boodskappe: 211
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
DD wrote:
> praktiese antwoord kry nie. In my kleuterjare was daar trams
> (dubbeldekker busse) wat op elektrisieteit aangedryf was. Soos
> die hedendaagse treine.

Elektriese busse/treine/motors verskuif eintlik net die probleem na 'n ander
hulpbron. In ons land word meeste elektrisiteit deur steenkoolbrandende
kragsentrales opgewek. Dus, in plaas van petroleum te gebruik om jou voertuig
se krag op te wek gebruik mens net 'n ander soort fossielbrandstof, wat ook nie
hernubaar is nie. Verder vererger mens waarskynlik die besoedelingsgevaar, want
oor die algemeen word baie laegraad-steenkool vir die kragsentrales gebruik.
Vir my lê daardie oplossing in kernkragsentrales, maar die "bunny-huggers" skop
natuurlik geweldig daarteen. Baie mense meen son-, wind-, of getykrag is
aanvaarbare alternatiewe, maar tot dusver kan sulke tegnologieë slegs baie
beperk aangewend word en is dit dienooreenkomstig BAIE duurder as
fossielbrandstowwe.

Twee ligpuntjies oor fossielbrandstowwe:

(a) die wêreld as geheel het nog 'n paar 100 jaar se steenkoolreserwes oor, en
waarskynlik 1000'e jare se aardgasreserwes. Laasgenoemde is tans eintlik 'n
afvalproduk by olievelde, wat bloot verbrand word (dis dit wat meesal daardie
groot "flares" op die olieplatforms veroorsaak).

(b) Sasol is een v.d eerste maatskappye wat tegnologie ontwikkel het om aardgas
ekonomies te "veredel" en te gebruik om petroleumprodukte te maak.

> Ook klink dit nie of daar naarstiglik gesoek word nie. Een groot
> probleem is dat 'n motor wat op batterykrag beweeg, nie ook
> 'n alternator kan in stand hou wat sterk genoeg is om die
> batterye vol kragte hou nie. Dit is tog seker wat die antwoord
> vorentoe sal wees.
Die Wet van Entropie sê dat mens nie energie kan gebruik uit 'n bron (battery)
om weer energie in dieselfde bron in te pomp nie - jy verloor altyd energie
langs die pad in die vorm van hitte/wrywing. Dus sal so 'n alternator nie kan
werk nie, of net baie beperk. Motors soos die Toyota Prius het nog steeds 'n
binnebrandenjin nodig om die energie te verskaf om die batterye te laai (en om
vinniger te kan ry). Batterye se uithouvermoë is nog uiters beperk, veral teen
hoë ontladingstempo's (soos byv. vinnig ry, baie stop/ry) - mens moet altyd
naby aan 'n laaier wees. Alternatiewe soos die sg. brandstofselle is nog baie
duurder en nog gevaarlik ook agv die waterstofinhoud.

--
_______
| OSCAR |
|KNERSUS|
|_&_KIE_|
Re: Petrolprys [boodskap #105045 is 'n antwoord op boodskap #105044] Ma, 15 Augustus 2005 00:15 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"knersus" skryf

> Vir my lê daardie oplossing in kernkragsentrales

Wel, hier in Noord-Amerika is daar regtig van owerheidswe�
nie baie entoesiasme vir meer kernkragopwekstasies nie.
Ek merk op dat die Ontario-regering besluit het om twee
van hulle ou opwekstasies te sluit. En in New Brunswick
het die provinsiale regering daar baie langtand besluit
om wel hulle ouerwordenede kernkragstasie in stand te
hou. Die New Brunswick premier is egter besig om
daarop aan te dring dat die federale regering 'n beleid
verklaar oor die gebruik of nie van kernkrag.
Nou dis wel waar dat Kanada 'n hele klomp elektriese
krag opwek met water. Soveel so, dat as mense hier
in Kanada van elektriese krag praat, dan noem hulle dit
sommer platweg "hydro," selfs al is dit eintlik opgewek
deur kernkrag.

Gloudina
Re: Petrolprys [boodskap #105046 is 'n antwoord op boodskap #105039] Ma, 15 Augustus 2005 04:44 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ek sal gou gaan soek na die webblad wat praat van sand wat in brandstof
verander kan word, en dit hier plaas.
--
Groetnis
Annette

"DD" skryf in boodskap news:04uuf1tlfhn7pmb6o9pv1utq2moagsul22@4ax.com...
> On Sun, 14 Aug 2005 13:01:53 -0400, "@rogers.com"
> wrote:
>
>>
>> "DD"skryf
>>
>>> Miskien moet oom George met meer olielande betrekkinge
>>> aanknoop.
>>
>> China sal dit alles opkoop.
>
>> Gloudina
>>
>
> China sal dit alles opkoop sê jy.
> Nevermaaind wat Sjina alles sal opkoop, (dit blyk dat hulle ook
> maar 'n groot terugslag vir Hong Kong is) is daar iets anders
> wat vir my 'n vraag bly, en ek het dit al so saggies hier genoem,
> maar so sag, dat niemand dit gehoor het nie:
> (en ek dink dat dit op een of ander manier
> inskakel by die VSA/Irak inval.)
>
> Daar is 'n spesifieke hoeveelheid olie in die aardbol. En die
> wêreld probeer al vir dekades 'n alternatief vir die binnebrand
> enjin ontwikkel, maar slaag nie. As die wêreld sonder olie is,
> trek ons terug oor die Drakensberge.
>
> Olie word teen 'n geweldige tempo verbruik. Teen 'n tempo wat versnel
> by die uur, afgesien van by die dag.
>
> Dieselfde mense wat die maan besoek en ruimtetuie met kameras na
> ver planete stuur, beplan nou al reise na Mars. 'n Onbemande vuurpyl
> het gister ook die reis daarheen aangepak.
>
> Hulle kan dan al tot jam in 'n toe blik sit! Maar die petrol enjin kan
> steeds nie vervang word nie.
>
> Afgesien van oliepryse, dink ek gaan beskikbaarheid ook 'n rol
> begin speel.
>
Re: Petrolprys [boodskap #105059 is 'n antwoord op boodskap #105037] Ma, 15 Augustus 2005 11:57 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi Greyling  is tans af-lyn  Ferdi Greyling
Boodskappe: 1232
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 14 Aug 2005 18:55:58 +0200, DD wrote:
> ja, die jare toe HF Verwoerd nog praktiese beplanning gedoen het,
> was dit anders. Op 'n stadium was die Rand selfs meer werd as die
> dollar.
> Tsafendas het daaraan 'n einde gemaak, na David Pratt misluk het.
> Natuurlik is dit net invoer artikels wat daardeur geraak word.

Actually het hy bdoel jy het Rand in plaas van dollar gebruik vir die
olie-prys. R60 per vat vir olie is so 10 dollar per vat.

Wat Woerie se tyd betref, toe is die ruilwaarde van geld is 'n
ooreebnkoms tussen state vasgestel. Bob in Zim probeer dit nog so
doen.

Sedertdien het die wereld egter begin om die waarde van 'n eenheid vas
te stel as 'n uitdrukking van vraag en aanbod.

SA het in die jare 80 ook oorgeskakel daarna toe, hoewel daar vanwee
sanksies vir 'n stadium 'n finrand was wat 'n soort powere povging was
om steeds invloed te he in terme van wat jy graag wil he jou geld
waarde werd moet wees.

Watter praktiese beplanningt het Verwoerd gedoen om die Rand se waarde
hoog te maak?
Re: Petrolprys [boodskap #105060 is 'n antwoord op boodskap #105044] Ma, 15 Augustus 2005 11:59 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi Greyling  is tans af-lyn  Ferdi Greyling
Boodskappe: 1232
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 15 Aug 2005 00:35:39 +0200, knersus wrote:

Alternatiewe soos die sg. brandstofselle is nog baie
> duurder en nog gevaarlik ook agv die waterstofinhoud.

Waterstof verkry deru kernkrag te gebruik?
Re: Petrolprys [boodskap #105061 is 'n antwoord op boodskap #105060] Ma, 15 Augustus 2005 12:05 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Julius Bergh  is tans af-lyn  Julius Bergh
Boodskappe: 111
Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 15 Aug 2005 13:59:36 +0200, Ferdi Greyling wrote:

> On Mon, 15 Aug 2005 00:35:39 +0200, knersus wrote:
>
> > duurder en nog gevaarlik ook agv die waterstofinhoud.
>
> Waterstof verkry deru kernkrag te gebruik?

Nee man! Chemiese prosess - waterstof gas in suurstof brand om water te vorm (stoom) sonder besoedeling maar vlambaar soos die Hindeburg in die jare
30. Gas is maar gevaarlik.
Re: Petrolprys [boodskap #105063 is 'n antwoord op boodskap #105061] Ma, 15 Augustus 2005 12:13 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi Greyling  is tans af-lyn  Ferdi Greyling
Boodskappe: 1232
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 15 Aug 2005 12:05:21 GMT, Julius Bergh
wrote:

Alternatiewe soos die sg. brandstofselle is nog baie
>>> duurder en nog gevaarlik ook agv die waterstofinhoud.

>> Waterstof verkry deru kernkrag te gebruik?
>
> Nee man! Chemiese prosess - waterstof gas in suurstof brand om water te vorm (stoom) sonder besoedeling maar vlambaar soos die Hindeburg in die jare
> 30. Gas is maar gevaarlik.

Is die probleem nie hoe om waterstof te kry nie? Van water,
byvoorbeeld. Daarvoor is elektrisiteit nodig. En as die elektrisiteit
met steenkool of olie opgewek word, is dit maar dieselfde probleem -
net van anderkant af.

Maar as jy kernkrag kan gebruik om elektrisiteit op te wek wat jy
inspan om waterstof te onttrek van water of uit die lug, dan wen jy.

Die kern-probleem is waar die elektrisiteit vandaan kom, is dit nie?
Re: Petrolprys [boodskap #105065 is 'n antwoord op boodskap #105059] Ma, 15 Augustus 2005 17:52 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DD  is tans af-lyn  DD
Boodskappe: 1166
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 15 Aug 2005 13:57:30 +0200, Ferdi Greyling wrote:

>
> Watter praktiese beplanningt het Verwoerd gedoen om die Rand se waarde
> hoog te maak?
>

dit was 'n lokval vir bouwer, maar sy was nie
stupid genoeg daarvoor nie
Re: Petrolprys [boodskap #105066 is 'n antwoord op boodskap #105046] Ma, 15 Augustus 2005 17:55 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DD  is tans af-lyn  DD
Boodskappe: 1166
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 15 Aug 2005 06:44:34 +0200, "Annette" wrote:

> Ek sal gou gaan soek na die webblad wat praat van sand wat in brandstof
> verander kan word, en dit hier plaas.

jy hoef nie want jy het dit 'n paar dae gelede geplaas.
Ek het dit toe gelees en
gedink dis 'n hoofstuk uit Harry Potter
Re: Petrolprys [boodskap #105067 is 'n antwoord op boodskap #105063] Ma, 15 Augustus 2005 18:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DD  is tans af-lyn  DD
Boodskappe: 1166
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 15 Aug 2005 14:13:11 +0200, Ferdi Greyling wrote:

>
> Die kern-probleem is waar die elektrisiteit vandaan kom, is dit nie?
>
>

ek het op 'n plaas groot geword. Die meulens waar ons mielies
laat maal het, (Fredericksrad naby Potchefstroom) het 'n
waterwiel gehad. 'n Groot wiel in 'n sterk stroom water en daarmee is
krag opgewek.
Ek kan nie onthou dat ek dit ooit weer gesien het nie, maar dit is
blykbaar steeds op sommige plekke in gebruik, ter oordeel daaraan dat
daar selfs screensavers met dit as tema is.
Re: Petrolprys [boodskap #105068 is 'n antwoord op boodskap #105045] Ma, 15 Augustus 2005 19:09 Na vorige boodskapna volgende boodskap
knersus  is tans af-lyn  knersus
Boodskappe: 211
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
Hidro-elektriese krag is natuurlik baie beter/skoner as kernkrag, en Kanada het
oorgenoeg water om homself en die grrotste gedeelte van N-O VSA te help aan
krag. Maar H.E krag is nie sonder 'n ekologiese koste nie, hoor: die laaste
sprak is nog nie gesprook oor die voor- en nadele van groot damme nie.

Daarby, sien ek jy praat van "ouer" sentrales: onthou dat enige kragsentrale 'n
baie beperkte leeftyd het, tipies word hulle vir 'n verbruiksleeftyd van 20-30
jr ontwerp.

@rogers.com wrote:
> "knersus" skryf
>
>
>> Vir my lê daardie oplossing in kernkragsentrales
>
>
> Wel, hier in Noord-Amerika is daar regtig van owerheidsweë
> nie baie entoesiasme vir meer kernkragopwekstasies nie.
> Ek merk op dat die Ontario-regering besluit het om twee
> van hulle ou opwekstasies te sluit. En in New Brunswick
> het die provinsiale regering daar baie langtand besluit
> om wel hulle ouerwordenede kernkragstasie in stand te
> hou. Die New Brunswick premier is egter besig om
> daarop aan te dring dat die federale regering 'n beleid
> verklaar oor die gebruik of nie van kernkrag.
> Nou dis wel waar dat Kanada 'n hele klomp elektriese
> krag opwek met water. Soveel so, dat as mense hier
> in Kanada van elektriese krag praat, dan noem hulle dit
> sommer platweg "hydro," selfs al is dit eintlik opgewek
> deur kernkrag.
>
> Gloudina
>
>

--
_______
| OSCAR |
|KNERSUS|
|_&_KIE_|
Re: Petrolprys [boodskap #105069 is 'n antwoord op boodskap #105060] Ma, 15 Augustus 2005 19:12 Na vorige boodskapna volgende boodskap
knersus  is tans af-lyn  knersus
Boodskappe: 211
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
Sover ek weet is daar 'n relatief eenvoudige chemiese proses om waterstof mee te
maak. Jy kan ook kernsplyting gebruik, maar dis soos om 'n 25-lb voorhamer te
gebruik om 'n okkerneut oop te breek, en ek dink dis nogal duur op kommersiële
skaal. Maar ek is nie 'n chemikus/fisikus nie, so as jy meer inligting het,
deel dit met ons.

Ferdi Greyling wrote:
> On Mon, 15 Aug 2005 00:35:39 +0200, knersus wrote:
>
>
>> duurder en nog gevaarlik ook agv die waterstofinhoud.
>
>
> Waterstof verkry deru kernkrag te gebruik?

--
_______
| OSCAR |
|KNERSUS|
|_&_KIE_|
Re: Petrolprys [boodskap #105070 is 'n antwoord op boodskap #105065] Ma, 15 Augustus 2005 20:18 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"DD" skryf

> dit was 'n lokval vir bouwer, maar sy was nie
> stupid genoeg daarvoor nie

Ek wil jou nou iets in goedertrou vertel, du
plessis, wat my baie insig gegee het in mense
se siele. Ons was in 1993 se lente en vroeg-
somer in SA, dus net voor die verkiesings van
1994. Mandela was nog nie president nie, maar
was algemeen aangeneem dat hy dit sal word.
So sy opinies het op daardie stadium geweldig
belang gedra. Ons praat eendag met een van
my swaers, wat mens op daardie stadium as
baie teen die nuwe bedeling sou moes aanneem.
Maar op daardie tydstip was die petrolpryse ook
besig om dramaties op te gaan, blykbaar met die
toestemming van De Klerk se regering. Mandela
het hom ondertussen oor dié situasie uitgespreek,
en was van opinie dat die regering vinnig moes
optree om te verhoed dat die petrolpryse nog
meer styg, omdat dit die man in die straat begin
negatief affekteer. Toe kyk my swaer eendag so
met 'n veraf kyk in sy oë, en hy sê as Mandela
dit kan regkry, dan sal hy baie bly wees.

Gloudina
Re: Petrolprys [boodskap #105071 is 'n antwoord op boodskap #105068] Ma, 15 Augustus 2005 20:23 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"knersus"

Maar H.E krag is nie sonder 'n ekologiese koste nie, hoor: die laaste
> sprak is nog nie gesprook oor die voor- en nadele van groot damme nie.

Ja, ons weet goed daarvan in Kanada. 'n Paar dekades gelede, toe
hulle die Churchill Falls damme in Noordelike Quebec wou bou, het
die lokale Eerste Nasies en ekologiese aktiviste ook vir 'n lang periode
suksesvol daarteen geagiteer. Baie baie mense se tuislande gaan onder
die water wanneer hulle sulke damme bou. Ek kyk nou die dag op TV
'n program oor die reuse-dam wat hulle nou beplan in China.

Gloudina
Re: Petrolprys [boodskap #105072 is 'n antwoord op boodskap #105068] Ma, 15 Augustus 2005 20:26 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"knersus" skryf

> Daarby, sien ek jy praat van "ouer" sentrales: onthou dat enige kragsentrale 'n
> baie beperkte leeftyd het, tipies word hulle vir 'n verbruiksleeftyd van 20-30
> jr ontwerp.

Ja, dié dag het noual vir baie van Kanada se reaktors aangebreek,
wat in die sewentigerjare gebou is. Kanada was aanvanklik een van
die grootste smouse met hulle CANDU reaktors, wat ek dink nou
bietjie al uit die mode is. Ek sidder as ek dink aan waar daar
CANDU reaktore staan in minder gegoede lande soos byvoorbeeld
Romenië, en waar die ekonomie die mense sal dryf om die goed
te gebruik lank nadat hulle nie meer heeltemal veilig is nie.

Gloudina
Re: Petrolprys [boodskap #105086 is 'n antwoord op boodskap #105068] Di, 16 Augustus 2005 06:54 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Laat ek net hier 'n straaltjie piepie......'n dam in 'n rivier kom teen
geweldige koste vir die ekologie wat eers baie jare daarna beleef word, deur
mense aan die onderkant van die wal. Die heel belangrikste faktor van
welstand sover dit water aangaan, is onder die grond geleë, naamlik die
watertafel. Bou jy 'n dam, dan begin die watertafel aan die onderkant van
die dam geleidelik verswak en verskeie studies het al bewys van groot bome
wat begin vrek, plantegroei wat verander.
Hier by ons met die droë riviere is dit natuurlik veel erger, maar in
beginsel bly dit dieselfde probleem.

"knersus" skryf in boodskap news:ddqp7j$6po$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Hidro-elektriese krag is natuurlik baie beter/skoner as kernkrag, en
> Kanada het oorgenoeg water om homself en die grrotste gedeelte van N-O VSA
> te help aan krag. Maar H.E krag is nie sonder 'n ekologiese koste nie,
> hoor: die laaste sprak is nog nie gesprook oor die voor- en nadele van
> groot damme nie.
>
Re: Petrolprys [boodskap #105099 is 'n antwoord op boodskap #105067] Di, 16 Augustus 2005 14:13 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi Greyling  is tans af-lyn  Ferdi Greyling
Boodskappe: 1232
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 15 Aug 2005 20:00:12 +0200, DD wrote:

> ek het op 'n plaas groot geword. Die meulens waar ons mielies
> laat maal het, (Fredericksrad naby Potchefstroom) het 'n
> waterwiel gehad. 'n Groot wiel in 'n sterk stroom water en daarmee is
> krag opgewek.
> Ek kan nie onthou dat ek dit ooit weer gesien het nie, maar dit is
> blykbaar steeds op sommige plekke in gebruik, ter oordeel daaraan dat
> daar selfs screensavers met dit as tema is.

Op 'n manier verwant - iemand het een keer in die tydskrif New
Scientist gevra of dit nie sal sin maak om al die apparaat in 'n
gimnasium krag te laat opwek nie. Dan kan die gym mos sy eie krag
opwek?

Die antw was dat die krag so opgewek minimaal sal wees en geen verskil
sal maak nie.

Ek vermoed waterwiele is onprakties in SA omdat ons te min water het.
In Switserland word die meeste krag met waterstrome opgewek as ek dit
nie mis het nie.

Klaarblyklik kan die Kongo-rivier so ingespan word en dan sal dit krag
aan die hele Afrika en oor dele van Suid-Europa kan verskaf.
Re: Petrolprys [boodskap #105100 is 'n antwoord op boodskap #105069] Di, 16 Augustus 2005 14:14 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi Greyling  is tans af-lyn  Ferdi Greyling
Boodskappe: 1232
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 15 Aug 2005 21:12:43 +0200, knersus wrote:

> Sover ek weet is daar 'n relatief eenvoudige chemiese proses om waterstof mee te
> maak. Jy kan ook kernsplyting gebruik, maar dis soos om 'n 25-lb voorhamer te
> gebruik om 'n okkerneut oop te breek, en ek dink dis nogal duur op kommersiële
> skaal. Maar ek is nie 'n chemikus/fisikus nie, so as jy meer inligting het,
> deel dit met ons.

Nee ek het nie. Ek reageer aan die hand van wat ek hier en daar gelees
het. Daarop vra ek die vraag.
As ek geweet het sou ek wild gepreek het.
Re: Petrolprys [boodskap #105119 is 'n antwoord op boodskap #105099] Di, 16 Augustus 2005 20:42 Na vorige boodskap
DD  is tans af-lyn  DD
Boodskappe: 1166
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 16 Aug 2005 16:13:36 +0200, Ferdi Greyling wrote:

>
> Klaarblyklik kan die Kongo-rivier so ingespan word en dan sal dit krag
> aan die hele Afrika en oor dele van Suid-Europa kan verskaf.
>
>

dan steek daar selfs meer in my redenasie as wat ek gedink het.
En dit maak sin omdat wiel na wiel na wiel in, veral 'n groot en sterk
rivier, ingespan kan word.

Miskien is dit ook die antwoord vir petrol.
Bou kanale!

By http://finepix.95mb.com/abba2/index.html is 2 fotos.
Dit sal net tot môreaand daar wees.
Vorige onderwerp: Google Earth
Volgende onderwerp: XXXXXL
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 14 12:17:25 MGT 2024