Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » DD se foto's
DD se foto's [boodskap #104954] Wo, 10 Augustus 2005 21:07
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Ek sou my eie foto's van uShaka met julle wou deel maar helaas...
'n Vlugtige besoek aan die Suidkus en Durban gebring aan die begin van
Junie. 'n Dag voor vertrek is my Fuji uit die Avis voertuig se kattebak
gestel. 'n Vernuftige stukkie diefstal - soveel so dat ek aanvanklik vermoed
het dat die dief 'n sleutel vir die kattebak moes hê.
Dis duidelik dat die manne slim geword het en besef dat dinge in die
kattebak toegesluit word. (Die diefstal het voor Pam Golding se kantoor op
die noordstrand plaasgevind juis toe ek navraag oor woonstelpryse gedoen
het - so binne 10/15 minute.)
Intussen 'n SonyCybershot ("Super Steady Shot" - 5,1 mB gekoop - heel
beindruk met die resultate.)
Hou aan om die foto's te pos - dit word geniet en waardeer.
Vorige onderwerp: Re: DD se foto's
Volgende onderwerp: Amazing Race
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 12 21:45:08 MGT 2024