Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: DD se foto's
Re: DD se foto's [boodskap #104951] Wo, 10 Augustus 2005 19:08
DD  is tans af-lyn  DD
Boodskappe: 1166
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 10 Aug 2005 14:07:40 -0700, "Jonas" wrote:

> Ek sou my eie foto's van uShaka met julle wou deel maar helaas...
> 'n Vlugtige besoek aan die Suidkus en Durban gebring aan die begin van
> Junie. 'n Dag voor vertrek is my Fuji uit die Avis voertuig se kattebak
> gestel. 'n Vernuftige stukkie diefstal - soveel so dat ek aanvanklik vermoed
> het dat die dief 'n sleutel vir die kattebak moes hê.
> Dis duidelik dat die manne slim geword het en besef dat dinge in die
> kattebak toegesluit word. (Die diefstal het voor Pam Golding se kantoor op
> die noordstrand plaasgevind juis toe ek navraag oor woonstelpryse gedoen
> het - so binne 10/15 minute.)
> Intussen 'n SonyCybershot ("Super Steady Shot" - 5,1 mB gekoop - heel
> beindruk met die resultate.)
> Hou aan om die foto's te pos - dit word geniet en waardeer.
>

maar ons het dan 'n afspraak gehad om saam 'n bier te gaan drink by
Thirsty's Jonas. Maar ons is vroeg in Junie Gateng toe. My skoonma
was sterwend en ons het eers terug gekom die eerste week in Julie
na die begrafnis afgeahndel is.

Jammer om te hoor van jou kamera. Maar jy het darem weer gekoop
en jy het goed gekoop. Jy het toe 'n smash & grab in die kattebak
gehad!

Kamera pryse is besig om heelwat te daal. Die D70 se prys is ook besig
om vinnig te verminder. Dit verkoop nou vir 12000 hier met 9000 vir
die D50.

Kameras is nou waar rekenaars 'n unieke posisie gehandhaaf het,
deur die enigste item te gewees het, wat goedkoper geword het.
Rede is dat al wat fabrikant is nou digitale kameras maak.
Soos ek nou die dag 'n Telefunkin wasmasjien gesien het:-)

Jy was by Pam Golding sê jy. Gaan jy koop?
Een van die woonstelblokke wat nou by uShaka gebou word,
se woonstelle op die boonste vloer is 'n ongelooflike 520vkm!
Nie verkeerde toetse gedruk nie; 520vkm het ek gesê,
elke woonstel met 'n eie swembad. As jy nou koop
terwyl dit nog in aanbou is, kan jy een kry vir 3.6m.
Vorige onderwerp: Jim Naude = Naartjie Bunker
Volgende onderwerp: DD se foto's
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 19 00:15:42 MGT 2024