Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Vanaand
Vanaand [boodskap #104855] Sa, 06 Augustus 2005 15:02 na volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ons tree vanaand op in Artscape.
Ons sing die Requiem van Frigyes Hidas.
Dit is die eerste ker dat die stuk in Suid Afrika of die Afrika kontinent
opgevoer word.
Die Dies Irae en Sanctus wat ons sing is twee besondere mooi stukke musiek.
Ons is ook bevoorreg om die komponis te kon ontmoet en hy sal ook by
vanaand se vertoning wees.

--
Groetnis
Annette
Re: Vanaand [boodskap #104856 is 'n antwoord op boodskap #104855] Sa, 06 Augustus 2005 15:20 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Annette" skryf

> Ons tree vanaand op in Artscape.
> Ons sing die Requiem van Frigyes Hidas.

Vertel ons meer van die komponis. In watter
land is hy gebore en hoe oud is hy?

Gloudina
Re: Vanaand [boodskap #104876 is 'n antwoord op boodskap #104856] Sa, 06 Augustus 2005 20:28 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ek kon nie 'n program kry nie, so ek sal maar gaan oplees en laat weet.
Ek vermoed hy is 'n Hongaar of 'n Tsjeg.
Hy is 'n mooi groot man met grys hare - ek skat hom so in die sestigs.
Hy was baie ingenome met ons koor se optrede vanaand.
--
Groetnis
Annette

"@rogers.com" skryf in boodskap news:pMSdnZTDXMWnTmnfRVn-tw@rogers.com...
>
> "Annette" skryf
>
>> Ons tree vanaand op in Artscape.
>> Ons sing die Requiem van Frigyes Hidas.
>
> Vertel ons meer van die komponis. In watter
> land is hy gebore en hoe oud is hy?
>
> Gloudina
>
Re: Vanaand [boodskap #104878 is 'n antwoord op boodskap #104876] Sa, 06 Augustus 2005 20:33 Na vorige boodskapna volgende boodskap
D@D  is tans af-lyn  D@D
Boodskappe: 143
Geregistreer: Mei 2005
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 6 Aug 2005 22:28:03 +0200, "Annette" wrote:

> Ek kon nie 'n program kry nie, so ek sal maar gaan oplees en laat weet.
> Ek vermoed hy is 'n Hongaar of 'n Tsjeg.
> Hy is 'n mooi groot man met grys hare - ek skat hom so in die sestigs.
> Hy was baie ingenome met ons koor se optrede vanaand.

enige moontlikheid om 'n snit in .MP3 na die nuusgroep te pos,
Annette? Of enige ander posbus op Internet?

DD
Re: Vanaand [boodskap #104879 is 'n antwoord op boodskap #104876] Sa, 06 Augustus 2005 21:19 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Annette" skryf

> Ek vermoed hy is 'n Hongaar of 'n Tsjeg.
> Hy is 'n mooi groot man met grys hare - ek skat hom so in die sestigs.

Ek het op die Internet gekyk. Hy is in 1928 gebore, dus is
hy al in die sewentigs. Gebore in Budapest.
Lede van my familie was onlangs in Budapest. Hulle het
by hulle seun aangesluit wat water polo in Slovakia en
Hongarye gaan swem het. Hulle het 'n paar nagte in
Budapest deurgebring en was ekstaties oor die hotel
waar hulle daar gebly het. Blykbaar is water polo
'n populêre sport in Hongarye en die lande daar
rondom, anders as in Kanada, waar dit maar net
deur klubs bedryf word, en dus bietjie duur is om
aan deel te neem. Iemand wat daar gebore is,
verduidelik dat daardie lande 'n waterkultuur het,
as gevolg van die teenwoordigheid van so baie
spas.
Ek is maar onkundig. Ek het nog nooit van Hidas
gehoor nie.

Gloudina
Re: Vanaand [boodskap #104885 is 'n antwoord op boodskap #104878] So, 07 Augustus 2005 06:03 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Daar is 'n opname gemaak gisteraand, en ek sal ons klankman by die koor vra
of hy vir my van my CD ( wanneer ons dit kry) 'n MP3-snit kan maak.
Ek sal ook vir hom vra of hy vir my kan afskrifte maak vir mense hier wat
daarin sou belangstel.
--
Groetnis
Annette

"DD" skryf in boodskap news:9g7af193mujo13atndagvqa6lluu11u81v@4ax.com...
> On Sat, 6 Aug 2005 22:28:03 +0200, "Annette"
> wrote:
>
>> Ek kon nie 'n program kry nie, so ek sal maar gaan oplees en laat weet.
>> Ek vermoed hy is 'n Hongaar of 'n Tsjeg.
>> Hy is 'n mooi groot man met grys hare - ek skat hom so in die sestigs.
>> Hy was baie ingenome met ons koor se optrede vanaand.
>
> enige moontlikheid om 'n snit in .MP3 na die nuusgroep te pos,
> Annette? Of enige ander posbus op Internet?
>
> DD
>
Re: Vanaand [boodskap #104886 is 'n antwoord op boodskap #104879] So, 07 Augustus 2005 06:05 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ek ook nie - totdat ons sy musiek begin oefen het nie.
Die man kan nie 'n woord Engels verstaan of praat nie, maar sy musiek is
goed, en hy is baie sjarmant.
--
Groetnis
Annette

"@rogers.com" skryf in boodskap news:lrCdnXPixrX2umjfRVn-vQ@rogers.com...
>
> "Annette" skryf
>
>> Ek vermoed hy is 'n Hongaar of 'n Tsjeg.
>> Hy is 'n mooi groot man met grys hare - ek skat hom so in die sestigs.
>
> Ek het op die Internet gekyk. Hy is in 1928 gebore, dus is
> hy al in die sewentigs. Gebore in Budapest.
> Lede van my familie was onlangs in Budapest. Hulle het
> by hulle seun aangesluit wat water polo in Slovakia en
> Hongarye gaan swem het. Hulle het 'n paar nagte in
> Budapest deurgebring en was ekstaties oor die hotel
> waar hulle daar gebly het. Blykbaar is water polo
> 'n populêre sport in Hongarye en die lande daar
> rondom, anders as in Kanada, waar dit maar net
> deur klubs bedryf word, en dus bietjie duur is om
> aan deel te neem. Iemand wat daar gebore is,
> verduidelik dat daardie lande 'n waterkultuur het,
> as gevolg van die teenwoordigheid van so baie
> spas.
> Ek is maar onkundig. Ek het nog nooit van Hidas
> gehoor nie.
>
> Gloudina
>
Re: Vanaand [boodskap #104889 is 'n antwoord op boodskap #104886] So, 07 Augustus 2005 11:50 Na vorige boodskapna volgende boodskap
D@D  is tans af-lyn  D@D
Boodskappe: 143
Geregistreer: Mei 2005
Karma: 0
Senior Lid
> Daar is 'n opname gemaak gisteraand, en ek sal ons klankman by die koor vra
> of hy vir my van my CD ( wanneer ons dit kry) 'n MP3-snit kan maak.
> Ek sal ook vir hom vra of hy vir my kan afskrifte maak vir mense hier wat
> daarin sou belangstel. --
> Groetnis
> Annette

As jy die regte gereedskap het, kan jy dit self doen, Annette.
Nero bv. met die regte plugin. Daar is hope programme op
Inernet beskikbaar waarmee jy dit self kan doen.
Dan kan ons 'n slag hoor hoe julle sing

On Sun, 7 Aug 2005 08:05:55 +0200, "Annette" wrote:

> Die man kan nie 'n woord Engels verstaan of praat nie, maar sy musiek is
> goed, en hy is baie sjarmant.

hoe skryf hy dan Engelse musiek? Of sing julle met die begeleiding van
Hongaarse musiek?
Re: Vanaand [boodskap #104892 is 'n antwoord op boodskap #104889] So, 07 Augustus 2005 14:58 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Nee, ek het nie die gereedskap nie.
Gereedskap is mos in essensie 'n man-ding:)))
--
Groetnis
Annette

"DD" skryf in boodskap news:j1sbf1172b17jlo8nu121u1pnt6lt8bnaj@4ax.com...
>
>
>> Daar is 'n opname gemaak gisteraand, en ek sal ons klankman by die koor vra
>> of hy vir my van my CD ( wanneer ons dit kry) 'n MP3-snit kan maak.
>> Ek sal ook vir hom vra of hy vir my kan afskrifte maak vir mense hier wat
>> daarin sou belangstel.
> --
>> Groetnis
>> Annette
>
>
> As jy die regte gereedskap het, kan jy dit self doen, Annette.
> Nero bv. met die regte plugin. Daar is hope programme op
> Inernet beskikbaar waarmee jy dit self kan doen.
> Dan kan ons 'n slag hoor hoe julle sing
>
>
> On Sun, 7 Aug 2005 08:05:55 +0200, "Annette"
> wrote:
>
>> Die man kan nie 'n woord Engels verstaan of praat nie, maar sy musiek is
>> goed, en hy is baie sjarmant.
>
> hoe skryf hy dan Engelse musiek? Of sing julle met die begeleiding van
> Hongaarse musiek?
>
Re: Vanaand [boodskap #104894 is 'n antwoord op boodskap #104892] So, 07 Augustus 2005 16:40 Na vorige boodskapna volgende boodskap
D@D  is tans af-lyn  D@D
Boodskappe: 143
Geregistreer: Mei 2005
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 7 Aug 2005 16:58:17 +0200, "Annette" wrote:

> Nee, ek het nie die gereedskap nie.
> Gereedskap is mos in essensie 'n man-ding:)))

nie noodwendig nie, Annette. 'n Spyker bv.
sal jy tussen mans gereedskap vind terwyl
'n koekpan vroue gereedskap is.
Net so gebruik 'n man wel sy vingers wanneer hy werk
maar 'n vingerhoed is tog vroue gereedskap. Vele
meer voorbeelde

DD
Re: Vanaand [boodskap #104899 is 'n antwoord op boodskap #104894] So, 07 Augustus 2005 18:51 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Logies sou mens kon aanneem 'n koekroller is mansgeredskap:))

Ek lees oor die naweek dat ek nou nie meer uiters versigtige mates in die
koue hoef te neem om my WWW's te vervaardig nie.
Net een klein stappie van die kliënt tot op 'n karton met mates op is nodig.
Blykbaar is die lengte van 'n man se voet in cms plus 5cm gedeel deur 2 die
presiese lengte van sy besteviendmet'nwilvansyeiegereedskap:))

Enige vrywilligers om die gerug te bevestig?

--
Groetnis
Annette
>
>> Nee, ek het nie die gereedskap nie.
>> Gereedskap is mos in essensie 'n man-ding:)))
>
>
> nie noodwendig nie, Annette. 'n Spyker bv.
> sal jy tussen mans gereedskap vind terwyl
> 'n koekpan vroue gereedskap is.
> Net so gebruik 'n man wel sy vingers wanneer hy werk
> maar 'n vingerhoed is tog vroue gereedskap. Vele
> meer voorbeelde
>
> DD
>
Re: Vanaand [boodskap #104902 is 'n antwoord op boodskap #104899] So, 07 Augustus 2005 19:52 Na vorige boodskapna volgende boodskap
D@D  is tans af-lyn  D@D
Boodskappe: 143
Geregistreer: Mei 2005
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 7 Aug 2005 20:51:21 +0200, "Annette" wrote:

> Logies sou mens kon aanneem 'n koekroller is mansgeredskap:))
>
> Ek lees oor die naweek dat ek nou nie meer uiters versigtige mates in die
> koue hoef te neem om my WWW's te vervaardig nie.
> Net een klein stappie van die kliënt tot op 'n karton met mates op is nodig.
> Blykbaar is die lengte van 'n man se voet in cms plus 5cm gedeel deur 2 die
> presiese lengte van sy besteviendmet'nwilvansyeiegereedskap:))
>
> Enige vrywilligers om die gerug te bevestig?

mansgeredskap is die regte woord. Almal van ons wil
graag daarvan gered word.

Wat bevestiging van die mates aanbetref, moet jy weet dat my voete
rustend en in aksie dieselfde mates handhaaf. Dit geld nie vir my
beste vriend nie. Dit beteken dus dat jy meer indrukwekkende mates
as ek van my beste vriend sal kan bevestig.

DD
Re: Vanaand [boodskap #104909 is 'n antwoord op boodskap #104855] So, 07 Augustus 2005 21:45 Na vorige boodskapna volgende boodskap
news[3]  is tans af-lyn  news[3]
Boodskappe: 61
Geregistreer: Januarie 2005
Karma: 0
Volle Lid
"Annette" skryf in boodskap news:dd2jem$evo$1@ctb-nnrp2.saix.net...
Ons tree vanaand op in Artscape.
Ons sing die Requiem van Frigyes Hidas.
Dit is die eerste ker dat die stuk in Suid Afrika of die Afrika kontinent
opgevoer word.
Die Dies Irae en Sanctus wat ons sing is twee besondere mooi stukke musiek.
Ons is ook bevoorreg om die komponis te kon ontmoet en hy sal ook by
vanaand se vertoning wees.

--
Groetnis
Annette

Annete, as jy n CD kan kry, sal ek graag een wil koop. Email my by die werk
as jy een kry. Daardie vorige een van julle wat jy vir my gestuur het
luister ek nog gereeld na, veral die Onse Vader wat julle sing is sooo mooi.

Ellie
Re: Vanaand [boodskap #104912 is 'n antwoord op boodskap #104909] Ma, 08 Augustus 2005 05:38 Na vorige boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Okie Dokie, ek sal jou per epos laat weet.
--
Groetnis
Annette
Life is uncertain - eat dessert first
ann...@ctnet.co.za

"news" skryf in boodskap news:0dvJe.3683$Zo3.1513@fe03.lga...
>
> "Annette" wrote in message
> news:dd2jem$evo$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Ons tree vanaand op in Artscape.
> Ons sing die Requiem van Frigyes Hidas.
> Dit is die eerste ker dat die stuk in Suid Afrika of die Afrika kontinent
> opgevoer word.
> Die Dies Irae en Sanctus wat ons sing is twee besondere mooi stukke musiek.
> Ons is ook bevoorreg om die komponis te kon ontmoet en hy sal ook by
> vanaand se vertoning wees.
>
>
> --
> Groetnis
> Annette
>
> Annete, as jy n CD kan kry, sal ek graag een wil koop. Email my by die werk
> as jy een kry. Daardie vorige een van julle wat jy vir my gestuur het
> luister ek nog gereeld na, veral die Onse Vader wat julle sing is sooo mooi.
>
> Ellie
>
Vorige onderwerp: Belgen of Nederlanders gezocht in Zuid-Afrika
Volgende onderwerp: Re: filmpjie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 14 08:23:58 MGT 2024