Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Ongelukkig korrek
Re: Ongelukkig korrek [boodskap #104310] Do, 14 Julie 2005 09:58 na volgende boodskap
DD  is tans af-lyn  DD
Boodskappe: 1166
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 18 Jul 2005 03:58:03 GMT, "Bobby" wrote:

>
> "Jonas" wrote in message
> news:dbcs19$f9p$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>
>> Francois - wat sê jou geloof van terrorisme? Is dit ook 'n krom stok? Is
>> daar iets, volgens jou geloof, wat verkeerd kan wees? Of is alles wat
> gebeur
>> met die wil en instemming van God? Ek vra net.
>
> As jy 'n Christen was, sou jy die antwoord geweet het. Die hele wêreld is
> maar 'n deurmekaar plek, met soveel dinge wat "verkeerd" is (en dit is
> natuurlik 'n understatement), maar enige gelowige mens weet in sy/haar hart
> dat God in totale beheer is, alhoewel dit nie vir ongelowige mense so lyk
> nie. Dinge gebeur volgens 'n plan, God se uiteindelike plan, en hoewel baie
> aaklighede plaasvind en terrorisme op die oomblik onverowerbaar lyk, weet
> die gelowige mens dat hoe dit ook al vir God self seermaak, sekere dinge
> moet gebeur vir Sy uiteindelike plan om ten volle in werking gestel te word.
>
> Natuurlik is daar miljoene wat dit sal bevraagteken, maar dit is die
> gelowige mens se waarheid.
>

Dit is duidelik dat Jonas wel die antwoord ken. En net wil seker maak
dat Francois ook die antwoord ken. Miskien sal hy maar vir jou ook
die antwoord moet gee; dit is duidelik dat jy dit nie ken nie.
Re: Ongelukkig korrek [boodskap #104484 is 'n antwoord op boodskap #104310] Di, 19 Julie 2005 03:14 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Bobby[1]  is tans af-lyn  Bobby[1]
Boodskappe: 76
Geregistreer: Januarie 2005
Karma: 0
Volle Lid
"DD" skryf in boodskap news:9cdcd19c05g8cd4nb94tl54jcf5ooib017@4ax.com...

> Dit is duidelik dat Jonas wel die antwoord ken. En net wil seker maak
> dat Francois ook die antwoord ken. Miskien sal hy maar vir jou ook
> die antwoord moet gee; dit is duidelik dat jy dit nie ken nie.
>
As hy die antwoord ken, is dit onnodig om te vra net om iemand anders te
toets. En jy, in jou alwetenheid, kan dan seker vir ons ander onnoseles die
"regte" antwoord gee - dis nou uit die Bybel volgens DD se interpretasie.
Ek sou nogal graag wil weet wat nou so verkeerd is aan my
antwoord/interpretasie/geloof. Ek sien uit na jou antwoord.
Re: Ongelukkig korrek [boodskap #104505 is 'n antwoord op boodskap #104484] Di, 19 Julie 2005 17:18 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Francois Human  is tans af-lyn  Francois Human
Boodskappe: 360
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
My deurdagte antwoord op die vraag: Dit is nie God se bedoeling dat ons as
mense mekaar aanval hetsy fisies of emosioneel/geestelik nie. Wanneer dit
gebeur skrei dit teen sy beginsels van liefde en vrede. As ek terugkyk op
dinge wat ek al gedoen het in my verlede, kan ek slegs met dankbaarheid
getuig van my vergifnis. 'n Vergifnis wat ek aan elkeen gun en verkondig.
As iemand nie van sy verkeerde weë wegkeer na die Weg van God nie, is dit
nie my plig of voorreg om hom te veroordeel nie.

Ek hoop die antwoord dra almal se goedkeuring weg..... :)

"Bobby" skryf in boodskap news:we_Ce.52358$oJ.40964@news-server.bigpond.net.au...
>
> "DD" wrote in message
> news:9cdcd19c05g8cd4nb94tl54jcf5ooib017@4ax.com...
>
>> Dit is duidelik dat Jonas wel die antwoord ken. En net wil seker maak
>> dat Francois ook die antwoord ken. Miskien sal hy maar vir jou ook
>> die antwoord moet gee; dit is duidelik dat jy dit nie ken nie.

> As hy die antwoord ken, is dit onnodig om te vra net om iemand anders te
> toets. En jy, in jou alwetenheid, kan dan seker vir ons ander onnoseles
> die
> "regte" antwoord gee - dis nou uit die Bybel volgens DD se interpretasie.
> Ek sou nogal graag wil weet wat nou so verkeerd is aan my
> antwoord/interpretasie/geloof. Ek sien uit na jou antwoord.
>
Re: Ongelukkig korrek [boodskap #104518 is 'n antwoord op boodskap #104505] Wo, 20 Julie 2005 12:18 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi Greyling  is tans af-lyn  Ferdi Greyling
Boodskappe: 1232
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 19 Jul 2005 19:18:48 +0200, "Francois Human"
wrote:

> My deurdagte antwoord op die vraag: Dit is nie God se bedoeling dat ons as
> mense mekaar aanval hetsy fisies of emosioneel/geestelik nie. Wanneer dit
> gebeur skrei dit teen sy beginsels van liefde en vrede. As ek terugkyk op
> dinge wat ek al gedoen het in my verlede, kan ek slegs met dankbaarheid
> getuig van my vergifnis. 'n Vergifnis wat ek aan elkeen gun en verkondig.
> As iemand nie van sy verkeerde weë wegkeer na die Weg van God nie, is dit
> nie my plig of voorreg om hom te veroordeel nie.

Inderdaad.

El hoop al die mense wat so goed weet wat God se plan is, het hom
darem ook daaroor ingelig.
Re: Ongelukkig korrek [boodskap #104520 is 'n antwoord op boodskap #104518] Wo, 20 Julie 2005 20:36 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Francois Human  is tans af-lyn  Francois Human
Boodskappe: 360
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
Ag ou Ferdi

Al wat ek weet van God se plan, is wat Hy my vertel het. Ek het jou nog
altyd gerespekteer en met baie van jou opinies saamgestem. Dit sou jammer
wees as jy my respek op hierdie manier gaan verloor.

Soois

"Ferdi Greyling" skryf in boodskap news:37gsd1lim7n0a8q3c4fr4cf1109790605u@4ax.com...
> On Tue, 19 Jul 2005 19:18:48 +0200, "Francois Human"
> wrote:
>
> dat ons as
>> mense mekaar aanval hetsy fisies of emosioneel/geestelik nie. Wanneer dit
>> gebeur skrei dit teen sy beginsels van liefde en vrede. As ek terugkyk op
>> dinge wat ek al gedoen het in my verlede, kan ek slegs met dankbaarheid
>> getuig van my vergifnis. 'n Vergifnis wat ek aan elkeen gun en verkondig.
>> As iemand nie van sy verkeerde weë wegkeer na die Weg van God nie, is dit
>> nie my plig of voorreg om hom te veroordeel nie.
>
> Inderdaad.
>
> El hoop al die mense wat so goed weet wat God se plan is, het hom
> darem ook daaroor ingelig.
>
Re: Ongelukkig korrek [boodskap #104527 is 'n antwoord op boodskap #104520] Do, 21 Julie 2005 09:22 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi Greyling  is tans af-lyn  Ferdi Greyling
Boodskappe: 1232
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 20 Jul 2005 22:36:38 +0200, "Francois Human"
wrote:

> Ag ou Ferdi
>
> Al wat ek weet van God se plan, is wat Hy my vertel het. Ek het jou nog
> altyd gerespekteer en met baie van jou opinies saamgestem. Dit sou jammer
> wees as jy my respek op hierdie manier gaan verloor.

Hoe het hy jou vertel? En wat het hy jou vertel?
Re: Ongelukkig korrek [boodskap #104530 is 'n antwoord op boodskap #104527] Do, 21 Julie 2005 17:17 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Francois Human  is tans af-lyn  Francois Human
Boodskappe: 360
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
Vraag een, hoe: Deur sy Woord, die Bybel.

Vraag twee, wat: Hoeveel tyd het jy? KOm ek en jy drink 'n koppie koffie
by die Mugg + Bean en dan gesels ons daaroor

F

"Ferdi Greyling" skryf in boodskap news:0aqud1h9t1irckeg7emb2u68t44d9vp1tl@4ax.com...
> On Wed, 20 Jul 2005 22:36:38 +0200, "Francois Human"
> wrote:
>
> > Al wat ek weet van God se plan, is wat Hy my vertel het. Ek het jou nog
>> altyd gerespekteer en met baie van jou opinies saamgestem. Dit sou jammer
>> wees as jy my respek op hierdie manier gaan verloor.
>
> Hoe het hy jou vertel? En wat het hy jou vertel?
>
Re: Ongelukkig korrek [boodskap #104532 is 'n antwoord op boodskap #104527] Vr, 22 Julie 2005 06:07 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Riaan  is tans af-lyn  Riaan
Boodskappe: 1008
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi kan ek aflei jy glo nie in God en die Bybel nie ?

"Ferdi Greyling" skryf in boodskap news:0aqud1h9t1irckeg7emb2u68t44d9vp1tl@4ax.com...
> On Wed, 20 Jul 2005 22:36:38 +0200, "Francois Human"
> wrote:
>
> > Al wat ek weet van God se plan, is wat Hy my vertel het. Ek het jou nog
>> altyd gerespekteer en met baie van jou opinies saamgestem. Dit sou jammer
>> wees as jy my respek op hierdie manier gaan verloor.
>
> Hoe het hy jou vertel? En wat het hy jou vertel?
>
Re: Ongelukkig korrek [boodskap #104534 is 'n antwoord op boodskap #104532] Vr, 22 Julie 2005 12:23 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max  is tans af-lyn  Max
Boodskappe: 1496
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Riaan, jou pos het my dieselfde vraag aan myself laat vra. Glo ek in God.
Glo ek in die Bybel.

In God glo ek wel. In die Bybel? Ek weet nie.

Wat presies bedoel jy met glo jy in die Bybel?

Glo jy in die Bybel? Mens hoef nie 'n genie te wees om te sien dat die vier
evangelies hemelsbreed verskil nie. Watter een glo jý in?

Glo jy in die evangelie van Tomas, die tweelingbroer van Jesus? Hie hie hie!
Ek dink dit nie... Hoekom nie? Dis in dieselfde tyd geskryf, selfs nog voor
sommige van die ander vier evangelies. Almal 100 jaar plus, nadat Jesus op
die aarde geloop het. Weet jy hoe stories verdraai in 100 jaar?

Dan moet ek tot die gevolgtrekking kom dat ek NIE in die Bybel glo nie...

Dier Bybel is vir my niks meer as 'n verouderde handleiding nie. Goed om te
lees en te ken, maar nie die antwoord op alle hedendaagse vrae nie... Vir
daai antwoorde moet jy na jou hart luister...

"Riaan" skryf in boodskap news:1122012379.77785@proxy.jhb.stormnet.co.za...
> Ferdi kan ek aflei jy glo nie in God en die Bybel nie ?
>
Re: Ongelukkig korrek [boodskap #104535 is 'n antwoord op boodskap #104534] Vr, 22 Julie 2005 14:29 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Max" skryf

> Dan moet ek tot die gevolgtrekking kom dat ek NIE in die Bybel glo nie...
>
> Dier Bybel is vir my niks meer as 'n verouderde handleiding nie. Goed om te
> lees en te ken, maar nie die antwoord op alle hedendaagse vrae nie... Vir
> daai antwoorde moet jy na jou hart luister...

Max, ek wil nou nie hier vir jou kritiseer nie. Maar
ek wil tog 'n lansie vir "die Bybel" breek. Dit is nou
die Bybel wat Christene gebruik. Iemand wat skryf
soos jy hierbo skryf, stel eintlik onregverdige
standaarde aan die Bybel, waaraan dit dan moet
voldoen, anders is dit ook nou nie goed genoeg
vir jou nie. Northrop Frye, een van die belangrikste
outoriteite oor William Blake, noem die Christelike
bybel "The Great Code." Hy sê dat alles wat jy
nodig het, is gekodifiseer in die Bybel. Die Christen
kan dus uit sy eie Bybel vir homself net so goed
bedien as wat die ander gelowe vir hulself uit hulle
eie kodes bedien. Maar mens moet natuurlik ore
het om te hoor en oë hê om te sien.

Gloudina
Re: Ongelukkig korrek [boodskap #104536 is 'n antwoord op boodskap #104535] Vr, 22 Julie 2005 14:44 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max  is tans af-lyn  Max
Boodskappe: 1496
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" skryf in boodskap news:1I2dnfdCco14nXzfRVn-gA@rogers.com...
>
> "Max" skryf
>
>> Dan moet ek tot die gevolgtrekking kom dat ek NIE in die Bybel glo nie...
>>
>> Dier Bybel is vir my niks meer as 'n verouderde handleiding nie. Goed om te
>> lees en te ken, maar nie die antwoord op alle hedendaagse vrae nie... Vir
>> daai antwoorde moet jy na jou hart luister...
>
> Max, ek wil nou nie hier vir jou kritiseer nie. Maar
> ek wil tog 'n lansie vir "die Bybel" breek. Dit is nou
> die Bybel wat Christene gebruik. Iemand wat skryf
> soos jy hierbo skryf, stel eintlik onregverdige
> standaarde aan die Bybel, waaraan dit dan moet
> voldoen, anders is dit ook nou nie goed genoeg
> vir jou nie. Northrop Frye, een van die belangrikste
> outoriteite oor William Blake, noem die Christelike
> bybel "The Great Code." Hy sê dat alles wat jy
> nodig het, is gekodifiseer in die Bybel. Die Christen
> kan dus uit sy eie Bybel vir homself net so goed
> bedien as wat die ander gelowe vir hulself uit hulle
> eie kodes bedien. Maar mens moet natuurlik ore
> het om te hoor en oë hê om te sien.
>
> Gloudina
>

Dit hang maar af van hoe jy daarna kyk... Ek sien geen kode daar wat vir my
sê of ek 'n PC in my huis mag hê, en of dit 'n sonde is nie. Ek ken egter
wél die basics van die Bybel, die res moet ek self uitfigure. Dis maar een
voorbeeld. Ons weet almal hoe fanaties sommige mense kan raak oor dinge soos
strepieskodes, bankkaarte ens ens.

Miskien het ek nie die regte gesindheid nie, maar ek kry daai antwoorde nie
in die Bybel nie.
Re: Ongelukkig korrek [boodskap #104537 is 'n antwoord op boodskap #104536] Vr, 22 Julie 2005 15:15 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Max" skryf

Ek sien geen kode daar wat vir my
> sê of ek 'n PC in my huis mag hê, en of dit 'n sonde is nie.

Ek sou weer sê dat jy alles oor bogenoemde
kwessie in die bybel kan kry. Dis juis dit wat
die Christelike Bybel so bruikbaar maak.

Oor bogenoemde onderwerp ( of jy nou die
rekenaar in jou huis mag hê), sou ek die volgende
sê. Jou bybel sê dat jy vrygemaak is van die wet,
dus dink ek nie jy word deur enige wettige
oorweging verbied om dit te hê nie. ( 'n Jood
het miskien ander restriksies, maar die Christen
is vry van die ou Judaistiese wette. )
Bygesê, jou nuwe testamentiese Christelikheid
sou jou egter tweekeer laat dink om een in die
huis te hê, as dit iemand laat struikel. Dan sal
die leer van caritas oorneem.

Gloudina
Re: Ongelukkig korrek [boodskap #104539 is 'n antwoord op boodskap #104537] Vr, 22 Julie 2005 17:15 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Francois Human  is tans af-lyn  Francois Human
Boodskappe: 360
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
Daar is nou maar dinge wat 'n mens moet glo sonder dat jy dit sien of met
jou brein kan uitredeneer. Ek glo wat ek glo en dit is nou maar dit. Ek
hoef niemand te oortuig van my geloof nie, of om dieselfde te glo as ek nie.

"@rogers.com" skryf in boodskap news:_JidnfpWTIwrlnzfRVn-vw@rogers.com...
>
> "Max" skryf
>
> Ek sien geen kode daar wat vir my
>> sê of ek 'n PC in my huis mag hê, en of dit 'n sonde is nie.
>
> Ek sou weer sê dat jy alles oor bogenoemde
> kwessie in die bybel kan kry. Dis juis dit wat
> die Christelike Bybel so bruikbaar maak.
>
> Oor bogenoemde onderwerp ( of jy nou die
> rekenaar in jou huis mag hê), sou ek die volgende
> sê. Jou bybel sê dat jy vrygemaak is van die wet,
> dus dink ek nie jy word deur enige wettige
> oorweging verbied om dit te hê nie. ( 'n Jood
> het miskien ander restriksies, maar die Christen
> is vry van die ou Judaistiese wette. )
> Bygesê, jou nuwe testamentiese Christelikheid
> sou jou egter tweekeer laat dink om een in die
> huis te hê, as dit iemand laat struikel. Dan sal
> die leer van caritas oorneem.
>
> Gloudina
>
Re: Ongelukkig korrek [boodskap #104547 is 'n antwoord op boodskap #104537] Ma, 25 Julie 2005 08:22 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max  is tans af-lyn  Max
Boodskappe: 1496
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" skryf in boodskap news:_JidnfpWTIwrlnzfRVn-vw@rogers.com...
>
> "Max" skryf
>
> Ek sien geen kode daar wat vir my
>> sê of ek 'n PC in my huis mag hê, en of dit 'n sonde is nie.
>
> Ek sou weer sê dat jy alles oor bogenoemde
> kwessie in die bybel kan kry. Dis juis dit wat
> die Christelike Bybel so bruikbaar maak.
>
> Oor bogenoemde onderwerp ( of jy nou die
> rekenaar in jou huis mag hê), sou ek die volgende
> sê. Jou bybel sê dat jy vrygemaak is van die wet,
> dus dink ek nie jy word deur enige wettige
> oorweging verbied om dit te hê nie. ( 'n Jood
> het miskien ander restriksies, maar die Christen
> is vry van die ou Judaistiese wette. )
> Bygesê, jou nuwe testamentiese Christelikheid
> sou jou egter tweekeer laat dink om een in die
> huis te hê, as dit iemand laat struikel. Dan sal
> die leer van caritas oorneem.
>
> Gloudina
>

Jy's reg, Gloudina. Mens kan alles uit die Bybel haal. Daar's daagliks mense
wat dinge uit die Bybel haal, wat loodreg teen my geloof ingaan.

Dink jy dat die Bybel, as hy vandag geskryf was ook soveel kodes sou ingehou
het, of dink jy hy sou meer "vir ons tyd" geskryf gewees het.

Moenie my verkeerd verstaan nie, ek sê nie die Bybel is verkeerd nie, ek sê
mens moet die Bybel sien vir wat dit is, 'n verouderde handleiding. Ek wag
nog af met wat Riaan bedoel het met "glo in" die Bybel.

Skryf mens Die Bybel, die Bybel, of sommer net die bybel?
Re: Ongelukkig korrek [boodskap #104548 is 'n antwoord op boodskap #104539] Ma, 25 Julie 2005 08:23 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max  is tans af-lyn  Max
Boodskappe: 1496
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
"Francois Human"

> Ek hoef niemand te oortuig van my geloof nie, of om dieselfde te glo as ek nie.
>

Raar, my God verwag juis dít!
Re: Ongelukkig korrek [boodskap #104551 is 'n antwoord op boodskap #104547] Ma, 25 Julie 2005 10:23 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Max" ssskrryf

> Dink jy dat die Bybel, as hy vandag geskryf was ook soveel kodes sou ingehou
> het, of dink jy hy sou meer "vir ons tyd" geskryf gewees het.

Dit hang net alles af van wat jy van die Bybel
vereis. Natuurlik moet jy dit uit sy agtergrond
lees. Hier en daar is dit net stukke Joodse
Geskiedenis. Maar ek sou dink dat die
Bergpredikasie net so modern is as wat dit
tweeduisend jaar gelede was. En die
menslikheid wat daar in die Psalms van
Dawid te vinde is, is ook nog net so
relevant vir ons tyd as wat dit lank gelede
was.
Ek dink egter dat daar baie Christene is
wat hulle nie wil oorgee aan hulle uitsluitlike
Christenskap nie. Hulle wil nie glo dat die
bergpredikasie hulle kode moet wees
nie. Hulle sleep 'n klomp Judaistiese leringe
in en interpreteer dit dan ook nog meer
letterlik as wat die Jode self doen. Dit kom
as gevolg van die feit dat hulle eintlik
begin dink het soos die antieke Grieke
gedink het. Maar dis 'n ander storie.

Gloudina
Re: Ongelukkig korrek [boodskap #104552 is 'n antwoord op boodskap #104547] Ma, 25 Julie 2005 10:37 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Max" skryf

> Skryf mens Die Bybel, die Bybel, of sommer net die bybel?

Dit hang seker alles af van wat jy beoog.
Ek sou dink dat jy "die Bybel" moet skryf,
maar dan moet jy bewus wees dat jy eintlik
iets uitlaat. Sal 'n persoon in Japan weet
wat jy bedoel as jy net " die Bybel " sê?

Weet jy waar die woord "bybel" vandaan
kom? ( Basies beteken dit enige outoratiewe
boek.) Dit kom van die naam van 'n
Phoenisiese hawe waarvandaan die
Egiptiese papirus na Griekeland toe
uitgevoer is. Deur Grieks is dit
uiteindelik in Latyn opgeneem en dis
daarvandaan dat jy jou woord "bybel"
kry.

Gloudina
Re: Ongelukkig korrek [boodskap #104558 is 'n antwoord op boodskap #104527] Ma, 25 Julie 2005 14:02 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi Greyling  is tans af-lyn  Ferdi Greyling
Boodskappe: 1232
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
Ek sien jy antwoord nie.
Dis 'n belangriker vraag as wat jy dink.

Oor die eeue was 'n gereelde konstruksie van terreur soos volg: "God
het met my gepraat. So ek weet wat HY wil he. Julle beter dus doen wat
ek se, want ek weet wat God wil he. En moenie my bevraagteken nie want
dan bevraagteken julle God."

On Thu, 21 Jul 2005 11:22:32 +0200, Ferdi Greyling wrote:

> On Wed, 20 Jul 2005 22:36:38 +0200, "Francois Human"
> wrote:
>
> > Al wat ek weet van God se plan, is wat Hy my vertel het. Ek het jou nog
>> altyd gerespekteer en met baie van jou opinies saamgestem. Dit sou jammer
>> wees as jy my respek op hierdie manier gaan verloor.
>
> Hoe het hy jou vertel? En wat het hy jou vertel?
>
Re: Ongelukkig korrek [boodskap #104560 is 'n antwoord op boodskap #104548] Ma, 25 Julie 2005 19:04 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Francois Human  is tans af-lyn  Francois Human
Boodskappe: 360
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
Daar is 'n verskil tussen GEtuig en OORtuig. DIe mens kan getuig, maar net
God kan oortuig.

"Max" skryf in boodskap news:42e4a338$0$11071$e4fe514c@news.xs4all.nl...
> "Francois Human"
>
>> Ek hoef niemand te oortuig van my geloof nie, of om dieselfde te glo as
>> ek
> nie.

>
> Raar, my God verwag juis dít!
>
Re: Ongelukkig korrek [boodskap #104561 is 'n antwoord op boodskap #104551] Ma, 25 Julie 2005 19:07 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Francois Human  is tans af-lyn  Francois Human
Boodskappe: 360
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
Dat sulke waarhede nou van 'n nie-Christen af moet kom....

*knip*
> Ek dink egter dat daar baie Christene is
> wat hulle nie wil oorgee aan hulle uitsluitlike
> Christenskap nie. Hulle wil nie glo dat die
> bergpredikasie hulle kode moet wees
> nie. Hulle sleep 'n klomp Judaistiese leringe
> in en interpreteer dit dan ook nog meer
> letterlik as wat die Jode self doen. *knip*
>
> Gloudina
>
Re: Ongelukkig korrek [boodskap #104562 is 'n antwoord op boodskap #104558] Ma, 25 Julie 2005 19:18 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Francois Human  is tans af-lyn  Francois Human
Boodskappe: 360
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
Ek haal aan uit my antwoord, wat jy skynbaar nie gekry het nie.....

****

Vraag een, hoe: Deur sy Woord, die Bybel.

Vraag twee, wat: Hoeveel tyd het jy? Kom ek en jy drink 'n koppie koffie
by die Mugg + Bean en dan gesels ons daaroor

F

****

Dit is 'n ongelooflik belangrike vraag wat jy vra. Ek persoonlik is maar
redelik skepties teenoor mense wat beweer hulle het die "stem van God"
gehoor op een of ander bo-natuurlike Hollywood-agtige manier, maar daar is
basies drie maniere waardeur God met mense kommunikeer, en ek het al drie al
beleef:

1. Deur mede-gelowiges,
2. Deur jou gewete
3. Deur die Bybel.

Wees gerus so sinies soos jy wil wees daaroor. My geloof is te swak om die
kans te waag dat (a) God nie bestaan nie, (b) indien Hy wel bestaan Hy
homself nie met ons as mense bemoei nie of (c) ek enigiets kan doen om sy
genade te verdien.

Eish, nou raak die diskussie baie filosofies en teologies.

Maar aan almal wat beweer die Bybel is 'n verouderde handleiding kan ek maar
net sê dat hulle dit duidelik anders gebruik as wat gelowiges dit gebruik.
Uiteraard is daar geen voorskrifte vir jou dag-tot-dag lewe, oor rekenaars,
motors, vliegtuie en ruimtereise nie. Die beginsels waaroor die Bybel gaan,
naamlik naasteliefde, vrede, God se genade en vergifnis, ens. is tydloos en
is toepaslik, ongeag die tyd in die geskiedenis waar die leser homself
bevind.

Soois

"Ferdi Greyling" skryf in boodskap news:d3s9e1h4dkk0j88s8s080lnu0cruvs0qrq@4ax.com...
>
> Ek sien jy antwoord nie.
> Dis 'n belangriker vraag as wat jy dink.
>
> Oor die eeue was 'n gereelde konstruksie van terreur soos volg: "God
> het met my gepraat. So ek weet wat HY wil he. Julle beter dus doen wat
> ek se, want ek weet wat God wil he. En moenie my bevraagteken nie want
> dan bevraagteken julle God."
>
>
>
>
>
>
> On Thu, 21 Jul 2005 11:22:32 +0200, Ferdi Greyling
> wrote:
>
>> On Wed, 20 Jul 2005 22:36:38 +0200, "Francois Human"
>> wrote:

>>
>>> Al wat ek weet van God se plan, is wat Hy my vertel het. Ek het jou nog
>>> altyd gerespekteer en met baie van jou opinies saamgestem. Dit sou
>>> jammer
>>> wees as jy my respek op hierdie manier gaan verloor.

>> Hoe het hy jou vertel? En wat het hy jou vertel?

>
Re: Ongelukkig korrek [boodskap #104565 is 'n antwoord op boodskap #104561] Ma, 25 Julie 2005 22:17 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Francois Human" skryf
.
> Dat sulke waarhede nou van 'n nie-Christen af moet kom....

Is dit nie juis die feit dat dit van iemand kom wat
weier om homself 'n Buddhis of 'n Christen te noem,
maar wat juis daarom in staat is
Re: Ongelukkig korrek [boodskap #104580 is 'n antwoord op boodskap #104560] Di, 26 Julie 2005 07:50 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max  is tans af-lyn  Max
Boodskappe: 1496
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Ja, swaer, solank jy deur al die kodetjies nog die waarheid sien, is alles
goed.

"Francois Human" wrote in message
news:1122318305.4e824748df889005532637b130477858@teranews...
> Daar is 'n verskil tussen GEtuig en OORtuig. DIe mens kan getuig, maar net
> God kan oortuig.
>
> "Max" wrote in message
> news:42e4a338$0$11071$e4fe514c@news.xs4all.nl...
>> "Francois Human"
>>
>>> Ek hoef niemand te oortuig van my geloof nie, of om dieselfde te glo as
>>> ek
>> nie.
>
>>
>> Raar, my God verwag juis dít!
>>
>
Re: Ongelukkig korrek [boodskap #104581 is 'n antwoord op boodskap #104561] Di, 26 Julie 2005 07:51 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max  is tans af-lyn  Max
Boodskappe: 1496
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Met dieselfde oordeel waarmee jy oordeel, sal jy veroordeel word.

"Francois Human" wrote in message
news:1122318470.8bff4d9c7e20c831c1a529fafb8ef46a@teranews...
> Dat sulke waarhede nou van 'n nie-Christen af moet kom....
>
> *knip*
>> Ek dink egter dat daar baie Christene is
>> wat hulle nie wil oorgee aan hulle uitsluitlike
>> Christenskap nie. Hulle wil nie glo dat die
>> bergpredikasie hulle kode moet wees
>> nie. Hulle sleep 'n klomp Judaistiese leringe
>> in en interpreteer dit dan ook nog meer
>> letterlik as wat die Jode self doen.
> *knip*
>>
>> Gloudina
>>
>
Re: Ongelukkig korrek [boodskap #104583 is 'n antwoord op boodskap #104562] Di, 26 Julie 2005 07:57 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi Greyling  is tans af-lyn  Ferdi Greyling
Boodskappe: 1232
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 25 Jul 2005 21:18:42 +0200, "Francois Human"
wrote:

> Uiteraard is daar geen voorskrifte vir jou dag-tot-dag lewe, oor rekenaars,
> motors, vliegtuie en ruimtereise nie. Die beginsels waaroor die Bybel gaan,
> naamlik naasteliefde, vrede, God se genade en vergifnis, ens. is tydloos en
> is toepaslik, ongeag die tyd in die geskiedenis waar die leser homself
> bevind.

Dankie vir die antwoord. Nou maak jy sin.

Kan nie met jou verskil oor wat jy se nie. Respekteer dit.

Dis iets anders as die priesters en die brandstapels.
Re: Ongelukkig korrek [boodskap #104585 is 'n antwoord op boodskap #104562] Di, 26 Julie 2005 08:20 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max  is tans af-lyn  Max
Boodskappe: 1496
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
"Francois Human"
> Maar aan almal wat beweer die Bybel is 'n verouderde handleiding kan ek maar
> net sê dat hulle dit duidelik anders gebruik as wat gelowiges dit gebruik.

Ek weet nie of jy my punt oor die Bybel moedswillig verkeerd verstaan nie.
Ek het vroeer gesê dat ek nie die Bybel probeer "knock" nie, ek sien hom vir
wat hy is. Wie's jý om vir mý te sê ek's nie 'n gelowige nie? Geloof het
hier niks mee te make nie, dis nugterheid. Ons is nie meer 12 jaar oud nie.
As volwassenes begin jy kyk na die stories in die Bybel en begin jy jou
afvra oor die gewig daarvan.

Die Bybel is nie die enigste geskrif uit sy tyd nie. Net so is daar ook
moderne profete en kry mens nog steeds boodskappe. Vraag is of ons daarna
luister...

Daar's baie dinge daarbuite wat nie in die Bybel staan nie, wat ons tog vas
glo...

Daar's baie dinge wat in die Bybel staan, wat ons tog weet is nie waar
nie... Selfs die gelowigste onder ons glo tog nou al, in die tyd wat ons
leef dat die aarde nie op pilare staan nie.

En as jy op 'n ander plek as in die Bybel lees dat Jesus 'n klein seuntjie
wat teen hom vasgehardloop het, dood laat neerval het. En toe sy ouers by
Josef gaan kla, het Jesus hulle met blindheid geslaan. As jy dit lees, is
die keuse of jy dit gaan glo ook joune. Want jy kan hieruit alleen maar meer
respek vir Jesus kry, omdat Hy ook maar moes leer hoe om met sy "powers" om
te gaan, omdat die feit dat Hy ook maar mens was - kind was. Of jy kan dit
as leuens afmaak (die Bybel is tog die enigste geskrif wat die waarheid
bevat oor Jesus).

Dit maak nie soveel verskil of jy gered gaan word of nie. Dink jy ek gaan
hel toe omdat ek nie glo dat Jesus regtig die visse en brood vermeerder het
nie?

Ek dink dit nie, want ek sien Hom nie as so kinderagtig nie.
Re: Ongelukkig korrek [boodskap #104609 is 'n antwoord op boodskap #104581] Di, 26 Julie 2005 19:22 Na vorige boodskapna volgende boodskap
knersus  is tans af-lyn  knersus
Boodskappe: 211
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
Max,

Is jy Afrikaans? Want daar is 'n GROOT verskil tussen oordeel en veroordeel.
As ek nou reg onthou sê die teks wat jy hier uit die Bybel aanhaal: "Met
dieselfde oordeel waarmee jy oordeel, sal jy ge-oordeel word".

Max wrote:
> Met dieselfde oordeel waarmee jy oordeel, sal jy veroordeel word.

--
_______
| OSCAR |
|KNERSUS|
|_&_KIE_|
Re: Ongelukkig korrek [boodskap #104610 is 'n antwoord op boodskap #104609] Di, 26 Julie 2005 20:15 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"knersus" skryf
.
> As ek nou reg onthou sê die teks wat jy hier uit die Bybel aanhaal: "Met
> dieselfde oordeel waarmee jy oordeel, sal jy ge-oordeel word".

Ja, die bostaande word so maklik misverstaan. Dit word
so maklik geinterpreteer as 'n dreiging dat jy veroordeel
gaan word.
Maar lees weer: " Met dieselfde oordeel waarmee jy oordeel."
Dus vir die Christen beteken dit dat hy geoordeel word met
die maatstawwe wat vir hom geld. Vir die Buddhis is dit
volgens die maatstawwe wat die Buddhistiese perspektief
as belangrik beskou. Vir die Noord-Amerikaanse Eerste
Nasie kan dit iets heel anders wees.

Gloudina
Re: Ongelukkig korrek [boodskap #104617 is 'n antwoord op boodskap #104585] Wo, 27 Julie 2005 02:09 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Francois Human  is tans af-lyn  Francois Human
Boodskappe: 360
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
Het ek gesê jy gaan hel toe? Ek glo nie. Ek het in hierdie aangehaalde
gedeelte met 'gelowiges' bedoel as mense wat in die Bybel as God se woord
glo.

Die wonderwerke in die Bybel is nie nou vir ons belangrik nie, aangesien dit
iets was wat in die geskiedkundige opsig nodig was om die gelowiges te
oortuig van God se mag.

Ek is allermins 'n teoloog, maar ek neem aan die storie oor Jesus as kind
wat sy 'kragte' moes leer beheer kom dalk uit een van die apokriewe boeke
uit. Dis nie in die Bybel wat ek lees nie. en ja, daar is baie debatte oor
watter boeke in en uit die Bybel moet wees. Ek glo in die Goddelike
inspirasie van die Bybel, dat dit wat daarin moet wees, daarin is. Dat die
hele genadeboodskap wel in die Bybel vervat is twyfel ek glad nie.

En weereens, ek gaan jou nie probeer oortuig om my standpunt te aanvaar nie.
Ek stel dit aan jou en dis al wat ek doen.

Geloof kom nie vanuit 'nugterheid' nie. Dit is om te kinderlik (ja jonger
as 12 jaar) te glo in die onsienlike, die onverklaarbare, die bonatuurlike.

Die enigste mense wat volgens my nie gered is nie, is diegene wat nog nie
die genade van God aanvaar het nie. Daar is immers niks wat ons as mense
kan doen om onsself voor God as aanvaarbaar te kan plaas nie. "Kyk ek het
dit en dat gedoen, soveel gevas, so lank gemediteer, Nirvana bereik, soveel
honger mense kos gegee, soveel geld vir die kerk gegee, op die kerkraad
gedien, ens. dus is ek is goed genoeg om gered te word."

"Max" skryf in boodskap news:42e5f3ec$0$11079$e4fe514c@news.xs4all.nl...
>
> "Francois Human"
>> Maar aan almal wat beweer die Bybel is 'n verouderde handleiding kan ek maar
>> net sê dat hulle dit duidelik anders gebruik as wat gelowiges dit
>> gebruik.
>
> Ek weet nie of jy my punt oor die Bybel moedswillig verkeerd verstaan nie.
> Ek het vroeer gesê dat ek nie die Bybel probeer "knock" nie, ek sien hom
> vir
> wat hy is. Wie's jý om vir mý te sê ek's nie 'n gelowige nie? Geloof het
> hier niks mee te make nie, dis nugterheid. Ons is nie meer 12 jaar oud
> nie.
> As volwassenes begin jy kyk na die stories in die Bybel en begin jy jou
> afvra oor die gewig daarvan.
>
> Die Bybel is nie die enigste geskrif uit sy tyd nie. Net so is daar ook
> moderne profete en kry mens nog steeds boodskappe. Vraag is of ons daarna
> luister...
>
> Daar's baie dinge daarbuite wat nie in die Bybel staan nie, wat ons tog
> vas
> glo...
>
> Daar's baie dinge wat in die Bybel staan, wat ons tog weet is nie waar
> nie... Selfs die gelowigste onder ons glo tog nou al, in die tyd wat ons
> leef dat die aarde nie op pilare staan nie.
>
> En as jy op 'n ander plek as in die Bybel lees dat Jesus 'n klein seuntjie
> wat teen hom vasgehardloop het, dood laat neerval het. En toe sy ouers by
> Josef gaan kla, het Jesus hulle met blindheid geslaan. As jy dit lees, is
> die keuse of jy dit gaan glo ook joune. Want jy kan hieruit alleen maar
> meer
> respek vir Jesus kry, omdat Hy ook maar moes leer hoe om met sy "powers"
> om
> te gaan, omdat die feit dat Hy ook maar mens was - kind was. Of jy kan dit
> as leuens afmaak (die Bybel is tog die enigste geskrif wat die waarheid
> bevat oor Jesus).
>
> Dit maak nie soveel verskil of jy gered gaan word of nie. Dink jy ek gaan
> hel toe omdat ek nie glo dat Jesus regtig die visse en brood vermeerder
> het
> nie?
>
> Ek dink dit nie, want ek sien Hom nie as so kinderagtig nie.
>
Re: Ongelukkig korrek [boodskap #104619 is 'n antwoord op boodskap #104617] Wo, 27 Julie 2005 03:10 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Francois Human" skryf

> Die enigste mense wat volgens my nie gered is nie, is diegene wat nog nie
> die genade van God aanvaar het nie. Daar is immers niks wat ons as mense
> kan doen om onsself voor God as aanvaarbaar te kan plaas nie. "Kyk ek het
> dit en dat gedoen, soveel gevas, so lank gemediteer, Nirvana bereik, soveel
> honger mense kos gegee, soveel geld vir die kerk gegee, op die kerkraad
> gedien, ens. dus is ek is goed genoeg om gered te word."

Pas tog darem maar op om nie politiek te speel
met jou " geloof " nie. Dis miskien net bietjie meer
subtiel as sommige ander se parameters, maar jy
spel darem ook maar lekker die "voorwaardes"
uit wat mense moet tegemoetkom voordat hulle
volgens jou "gered" is.
En so, glo ek, wyk jy af van die grond waarop
die Christen sy Christelikheid moet bou - dit
wat die Liefde in die Bybel genoem word, en
wat die Buddhis bodhicitta noem.

Gloudina
Re: Ongelukkig korrek [boodskap #104631 is 'n antwoord op boodskap #104609] Wo, 27 Julie 2005 07:24 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max  is tans af-lyn  Max
Boodskappe: 1496
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Jy's 100% reg. My fout.

Nou sit ek en wonder, wat is die verskil nou eintlik? Oordeel kan positief
en negatief wees, terwyl veroordeel altyd negatief is?

"knersus" skryf in boodskap news:dc62gt$dmg$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Max,
>
> Is jy Afrikaans? Want daar is 'n GROOT verskil tussen oordeel en veroordeel.
> As ek nou reg onthou sê die teks wat jy hier uit die Bybel aanhaal: "Met
> dieselfde oordeel waarmee jy oordeel, sal jy ge-oordeel word".
>
> Max wrote:
>> Met dieselfde oordeel waarmee jy oordeel, sal jy veroordeel word.
>
> --
> _______
> | OSCAR |
> |KNERSUS|
> |_&_KIE_|
Re: Ongelukkig korrek [boodskap #104634 is 'n antwoord op boodskap #104617] Wo, 27 Julie 2005 07:34 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max  is tans af-lyn  Max
Boodskappe: 1496
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
"Francois Human"
> Het ek gesê jy gaan hel toe? Ek glo nie. Ek het in hierdie aangehaalde
> gedeelte met 'gelowiges' bedoel as mense wat in die Bybel as God se woord
> glo.

Nee, jy het nie. Het ek gesê jy het? Ek glo nie...

Jy't gesê ek gebruik nie die Bybel soos 'n gelowige nie.
Re: Ongelukkig korrek [boodskap #104635 is 'n antwoord op boodskap #104617] Wo, 27 Julie 2005 07:36 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max  is tans af-lyn  Max
Boodskappe: 1496
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
"Francois Human"
> Die wonderwerke in die Bybel is nie nou vir ons belangrik nie, aangesien dit
> iets was wat in die geskiedkundige opsig nodig was om die gelowiges te
> oortuig van God se mag.

En wat is, volgens jou, vandag nodig om mense te oortuig van God se mag?
Re: Ongelukkig korrek [boodskap #104637 is 'n antwoord op boodskap #104617] Wo, 27 Julie 2005 07:46 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max  is tans af-lyn  Max
Boodskappe: 1496
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
"Francois Human"
> Ek is allermins 'n teoloog, maar ek neem aan die storie oor Jesus as kind
> wat sy 'kragte' moes leer beheer kom dalk uit een van die apokriewe boeke
> uit. Dis nie in die Bybel wat ek lees nie. en ja, daar is baie debatte oor
> watter boeke in en uit die Bybel moet wees. Ek glo in die Goddelike
> inspirasie van die Bybel, dat dit wat daarin moet wees, daarin is. Dat die
> hele genadeboodskap wel in die Bybel vervat is twyfel ek glad nie.

Dit kom uit The Infancy Gospel Of Thomas. Natuurlik staan daar ook pragtige
verhaaltjies by, soos die een van die kleivoëltjies. (Sien hieronder) Ek
weet nie hoe waar dit is nie...

When the child Jesus was five years of age and there had been a shower of
rain that was now over, Jesus was playing with other Hebrew boys by a
running stream, and the waters ran over the banks and stood in little lakes;
But the water instantly became clear and useful again; they readily obeyed
him after he touched them only by his word.
Then he took from the bank of the stream some soft clay and formed out of it
twelve sparrows; and there were other boys playing with him.
But a certain Jew seeing the things which he was doing, namely, his forming
clay into the figures of sparrows on the Sabbath day, went presently away
and told his father Joseph,
Behold, your boy is playing by the river side, and has taken clay and formed
it into twelve sparrows, and profanes the Sabbath.
Then Joseph came to the place where he was, and when he saw him, called to
him, and said, Why do you that which is not lawful to do on the Sabbath day?
Then Jesus clapping together the palms of his hands, called to the sparrows,
and said to them: Go, fly away; and while you live remember me.
So the sparrows fled away, making a noise.
The Jews seeing this, were astonished and went away and told their chief
persons what a strange miracle they had seen wrought by Jesus.
Re: Ongelukkig korrek [boodskap #104638 is 'n antwoord op boodskap #104617] Wo, 27 Julie 2005 07:53 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max  is tans af-lyn  Max
Boodskappe: 1496
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
"Francois Human"
> Geloof kom nie vanuit 'nugterheid' nie. Dit is om te kinderlik (ja jonger
> as 12 jaar) te glo in die onsienlike, die onverklaarbare, die
bonatuurlike.

Jy's reg, ja. As jy te nugter na alles kyk, word dit baie moeilik om te glo.
Hierdie thread het ontstaan deurdat iemand gevra het of God die terreurdade
goedkeur. As ek nugter daaroor nadink, word ek kwaad vir God, want hoekom
doen Hy niks? Niks niks niks!!!

Ja, dan sleep ons weer die Bybel nader en ons lees dat God se tyd Sy eie is.
Ons moet geduldig wag...

Jy's reg. Die enigste manier om te glo, is om soos 'n kind te glo. Soos 'n
Suid Afrikaanse kind, want hulle word nog opgevoed om geen vrae te vra
nie...

> Die enigste mense wat volgens my nie gered is nie, is diegene wat nog nie
> die genade van God aanvaar het nie.

Jy laat dit baie maklik klink... :-)
Re: Ongelukkig korrek [boodskap #104643 is 'n antwoord op boodskap #104638] Wo, 27 Julie 2005 12:24 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Max" skryf

> Ja, dan sleep ons weer die Bybel nader en ons lees dat God se tyd Sy eie is.
> Ons moet geduldig wag...

Ingebou in die "ons moet geduldig wag" is natuurlik die
ongesiene verwagting dat God uiteindelik die dinge sal
doen wat ons "wil hê." Ons speel dan nog diktator,
maar op die oppervlakte lyk dit nie so nie.
Dis hierdie soort ding wat Sakyamuni Buddha uitgewys
het, toe hy sy "four noble truths" gekonstateer het. Die
rede hoekom ons lyding ondergaan, is omdat ons
vol "greed" is. Ons wil dinge sus hê en so hê. As dinge
nou nie loop soos ons dit wil hê nie, dan sê ons God
sal in sy tyd wel dinge doen wat ons plesier. As mens
dus net hierdie "greed" vaarwel sê, dan is jou probleem
opgelos. Vir die Christen beteken dit seker dat hy
alles op geloof neem, en nie dinge sus of so wil hê
nie. Hy "laat alles in God se hande." En hy konsentreer
uitsluitlik op die uitvoering van die enigste wet wat
Christene behoort te volg - die wet van die Liefde.

Gloudina
Re: Ongelukkig korrek [boodskap #104644 is 'n antwoord op boodskap #104643] Wo, 27 Julie 2005 12:29 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max  is tans af-lyn  Max
Boodskappe: 1496
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" skryf in boodskap news:i8WdnT39KPCZ5nrfRVn-gw@rogers.com...
>
> "Max" skryf
>
>> Ja, dan sleep ons weer die Bybel nader en ons lees dat God se tyd Sy eie is.
>> Ons moet geduldig wag...
>
> Ingebou in die "ons moet geduldig wag" is natuurlik die
> ongesiene verwagting dat God uiteindelik die dinge sal
> doen wat ons "wil hê." Ons speel dan nog diktator,
> maar op die oppervlakte lyk dit nie so nie.
> Dis hierdie soort ding wat Sakyamuni Buddha uitgewys
> het, toe hy sy "four noble truths" gekonstateer het. Die
> rede hoekom ons lyding ondergaan, is omdat ons
> vol "greed" is. Ons wil dinge sus hê en so hê. As dinge
> nou nie loop soos ons dit wil hê nie, dan sê ons God
> sal in sy tyd wel dinge doen wat ons plesier. As mens
> dus net hierdie "greed" vaarwel sê, dan is jou probleem
> opgelos. Vir die Christen beteken dit seker dat hy
> alles op geloof neem, en nie dinge sus of so wil hê
> nie. Hy "laat alles in God se hande." En hy konsentreer
> uitsluitlik op die uitvoering van die enigste wet wat
> Christene behoort te volg - die wet van die Liefde.
>
> Gloudina
>

Maar dis so moeilik om die Terroris lief te hê! Moet mens regtig elke keer
die ander wang draai? Of moet mens Bush steun en kwaad met kwaad vergeld in
die naam van die Vader, die Seun en die Heilige Gees?

Of kan jy soms verwag dat God uit Sy leunstoel opstaan en met 'n
bliksemstraal die mamparras wys wie's die Baas?

As mens "alles in God se hande laat" dan verwag jy tog ook dat Hy iets moet
doen?
Re: Ongelukkig korrek [boodskap #104660 is 'n antwoord op boodskap #104631] Wo, 27 Julie 2005 17:48 Na vorige boodskapna volgende boodskap
knersus  is tans af-lyn  knersus
Boodskappe: 211
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
Vir my is oordeel meer in die sin van besluit of iets/iemand goed of sleg is aan
die haand van jou eie norme (of dan in dié geval, aan die hand van wat jy in die
Bybel vind oor goed en kwaad). Soos jy sê kan dit positief of negatief wees,
maar die oorwig is m.i aan die positiewe kant.

Andersyds beteken "veroordeel" altyd dat jy letterlik iemand na die "hel" toe
stuur, en dit het altyd 'n uiters negatiewe konnotasie.

Ek sal mbv 'n voorbeeld verder probeer verduidelik, hoewel dit nou nie my forté
is nie:

As ek vir jou sê: "Rondslapery is sonde. Ek sien jy slaap rond." ;-)
oordeel/neem ek die besluit dat jy sleg is. Belangrik hier is dat ek jou nie
verdoem nie. Jy kan vir my sê gaan blaas doppies, jy kan besluit of jy iets aan
die saak kan/wil doen. Maw jy kan nou self verder jou eie oordeel gebruik of jy
sleg/goed is en of rondslapery goed of sleg is.

As ek egter vir jou sê "Rondslapery is sonde. Ek veroordeel jou omdat jy
rondslaap.", sê ek vir jou dat jy gaan braai as gevolg van jou sonde. Dis teen
hierdie soort veroordeling wat Jesus vir die mense gesê het dat dié een wat
sonder sonde is, die eerste klip moet gooi, toe hulle die prostituut wou stenig.
Dit is ook hier waar meeste gelowiges (van alle oortuigings) in 'n groot
slaggat trap. Mens móét oordeel of iets sonde is of nie, maar ek dink ons moet
veroordeling net aan God oorlaat - kyk byv na die voorbeeld van die dief wat
saamm met Jesus gekruisig is: menslik gesproke was die man verlore (dus
veroordeel tot die hel/ewige dood, maar Jesus vergewe hom sy sonde op die laaste
oomblik van sy lewe. Hoe sou ons so 'n man dan kon veroordeel?

Jesus plaas dan ook 'n geweldige taak op ons skouers met die opdrag (aan Petrus,
maar ook aan ander Christene) dat wat hy hier op aarde sluit (veroordeel) in die
hemel gesluit sal bly. Vgl ook die deel oor die "stof van [hulle - die
dissipels] voete afskud", wat eintlik ook neerkom op veroordeling.

Maak dit sin?

Max wrote:
> Jy's 100% reg. My fout.
>
> Nou sit ek en wonder, wat is die verskil nou eintlik? Oordeel kan positief
> en negatief wees, terwyl veroordeel altyd negatief is?
>
> "knersus" wrote in message
> news:dc62gt$dmg$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>
>> Max,

>> Is jy Afrikaans? Want daar is 'n GROOT verskil tussen oordeel en veroordeel.
>> As ek nou reg onthou sê die teks wat jy hier uit die Bybel aanhaal: "Met
>> dieselfde oordeel waarmee jy oordeel, sal jy ge-oordeel word".

--
_______
| OSCAR |
|KNERSUS|
|_&_KIE_|
Re: Ongelukkig korrek [boodskap #104661 is 'n antwoord op boodskap #104644] Wo, 27 Julie 2005 17:51 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Max" skryf

> As mens "alles in God se hande laat" dan verwag jy tog ook dat Hy iets moet
> doen?

So, jy is dus nie in God en God in jou nie?
Jy "verwag" dinge van God?

Gloudina
Re: Ongelukkig korrek [boodskap #104662 is 'n antwoord op boodskap #104644] Wo, 27 Julie 2005 17:53 Na vorige boodskapNa vorige boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Max" skryf

> Maar dis so moeilik om die Terroris lief te hê!

'n Buddhis sal vir jou sê dat dit jy is wat die terroris
skep. Vir jou is hy 'n terroris. Vir homself miskien
is hy 'n soldaat wat sy lewe wil aflê om 'n sekere
militaristiese doel te bereik.

Gloudina
Vorige onderwerp: Harry Potter
Volgende onderwerp: The Corporation
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 19 03:38:45 MGT 2024