Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Lesersbrief in Beeld
Re: Lesersbrief in Beeld [boodskap #104352 is 'n antwoord op boodskap #104345] Vr, 15 Julie 2005 08:46 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi Greyling  is tans af-lyn  Ferdi Greyling
Boodskappe: 1232
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 15 Jul 2005 07:48:01 +0100, "Suidwester" wrote:

> Onsin? Dis die waarheid en 'n waarheid wat steeds by die Swapo-leiers tot
> vandag spook. Maar hoe sal jy nou weet? Jy bek net en beleef niks. Die
> grootste lag hier in ons land [en nie net blankes nie, ook Damaras, Hereros,
> Basters, ens] is dan juis dat almal weet dat Swapo nie die oorlog gewen het
> nie.

En Ian Smith het seker ook nie in Rhodesie verloor nie.

So, julle en die SAW het die oorlog teen Swapo gewen. Daarom is Swapo
vandag ten volle in beheer in Namibie?

Is dit wat jy se?
Re: Lesersbrief in Beeld [boodskap #104353 is 'n antwoord op boodskap #104328] Vr, 15 Julie 2005 08:47 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi Greyling  is tans af-lyn  Ferdi Greyling
Boodskappe: 1232
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 14 Jul 2005 12:56:00 -0400, Katryn wrote:

> NewSA@LekkaSA.GreatSA skryf:
>
>> Fok nou dat jy daarvan praat.
>
> Ai, sug...en dan kom die arme outjies met hulle Tourette's ook af en
> toe kuier met die bekende coprolalia so uniek aan die siekte.
> Snaaks dat Tourette's so abnormale hoë insidensie onder veral
> Afrikaanse mans het.

SITS. Self induced Tourette's syndrome
Re: Lesersbrief in Beeld [boodskap #104355 is 'n antwoord op boodskap #104344] Vr, 15 Julie 2005 08:49 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi Greyling  is tans af-lyn  Ferdi Greyling
Boodskappe: 1232
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 15 Jul 2005 08:35:11 +0200, NewSA@LekkaSA.GreatSA wrote:

> Met meer as die van `n hoerkind van `n skipper....

A! Frikkie raak intelektueel!

Vir die wat nie weet nie - dis wat vir ou Frik diens doen as 'n
argument.

Watter pret sou dit nie gewees het as hy 'n advokaat kon geword het
nie.

Regter: "Mnr. Frik, u opsommende betoog asb...?"

Frik: "Fok! Kak! Hoer! Bleddie bleddie bleddie! JOu moer MAN!!!"

Regter: "Huh..!!"

Frik: "Dis al u edele.... fok..."
Re: Lesersbrief in Beeld (0/1) [boodskap #104357 is 'n antwoord op boodskap #104329] Vr, 15 Julie 2005 08:51 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi Greyling  is tans af-lyn  Ferdi Greyling
Boodskappe: 1232
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 14 Jul 2005 19:01:12 +0200, NewSA@LekkaSA.GreatSA wrote:

> Nee M8, hier praat jy nou jou kopse kak.
>
> Kom met totale en bewyse dat ons die Oorlog in SAW verloor het.

Die plek se naam is nou Namibie en Swapo regeer dit.

Julle het baklei dat die plek se naam Suidwes moet bly en dat Swapo
nie politieke mag moet kry nie.

Kan jy die twee begrippe bymekaar sit en 'n konklusie trek?
Re: Lesersbrief in Beeld (0/1) [boodskap #104363 is 'n antwoord op boodskap #104329] Vr, 15 Julie 2005 10:32 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max  is tans af-lyn  Max
Boodskappe: 1496
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Frikkie, hoekom noem jy vir Gloudina "Mag"?

wrote in message
> Nee M8,
Re: Lesersbrief in Beeld [boodskap #104365 is 'n antwoord op boodskap #104355] Vr, 15 Julie 2005 11:05 Na vorige boodskapna volgende boodskap
NewSA  is tans af-lyn  NewSA
Boodskappe: 9
Geregistreer: Julie 2005
Karma: 0
Junior Lid
Pragtig opgesom dankie.
Dis mos al taal wat die etters ken, selfs in Irak.

On Fri, 15 Jul 2005 10:49:54 +0200, Ferdi Greyling wrote:

> On Fri, 15 Jul 2005 08:35:11 +0200, NewSA@LekkaSA.GreatSA wrote:
>
>
> A! Frikkie raak intelektueel!
>
> Vir die wat nie weet nie - dis wat vir ou Frik diens doen as 'n
> argument.
>
> Watter pret sou dit nie gewees het as hy 'n advokaat kon geword het
> nie.
>
> Regter: "Mnr. Frik, u opsommende betoog asb...?"
>
> Frik: "Fok! Kak! Hoer! Bleddie bleddie bleddie! JOu moer MAN!!!"
>
> Regter: "Huh..!!"
>
> Frik: "Dis al u edele.... fok..."
>
Re: Lesersbrief in Beeld (0/1) [boodskap #104366 is 'n antwoord op boodskap #104363] Vr, 15 Julie 2005 11:06 Na vorige boodskapna volgende boodskap
NewSA  is tans af-lyn  NewSA
Boodskappe: 9
Geregistreer: Julie 2005
Karma: 0
Junior Lid
Omdat dit lekker is.
Ek geniet dit om aan anderes MAG te gee.

On Fri, 15 Jul 2005 12:32:28 +0200, "Max" wrote:

> Frikkie, hoekom noem jy vir Gloudina "Mag"?
>
> wrote in message
>> Nee M8,
>
Re: Lesersbrief in Beeld [boodskap #104367 is 'n antwoord op boodskap #104323] Vr, 15 Julie 2005 11:18 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi Greyling  is tans af-lyn  Ferdi Greyling
Boodskappe: 1232
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 14 Jul 2005 11:07:01 -0400, "@rogers.com" wrote:

"Suidwester" skryf
>
> Wat van die VSA belowe vir die Arabiese lande dat vir elke
>> Amerikaner wat in die publiek opgeblaas gaan word, gaan hulle 'n
>> kruisermissiel mik op die hart van enige van die Arabiese stede?
>
> Ja-nee, dis ongeveer wat gebeur. Die Amerikaners
> met hulle kruisermissiele het egter nou hulle agterent
> gesien. Mense wat bereid is om hulself bomme te maak
> sal uiteindelik wen oor die kruisermissiele. Net soos
> dit in Vietnam gebeur het.

Geen kans dat dit sal gebeur nie. Cruise missiles is te duur.
Amerikaners sal nooit so baie geld uitgee nie.
Re: Lesersbrief in Beeld (0/1) [boodskap #104377 is 'n antwoord op boodskap #104329] Vr, 15 Julie 2005 12:58 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi Greyling  is tans af-lyn  Ferdi Greyling
Boodskappe: 1232
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 15 Jul 2005 09:01:58 -0400, "@rogers.com" wrote:

> Sien, Max, Frikkie is eintlik Engelssprekend.
> Of hy buig sy knie voor Fred Rundle en Aida
> Parker. Dit is dus nie M ag nie maar Meight,
> dus meid.
>
> Gloudina

Shame, arme ou Fred Rundle. Hy was altyd so 'n joke hier in
Johannesburg. Bestaan die ou siel nog.
Re: Lesersbrief in Beeld (0/1) [boodskap #104378 is 'n antwoord op boodskap #104329] Vr, 15 Julie 2005 12:59 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max  is tans af-lyn  Max
Boodskappe: 1496
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" skryf in boodskap news:dvSdnQF8Me91LErfRVn-1A@rogers.com...
>
> "Max" skryf
>
>> Frikkie, hoekom noem jy vir Gloudina "Mag"?
>
> Sien, Max, Frikkie is eintlik Engelssprekend.
> Of hy buig sy knie voor Fred Rundle en Aida
> Parker. Dit is dus nie M ag nie maar Meight,
> dus meid.
>
> Gloudina
>

:-) Toemaar, ek is darem ook nie sê onnosel nie... As ek iemand 'n meid wil
noem, doen ek dit. Ek het altyd gedog dat Frikkie dapperder as ek was, jy
weet, met al sy reise in Irak en so...

As ek 'n 8 sien, lees ek dit altyd as ag(t). Dus sien ek dit as 'n
kompliment as hy jou M8 noem. Ek hoop jy sien dit ook so.
Re: Lesersbrief in Beeld (0/1) [boodskap #104379 is 'n antwoord op boodskap #104363] Vr, 15 Julie 2005 13:01 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Max" skryf

> Frikkie, hoekom noem jy vir Gloudina "Mag"?

Sien, Max, Frikkie is eintlik Engelssprekend.
Of hy buig sy knie voor Fred Rundle en Aida
Parker. Dit is dus nie M ag nie maar Meight,
dus meid.

Gloudina
Re: Lesersbrief in Beeld (0/1) [boodskap #104381 is 'n antwoord op boodskap #104378] Vr, 15 Julie 2005 13:25 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Max" skryf

> As ek 'n 8 sien, lees ek dit altyd as ag(t). Dus sien ek dit as 'n
> kompliment as hy jou M8 noem. Ek hoop jy sien dit ook so.

Man, ek steur my nou nie aan wat Frikkie
van my dink nie. Ek bestudeer net die
metodes om sy klokkie te lui. En om hom
te openbaar as die verraaier van die
Afrikaner en verraaier van Afrikaans.

Gloudina
Re: Lesersbrief in Beeld [boodskap #104383 is 'n antwoord op boodskap #104347] Vr, 15 Julie 2005 13:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi Greyling skryf:

>> Twak. Die boere het NIE guerrilla warfare eerste aangewend nie. Ek
>> het dit al tevore ook uitgewys. Die term "guerrilla" het onstaan
>> vanuit die Peninsular War (1808–14). Die bekende Spanjaard, Francisco
>> Mina, het die tegniek gebruik.
>> Dus was dit iets wat die Spanjaarde aan die wereld geleer het!!
>
> En dan ook net die naam.

Heeltemal reg. Dit was wat ek probeer sê het. :)

> Want wat die Skotte bv teen die Roemeine gedoen het, is klassieke
> geurilla-taktiek.
> Ook wat die Gote teen die Romeine gedoen, Genghis Khan teen die hele
> Eueropa en teen China ens. ens.

Juis. Die tegniek self is sekerlik een van die oudste vorme van
asimmetriese oorlogvoering wat daar bestaan.
Wat ek nie eintlik ooit kon begryp nie, is waarom Suid Afrikaners so
gesteld daarop is dat die boere erkenning moet kry vir hierdie
tegniek. Daar was selfs so hele ruk gelede 'n Times mag artikel
waarin die skrywer ook krediet aan die boere gegee het as die
"uitvinders" vir die tipe van oorlogvoering. Ek onthou die artikel
vaagweg net omdat daardie stelling my opgeval het, want dit het
geensins reg geklink nie.
Maar dan weer, die Times Magazine is gladnie meer dieselfde wat dit
was jare gelede nie, mens kan seker maar die tipe van waninligting
verwag deesdae.
Re: Lesersbrief in Beeld [boodskap #104384 is 'n antwoord op boodskap #104352] Vr, 15 Julie 2005 13:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Duidelik verstaan jy een begrip nie lekker nie: Die ou SA regering het
beplan om magsdeling in die toekoms sinvol te maak. As hulle die mag te
alle koste wou behou, dan was hulle militêr totaal daartoe in staat.

"Ferdi Greyling" skryf in boodskap news:ested1tth5aanbu3cqcqgi5ullmrafbmtd@4ax.com...
> On Fri, 15 Jul 2005 07:48:01 +0100, "Suidwester"
> wrote:
>
[color=blue]>
Re: Lesersbrief in Beeld [boodskap #104385 is 'n antwoord op boodskap #104367] Vr, 15 Julie 2005 13:41 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ja-nee wragtag. Simplisties dink se moses! Mens wonder net wat sou
gebeur het as hulle kernkrag op daai spulletjie sou gebruik? Dan sou dit
beslis nie meer so eenvoudig wees nie. So het Japan sy gat gesien in WW2?

"Ferdi Greyling" skryf in boodskap news:8q6fd11vp6q0l4ctf240fr1k0g0960ggsg@4ax.com...
> On Thu, 14 Jul 2005 11:07:01 -0400, "@rogers.com"
> wrote:
>
> Wat van die VSA belowe vir die Arabiese lande dat vir elke
>>> Amerikaner wat in die publiek opgeblaas gaan word, gaan hulle 'n
>>> kruisermissiel mik op die hart van enige van die Arabiese stede?

>> Ja-nee, dis ongeveer wat gebeur. Die Amerikaners
>> met hulle kruisermissiele het egter nou hulle agterent
>> gesien. Mense wat bereid is om hulself bomme te maak
>> sal uiteindelik wen oor die kruisermissiele. Net soos
>> dit in Vietnam gebeur het.
>
> Geen kans dat dit sal gebeur nie. Cruise missiles is te duur.
> Amerikaners sal nooit so baie geld uitgee nie.
>
Re: Lesersbrief in Beeld [boodskap #104386 is 'n antwoord op boodskap #104352] Vr, 15 Julie 2005 13:49 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Ferdi Greyling" skryf in boodskap news:ested1tth5aanbu3cqcqgi5ullmrafbmtd@4ax.com...
> On Fri, 15 Jul 2005 07:48:01 +0100, "Suidwester"
> wrote:
>
> So, julle en die SAW het die oorlog teen Swapo gewen. Daarom is Swapo
> vandag ten volle in beheer in Namibie?
>
> Is dit wat jy se?
-----------Wat ek vir jou sê, en glo my ek weet, is dat, indien die SA
regering van destyds besluit het om alle beginsels oorboord te gooi en
bereid was om die wêreld te 'face' oor die gevolge, dan kon hulle 'n massa
vernietiging van die ANC en alle ander swart mense gepleeg het. Die mag
was daar, die wapens was daar. Genadiglik het dit nie gebeur nie en vir
een belangrike rede, en dit is dat die blanke bewindvoerders nie, soos jy
graag skrou by elke geleentheid, slegs probeer het om mag te behou nie.
Die uiteindelike doel was om magsdeling te bewerkstellig en burgeroorlog te
voorkom.
>
Re: Lesersbrief in Beeld [boodskap #104387 is 'n antwoord op boodskap #104383] Vr, 15 Julie 2005 14:02 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Katryn" ssskryf

> Wat ek nie eintlik ooit kon begryp nie, is waarom Suid Afrikaners so
> gesteld daarop is dat die boere erkenning moet kry vir hierdie
> tegniek.

Mens moet besef dat die geskiedenis van
die Afrikaners hewig beinvloed is deur 'n
sekere groep intellektueles in SA wat ongeveer
die geskiedskrywing oorgeneem het. Dit het
die gebeure rondom die twee boere-republieke
ongebalanseerd meer laat weeg as gebeure
in ander dele van SA.

Gloudina
Re: Lesersbrief in Beeld [boodskap #104388 is 'n antwoord op boodskap #104350] Vr, 15 Julie 2005 14:15 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Ferdi Greyling" skryf in boodskap news:jused1ttn7p1rhtb4sk7dtti93bq35fnf8@4ax.com...
> On Thu, 14 Jul 2005 15:06:36 +0100, "Suidwester"
> wrote:

.

> Nee. Verkeerd.
> Die UNIE van (RSA het eers in 1961 tot stand gekom) was die
> mandaathouer onder gesag van die Volkiebond. Die Volkebond is
> natuurlik na WW2 ontbind en deur die VVO v
.............Ag tog. Ons hier in Namibië praat oor die algemeen van die
'Republiek' of die 'RSA' as bedoelende Suid-Afrika.

>
> En dit, ou swaer, beteken dat Swapo die legitieme gesag was en jou SAW
> die onwettige besetters was. En lees nou die volgende mooi -
> "onwettig" in JOU EIE verwysingsraamwerk wat jy hier aangevoer het -
> die Volkebond en sy voorsetting die VVO.
----Ja? En jy besluit sommer so op jou eie, voordat 'n verkiesing ooit
plaasgevind het, dat Swapo die wetlike eienaars was?

> He,he... Ja wel daar was net een oorlog en dit was die een tussen die
> SAW en Swapo!
----Foeitog ja en het die Swapo's nie gesneuwel by hulle duisende nie?

> En wie het die verkiesing gewen? Swapo. Oorweldigend. Keer op keer.
----Ja en jy praat die hele tyd terug na die verlede toe waarvan jy die
resultate weet. Daar was 'n stadium so om en by 1978 - 1984 [as ek reg
onthou] wat daar 'n sterk kans was dat Swapo in 'n verkiesing geklop sou kon
word.....of ten minste op terme waarin die politiek van die land gevoer kan
word sonder oorheersing van een etniese groep. Soort van uit die
geskiedenis leer.........

> So, kom ons kry jou logieka helder hier: Jy se die SAW het geveg -
> Teen Swapo - om die plaaslike mense tyd te gee om hul politieke
> probleme uit te werk sodat hulle uiteindelik n verkiesing kan hou
> waarin Swapo omtrent al die stemme gekry het.
-----Ek hoop nie jy skryf soos wat jy redeneer nie! Wat jy duidelik nie
besef nie, is dat die enigste manier wat Swapo wel sy groot meerderheid kon
behaal, was om die manier van stem so te plooi dat dit vir hulle kan werk.
Dis een van die dinge waarteen geveg is, want die gevolge was die
verkiesingswanbalanse van vandag in ons land. Eenvoudig vir jou: 70% van
die land se bevolking sit in die noorde van die land [Owamboland]. As die
normale verkiesing van kandidate per verkiesingstreke gevolg sou word, dan
sou dit beteken het dat die Owambo's net sou kon stem vir sê 25% van die
totale kandidate in daai streek. 75% van die res van die setels sou beding
word in streke waar daar nie so baie Owambos is nie. Op die manier, sou
Swapo, of enige ander politieke party sukkel om totale oorheersing te
bewerkstellig, wat gesien was as die ideale politieke oplossing.
Toe plooi hulle die ding [met hulp van mense soos jy] en maak hulle die
verkiesing so dat daar vir 'n politieke party gestem word en daarvolgens wys
die politieke party sy lys van kandidate aan. Sê die lys is 50 en hulle
wen 30 setels, dan gaan die 30 boonste name parlement toe. Met 70% van die
land in die noorde, beteken dit dat die meerderheid mens in mag, kom van
mense wat totaal uit voeling is met die res van die land en definitief nie
verteenwoordigend van die streek nie. In baie van ons kleiner plekke is
Swapo aan behaar agv die verkiesing, maar die plaaslike mense is omtrent nie
een Swapo nie. Sekerlik sal 'n selfaangestelde intelektueel soos jy die
probleem kan verstaan?
>
> En kom ons "cut the crap" hier. Die SAW was in Suidwes om die
> ideologie van apartheid daar uit te brei.
> Almal het dit geweet toe en almal weet dit nou ook.
----En jy praat twak. As die SAW Swapo wou voor die voet uitroei, dan het
hulle dit in 'n paar maande gedoen. Die probleem was eerder dat SA by die
internasionale reëls probeer hou het terwyl hy 'n oplossing vir die probleem
probeer vind.
>
> Huh? Is jy van jou sinne beroof geraak?
-----Ferdi ou meisie, was jy al ooit in 'n burgeroorlog? Enige oorlog?
Ek was in so 'n paar en mense wat doodgaan, is nooit mooi nie en ook nie 'n
ding wat jy graag weer wil sien nie. Plaas dat jy dankie sê vir die ou SA
bestel dat hulle 'n byna pynlose oordrag van mag bewimpel het, sit en kraai
jy nou oor 'jou' ANC gewen het. Ek sê weer, as die SAW wou, sou daar baie
bloed gevloei het in SA. Seker nou nie jy en jou soort nie want julle
skuil mos agter 'n koerant se voorblad.......
Re: Lesersbrief in Beeld [boodskap #104393 is 'n antwoord op boodskap #104348] Vr, 15 Julie 2005 18:11 Na vorige boodskapna volgende boodskap
knersus  is tans af-lyn  knersus
Boodskappe: 211
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
Hoekom was daar dan enigsins 'n vredesverdrag wat onderteken moes word as daar
nie op daardie stadium 'n oorlog tussen die twee (drie?) kante was nie. Ek hoef
nie Kruger of Steyn se regering te erken nie - die Engelse het dit self erken.
Dus, hoe verskraal die regering ook al was op daardie stadium hulle was nog
steeds die wettige regering.

Ferdi Greyling wrote:
> Dis 'n de facto oorname.
> Soos die Aytalolla met die Shah gedoen het. Soos die Yanks het die
> Taliban gedoen het.
>
> Moet my nie se jy beskou Paul Kruger se regering nog as die wetlike
> bestuurder van Pretoria nie!?

Dis nogal 'n snaakse vraag. Hoe kan ek hom 100 jaar later nog steeds as die
wetlike bestuurder sien? Of verstaan ek jou nou heeltemal verkeerd. Ek beskou
wel Kruger en Steyn as die staatshoofde van die wetlike regerings tot met die
ondertekening van die Vrede v Vereeniging. Is dit wat jy my eintlik probeer vra
het?

--
_______
| OSCAR |
|KNERSUS|
|_&_KIE_|
Re: Lesersbrief in Beeld [boodskap #104394 is 'n antwoord op boodskap #104342] Vr, 15 Julie 2005 18:32 Na vorige boodskapna volgende boodskap
knersus  is tans af-lyn  knersus
Boodskappe: 211
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
Ietwat simplisties gestel:
Milner se grootste vrees was dat die Boererepublieke selfregering sou kry.
Gekoppel hieraan was sy begeerte om Afrikaans heeltemal uit te roei en
Afrikaners te omvorm in Engelse wat getrou sou wees aan die Empire/Koning. Die
reg tot selfregering is deur Kitchener ingesluit sonder Milner se medewete, dis
hoekom hy gesê het dat Engeland die vrede verloor het. Hierdie toegewing het
die twee Boererepublieke 'n groot mate van selfstandigheid verleen, ook oor hul
onderwysbeleid. Die Kaapkolonie het wel ook 'n parlement of raad gehad, maar ek
dink nie Natal nie - dis as 'n volle afhanklike kolonie vanuit Brittanje regeer
- dit is wat Milner vir Tvl en OVS in gedagte gehad het.

Die Afrikaner (en tot groot mate die Engelse ook) gemeenskappe kon na die
gruwelike die oorlog insien dat diaar voordele is in hegter saamstaan, byv om
mekaar weer op te help, skole te bou, en, ens. Sodoende is baie van die ou
verdelende jaloesieë opsygestoot. In elk geval kon die 4 kolonies uiteindelik
genoeg gemeenskaplike gronde vind sodat uniewording in 1910 alreeds kon
plaasvind, skaars 8 jaar na die Vrede van Vereeniging. Die opbou van daar tot
volle "verantwoordelike" selfregering, wat uiteindelik tot Republiekwording
gelei het, is ook die verhaal van die Afrikaner se politieke groei en
uiteindelik die bewindsoorname deur die NP in 1948. Dink byv aan die groot
dryfvere hieragter, en aan bewegings soos Helpmekaar en die Reddingsdaadbond -
dit was almal (SAP en NAT) mense wat hulle tande in die oorlog, by die
vredesonderhandelinge en in die politiek na die oorlog geslyp het. Kortom, die
groei in Afrikanernasionalisme (in AL sy fasette - Afrikaans ook) sou nie
moontlik gewees het sonder daardie één toegewing van Milner nie.

Die ironie is natuurlik dat wat Milner oorspronklik wou gehad het, wel vandag
besig is om te gebeur (baie mense gaan my hieroor kruisig, maar nou ja):
(1) Afrikaans is besig om uit te sterf - dit is vinnig besig om te regresseer in
die kombuistaal waaruit dit oorspronklik ontstaan het.
(2) Baie Afrikaners vandag is meer Engels as meeste rou Souties.
(3) Die exodus van hoogs geleerde en gekwalifiseerde Afrikaners verskraal die
genepoel van Afrikaners voortdurend.

@rogers.com wrote:
> "knersus" skryf
>
> Die Vrede v
>
>> Vereeniging het basis geword waarvandaan die Uniewording in 1910 en
>
> uiteindelik
>
>> Republiekwording in 1961 gelanseer was.
>
>
> Ek is geinteresseerd hoekom jy sê dat die republiekwording van 1961 gelanseer
> kon word uit die basis van die Vrede van Vereeniging. Ek kan verstaan dat
> daar onder sekere dele van die bevolking van die Unie van SA 'n begeerte was
> om weer "vry te word" van Britse oorheersing. Maar hoe het die ooreenkomste

--
_______
| OSCAR |
|KNERSUS|
|_&_KIE_|
Re: Lesersbrief in Beeld [boodskap #104395 is 'n antwoord op boodskap #104394] Vr, 15 Julie 2005 20:41 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"knersus" skryf

Die opbou van daar tot
> volle "verantwoordelike" selfregering, wat uiteindelik tot Republiekwording
> gelei het, is ook die verhaal van die Afrikaner se politieke groei en
> uiteindelik die bewindsoorname deur die NP in 1948.

Ek kan natuurlik nie met jou saamstem oor
jou stelling dat dit "die verhaal van die
Afrikaner se politieke groei" is wat uitein-
delik na republiekwording gelei het nie.
Ek beskou die 1948 verkiesing se uitslag
as 'n tragiese kinkel in die politieke groei
van die Afrikaner, een wat veroorsaak
het dat die Afrikaner meer van sy status
verloor het as wat oorspronklik die geval
was. Dit dateer my natuurlik, maar in
1948 was my kamermaat op Stellenbosch
Dalena Swart, die dogter van Charles
Swart, wat die eerste minister van Justisie
geword het en uiteindelik president. Ek
kon nooit verstaan hoe hierdie liewe
man so 'n gehate minister van justisie
kon word nie. ( Ek was saam met sy
dogter op 'n toer van Robbeneiland,
een van sy eerste take as minister van
justisie. Ek dink ek het hierdie ding
al vantevore vertel, maar ek kan duidelik
onthou dat hy gesê het hierdie eiland is
te mooi vir 'n tronk en dat dit tyd is dat
dit verskuif moet word.

Gloudina
Re: Lesersbrief in Beeld [boodskap #104396 is 'n antwoord op boodskap #104395] Vr, 15 Julie 2005 21:12 Na vorige boodskapna volgende boodskap
knersus  is tans af-lyn  knersus
Boodskappe: 211
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
Jy hoef nie met my oor so iets saam te stem of my te opponeer nie - dis nie punt
wat ek wou maak nie. Onthou, ek probeer nie sê dat 1948 (of dan selfs
Republiekwording) die toppunt van die Afrikaner se politieke groei was nie,
bloot dat die stappe/skakels/gebeure só opmekaar gestapel is dat dit uiteindelik
tot republiekwording gelei het, en dat die fondasie daarvoor gelê is by die
Vrede van Vereeniging.

Vir my is Republiekwording sinoniem met totale onafhanklikheid van Engeland, dws
wat die ou Voortrekkers ingedagte gehad het toe hulle Natalia, Winburg, die ZAR
edm gestig het. Die Oranje-Vrystaat is vir 'n bietjie 'n anderster perd - het
hulle werklik volle onafhanklikheid van Engeland gehaad, veral na die
Sandrivier-konvensie? Wat ons met ons uiteindelike vryheid gedoen het, nou ja,
dis seker 'n ander vraag, en ek dink dis die een wat meeste hier rond
gevra/bespiegel/uitbaklei/naeltjiebetragtig word.

Sê my, siende dat jy nou uit 1948 se tyd kom: wat dink jy sou gebeur het as die
SAP aan bewind gebly het? Ek weet dis nou net spekulasie, en dit nog 60 jaar na
die tyd, maar meeste van my ouer familielede was NP-gesind, behalwe my ma se pa,
wat 'n stoere Jan Smuts-man was, so ek het maar altyd die NAT/NP kant gehoor.
Later, toe ek nou self kon besluit hoe dinge werk, het ek natuurlik my eie
paadjie gevolg.

Of moet ek eerder vra: Hoe sou jý dit wou gesien ontwikkel het?

@rogers.com wrote:
> "knersus" skryf
>
> Die opbou van daar tot
>
>> volle "verantwoordelike" selfregering, wat uiteindelik tot
>
> Republiekwording
>
>> gelei het, is ook die verhaal van die Afrikaner se politieke groei en
>> uiteindelik die bewindsoorname deur die NP in 1948.
>
>
> Ek kan natuurlik nie met jou saamstem oor
> jou stelling dat dit "die verhaal van die
> Afrikaner se politieke groei" is wat uitein-
> delik na republiekwording gelei het nie.
> Ek beskou die 1948 verkiesing se uitslag
> as 'n tragiese kinkel in die politieke groei
> van die Afrikaner, een wat veroorsaak

--
_______
| OSCAR |
|KNERSUS|
|_&_KIE_|
Re: Lesersbrief in Beeld [boodskap #104398 is 'n antwoord op boodskap #104396] Vr, 15 Julie 2005 22:02 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"knersus" skryf

> Sê my, siende dat jy nou uit 1948 se tyd kom: wat dink jy sou gebeur het as die
> SAP aan bewind gebly het?

Wel, ons weet dat Jan Hofmeyer, die toentertydse minister
van Opvoeding ( is dit die vertaling van "Minister of Education")
al klaar begin dink het in terme van gemengde skole waar
alle rassegroepe saam sou leer. Baie keer word hierdie ding
aangedui as een van die oorsake dat die Smuts regering
in 1948 verslaan is. Maar kom laat ons nou dink watter
situasie aan die einde van die eeu kon gewees het as
die Afrikaners soos Hofmeyer en Smuts die regte ding
kon doen, die rasseskeidinge in verkiesings en skole
kon uitskakel, en die bevolking aan die einde van die
eeu in vrede saam kon leef. Daar sou seker wel 'n
grootliks nie-blanke kleur in die kabinet gewees het,
en die eerste ministers sou heelwaarskynlik meer en
meer swart of bruin gewees het. Maar daar sou nie
die bagasie wees wat daar vandag is teen die
Afrikaner nie. So wat het die 1948 verkiesing eintlik
bereik. Alleen negatiewe gevolge.

Gloudina
Re: Lesersbrief in Beeld [boodskap #104399 is 'n antwoord op boodskap #104396] Vr, 15 Julie 2005 22:09 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"knersus" skryf

maar meeste van my ouer familielede was NP-gesind, behalwe my ma se pa,
> wat 'n stoere Jan Smuts-man was, so ek het maar altyd die NAT/NP kant
gehoor.

Ek het weer meestal die Sap-kant gehoor, behalwe
dat my pa (wat hom uit die politiek gehou het) gestem
het vir die republiek, wat hy as 'n groot mirakel gesien
het. Maar tot vandag toe word ek vies as mense
die Sappe as verraaiers sien. Hierdie klein faksie
van Afrikaners met die chip op hulle shoulder oor
die sogenaamde oorheersing deur Engeland, kon
nie sien dat die Afrikaners hulle eie weg kon loop
sonder veel inmenging van Engeland nie. Dat
Jan Smuts noue bande met Engeland behou het,
was nie inkruipery nie. Dit was goeie staatskunde.

Gloudina
Re: Lesersbrief in Beeld [boodskap #104402 is 'n antwoord op boodskap #104395] Sa, 16 Julie 2005 06:48 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
So die antie is ongeveer 75 jaar oud? G'n wonder jy's so verstok in die
verlede nie!

"@rogers.com" skryf in boodskap news:f4adna2UdcAygEXfRVn-ig@rogers.com...
> Dit dateer my natuurlik, maar in
> 1948 was my kamermaat op Stellenbosch
> Dalena Swart, die dogter van Charles
> Swart, >
> Gloudina
>
Re: Lesersbrief in Beeld [boodskap #104403 is 'n antwoord op boodskap #104398] Sa, 16 Julie 2005 06:56 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" skryf in boodskap news:7dCdndI9DrwErUXfRVn-tg@rogers.com...
>
> "knersus" skryf
> Wel, ons weet dat Jan Hofmeyer, die toentertydse minister
> van Opvoeding ( is dit die vertaling van "Minister of Education")
> al klaar begin dink het in terme van gemengde skole waar
> alle rassegroepe saam sou leer.
-----Alles wonderlik in politieke teorie, maar PRAKTIES gesproke, 'n
sprokie soos wat die Afrika van vandag beleef en hopelik leer uit. Daar is
nie 'n manier waarop jy uit net 20% van die bevolking wat 'n eie lewe maak
en belastings betaal, die ander 80% op dieselfde vlak kan 'sponsor'.
Vandag nog staan die groot meerderheid bakhand en verwag dat die regering
vir hulle grond, huise en skole moet gee. Die gedagte dat hulleself
produktief moet raak, geld verdien en dan tot die staatsfonds 'n bydrae maak
sodat daar genoeg geld is om die nodige ontwikkeling te doen, het nog nooit
in die gedagtes van swart Afrika'ers opgekom nie.
Re: Lesersbrief in Beeld [boodskap #104404 is 'n antwoord op boodskap #104399] Sa, 16 Julie 2005 07:21 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" skryf in boodskap news:W8idnbkCa4_Tr0XfRVn-2g@rogers.com...
> Hierdie klein faksie
> van Afrikaners met die chip op hulle shoulder oor
> die sogenaamde oorheersing deur Engeland, kon
> nie sien dat die Afrikaners hulle eie weg kon loop
> sonder veel inmenging van Engeland nie.
----Jy maak 'n fout. Die meerderheid Afrikaners wat Natte. Die
meerderheid Afrikaners het ook dinge in die Boereoorlog beleef wat hulle om
die dood toe nooit weer met die Engelse sou laat versoen nie. Jy vergeet
die manier waarop die Boere gedwing is tot oorgawe? Konsentrasiekampe en
die afbrand van plase. Is jy bewus daarvan dat daar 'bullybeef' in kratte
in die veld gelaat is dat die Boere dit kon optel waarin glasstukke en
weerhake was? Weet jy dat van hierdie vleis in die konsentrasiekampe vir
die vroue en kinders gegee is om te eet? My eie grootouma het botteltjies
met glasstukke en weerhake op haar kaggel in die sitkamer gehad tot na haar
dood toe. [Nou nie dat dit eintlik gewerk het nie, want jy kan 'n mens nie
doodmaak deur hom skerp goed te voer nie, tensy dit sy keel of sy hol
stukkend sny, maar in sy ingewande trek die wande van die ingewande weg van
enige skerp impuls af]. Dit was die gedagte van die Engelse gemeenheid
[noem dit ook terrorisme teenoor die publiek van die ou republieke] wat
gemaak het dat die meeste Afrikaners tot die dood toe nooit met hulle
werklik vrede sou maak nie.
Dan was daar die Sappe...hoofsaaklik mense uit die 'Kolonie' uit wat in
elk geval nooit in die Boereoorloë betrokke was, of wou wees nie. Hulle
was lief vir die Engelse en het glad nie omgegee om onder Engelse heerskappy
te staan nie.

Dat
> Jan Smuts noue bande met Engeland behou het,
> was nie inkruipery nie. Dit was goeie staatskunde.
>
> Gloudina
>
Re: Lesersbrief in Beeld [boodskap #104405 is 'n antwoord op boodskap #104395] Sa, 16 Julie 2005 08:37 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DD  is tans af-lyn  DD
Boodskappe: 1166
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 15 Jul 2005 16:41:49 -0400, "@rogers.com" wrote:

> Dit dateer my natuurlik, maar in
> 1948 was my kamermaat op Stellenbosch

> Gloudina
>

ag bouwertjie, ek het jou voorheen vertel dat jy aan 'n
minderwaardigheids kompleks ly. Steeds kan jy nie
daarvan wegskram om te spog met wie jy al ontmoet het
en wie jy al op fotos gesien het, en met wie jy al oor die telefoon
gepraat het nie. En dan volg jy dit gewoonlik op deur oor hulle
te skinder. Maar, as dit iets aan jou ego doen, gaan voort.
Irriteer ons verder daarmee - ten minste score jy self dan.

Vertel ons liewer waarom jy hier
die woord 'sogenaamde'
gebruik het. En moet nie met jou
bekende duck & dive tipe antwoord kom nie.
Waarom sê jy "sogenaamde'?

"bouwer.com" wrote in message
news:W8idnbkCa4_Tr0XfRVn-2g@rogers.com...>Hierdie klein faksie
> van Afrikaners met die chip op hulle shoulder oor
> die sogenaamde oorheersing deur Engeland, kon
> nie sien dat die Afrikaners hulle eie weg kon loop
> sonder veel inmenging van Engeland nie.
Re: Lesersbrief in Beeld [boodskap #104410 is 'n antwoord op boodskap #104405] Sa, 16 Julie 2005 12:09 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"DD" sskryf

> Vertel ons liewer waarom jy hier
> die woord 'sogenaamde'
> gebruik het.> "bouwer.com" wrote in message
Hierdie klein faksie
>> van Afrikaners met die chip op hulle shoulder oor
>> die sogenaamde oorheersing deur Engeland, kon
>> nie sien dat die Afrikaners hulle eie weg kon loop
>> sonder veel inmenging van Engeland nie.

Presies wat ek daar sê. Hoe kan enigiemand
dink dat Brittanje SA oorheers, terwyl Botha
en Smuts al in 1910 aan die hoof van die
regering gaan staan het, en Afrikaans in 1926
as offisiële taal erken is.

Gloudina
Re: Lesersbrief in Beeld [boodskap #104411 is 'n antwoord op boodskap #104410] Sa, 16 Julie 2005 13:31 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DD  is tans af-lyn  DD
Boodskappe: 1166
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 16 Jul 2005 08:09:37 -0400, "@rogers.com" wrote:

>
> "DD" sskryf
>
>> Vertel ons liewer waarom jy hier
>> die woord 'sogenaamde'
>> gebruik het.> "bouwer.com" wrote in message
> Hierdie klein faksie
>>> van Afrikaners met die chip op hulle shoulder oor
>>> die sogenaamde oorheersing deur Engeland, kon
>>> nie sien dat die Afrikaners hulle eie weg kon loop
>>> sonder veel inmenging van Engeland nie.
>
> Presies wat ek daar sê. Hoe kan enigiemand
> dink dat Brittanje SA oorheers, terwyl Botha
> en Smuts al in 1910 aan die hoof van die
> regering gaan staan het, en Afrikaans in 1926
> as offisiële taal erken is.
>
> Gloudina
>

so jy sou nie eens die terroristiese aanslag en moorde
op vrouens en kinders in konsentrasiekampe, as 'n
poging tot oorheersing erken nie? Jou goedkeuring
daaraan verleen dus... soos deur selfs Afrikaans
te verraai en Engels as huistaal aan te neem?
Geen wonder dus dat jy vir hulle sogenaamd skerm
nie.
Re: Lesersbrief in Beeld [boodskap #104412 is 'n antwoord op boodskap #104411] Sa, 16 Julie 2005 14:48 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"DD" skryf

> so jy sou nie eens die terroristiese aanslag en moorde
> op vrouens en kinders in konsentrasiekampe, as 'n
> poging tot oorheersing erken nie? Jou goedkeuring
> daaraan verleen dus... soos deur selfs Afrikaans
> te verraai en Engels as huistaal aan te neem?

Ag, die jakketie, jakketie,yak wat jy gedurig
uitkwyl. Praat oor die onderwerp. Watter
soort dominasie van Engeland was daar toe
Botha en Smuts in 1910, ag jaar na die
Vrede van Vereniging, ministers word
in die kabinet. En hulle was voorheen
generaals wat in die Boere-oorlog geveg
het. Was dit nou nie 'n belaglike situasie
nie. Engeland wen sogenaamd die
oorlog, en ag jaar daarna toe sit twee
van die Boere-generaals met die helm
in die hand. Dis ongeveer dieselfde wat
aan die einde van die eeu met Mandela
gebeur het. Hulle sit hom in die tronk vir
26 jaar en maak hom dan president.

Gloudina
Re: Lesersbrief in Beeld [boodskap #104413 is 'n antwoord op boodskap #104403] Sa, 16 Julie 2005 18:19 Na vorige boodskapna volgende boodskap
knersus  is tans af-lyn  knersus
Boodskappe: 211
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
Net 'n klein regstelling hier: Suidwester het bietjie rof geknip, nou lyk dit of
ek die onderstaande gesê het - dis Gloudina wat dié stelling gemaak het.

Suidwester wrote:
> "@rogers.com" wrote in message
> news:7dCdndI9DrwErUXfRVn-tg@rogers.com...
>
>> "knersus" skryf
>> Wel, ons weet dat Jan Hofmeyer, die toentertydse minister
>> van Opvoeding ( is dit die vertaling van "Minister of Education")
>> al klaar begin dink het in terme van gemengde skole waar
>> alle rassegroepe saam sou leer.
>
> -----Alles wonderlik in politieke teorie, maar PRAKTIES gesproke, 'n
> sprokie soos wat die Afrika van vandag beleef en hopelik leer uit. Daar is
> nie 'n manier waarop jy uit net 20% van die bevolking wat 'n eie lewe maak
> en belastings betaal, die ander 80% op dieselfde vlak kan 'sponsor'.
> Vandag nog staan die groot meerderheid bakhand en verwag dat die regering
> vir hulle grond, huise en skole moet gee. Die gedagte dat hulleself
> produktief moet raak, geld verdien en dan tot die staatsfonds 'n bydrae maak
> sodat daar genoeg geld is om die nodige ontwikkeling te doen, het nog nooit
> in die gedagtes van swart Afrika'ers opgekom nie.
>
>
>

--
_______
| OSCAR |
|KNERSUS|
|_&_KIE_|
Re: Lesersbrief in Beeld [boodskap #104414 is 'n antwoord op boodskap #104413] Sa, 16 Julie 2005 18:33 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DD  is tans af-lyn  DD
Boodskappe: 1166
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 16 Jul 2005 20:19:21 +0200, knersus wrote:

> Net 'n klein regstelling hier: Suidwester het bietjie rof geknip, nou lyk dit of
> ek die onderstaande gesê het - dis Gloudina wat dié stelling gemaak het.
>

rof... of misleidend, Knersus?
Re: Lesersbrief in Beeld [boodskap #104417 is 'n antwoord op boodskap #104414] Sa, 16 Julie 2005 19:39 Na vorige boodskapna volgende boodskap
knersus  is tans af-lyn  knersus
Boodskappe: 211
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
Hoekom sou hy misleidend wou wees? Sover ek weet het hy geen rede om my op so
'n manier by te kom nie. Ek sal hom eerder die binnevet van die boud gee en sê
hy't rof geknip.

DD wrote:
> On Sat, 16 Jul 2005 20:19:21 +0200, knersus wrote:
>
>
>> Net 'n klein regstelling hier: Suidwester het bietjie rof geknip, nou lyk dit of
>> ek die onderstaande gesê het - dis Gloudina wat dié stelling gemaak het.

>
>
> rof... of misleidend, Knersus?
>
>

--
_______
| OSCAR |
|KNERSUS|
|_&_KIE_|
Re: Lesersbrief in Beeld - sketch4s.jpg (0/1) [boodskap #104418 is 'n antwoord op boodskap #104417] Sa, 16 Julie 2005 20:10 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DD  is tans af-lyn  DD
Boodskappe: 1166
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 16 Jul 2005 21:39:17 +0200, knersus wrote:

> Hoekom sou hy misleidend wou wees? Sover ek weet het hy geen rede om my op so
> 'n manier by te kom nie. Ek sal hom eerder die binnevet van die boud gee en sê
> hy't rof geknip.
>
> DD wrote:
>> On Sat, 16 Jul 2005 20:19:21 +0200, knersus wrote:


>>> Net 'n klein regstelling hier: Suidwester het bietjie rof geknip, nou lyk dit of
>>> ek die onderstaande gesê het - dis Gloudina wat dié stelling gemaak het.
>


>> rof... of misleidend, Knersus?



lol, opsetlik nie bedoel opsetlik nie
Re: Lesersbrief in Beeld [boodskap #104428 is 'n antwoord op boodskap #104323] So, 17 Julie 2005 08:43 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi Greyling  is tans af-lyn  Ferdi Greyling
Boodskappe: 1232
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 14 Jul 2005 11:07:01 -0400, "@rogers.com" wrote:

"Suidwester" skryf
>
> Wat van die VSA belowe vir die Arabiese lande dat vir elke
>> Amerikaner wat in die publiek opgeblaas gaan word, gaan hulle 'n
>> kruisermissiel mik op die hart van enige van die Arabiese stede?
>
> Ja-nee, dis ongeveer wat gebeur. Die Amerikaners
> met hulle kruisermissiele het egter nou hulle agterent
> gesien. Mense wat bereid is om hulself bomme te maak
> sal uiteindelik wen oor die kruisermissiele. Net soos
> dit in Vietnam gebeur het.

Geen kans dat dit sal gebeur nie. Cruise missiles is te duur.
Amerikaners sal nooit so baie geld uitgee nie.
Re: Lesersbrief in Beeld (0/1) [boodskap #104430 is 'n antwoord op boodskap #104329] So, 17 Julie 2005 08:43 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi Greyling  is tans af-lyn  Ferdi Greyling
Boodskappe: 1232
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 14 Jul 2005 19:01:12 +0200, NewSA@LekkaSA.GreatSA wrote:

> Nee M8, hier praat jy nou jou kopse kak.
>
> Kom met totale en bewyse dat ons die Oorlog in SAW verloor het.

Die plek se naam is nou Namibie en Swapo regeer dit.

Julle het baklei dat die plek se naam Suidwes moet bly en dat Swapo
nie politieke mag moet kry nie.

Kan jy die twee begrippe bymekaar sit en 'n konklusie trek?
Re: Lesersbrief in Beeld [boodskap #104431 is 'n antwoord op boodskap #104328] So, 17 Julie 2005 08:43 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi Greyling  is tans af-lyn  Ferdi Greyling
Boodskappe: 1232
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 14 Jul 2005 12:56:00 -0400, Katryn wrote:

> NewSA@LekkaSA.GreatSA skryf:
>
>> Fok nou dat jy daarvan praat.
>
> Ai, sug...en dan kom die arme outjies met hulle Tourette's ook af en
> toe kuier met die bekende coprolalia so uniek aan die siekte.
> Snaaks dat Tourette's so abnormale hoë insidensie onder veral
> Afrikaanse mans het.

SITS. Self induced Tourette's syndrome
Re: Lesersbrief in Beeld [boodskap #104432 is 'n antwoord op boodskap #104345] So, 17 Julie 2005 08:43 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi Greyling  is tans af-lyn  Ferdi Greyling
Boodskappe: 1232
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 15 Jul 2005 07:48:01 +0100, "Suidwester" wrote:

> Onsin? Dis die waarheid en 'n waarheid wat steeds by die Swapo-leiers tot
> vandag spook. Maar hoe sal jy nou weet? Jy bek net en beleef niks. Die
> grootste lag hier in ons land [en nie net blankes nie, ook Damaras, Hereros,
> Basters, ens] is dan juis dat almal weet dat Swapo nie die oorlog gewen het
> nie.

En Ian Smith het seker ook nie in Rhodesie verloor nie.

So, julle en die SAW het die oorlog teen Swapo gewen. Daarom is Swapo
vandag ten volle in beheer in Namibie?

Is dit wat jy se?
Re: Lesersbrief in Beeld [boodskap #104433 is 'n antwoord op boodskap #104322] So, 17 Julie 2005 08:43 Na vorige boodskapNa vorige boodskap
Ferdi Greyling  is tans af-lyn  Ferdi Greyling
Boodskappe: 1232
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 14 Jul 2005 15:06:36 +0100, "Suidwester" wrote:

> ----Die RSA was die mandaathouer in SWA

Nee. Verkeerd.
Die UNIE van SA (RSA het eers in 1961 tot stand gekom) was die
mandaathouer onder gesag van die Volkiebond. Die Volkebond is
natuurlik na WW2 ontbind en deur die VVO vervang.

Wat dit betref, kan jy gerus die volgende oorweeg:

The Mandate was supposed to become a United Nations Trust Territory
when League of Nations Mandates were transferred to the United Nations
following World War II but the Union of South Africa refused to agree
to allowing the territory to begin the transition to independence and
it essentially became a South African colony. This resulted in a
protracted struggle between South Africa and forces fighting for
independence, particularly after the formation of the South West
Africa People's Organisation in 1960. The territory was granted
independence as the nation of Namibia in 1990

En dit, ou swaer, beteken dat Swapo die legitieme gesag was en jou SAW
die onwettige besetters was. En lees nou die volgende mooi -
"onwettig" in JOU EIE verwysingsraamwerk wat jy hier aangevoer het -
die Volkebond en sy voorsetting die VVO.

en het daarom die volle reg gehad om
> die land te bestuur en te verteenwoordig. Dis tog in die Wêreldhof
> verskeie kere betwis en uitgegooi?

International Court of Justice upheld UN authority over Namibia,
that South African's presence was illegal and therefore was obligated
to withdraw from Namibia in 1971

Dit beteken sy Weermag het ook die reg
> gehad om hier te wees. Uiteindelik was dit 'n kwessie van hoe om die mag
> oor te gee aan die plaaslike bevolking sodat daar nie 'n burgerlike oorlog
> ontstaan nie.

He,he... Ja wel daar was net een oorlog en dit was die een tussen die
SAW en Swapo!

Tyd is gekoop deur die pogings tot insypeling deur SWAPO
> terroriste tot Owamboland te beperk en die plaaslike mense die kans te gee
> om hul politieke probleme uit te werk. Wat gewerk het, want uiteindelik is
> die politieke mag deur 'n demokratiese verkiesing oorgegee aan die
> meerderheid stemme sonder dat 'n verdere skoot geskiet is. Ek sou reken
> dit was 'n sukses?

En wie het die verkiesing gewen? Swapo. Oorweldigend. Keer op keer.
So, kom ons kry jou logieka helder hier: Jy se die SAW het geveg -
Teen Swapo - om die plaaslike mense tyd te gee om hul politieke
probleme uit te werk sodat hulle uiteindelik n verkiesing kan hou
waarin Swapo omtrent al die stemme gekry het.

Gaan slaap op daai een.

En kom ons "cut the crap" hier. Die SAW was in Suidwes om die
ideologie van apartheid daar uit te brei.
Almal het dit geweet toe en almal weet dit nou ook.

Net so in jou RSA. Die resultate van wat in SWA bereik is, is
gebruik
> om by 'n oplossing uit te kom vir die soortgelyke [en veel groter] probleem
> in die RSA.

Huh? Is jy van jou sinne beroof geraak?

Jy weet en ek weet, dat SA by 'n vreedsame oplossing uitgekom
> het. 'n Sukses? Ek dink so. Sover terug as 1984 het die bestaande
> hiëriargie van die RSA geweet hulle sou nie mag kon behou in SA vir veel
> langer nie en het hulle begin werk aan 'n oplossing wat dit so pynloos
> moontlik kan laat geskied. En dit het gewerk.
Vorige onderwerp: Stilte
Volgende onderwerp: Ou Kookboeke
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 19 02:26:00 MGT 2024