Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » AUSTRALIE/PERTH: Afrikaners kom bymekaar..........
AUSTRALIE/PERTH: Afrikaners kom bymekaar.......... [boodskap #10439] Do, 21 Augustus 1997 00:00
gal...  is tans af-lyn  gal...
Boodskappe: 191
Geregistreer: Mei 1996
Karma: 0
Senior Lid
Ons het verlede sondag middag 'n groot geleentheid in Perth
bygewoon.

Dit was lekker om te sien dat ons mense so kan saamstaan
om vir 'n heerlike ete te sorg. Janee, ek het tafels hoor
kreun - so swaar was hul gelaai van al die eetgoed.
Daar was boerewors, potjiekos, koeksisters, trifle....noem maar op.
My 5 jarige seun het vir die eerste keer 'n heel skaap aan 'n spit
gesien en hom verwonder.
En die mense wat georganiseer en gehelp het verdien 'n pluimpie.
Ek het so lekker geeet dat ek vir die volgende 5 dae in die tuin
sal moet werk om die vetjies weg te werk. En die soetgoed was so
lekker dat die enamel sommer van my tande afgespring het.
En ek het my verlekker aan klein juweeltjies uit die ou dae,
soos iemand se Suid-afrikaanse driepunt kragprop wat die krag
voorsien het vir die kinders se lugkasteel, en 'n CADAC gasstofie.....

Interessante klomp mense ook: Party het pak en das aangehad,
ander sommer klinknaelbroeke en T-hemde, Party se kinders praat engels,
ander afrikaans, ook nederlands. Party het uit SA gewaai oor hul
besware teen die ou regering en ander teen die nuwe regering,
Party dink nog aan teruggaan, ander het vir goed kom afpak,
party gaan normaalweg na die' kerk toe en ander na daai kerk toe,
en elkeen pas op sy manier aan en word geirriteer deur die Aussies.
Party is ou kalante hier in Oz en ander het so pas aangekom.

Jy vra jouself af - wat op aarde kan so 'n spulletjie bymekaarbring ?
Die geleentheid was 'n "kenmekaar" kerkdiens wat gehou is
deur (meestal) Afrikaanse mense hier in Perth.
Daar word planne gemaak om 'n volwaardige kerk te stig.
Die dominee is Andre' Van Oudshoorn, tel 089-4077881 Perth.
Immigrante kan van hul laat hoor as hul hier aangekom het.

Vriendelike Groete.
Vorige onderwerp: LUGWAARDIN STEEK HAAR AGTERENT IN MY GESIG.......
Volgende onderwerp: Maak seep
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 15 05:14:24 MGT 2024