Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » LUGWAARDIN STEEK HAAR AGTERENT IN MY GESIG.......
LUGWAARDIN STEEK HAAR AGTERENT IN MY GESIG....... [boodskap #10436] Do, 21 Augustus 1997 00:00
gal...  is tans af-lyn  gal...
Boodskappe: 191
Geregistreer: Mei 1996
Karma: 0
Senior Lid
Ek vlieg gereeld. Dis nou met die ystervoel. En ek haat dit.
Die moeilikheid begin reeds vroeg: jy vergeet om iets in te pak,
daar is 'n verkeersknoop op pad lughawe toe,
die inweeg-tou is te lank te lank en daar staan 'n bliksem voor jou
wat almal ophou. Ek glimlag liefies vir die beampte maar word nooit
opgradeer na besigheidsklas toe nie.

Nog 'n aangeplakte, kunsmatige plastiekglimlag van 'n lugwaardin en ek
is in die vliegtuig in. Hulle ontwerp mos spesiaal die
lugreeling so dat hy die paraffienruik-uitlaatgasse insuig, genoeg om
jou dadelik 'n hoofpyn te gee.

Die demonstrasie van die gasmaskers en wat jy moet doen in 'n noodgeval
is 'n foefie. Dis om jou 'n valse idee te gee dat jy dalk lewendig kan
uitkom. Hulle weet as jy val is jou kanse eintlik nul: Jy kan jou
tyd beter benut om 'n gebed op te se.

Deesdae styg hulle so steil op hier in Australie, dis nou dat hulle nie
oor die woongebiede moet raas nie, dat jou brein agter teen jou skedel
vassit en sy enjin wil vasbrand. Die donnerse ding gaan nog stol
en val. Wag net!

Dan begin hulle jou voer. Dis 'n algemene truuk van die lugrederye:
hulle voer jou om jou besig te hou, anders kla jy. Deesdae kry ek
500 kg messegoed en niks kos nie. As jy na 2 uur al die plastieksakkies,
bakkies en potjies ens. oopgeskeur het, sit jy uiteindelik met 3 korrels
ertjies en 'n semeltjie vleis, 'n duifeier-groote broodjie en botter wat
so hard is dat dit jou broodjie uitmekaar skeur. Jy voel amper lus om
die lugwaardin te roep en vir haar te se waar om die 3 korrels ertjies
op te steek. Ek sweer die ertjies word spesiaal so gekies om die ou
langs jou onbedaarlik aan die poep te sit.

Ek sit nooit langs die mooi blondine nie, beland altyd langs 'n vervelige
sakeman wat heeltyd sit en poep en sy arms op my leunings sit.

Dit vat nie lank vir die lugreeling om jou jou vel af te dop van droogte
nie en jou oe uit te suig na nog 'n bietjie vog. Dis nou al bekend dat
die lugreeling almal se niese en verkouekieme sirkuleer en versprei.

Die fliek wat hul speel het ek reeds 3 keer gesien en die tydskrif 5
keer gelees. Wat doen mens ?
As jy suip kos dit jou te veel en jou hoofpyn vererger net.
Buitendien, in Australie weet hul net dat drank jou dronk maak, die
nuanses van wit en rooi moet hul nog leer. Die keuse is treurig en my
hart verlang na SAL se wyne.

Ek kan nie na die lugwaardinne kyk nie: hulle is so lelik soos die nag.
Hulle word almal om polities korrekte redes gekies. Hulle moet te maer
of te vet of te dik of te kort wees, manlik/homoseksueel of wat ookal,
solank die lugredery nie hof toe geneem kan word vir een of ander
diskriminasie nie. En as hulle oorkant jou buk steek hulle hul poendoes
in jou gesig. ('n Xhosa woord vir iemand se agterent). Wat het geword van
mooi, grasieuse jong dames soos by SAL ?
Stenig my, maar ek is gatvol vir politiese korrektheid, allawereld !

Die enigste paar mooi lugwaardinne wat jy af en toe sien is vol goue ringe
en armbande en horlosies. Hul versamel dit nes 'n kraai. Dit kry hul seker
by die ryk sakemanne. En dan dink hulle die son skyn uit hul gat uit.
Gee my dan maar liewer weer die moffie of die ou tannie met
die groot poendoes.

Die juppies het mos deesdae hul eie eksklusiewe klubs by die lughawens.
Wat 'n vervelige spul aansitterige mense kry jy nie daar nie!

Die ergste van alles is as jy uit die vliegtuig uitstap en hulle gee
jou weer van daai aangeplakte plastiekglimlaggies en seg:
"I hope you enjoyed your flight".

Dis dan dat ek op my tande kners en 'n wind los.

Een geluk het ek darem: Ek glip deur die X-straalmasjien soos 'n warm mes
deur botter. Ek kan vol knipmesse (miskien selfs masjiengewere ?) wees,
die ding gaan nooit met my af nie. (Ek moes 'n terroris geword het).
My bloed neutraliseer die ding seker.

Vriendelike groete,
NS: As jy my op die lughawe sien, waai!
(Ek is mos so 'n gemaklike mens om mee saam te vlieg).
Re: LUGWAARDIN STEEK HAAR AGTERENT IN MY GESIG....... [boodskap #10437 is 'n antwoord op boodskap #10436] Do, 21 Augustus 1997 00:00 Na vorige boodskap
vira  is tans af-lyn  vira
Boodskappe: 182
Geregistreer: April 1997
Karma: 0
Senior Lid
So gepraat van bagasie rakke en dinge wat val herinner my aan 'n onvergeetlike
vlug wat ek deurgemaak het, so 'n paar jaar terug.

Ek was saam met die Bedouin. Die woestyn son het te veel geword vir hierdie
Blondie, en dit was in elk geval amper tyd om te vertrek. Met 'n swaar hart
het ek rondgedwaal. Toe kom vertel 'n ou vader vir my een van hulle geheime:
"he who drinks of Nile will come again". Dis so tipies van daardie land en sy
wonderlike mense, en dit herinner my aan ou Bybel stories wat te jonk is vir
hierdie man om te ken. Ek sê dankie en gaan drink daardie rivier. No problem.
Tot so 'n dag of twee later. Juis die dag toe die vlug Israel toe gaan. Ek
wil vrek.

Toe klim ek aan boord Air Sinai. 'n Stokou vliegtuig. Eintlik voor ek inklim,
sien ek deur die swart wolk van siekte wat voor my oë dreig, dat hierdie ding
nie so lekker lyk nie. Ek gee myself oor in God se hande.

Sit my besittings in die bagasie rak. Klap dit toe. Dit veroorsaak dat my
buurman s'n oopval. Hy klap syne weer toe, en die heel res van die ry s'n val
oop. Na 'n ruk gee ons op. Laat alles maar uithang. Ek sien die cabin deur is
ook oop, en dis nogal interessant om te kyk hoe die loods te werk gaan. Wil nie
eers myself vra hoekom hy nie die deur toemaak nie. Sien al hoe val al die res
van die vliegtuig se deure oop.

Alles is fyn. Vlieg sonder probleem. Skielik is daar 'n komosie, en hier kom
die loods, sitplek en al, die gang af geseil. Sy sitplek het gebreek. Hulle
kry dit weer voor waar dit hoort , en hy werk nou met een hand, terwyl die
ander die console vashou dat die sitplek nie weer 'n vlug van sy eie onderneem
nie.

Alles is weer onder beheer, en ek leen my kop teen die vensterruit vir 'n
bietjie koelte. Ek maak my oë hoop, en van die vleuel hier voor my waai los
stukke metaal rond. Niemand sê iets nie. Ek dink ja well no fine, ek gaan in
elk geval weer kom. Of dit nou die son was wat my klaargemaak het, of die
water, hierdie Air Sinai is my assuransie daarvoor.

Kom toe sonder 'n probleem in Tel Aviv aan. Wys jou net. Daar begin die
ondervraging. Enig iemand wat al in Israel was sal weet van die Interrogasie.
Ha! Jy wil jouself skuldig bevind voor hulle klaar is met jou.

Die volgende paar dae was ek skoon "afwesig" gewees. Toe ek weer bykom wil ek
net 'n koppie koffie hê. Ek smag daarna. Maar dis ongelukkig Shabat, en as
die Here gesê het jy werk nie op daardie dag nie, dan maak jy nie koffie nie.
Uit en gedaan. Ek't nou genoeg water gedrink. Ek soek koffie, maar daar's niks
aan die saak te doene nie. Dan begin jy maar 'n lang stap, want êrens, as jy
v�r genoeg loop, sal jy 'n Russiese entrepeneur kry, wat koffie op Shabat
verkoop, teen die prys van liquid goud.

Die ou man was op die ou end tog reg gewees. Eendag sal ek weer teruggaan, en
ek sou selfs weer met Air Sinai vlieg. As dit moet.

Groete,
V.
Vorige onderwerp: Jammer - wou nie pedanties klink nie
Volgende onderwerp: AUSTRALIE/PERTH: Afrikaners kom bymekaar..........
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 15 10:21:55 MGT 2024