Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Afrika ontwikkeling
Re: Afrika ontwikkeling [boodskap #104066] Vr, 24 Junie 2005 05:59 na volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Om Ghana se ondergang gelyk te stel aan Afrika se ondergang, is bietjie
oor-pessimisties.
--
Groetnis
Annette

"Jonas" skryf in boodskap news:d9fu5r$9kl$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> BBC (TV) het tans 'n insetsel oor Ghana en Maleisië - beide lande het hul
> onafhanklikheid in die laat-vyftigerjare gekry. Maar daar eindig die
> ooreenkoms. Maleisië se inkomste per kop het 14 maal toegeneem - die van die
> Ghanees het verminder. Die insetsel is kort - die beeldmateriaal toon die
> verskil in stedelike ontwikkeling, en mens kry 'n duidelike indruk van die
> verskil in ontwikkelingspeil en lewenstandaarde.
> Tans is die G8-manne besig om reg te maak vir hulle byeenkoms eersdaags
> waartydens (onder andere) hulp aan Afrika en ontwikkeling in die kontinent
> onder die soeklik sal kom.
> Ek luister, ook op BBC, na 'n inbelprogram waar die publiek insette lewer
> oor dit wat hulle beskou as ontwikkelingsprioriteite. Daar is ook
> meningsverskille oor of daar voorwaardes aan hulpverlening aan Afrika
> gekoppel moet word.
> Dit sal interessant wees om lede van die nuusgroep se mening te hoor/sien
> mbt dit wat hulle as noodsaaklike areas van ontwikkeling in Afrika beskou.
> (Sonder dat ons verval in geykte vooroordele.) Ons is deel van Afrika en as
> Afrika ondergaan lyk ons eie toekoms maar donker.
>
Re: Afrika ontwikkeling [boodskap #104073 is 'n antwoord op boodskap #104066] Vr, 24 Junie 2005 10:46 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Jonas" skryf

> Dit sal interessant wees om lede van die nuusgroep se mening te hoor/sien
> mbt dit wat hulle as noodsaaklike areas van ontwikkeling in Afrika beskou.

Tik "Jeffrey Sachs" op Yahoo en lees wat hy te sê het oor die
onderwerp. Hy beskuldig die westerse lande van praat en min
doen. Hy sê dat in baie gevalle die geld wat die VSA sogenaamd
bestee aan hulp aan Afrika meestal die salarisse dek van die
Amerikaners wat gestuur word om te "help." Hy sê dat daar
meer geld uit Afrika deur die weste verwyder word dan wat
bestee word aan werklike hulp wat iets beteken.
Bob Geldof het nou onlangs gesê dat as Paul Martin, ons
eerste minister, nie bereid is om meer te bestee aan hulp aan
Afrika nie, hy moet wegbly van die byeenkoms in Edinburgh.
Een van die Live 8 konserte word hier in Ontario in Barrie
gehou.

Gloudina
Re: Afrika ontwikkeling [boodskap #104074 is 'n antwoord op boodskap #104073] Vr, 24 Junie 2005 11:53 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi Greyling  is tans af-lyn  Ferdi Greyling
Boodskappe: 1232
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 24 Jun 2005 06:46:01 -0400, "@rogers.com" wrote:

> "Jonas" skryf
>
>> Dit sal interessant wees om lede van die nuusgroep se mening te hoor/sien
>> mbt dit wat hulle as noodsaaklike areas van ontwikkeling in Afrika beskou.
>
> Tik "Jeffrey Sachs" op Yahoo en lees wat hy te sê het oor die
> onderwerp. Hy beskuldig die westerse lande van praat en min
> doen. Hy sê dat in baie gevalle die geld wat die VSA sogenaamd
> bestee aan hulp aan Afrika meestal die salarisse dek van die
> Amerikaners wat gestuur word om te "help." Hy sê dat daar
> meer geld uit Afrika deur die weste verwyder word dan wat
> bestee word aan werklike hulp wat iets beteken.
> Bob Geldof het nou onlangs gesê dat as Paul Martin, ons
> eerste minister, nie bereid is om meer te bestee aan hulp aan
> Afrika nie, hy moet wegbly van die byeenkoms in Edinburgh.
> Een van die Live 8 konserte word hier in Ontario in Barrie
> gehou.

Ek sou se die beste wat gedoen kan word is om iemand in Australie te
kry om die Australiese regering om te koop om Jonas as immigrant te
aanvaar.
Re: Afrika ontwikkeling [boodskap #104075 is 'n antwoord op boodskap #104066] Vr, 24 Junie 2005 11:56 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Riaan  is tans af-lyn  Riaan
Boodskappe: 1008
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
Hi Jonas

Ek was vir 2 jaar in Nigeria, Waar in Wes-Afrika was jy

"Jonas" skryf in boodskap news:d9giak$gq3$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Annette - jammer maar ek stem nie saam nie. Ghana kan wel as voorbeeld
> gebruik word. (Onthou maar net dat Suid-Afrika en daardie dele waar sy
> ekonomiese invloed direk geld is nie regtig 'n deel van Afrika nie.)
> Ek het in ekwatoriale Afrika en Wes-Afrika gewoon - en daardie lande het
> almal dieselfde probleme as Ghana.
>
Re: Afrika ontwikkeling [boodskap #104079 is 'n antwoord op boodskap #104073] Vr, 24 Junie 2005 17:20 Na vorige boodskapna volgende boodskap
news[3]  is tans af-lyn  news[3]
Boodskappe: 61
Geregistreer: Januarie 2005
Karma: 0
Volle Lid
"@rogers.com" skryf in boodskap news:S9adnSxDTNUHfybfRVn-sQ@rogers.com...

"Jonas" skryf

> Dit sal interessant wees om lede van die nuusgroep se mening te hoor/sien
> mbt dit wat hulle as noodsaaklike areas van ontwikkeling in Afrika beskou.

Tik "Jeffrey Sachs" op Yahoo en lees wat hy te sê het oor die
onderwerp. Hy beskuldig die westerse lande van praat en min
doen. Hy sê dat in baie gevalle die geld wat die VSA sogenaamd
bestee aan hulp aan Afrika meestal die salarisse dek van die
Amerikaners wat gestuur word om te "help." Hy sê dat daar
meer geld uit Afrika deur die weste verwyder word dan wat
bestee word aan werklike hulp wat iets beteken.
Bob Geldof het nou onlangs gesê dat as Paul Martin, ons
eerste minister, nie bereid is om meer te bestee aan hulp aan
Afrika nie, hy moet wegbly van die byeenkoms in Edinburgh.
Een van die Live 8 konserte word hier in Ontario in Barrie
gehou.

Gloudina

Myns insiens verloor hy credibility as hy vir Bono insleep, net so die ander
celebrities soos Geldof, Brad Pitt en Oprah. Wat weet hulle, en Jeffrey
Sachs, behalwe wat hulle op die nuus sien, en wat hulle lees?

Ons het op n ander internetgroep nou die dag dit in detail bespreek, en die
konsensis was dat meeste van die geld gaan aan die organiseerders in Afrika,
die hoofmanne en middelmanne, en bitter min kom uit by die mense wat dit die
meeste benodig. Die beste skema vir my is die een van Brad Pitt wat lenings
wil skenk met lae rentekoerse aan die ou wat n besigheid wil begin. Die
geld moet deur n bank beheer word, en die publiek moet sien waar daardie
geld bestee word.
Korrupsie is deel van Afrika, mens kan nie daarby verbykom nie. Daar is
netsoveel korrupsie in die Suidoos Asie lande, maar somehow maak hulle dit
werk Ek dink die Sjinese is die mees korrupste nasie op aarde van wat ek
gesien het, en tog floreer hulle. Dit gaan n generasie vat om dit af te
leer, en as hulle begin van kleins af om die kinders te leer van hoe dinge
werk, kan dit gebeur eendag, maar jy kan nie n ou hond nuwe truuks leer imho
nie.

Ellie
Re: Afrika ontwikkeling [boodskap #104080 is 'n antwoord op boodskap #104066] Vr, 24 Junie 2005 18:04 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Annette - jammer maar ek stem nie saam nie. Ghana kan wel as voorbeeld
gebruik word. (Onthou maar net dat Suid-Afrika en daardie dele waar sy
ekonomiese invloed direk geld is nie regtig 'n deel van Afrika nie.)
Ek het in ekwatoriale Afrika en Wes-Afrika gewoon - en daardie lande het
almal dieselfde probleme as Ghana.
Re: Afrika ontwikkeling [boodskap #104081 is 'n antwoord op boodskap #104079] Vr, 24 Junie 2005 18:35 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"news" skryf

Wat weet hulle, en Jeffrey
> Sachs, behalwe wat hulle op die nuus sien, en wat hulle lees?

Dink jy dat Jeffrey Sachs deur sy neus praat? Dink jy nie dat
hy, as ekonoom, die werklike feite gaan opdiep het en nie
sy eie fantasieë skep, soos George Bush, wat sê dat hy
"demokrasie" aan die midde-ooste bring, terwyl sy grootste
vriende in die Midde-Ooste die grootste ondemokratiese
state beheer.
Wat laat jou dink Bono weet nie waarvan hy praat nie?
Bono het meer integriteit as George Bush, en weet meer
as George Bush, en het ook meer invloed.

Gloudina
Re: Afrika ontwikkeling [boodskap #104082 is 'n antwoord op boodskap #104081] Vr, 24 Junie 2005 18:57 Na vorige boodskapna volgende boodskap
news[3]  is tans af-lyn  news[3]
Boodskappe: 61
Geregistreer: Januarie 2005
Karma: 0
Volle Lid
"@rogers.com" skryf in boodskap news:p9CdnUxToKYpzSHfRVn-2g@rogers.com...

"news" skryf

Wat weet hulle, en Jeffrey
> Sachs, behalwe wat hulle op die nuus sien, en wat hulle lees?

Dink jy dat Jeffrey Sachs deur sy neus praat? Dink jy nie dat
hy, as ekonoom, die werklike feite gaan opdiep het en nie
sy eie fantasieë skep, soos George Bush, wat sê dat hy
"demokrasie" aan die midde-ooste bring, terwyl sy grootste
vriende in die Midde-Ooste die grootste ondemokratiese
state beheer.
Wat laat jou dink Bono weet nie waarvan hy praat nie?
Bono het meer integriteit as George Bush, en weet meer
as George Bush, en het ook meer invloed.

Gloudina

Relax eers Gloudina, ek val nie nou vir jou aan nie. Maar ek praat nie van
George Bush nie, almal weet hy is n nincompoop en n idioot. Toevallig is ek
mal oor U2 se musiek, en ek hou baie van Bono, hy is regtig n caring soul.
Ek bevraagteken net sekere celebrities wat op die bandwagon wil spring
sonder dat hulle die ware feite sien. Ek bevraagteken ook nie Jeffrey se
motiewe nie, ek dink net iemand wat WOON in albei plekke instede van iemand
wat navorsing doen het baie meer insig. Soos bv. iemand wat vir die UN
werk, of een van daardie NGO. Ek weet nog minder, ek praat maar agter mense
aan wat hulle opinies gee. En ek gee maar net my opinie, reg of verkeerd.

Ellie
Re: Afrika ontwikkeling [boodskap #104084 is 'n antwoord op boodskap #104082] Vr, 24 Junie 2005 19:49 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"news" skryf

Ek bevraagteken ook nie Jeffrey se
> motiewe nie, ek dink net iemand wat WOON in albei plekke instede van iemand
> wat navorsing doen het baie meer insig.

Vanoggend op ons Kanadese TV was daar 'n onderhoud
met hom. Die TV persoon was in Toronto. Jeffrey Sachs
was in Sjina. He gets around.

Gloudina
Re: Afrika ontwikkeling [boodskap #104085 is 'n antwoord op boodskap #104084] Vr, 24 Junie 2005 19:52 Na vorige boodskapna volgende boodskap
news[3]  is tans af-lyn  news[3]
Boodskappe: 61
Geregistreer: Januarie 2005
Karma: 0
Volle Lid
"@rogers.com" skryf in boodskap news:z5WdncFLH9ud_yHfRVn-tA@rogers.com...

"news" skryf

Ek bevraagteken ook nie Jeffrey se
> motiewe nie, ek dink net iemand wat WOON in albei plekke instede van iemand
> wat navorsing doen het baie meer insig.

Vanoggend op ons Kanadese TV was daar 'n onderhoud
met hom. Die TV persoon was in Toronto. Jeffrey Sachs
was in Sjina. He gets around.

Gloudina

:-)) Word also gets around. Die mense wat so reis na ander lande, en dan
terugkom en maak asof hulle kenners is, laat my dink. Ek was twee keer in
Sjina, en tog weet ek niks van Sjina, behalwe wat ek lees nie. Mens moet
vir ten minste twee jaar in n plek woon imho voor jy die siel van die land
kan verstaan en reg kan interpreteer.

Ellie
Re: Afrika ontwikkeling [boodskap #104086 is 'n antwoord op boodskap #104082] Vr, 24 Junie 2005 19:57 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"news" sskryf

> Ek bevraagteken net sekere celebrities wat op die bandwagon wil spring
> sonder dat hulle die ware feite sien.

Wat is meer verkieslik? Dat die celebrities egosentries
op hulself konsentreer, soos Tom Cruise. Of dat hulle
die wêreld attent maak op die feit dat die ryk state die
arm state moet help.
Ek dink dat Sachs ook nie eens glo dat net skuld-
vergewing dinge sal oplos nie.Hy vra vir daadwerklike
optrede, besteding van werklike geld op werklike
projekte. Hy sê dinge moet prakties wees. Die
Rotarians se projek om polio in die wêreld uit te
roei deur tegelyke inentings in groot landstreke,
is al amper bereik, en hy vra dat sulke praktiese
dinge gedoen moet word, liewer om groot te
praat oor projekte, maar nie eintlik iets te doen
nie.

Gloudina
Re: Afrika ontwikkeling [boodskap #104091 is 'n antwoord op boodskap #104085] Sa, 25 Junie 2005 06:56 Na vorige boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Laat ek net hier 'n straaltjie bygooi: Wat van die mense wat so kom met
voorstelle vir hulp aan Afrika, word verplig om twee of drie jaar in Afrika
te kom bly en die gevolge van hulle hulp saam beleef? So sal hulle dan 'n
werklike bepaling kan maak of hul skemas werk en ook kan bepaal wat om in
die toekoms te doen. Ek raai egter dat as dit 'n voorwaarde sou wees, gaan
meeste van hierdie 'weldoeners' en 'kenners' soos mis voor die son verdwyn.
Dis nou groot mode om te praat oor die hulp aan die armes van Afrika, maar
vind liewers uit hoe om die sisteem reg te maak eerder as om bloot armes te
wil help. Na die arme die kos opgeëet het wat jy hom geskenk het, is hy
môre net weer honger.....

"news" skryf in boodskap news:uqZue.8665$xm1.8075@fe06.lga...
>
> "@rogers.com" wrote in message
> news:z5WdncFLH9ud_yHfRVn-tA@rogers.com...
>
> "news" skryf
>
> Ek bevraagteken ook nie Jeffrey se
>> motiewe nie, ek dink net iemand wat WOON in albei plekke instede van
> iemand
>> wat navorsing doen het baie meer insig.
>
> Vanoggend op ons Kanadese TV was daar 'n onderhoud
> met hom. Die TV persoon was in Toronto. Jeffrey Sachs
> was in Sjina. He gets around.
>
> Gloudina
>
> :-)) Word also gets around. Die mense wat so reis na ander lande, en dan
> terugkom en maak asof hulle kenners is, laat my dink. Ek was twee keer in
> Sjina, en tog weet ek niks van Sjina, behalwe wat ek lees nie. Mens moet
> vir ten minste twee jaar in n plek woon imho voor jy die siel van die land
> kan verstaan en reg kan interpreteer.
>
> Ellie
>
Vorige onderwerp: In Australie...?
Volgende onderwerp: Nederlands en Afrikaans
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 14 22:09:00 MGT 2024