Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Vir Suidwester
Vir Suidwester [boodskap #103947] Sa, 18 Junie 2005 08:40 na volgende boodskap
HansWillem  is tans af-lyn  HansWillem
Boodskappe: 15
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Junior Lid
Suidwester:
Dis sulke rooi koppies met die wonderlikste kokerbome en klipformasies.
Daar is selfs nog plekke waar die Duitse soldate gekamp het. Dit bly
bewaar omdat die publiek nie daar toegelaat word nie. Net familie en
bevoorregde vriende. Ek het lekker fotos daar geneem.

HW
Namibfontein ??? 20080 hektaar suid van die Ebony Siding
Dis my rondloopplek sinds kindsdae.....
Reeds 'n paar DVD's van die plek gemaak....
Selfde - Bewyse van Duitse troepe - ou transportroete WBaai na Hereroland -
klipformasies (soos Die Bril) - die Kahn - wild - geologie - plantegroei -
natuurtonele -
fonteine - berge- die Witvrou van die Kahn.
En 'n plek wat 'n 4x4 kan mergel..........
Re: Vir Suidwester [boodskap #103948 is 'n antwoord op boodskap #103947] Sa, 18 Junie 2005 09:00 Na vorige boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Hierdie plaas is Valencia. Dit lê hoek aan hoek met met Namibfontein.
Soort van Suid-oos en is die laaste plaas tussen die plase en die Naukluft
Park. Daar was mos twee treinspore wat die Duitsers gebou het. Die
eerste het mos buite Swakopmund begin en al langs die Swakoprivier af en toe
mos hulle linksop draai langs die Khanrivier op waar dit in die Swakop
inloop. Toe is hulle op so 'n plat vlak oor die Khanrivier en het die
smalspoorlyn aan die oostekant van die Khanrivier Otjimbingwe toe geloop.
Dit was eers later dat die 'grootspoor' op die pad wat die treinspoor vandag
loop, Usakos toe gebou is en en die spoor loop oor Namibfontein. Tussen
die koppe en berge is baie wild en veral sebras en mens kan mens indink dat
die Duitsers op die gronde gejag het. Wat van die plaas wonderlik is, is
dat die eienaar hom reeds lank besit en niemand anders op die plaas kom nie.
Dis mos maar soos met die toeriste gaan....hulle vernietig uiteindelik
alles. Naby die Brandberg lê die geraamte van 'n ou prospekteerder. Dit
lyk of sy pêlle 'n klip op sy lyk omgerol het of dit teen die jakkalse te
beskerm. Of dalk is hy vermoor? Hoe sal mens weet. Nege jaar gelede
was alles nog daar. Die kompleet skelet, sy baadjie en ook sy
prospekteerhamer. Ek was so 2 maande gelede daar en al wat oor is, is so
'n paar rugwerwels en so 'n paar reguit bene. Die res is aandenkings in
huise....neem ek aan? Ek weet van verskeie snaakse plekke in die woestyn,
maar ek sê nie meer vir ander mense nie. Ek neem hom maar net af en
verdwyn rustig....

"HansWillem" skryf in boodskap news:er6dnSCssdt_QC7fRVn-og@is.co.za...
> Suidwester:
> Dis sulke rooi koppies met die wonderlikste kokerbome en klipformasies.
> Daar is selfs nog plekke waar die Duitse soldate gekamp het. Dit bly
> bewaar omdat die publiek nie daar toegelaat word nie. Net familie en
> bevoorregde vriende. Ek het lekker fotos daar geneem.
>
> HW
> Namibfontein ??? 20080 hektaar suid van die Ebony Siding
> Dis my rondloopplek sinds kindsdae.....
> Reeds 'n paar DVD's van die plek gemaak....
> Selfde - Bewyse van Duitse troepe - ou transportroete WBaai na
> Hereroland -
> klipformasies (soos Die Bril) - die Kahn - wild - geologie - plantegroei -
> natuurtonele -
> fonteine - berge- die Witvrou van die Kahn.
> En 'n plek wat 'n 4x4 kan mergel..........
>
Vorige onderwerp: Re: Deneile - MP3's
Volgende onderwerp: Selfde as die ou dae
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Apr 28 05:52:12 MGT 2024