Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Regstellende aksie [vervolg]
Regstellende aksie [vervolg] [boodskap #103627] Ma, 06 Junie 2005 07:38 na volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Die gevolge van regstellende aksie is iets wat die politici nie graag
raaksien nie want dan moet hulle erken dat hulle verkeerd is. Die feit dat
daar geen plaasvervanger is vir ondervinding nie, is iets wat nie by hulle
indring nie want dan sal hulle ook moet erken dat hulle, die politici self,
ook maar onlangs aan't mag gekom het en eintlik SELF nie veel weet van
administrasie nie. Kundige mense met jarre se ondervinding van onderhoud
en voorsorg tref in 'n land se dienste, word vervang met swart mense ongeag
van die feit of hulle die werk kan doen of nie. En dis nie net op
regeringsvlak nie. Hier in Namibië vou die een na die ander dorp se
munisipaliteit weens wanbestuur en korrupsie. Water- en
elektrisiteitsvoorsiening aan dorpe word gestaak weens wanbetaling want die
swart onervare raadslede is besig om die inkomste van die dorp verkeerd te
bestuur tot hulle op die punt kom waar die dorp nie meer sy water-en
elektrisiteitsrekening kan betaal nie. Nou sit die dorp se inwoners met 'n
sleg probleem. Inwoners wat wel op datum is met hull rekeninge, se water
en ligte word ook afgesny want die hele dorp se voorsiening word gestop!
Die grootste 'Duh?' nog seker in die politieke geskiedenis van ons land
het gekom toe vir 'n minister gevra is hoe regverdig hy steeds regstellende
aksie 15 jaar na onafhanklikheid? Gesien in die lig van dat 'n hele geslag
kinders van alle geslagte gelyke geleenthede op skoolvlak gehad het, hoe kan
hy regstellende aksie nog steeds toepas op blanke matriekulante? Die
antwoord is natuurlik eenvoudig! Dis nie regstellende aksie nie.....dis
swart bemagtiging, plein en simpel. Rassisme.
Re: Regstellende aksie [vervolg] [boodskap #103628 is 'n antwoord op boodskap #103627] Ma, 06 Junie 2005 08:39 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Riaan  is tans af-lyn  Riaan
Boodskappe: 1008
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
Ek sal bitter graag die regering se definisie van swart bemagtiging wil
hoor. Stel jouself die volgende voor:

Instansie A - 4 Wit direkteure, met 500 swart werkers wat almal meer as die
minimum loon verdien.

Instansie B - 2 Wit en 3 Swart direkteure. Die 3 swart direkteure besit 51%
aandele, met 500 wit werkers wat almal meer as die minimum loon verdien.

Instansie A word nie gesien as "BEE" nie maar Instansie B wel.

"Suidwester" skryf in boodskap news:Qf2dncur3casYz7fRVn-pQ@is.co.za...
Die antwoord is natuurlik eenvoudig! Dis nie regstellende aksie
nie.....dis
swart bemagtiging, plein en simpel. Rassisme.
Re: Regstellende aksie [vervolg] [boodskap #103668 is 'n antwoord op boodskap #103628] Wo, 08 Junie 2005 06:45 Na vorige boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Moet vir 'n oomblik nie glo dat dit nie 'n moeilike storie is nie. Waar
normale dinge van onder na bo gaan, is die nuwe politiek van bo na onder.
Wat ek bedoel, is dat daar word vir 'n party gestem en 'n lojalis aan die
party kry die setel. Die stel weer ondertoe aan nog lojaliste en
uiteindelik is die kriteria vir poste wat totaal buite die politiek moet
staan, ook politiese aanstellings. Dié een weet gewoonlik nog minder as
die ou voor hom. Uiteindelik word die werk nie reg gedoen nie. Onervare
mense neem besluite wat deur ervare mense geneem moet word. Foute word
gemaak. Onderhoud word nie gedoen nie. Paaie en geboue word toegelaat om
vervalle te raak tot by die punt verby dat dit herstel kan word en dan
herbou moet word. En herbou is myly der myle duurder as herstelwerk. So
gaan dit aan en so raak Suider-Afrika meer en meer vervalle.....

"Riaan" skryf in boodskap news:1118047155.953142@proxy.jhb.stormnet.co.za...
> Ek sal bitter graag die regering se definisie van swart bemagtiging wil
> hoor. Stel jouself die volgende voor:
>
> Instansie A - 4 Wit direkteure, met 500 swart werkers wat almal meer as
> die minimum loon verdien.
>
> Instansie B - 2 Wit en 3 Swart direkteure. Die 3 swart direkteure besit
> 51% aandele, met 500 wit werkers wat almal meer as die minimum loon
> verdien.
>
>
> Instansie A word nie gesien as "BEE" nie maar Instansie B wel.
Vorige onderwerp: brief by die Engelse ng
Volgende onderwerp: Die Derde Mag.
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Jun 27 02:16:48 MGT 2024