Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Tronkstraf
Tronkstraf [boodskap #65552] Di, 20 Augustus 2002 10:42 na volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ek dink dit het tyd geword om die gebruik in oënskou te neem en te bepaal of
dit wel die genoegsame straf is wat dit behoort te wees.
Ons weet almal dat families moordenaars en verkragters beskerm en nie oorgee
nie, omdat die verkragters /moordenaars heel waarskynlik die enigste
broodwinner is, en van hierdie magsposisie seker is dat sy familie hom nie
sal verkla nie.
Om dus so 'n persoon in die tronk te stop waar hy/sy heel rustig hulle dae
in die son sit en verslyt, sonder 'n kommer oor 'n dak oor sy kop of kos in
die maag, op die onkoste van die belastingbetaler, het absoluut geen doel
nie.
Die oortreder het dus in teenstelling met die inkomstelose agtergeblewe
familie, of die familie van die slagoffer wat 'n broodwinner deur sy daad
verloor het, 'n koninklike en sorgelose tyd.

Daar moet ander maniere gevind word om so 'n persoon van die familie te
verwyder, maar waar hy/sy genoeg moet verdien om die familie by die huis te
kan versorg.
Wat van dwangarbeid op plase en fabrieke, waar die loon verdien direk betaal
word aan die familie oortreder en die familie van die slagoffer.
Heel waarskynlik kan sekere families in sulke gevalle beter af wees.
Enige voorstelle of sinvolle idees?
Annette
Re: Tronkstraf [boodskap #65578 is 'n antwoord op boodskap #65552] Wo, 21 Augustus 2002 06:58 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Threeships Mcduck  is tans af-lyn  Threeships Mcduck
Boodskappe: 244
Geregistreer: Junie 2002
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 20 Aug 2002 12:42:31 +0200, "Annette"
served the following to the group:

>
> Wat van dwangarbeid op plase en fabrieke, waar die loon verdien direk betaal
> word aan die familie oortreder en die familie van die slagoffer.
> Heel waarskynlik kan sekere families in sulke gevalle beter af wees.
> Enige voorstelle of sinvolle idees?
> Annette
>
>

great idee. dit sal baie doele dien. dit sal hulle uit die moeilikheid
uit hou, die land se ekonomie bevorder en soos jy voorstel die
slagoffer en oortrede se familie help oorleef. maar al word geen van
hierdie doelwitte bereik nie dink ek dit is nogsteeds `n goeie
beginsel. ek betaal om hom/haar/hulle daar te hou so ek kan net sowel
`n return op my investment kry soos pad instandhouding. ongelukkig is
ons so hell bend op menseregte dat dit seker nooit sal realiseer nie.

dit soos die nuwe tronke wat hulle glo wil bou. ek hoor vanoggend op
die radio dat hulle beplan om `n reeks nuwe tronke te bou teen 50% van
wat dit normaalweg sal kos. hoe kry hulle dit reg? hulle gaan baie min
spandeer op sekuriteit. tronke in my mening is nie net vir
rehablitasie nie maar ook vir straf, ontneem sy regte, laat hulle werk
en terug sit wat hulle gevat het.

>
>

Threeships Mcduck
www.mothership.co.za
Re: Tronkstraf [boodskap #103505 is 'n antwoord op boodskap #65552] Di, 31 Mei 2005 16:25 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Paulus de boskabouter  is tans af-lyn  Paulus de boskabouter
Boodskappe: 161
Geregistreer: April 2005
Karma: 0
Senior Lid
Seer oordraagbaar,beste Jonas,saam met die aids maak dit een goei cocktail
wat rap sal plaasmaak in die tronk

"Jonas" skryf in boodskap news:d7hk1u$lt5$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Maar is TB nie 'n oordraagbare siekte nie?
>
Re: Tronkstraf [boodskap #103528 is 'n antwoord op boodskap #103505] Wo, 01 Junie 2005 14:19 Na vorige boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Ja - wie't gesê die doodstraf in afgeskaf in Suid-Afrika ...
Vorige onderwerp: AFRIKAANSE SEISOEN by THE ACTORS CENTRE
Volgende onderwerp: Afrikaners in aanvraag
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 23 15:21:42 MGT 2024