Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Vryheid van spraak
Vryheid van spraak [boodskap #17803] |
Wed, 23 September 1998 00:00  |
Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880 Geregistreer: July 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Ferdi wrote in message ...
> On Mon, 21 Sep 1998 04:05:14 -0500, "Neels Kriek"
> wrote:
>
>
> genee?>>>
>
> Omdat hulle nie aan die vereistes voldoen het om n lisensie te kry om
> n gedeelte van die beperkte spektrum te gebruik nie?
> Ek weet nie, stel ook nie belang nie. Woon nie in Pta nie.
>
> Maar ek weet dat Radio Pretoria nie die geheel van persvryheid
> verteenwoordig nie.
> En ek weet dat daar nou persvryheid is wat daar in dekades nooit was
> nie.
> Dis werklik en jy kan dit gaan opcheck deur na wetgewing en die gebrek
> aan wetgewing te kyk.
'n Paar feite:
1) Radio Pretoria se lisensie is nog nie onder die huidige bedeling
weggeneem nie - dit is wel onder die vorige bedeling weggeneem.
2) Tot dusver was daar inderdaad onmeetlik groter vryheid van spraak
(insluitend vryheid van die pers) as onder die vorige bedeling, en ferdi is
heeltemal reg waar dit aangaan.
Maar nog 'n paar feite:
Die "Broadcasting Bill" wat deur die kabinet goedgekeur is en tans voor die
portefeuljekomitee dien bevat verskeie ernstige pogings om vryheid van
spraak in te perk. Dit sluit in:
3) "Gemeenskap" van 'n "gemeenskapsradiostasie" word gedefinieer as 'n
geografiese gemeenskap. Radiostasies vir belangegemeenskappe word hierdeur
verbied.
4) Die bestuur van gemeenskapsradiostasies moet verteenwoordigend wees
van die bevolking in die geografiese gebied waar die stasie uitsaai, en die
inhoud van die programme moet die belange/belangstellings van daardie
bevolking weerspieël.
5) "Nasionale" adverteerders mag nie op gemeenskapstasies adverteer nie -
Coca-Cola mag dus byvoorbeeld nie op Radio Fish Hoek adverteer nie.
Hierdie bepalings het geweldige protes by belangegemeenskappe ontlok,
insluitende groepe wat hulle identifiseer as Moslem, Christen, en Afrikaanse
gemeenskappe. Dit het gelei tot protesoptogte van tienduisende mense in
Kaapstad, Durban en Pretoria, en tot vergaderings met die departement wat
ee-uur in die oggend persverklaring uitgereik het.
Die effek van die bepalings is dat belangegemeenskappe die mond gesnoer
word - of hulle Charismatiese Christene, Fundamentele Moslems,
Boere-Afrikaners, of liefhebbers van klassieke musiek is.
Hierdie bepalings sal klaarlblyklik nie die Grondwetlike Hof oorleef nie,
maar hulle sal dit waarskynlik nie eens haal nie - ek dink nie hulle sal die
vloer van die parlement haal nie, want daar is te veel teenkanting teen.
Die insident illustreer egter duidelik dat die vryheid van spraak en pers
wat ons geniet nie die maaksel van die ANC is nie, en dat die ANC geensins
die groot bespermer daarvan is nie.
Groete, Leendert
|
|
|
|
Re: Vryheid van spraak [boodskap #17805 is 'n antwoord op boodskap #17803] |

een-uur in die oggend persverklarings moes uitreik.
Die effek van die bepalings is dat belangegemeenskappe die mond gesnoer
word - of hulle Charismatiese Christene, Fundamentele Moslems,
Boere-Afrikaners, of liefhebbers van klassieke musiek is.
Hierdie bepalings sal klaarlblyklik nie die Grondwetlike Hof oorleef nie,
maar hulle sal dit waarskynlik nie eens haal nie - ek dink nie hulle sal die
vloer van die parlement haal nie, want daar is te veel teenkanting teen.
Die insident illustreer egter duidelik dat die vryheid van spraak en pers
wat ons geniet nie die maaksel van die ANC is nie, en dat die ANC geensins
die groot beskermer daarvan is nie.
Groete, Leendert
|
|
|
|
|
Re: Vryheid van spraak [boodskap #17984 is 'n antwoord op boodskap #17803] |
Wed, 30 September 1998 00:00   |
Leendert van Oostrum[2]
Boodskappe: 264 Geregistreer: February 1996
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
In article ,
ferd...@icon.co.za (Ferdi ) wrote:
> On Wed, 23 Sep 1998 23:31:47 +0300, "Leendert van Oostrum"
> wrote:
>
> >>> die groot beskermer daarvan is nie.>>
>>>
>>> So wie se maaksel is dit dan Leendert?
>>
>>
>> Nou verbaas dit mens geensins om te verneem dat jy nie weet nie, ferdi?>>\
>
> Wie se maaksel is dit Leendert?
Lyk my jy weet regtig nie, ferdi.
Miskien moet jy die koerante begin lees. Ek kan, byvoorbeld, Beeld aanbeveel
in hierdie verband.
Vriendelike groete, Leendert
-----== Posted via Deja News, The Leader in Internet Discussion ==-----
http://www.dejanews.com/rg_mkgrp.xp Create Your Own Free Member Forum
|
|
|
|
Re: Vryheid van spraak [boodskap #18094 is 'n antwoord op boodskap #17803] |
Sun, 04 October 1998 00:00   |
Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880 Geregistreer: July 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Ferdi wrote in message ...
> On Wed, 30 Sep 1998 09:26:47 GMT, oos...@geocities.com wrote:
>
>
> Wie se maaksel is dit Leendert?
>>
>> Lyk my jy weet regtig nie, ferdi.
>>
>> Miskien moet jy die koerante begin lees. Ek kan, byvoorbeld, Beeld aanbeveel
>> in hierdie verband.>>
>
> Wie is dit Leendert?
>
> Ek dink jy is vas in n hoek. Jy kan nie se nie, want dan moet jy jou
> regse propaganda-stukkie weerspreek.
Hmmm?
Is dit nou die stukkie oor die konsep Broadcast Bill?
Dis regse propaganda om daarop te wys dat die Broadcast Bill vryheid van
spraak - en mediavryheid in besonder - drasties sal inperk indien dit wet
word?
Of is dit bloot dat jy ten gunste is daarvan dat bepaalde belangegroepe
(luisteraars en aanbieders van christen- moslem- en afrikaanse
radio-uitsendings) se vryheid van spraak en inligting ingeperk word?
>
> n Mens kan jou maar ignoreer wat die kwessie betref. Jy het nie die
> guts om te antwoord nie. Slaaf van regse bitterheid wat jy is.
>
> Maar se my, moes jy nie voor die WVK gewees het nie, Leendert? Oor die
> verlede.
Ek veronderstel dat die twee paragrawe hierbo veronderstel is om inligting
te weer te gee.
Of miskien is dit nie.
Miskien is dit net veronderstel om op propagandistiese wyse suggesties te
vestig?
Vriendelike groete, Leendert
|
|
|
|
|
|
|
Re: Vryheid van spraak [boodskap #103461 is 'n antwoord op boodskap #103448] |
Mon, 30 May 2005 02:08  |
Vusi
Boodskappe: 2211 Geregistreer: February 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Katryn - ek het die sage van 'n afstand gevolg. Wat my egter verbaas het (en
ek is seker nie die enigste nie) die geweldige sterk reaksie deur Muslims op
'n die betrokke Newsweek berig.
Op 'n ander noot - wat my stomslaan van die VSA militêre-owerhede is hulle
absolute laksheid mbt sekerheid in hul tronke en plekke van aanhouding. Hoe
gebeur dit dat daar kort-kort foto's van aangehoudenes in die media verskyn?
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Tue Apr 01 04:46:48 UTC 2025
|