Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Die week in die RSA ...
Re: Die week in die RSA ... [boodskap #103437] So, 29 Mei 2005 11:27 na volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Jonas" skryf

dat Imvume die fondse na die ANC
> se verkiesingskoffers gekanaliseer het. (In ander dele van die beskaafde
> wêreld sou die regering reeds bedank het.)

Nie in Kanada nie. As jy enigsins weet wat in die res
van die wêreld aangaan, dan sal jy weet dat daar
in Kanada op die oomblik die Gomery ondersoek
aan die gang is, wat week na week groter onthullings
maak van hoe belastingbetalersgeld deur sekere
kanale uitbetaal is aan sekere advertensiemaatskappye
wat Liberaal-simpatiek is, en wat op hulle beurt dan
groot bydraes tot die Liberale Party gemaak het.
Dit wil sê, die belastingbetaler se geld het uiteindelik
in die Liberale Party se koffers beland. Meeste van
hierdie aktiwiteit het in Quebec plaasgevind. Meeste
van die geld was veronderstel om advertensiespasie
te koop teen die seperatiste se poging om 'n ja te
kry in die referendum oor die afstigting van Quebec
van die res van Kanada. Hierdie onthullings lei
nou na 'n heropstanding van simpatie vir seperasie
in Quebec.

Gloudina
Re: Die week in die RSA ... [boodskap #103438 is 'n antwoord op boodskap #103437] So, 29 Mei 2005 11:54 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" skryf

seperasie
> in Quebec.

Dit moet seker "separasie" wees. As mens
nou nie bedoel dat dit iets te doen het met
sepies nie.

Gloudina
Re: Die week in die RSA ... [boodskap #103439 is 'n antwoord op boodskap #103437] So, 29 Mei 2005 13:20 Na vorige boodskapna volgende boodskap
news[3]  is tans af-lyn  news[3]
Boodskappe: 61
Geregistreer: Januarie 2005
Karma: 0
Volle Lid
"Jonas" skryf in boodskap news:d7bknc$j8d$1@ctb-nnrp2.saix.net...
Drie gebeure, van mindere belang het in die afgelope week plaasgevind:

1. 'n Aansoek om die (tot nou toe) hoofstad se naam van Pretoria na
Tswhane te verander is "eenparig" deur die pleknaam kommissie (of so iets)
te aanvaar. (Dienstegelde deur die Pretoria/Tswhane belastingbetalers word
aansienlik verhoog - seker om o.a. die advertensieveldtog wat die
registrasie vooraf gegaan is te borg.)
_______________________
Jonas, wat my amuseer is dat Tswhane blykbaar 'apie' beteken. Is dit reg?
Indien so, kan hulle dalk n beter naam kies.

2. 'n Linkse weekblak (Mail & Guardian) is deur die Hoërhof in
Johannesburg gemuilband om inligting te publiseer waarvolgens 'n
staatsinstelling PetroSA (voorheen Mossgas) miljoene aan 'n swart
bemagtigingsinstansie (Imvume) betaal is en dat Imvume die fondse na die ANC
se verkiesingskoffers gekanaliseer het. (In ander dele van die beskaafde
wêreld sou die regering reeds bedank het.)
____________________________

Ek weer vind nie M & G links nie, ek lees hulle nogal graag, ek sou dink
hulle is meer 'middle of the road'. Maar ek wou ook byvoeg dat ek nie aan
een land kan dink waar die regering oor so iets sou bedank nie, elke land
is maar korrup in sy eie manier.

O ja, hondemis is by Gatsha Buthelezi (IVP leier) se sitplek in die
parlement geplaas.
____________________________
Dit was nou regtig mislike nuus, wat hier ook die voorblad gehaal het, wie
sou dit gedoen het dink jy?

Ellie
Re: Die week in die RSA ... [boodskap #103440 is 'n antwoord op boodskap #103439] So, 29 Mei 2005 14:06 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
1) Ek dink Jonas het die huwe pleknaam verkeerd gespel - dit lyk asof die
"h" op die verkeerde plek was.
2) Die regspraak van die M&G is van wesentlike belang, en slegte nuus vir
die joernalistiek in die algemeen. Die persoon wat die aksie teen die M&G
ingebring het, en daarin geslaag het, het geen aks van bewys getoon, of
ontken, dat die M&G se inligting nie korrek was nie. Stap 1 van ons
regstelsel wat in die spore van Zimbabwe gaan stap? Die eerste poging van
die parlement om die jurisdiksie te hersien het misluk toe almal saamgestaan
het om dit te veroordeel. Hierdie tweede poging was suksesvol - 'n
agterafgekonkel soos wat ons van die ANC-werkswyse al gewoond geword het.
Hierdie komende week is die uitspraak van die Shaik-saak - ons sal maar moet
sien en ons eie afleidings moet maak in hoe verre die regter deur "die
hoogste gesag" beinvloed is.
3) Die ANC is sedert die laaste verkiesing besig met 'n intensiewe veldtog
om Buthelezi te diskrediteer. Aan die werkswyse kan mens maar net aflei dat
dit van onse Prez self kom, wat al ontelbare kere getoon het dat hy geen
kritiek van watter aard ook al kan hanteer nie.

--
Groetnis
Annette

"news" skryf in boodskap news:Mfjme.15640$eR.10131@fe05.lga...
>
> "Jonas" wrote in message
> news:d7bknc$j8d$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Drie gebeure, van mindere belang het in die afgelope week plaasgevind:
>
> 1. 'n Aansoek om die (tot nou toe) hoofstad se naam van Pretoria na
> Tswhane te verander is "eenparig" deur die pleknaam kommissie (of so iets)
> te aanvaar. (Dienstegelde deur die Pretoria/Tswhane belastingbetalers word
> aansienlik verhoog - seker om o.a. die advertensieveldtog wat die
> registrasie vooraf gegaan is te borg.)
> _______________________
> Jonas, wat my amuseer is dat Tswhane blykbaar 'apie' beteken. Is dit reg?
> Indien so, kan hulle dalk n beter naam kies.
>
> 2. 'n Linkse weekblak (Mail & Guardian) is deur die Hoërhof in
> Johannesburg gemuilband om inligting te publiseer waarvolgens 'n
> staatsinstelling PetroSA (voorheen Mossgas) miljoene aan 'n swart
> bemagtigingsinstansie (Imvume) betaal is en dat Imvume die fondse na die ANC
> se verkiesingskoffers gekanaliseer het. (In ander dele van die beskaafde
> wêreld sou die regering reeds bedank het.)
> ____________________________
>
> Ek weer vind nie M & G links nie, ek lees hulle nogal graag, ek sou dink
> hulle is meer 'middle of the road'. Maar ek wou ook byvoeg dat ek nie aan
> een land kan dink waar die regering oor so iets sou bedank nie, elke land
> is maar korrup in sy eie manier.
>
>
> O ja, hondemis is by Gatsha Buthelezi (IVP leier) se sitplek in die
> parlement geplaas.
> ____________________________
> Dit was nou regtig mislike nuus, wat hier ook die voorblad gehaal het, wie
> sou dit gedoen het dink jy?
>
> Ellie
>
Re: Die week in die RSA ... [boodskap #103447 is 'n antwoord op boodskap #103440] So, 29 Mei 2005 15:59 Na vorige boodskapna volgende boodskap
TJ  is tans af-lyn  TJ
Boodskappe: 723
Geregistreer: Januarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Ek ken van 'n DHH ("GSD") snuffelhond in parlement, maar nie dat hul nou
gidshonde (met rigting) gebruik vir snuffelwerk nie.

:-)

TJ

"Annette" skryf in boodskap news:d7cip8$kad$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> 1) Ek dink Jonas het die huwe pleknaam verkeerd gespel - dit lyk asof die
> "h" op die verkeerde plek was.
> 2) Die regspraak van die M&G is van wesentlike belang, en slegte nuus vir
> die joernalistiek in die algemeen. Die persoon wat die aksie teen die M&G
> ingebring het, en daarin geslaag het, het geen aks van bewys getoon, of
> ontken, dat die M&G se inligting nie korrek was nie. Stap 1 van ons
> regstelsel wat in die spore van Zimbabwe gaan stap? Die eerste poging van
> die parlement om die jurisdiksie te hersien het misluk toe almal saamgestaan
> het om dit te veroordeel. Hierdie tweede poging was suksesvol - 'n
> agterafgekonkel soos wat ons van die ANC-werkswyse al gewoond geword het.
> Hierdie komende week is die uitspraak van die Shaik-saak - ons sal maar moet
> sien en ons eie afleidings moet maak in hoe verre die regter deur "die
> hoogste gesag" beinvloed is.
> 3) Die ANC is sedert die laaste verkiesing besig met 'n intensiewe veldtog
> om Buthelezi te diskrediteer. Aan die werkswyse kan mens maar net aflei dat
> dit van onse Prez self kom, wat al ontelbare kere getoon het dat hy geen
> kritiek van watter aard ook al kan hanteer nie.
>
> --
> Groetnis
> Annette
> "news" wrote in message
> news:Mfjme.15640$eR.10131@fe05.lga...
>>
>> "Jonas" wrote in message
>> news:d7bknc$j8d$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>> Drie gebeure, van mindere belang het in die afgelope week plaasgevind:
>>
>> 1. 'n Aansoek om die (tot nou toe) hoofstad se naam van Pretoria na
>> Tswhane te verander is "eenparig" deur die pleknaam kommissie (of so iets)
>> te aanvaar. (Dienstegelde deur die Pretoria/Tswhane belastingbetalers word
>> aansienlik verhoog - seker om o.a. die advertensieveldtog wat die
>> registrasie vooraf gegaan is te borg.)
>> _______________________
>> Jonas, wat my amuseer is dat Tswhane blykbaar 'apie' beteken. Is dit reg?
>> Indien so, kan hulle dalk n beter naam kies.
>>
>> 2. 'n Linkse weekblak (Mail & Guardian) is deur die Hoërhof in
>> Johannesburg gemuilband om inligting te publiseer waarvolgens 'n
>> staatsinstelling PetroSA (voorheen Mossgas) miljoene aan 'n swart
>> bemagtigingsinstansie (Imvume) betaal is en dat Imvume die fondse na die
> ANC
>> se verkiesingskoffers gekanaliseer het. (In ander dele van die beskaafde
>> wêreld sou die regering reeds bedank het.)
>> ____________________________
>>
>> Ek weer vind nie M & G links nie, ek lees hulle nogal graag, ek sou dink
>> hulle is meer 'middle of the road'. Maar ek wou ook byvoeg dat ek nie aan
>> een land kan dink waar die regering oor so iets sou bedank nie, elke land
>> is maar korrup in sy eie manier.
>>
>>
>> O ja, hondemis is by Gatsha Buthelezi (IVP leier) se sitplek in die
>> parlement geplaas.
>> ____________________________
>> Dit was nou regtig mislike nuus, wat hier ook die voorblad gehaal het, wie
>> sou dit gedoen het dink jy?
>>
>> Ellie
>>
>
Re: Die week in die RSA ... [boodskap #103458 is 'n antwoord op boodskap #103440] Ma, 30 Mei 2005 01:06 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Hi Annette - die regte spelling is bepaald Tshwane - ek het dit doelbewus
gedoen om reaksie te toets.
Ek was daaro op kerkplein om saam teen die naamsverandering te betoog. Dit
was heel interessant gewees. Daar was 'n paar manne in kakie wat die
vierkleur geswaai het. (Persoonlik het ek niks teen die ou landsvlag of die
vierkleur nie.) Maar wat veral interessant was was die dat die meerderheid
mense normale ouens was wat nie 'n politieke party ondersteun het nie. Jong
vrouens met babas in stootwaentjies, ou omies en baie jong mense. Die gevoel
dink ek is redelik sterk.
Myns insiens was dit die grootste protesoptog deur blankes sedert die ANC
oorname. Ek verstout my om te sê dat die naamsverandering 'n issue is wat
nuie sommer sal gaan lê nie. Dis baie duidelik dat dit nie om die
bevordering van Tshwane gaan nie, maar eerder om met die naam Pretoria weg
te doen. Baie graffiti het ook al die lig begin sien in die verband - die
afkorting "PTA" verskyn op baie verkeerstekens en naamborde. (Niemand het
beswaar gemaak toe die metropool Tshwane genoem is nie - so waarom die
beheptheid met Pretoria is nie duidelik nie.)
Persoonlik glo ek die tyd het aangebreek om sterker standpunt in te neem
teen sinnelose argumente en besluite van 'n onbevoegde en korrupte regering.
Re: Die week in die RSA ... [boodskap #103460 is 'n antwoord op boodskap #103439] Ma, 30 Mei 2005 01:14 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
News sê:

"Ek weer vind nie M & G links nie, ek lees hulle nogal graag, ek sou dink
hulle is meer 'middle of the road'. Maar ek wou ook byvoeg dat ek nie aan
een land kan dink waar die regering oor so iets sou bedank nie, elke land
is maar korrup in sy eie manier."

Jy is natuurlik reg - die M&G was altyd as links/liberaal beskou, maar
bepaald nie meer nie.

Tshwane - ek weet nie of dit apie of aap beteken nie. Maar dis 'n klomp
bobbejane wat 'n die naam probeer bevorder.

Die plaas van hondemis onder Buthelezi se sitplek moet maar seker die werk
van 'n oorywerige ANC ondersteuner wees.
Re: Die week in die RSA ... [boodskap #103491 is 'n antwoord op boodskap #103437] Ma, 30 Mei 2005 14:20 Na vorige boodskap
Ferdi Greyling  is tans af-lyn  Ferdi Greyling
Boodskappe: 1232
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 29 May 2005 07:27:53 -0400, "@rogers.com" wrote:

> "Jonas" skryf
>
> dat Imvume die fondse na die ANC
>> se verkiesingskoffers gekanaliseer het. (In ander dele van die beskaafde
>> wêreld sou die regering reeds bedank het.)
>
> Nie in Kanada nie. As jy enigsins weet wat in die res
> van die wêreld aangaan, dan sal jy weet dat daar
> in Kanada op die oomblik die Gomery ondersoek
> aan die gang is,

Mens dink aan Haliburton in die VSA....
Vorige onderwerp: Ek soek ´n gediggie...
Volgende onderwerp: Verhoog op die platteland
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 14 15:56:37 MGT 2024