Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Today is Savate Day
Re: Today is Savate Day [boodskap #103324] Sa, 21 Mei 2005 08:42 na volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ag Frikkie, wees tog bietjie realisties. 32 Bataljon sou nie die oorlog
gewen het nie. Die uitverkoping was deur die militêre leiers en die bataljon
se gesagvoerders wat vir 'n ekstra sterretjie op die skouer die manne na hul
dood gestuur het....
En te bang was om vir PW die middelvinger te wys.

Wie is die helde vandag? Sekerlik nie die dommes wat hul ewe geredelik soos
skape ter slagting laat lei het nie - eerder die wat dapper genoeg was om te
weier om aan die onnoselheid deel te neem.

--
Groetnis
Annette

"Frikkie Potgieter" skryf in boodskap news:d6mnbo$t9f$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Today is Savate Day, the day when 32 Battalion remember their dead.
>
> Let us all spare a thought for those members of 32 who fought and died for a
> Country that ultimately betrayed them.
>
> To all 32 members, wherever you might find yourselves today, be it in such
> faraway places as Russia , Indonesia, Iraq , Kosovo etc, and those who are
> gathered at Langebaan for the commerative service...
>
> We will remember ! ! ! ! !
>
Re: Today is Savate Day [boodskap #103325 is 'n antwoord op boodskap #103324] Sa, 21 Mei 2005 11:51 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Frikkie Potgieter" skryf
...
for the commerative service...

Ag, Frikkie. Jy breek elke keer my hart. Nie
alleen verraai jy jou taal nie. Maar jy vermoor
ook die Engelse taal op die koop toe. Wat moet
'n mens jou noem? 'n Mank hanskakie?

Tant Hessie van Spioenkop
Re: Today is Savate Day [boodskap #103328 is 'n antwoord op boodskap #103324] Sa, 21 Mei 2005 12:37 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Annette" skryf

> Wie is die helde vandag? Sekerlik nie die dommes wat hul ewe geredelik soos
> skape ter slagting laat lei het nie - eerder die wat dapper genoeg was om te
> weier om aan die onnoselheid deel te neem.

Ek sou darem nie so ver gaan nie. Daardie arme
soldate moes doen wat hulle beveel is. Dit is die
natuur van soldaat-wees. Net soos jy nie vandag
vir die Amerikaanse soldate in Irak as onnoseles
kan uitmaak nie. Hulle moet veg as hulle aangesê
word om te veg. Dis die leiers soos PW Botha
wat voor die hok gekry moet word. Hoekom is
PW Botha nog nie van oorlogsmisdaad beskuldig
nie? Ek dink Mandela en Tutu se vergiffenis-
beleid het hier te ver gegaan. As hulle Pinochet
van oorlogsmisdaad kan beskuldig, behoort P.W.
ook aan die stok te ry.

Gloudina
Re: Today is Savate Day [boodskap #103334 is 'n antwoord op boodskap #103324] So, 22 Mei 2005 14:36 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Jonas" skryf

dan wonder ek hoe hy dit
> aan die ouers van 'n gesneuwelde grenssoldaat sal verduidelik.
> Iets soos: " Man, ons het 'n fout gemaak. Jou seun het vanweë 'n gebrek aan
> insig aan my kant omgekom

Hoekom gaan vra jy nie vir jou ouers ( as hulle nog
lewe) en jou ooms en jou tannies en al die mense
wat die Nasionale Party so in stand gehou het,
hoekom hulle dit gedoen het. Dis wat die dialoog
sal wees wat ek skryf, Jonas. Moenie probeer om
die skuld op ander skouers te laai nie. Dis jy en jou
geesgenote wat die teelaarde geskep het wat
duisende Afrikaner-seuns op die sogenaamde
grens laat doodgaan het. Jy, Jonas, en die mense
soos jy, was verantwoordelik vir hulle dood.
Net soos die mense in die VSA wat vir Bush
ingestem het, verantwoordelik is vir die Amerikaanse
soldate wat so in Irak sterf. En al die arme Irakers
wat ook so dag vir dag op die strate sterf.

Gloudina
Re: Today is Savate Day [boodskap #103335 is 'n antwoord op boodskap #103334] So, 22 Mei 2005 14:52 Na vorige boodskapna volgende boodskap
news[3]  is tans af-lyn  news[3]
Boodskappe: 61
Geregistreer: Januarie 2005
Karma: 0
Volle Lid
Net soos die mense in die VSA wat vir Bush
ingestem het, verantwoordelik is vir die Amerikaanse
soldate wat so in Irak sterf. En al die arme Irakers
wat ook so dag vir dag op die strate sterf.

Gloudina

Ek dink die meeste 'arme' Irakers wat elke dag
op die strate sterf word vermoor deur hulle pelle
met suicide bomme. En hulle maak hulle eie minsisters en mense dood by die
dosyne, so hulle is duidelik nie so 'arm' nie.
Re: Today is Savate Day [boodskap #103336 is 'n antwoord op boodskap #103335] So, 22 Mei 2005 17:39 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"news" skryf

> Ek dink die meeste 'arme' Irakers wat elke dag
> op die strate sterf word vermoor deur hulle pelle
> met suicide bomme. En hulle maak hulle eie minsisters en mense dood by die
> dosyne, so hulle is duidelik nie so 'arm' nie.

Mens kan dit eenvoudig nie wegpraat nie. Die
toestand wat nou in Irak is, is nie veel beter vir
die gemiddelde man in die straat as wat dit
gedurende die tyd van Saddam was nie. Moenie
die storie probeer verkoop dat daar nou skielik
"demokrasie" in Irak is nie. Dis 'n situasie geskep
deur die VSA en Engeland vir hulle eie
doeleindes, net soos dit al die hele laaste
honderd jaar gebeur het dat Europese magte
hulle gewig rondgegooi het in die Middel-Ooste
vir hulle eie gewin. As die VSA ernstig is oor
"demokrasie," dan moet dit begin om die
diktatorskap wat daar in Saudi-Arabië is
omver te werp. Hoekom val die VSA nie
Saudi-Arabië binne nie? Hoekom val die
VSA nie Jordanié binne nie?

Gloudina
Re: Today is Savate Day [boodskap #103337 is 'n antwoord op boodskap #103336] So, 22 Mei 2005 18:48 Na vorige boodskapna volgende boodskap
news[3]  is tans af-lyn  news[3]
Boodskappe: 61
Geregistreer: Januarie 2005
Karma: 0
Volle Lid
"@rogers.com" skryf in boodskap news:No-dnZrWjNyVXw3fRVn-vA@rogers.com...

"news" skryf

> Ek dink die meeste 'arme' Irakers wat elke dag
> op die strate sterf word vermoor deur hulle pelle
> met suicide bomme. En hulle maak hulle eie minsisters en mense dood by die
> dosyne, so hulle is duidelik nie so 'arm' nie.

Mens kan dit eenvoudig nie wegpraat nie. Die
toestand wat nou in Irak is, is nie veel beter vir
die gemiddelde man in die straat as wat dit
gedurende die tyd van Saddam was nie. Moenie
die storie probeer verkoop dat daar nou skielik
"demokrasie" in Irak is nie. Dis 'n situasie geskep
deur die VSA en Engeland vir hulle eie
doeleindes, net soos dit al die hele laaste
honderd jaar gebeur het dat Europese magte
hulle gewig rondgegooi het in die Middel-Ooste
vir hulle eie gewin. As die VSA ernstig is oor
"demokrasie," dan moet dit begin om die
diktatorskap wat daar in Saudi-Arabië is
omver te werp. Hoekom val die VSA nie
Saudi-Arabië binne nie? Hoekom val die
VSA nie Jordanië binne nie?

Gloudina

Jordanië? Hulle was nog altyd ons vriende, Prins Abdallah kom gereeld kuier.
En ja, ek was teen die oorlog soos jy weet, maar die Irakkies laat nou n
gulde geleentheid om n redelike goeie staat sonder diktator op te bou deur
hulle hande glip. Kleinlike en etniese verskille verhoed dat hulle ooit
saam om n tafel sal sit. Ek het dit teen die Bush regering se
selfaangestelde taak om die wereld een vir een land te demokratiseer, hulle
moet eerder in hierdie land begin en regmaak wat hier verkeerd is, en die
godsdienstige fanatici in hierdie land in toom te hou.
Re: Today is Savate Day [boodskap #103338 is 'n antwoord op boodskap #103337] So, 22 Mei 2005 22:11 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"news" skryf

> Jordanië? Hulle was nog altyd ons vriende, Prins Abdallah kom gereeld
kuier.

Jordanië, ja. Ek het nou die dag na 'n program
geluister wat sê dat Jordanié die minste
"demokrasie" het van al die state in die Middel-
Ooste. Net omdat daar so 'n innige verband
is tussen die regering van die VSA en die
koninklike huis van Jordan, moet mens nie dink
dat alles so wonderlik is in die staat van
Denemarke nie. Die koningshuis van Jordan
is 'n puppet government van die VSA en
niemand in die Middelooste dink verskillend
nie. En moet nie vergeet dat die eerste en
belangrikste rede hoekom Bin Laden veg,
is om die puppet government van die
Saudi Royal Family uit sy geboorteplaas
en die geboorteplaas van Islam te verwyder.

Gloudina
Re: Today is Savate Day [boodskap #103339 is 'n antwoord op boodskap #103337] So, 22 Mei 2005 22:14 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"news" skryf

maar die Irakkies laat nou n
> gulde geleentheid om n redelike goeie staat sonder diktator op te bou deur
> hulle hande glip. Kleinlike en etniese verskille verhoed dat hulle ooit
> saam om n tafel sal sit.

En wie is die Weste, spesifiek Engeland en die VSA, om
aan die menige etniese groepe ( wat hemelsbreed verskil)
nou te dikteer dat hulle saam in een staat moet bly
voortbestaan, 'n staat wat deur Europese moondhede
in die laaste eeu gestig is om hulle eie Europese invloed-
sfeer in die Middelooste te behou?

Gloudina
Re: Today is Savate Day [boodskap #103340 is 'n antwoord op boodskap #103324] So, 22 Mei 2005 23:02 Na vorige boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Frikkie - dankie dat jy my herinner. Mens is geneig om te vergeet van
daardie mense wat omgekom het.
Wanneer ek na Pik Botha kyk en luister wat nou kwansuis 'n ANC-lid geword
het (soos ook 'n ander klompie tweegat-jakkalse) dan wonder ek hoe hy dit
aan die ouers van 'n gesneuwelde grenssoldaat sal verduidelik.
Iets soos: " Man, ons het 'n fout gemaak. Jou seun het vanweë 'n gebrek aan
insig aan my kant omgekom.... Ek was waarskynlik onder invloed toe ek by die
verdomde Nasionale Party aangesluit het."

Anti - miskien kan jy ons help om 'n stukkie gepasde dialoog te skryf?
Vorige onderwerp: Kase
Volgende onderwerp: Google
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Jun 07 15:01:30 MGT 2024