Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Oor invoere II
Oor invoere II [boodskap #103186] Ma, 16 Mei 2005 22:34 na volgende boodskap
Pete  is tans af-lyn  Pete
Boodskappe: 61
Geregistreer: Augustus 2000
Karma: 0
Volle Lid
Die redenasie oor waarborge hou nie water nie. Vir 'n addisionele USD 35 kon
ek 'n global guarantee by bhphotovideo.com uitgeneem het. Dit sou my USD26
gekos het om die kamera weer by hulle uit te kry. Hierdie global guarantee
dek alles vir vyf jaar, Canon SA het nie eens so iets nie. Selfs as ek my
kamera in die swembad laat val sal hulle die ding vervang. Buitendien, die
tegnologie verander deesdae so vinnig dat as jy die kamera onherstelbaar
verniel het, kry maar eerder die nuutste latest. Nee wat, gogga try nou om
vir baba bang te maak met waarborge. Eerste ding wat Canon SA ook getraai
het. Augustus hierdie jaar is my kamera 'n jaar oud, sonder enige Canon SA
waarborg. En hy neem nog uitstekend foto's. Sonder 'n Canon SA waarborg.

Nou sê julle slim handelaars wat hier wegkruip op hierdie nuusgroep bietjie
vir my: hoekom is McDonalds se pryse wêreldwyd min-of-meer aangepas met die
plaaslike geldeenheid. Pas nou op wat jy sê, dink 'n bietjie of jy die
storielyn van "plaaslike landbou produkte" moet gebruik. Hongkong het nie
juis beeste waarvan ek bewus is nie. Beide Canon SA en Canon USA kry hulle
kameras vanuit Japan en Hongkong het nie beeste nie. Maar tog eet hulle
realisties-geprysde McDonalds produkte. Wat nie deur 'n Canon SA waarborg/
software upgrade/ guaranteed lobotomy gedek word nie.

DNIK! ;-)

Terwyl ek as "dief" uitgemaak word vertel tog van die mense van Zimbabwe
dieselfde storie. Ek hoor hoeka dat hulle oor die Beitbrug grens stroom om
goedkoper brandstof in SA te kom koop. Sulke rakkers!!! In fact, hulle elite
zanu-poefter regeerders kom gereeld vir inkopies SA toe. Sulke diewe!! En
dit sonder 'n Canon SA waarborg........hoe gaan ek vanaand 'n oog toemaak
want ek het nie 'n Canon SA waarborg nie. Gaan die son weer opkom want daar
is nie 'n Canon SA waarborg op dit nie. Shame.
Re: Oor invoere II [boodskap #103188 is 'n antwoord op boodskap #103186] Di, 17 Mei 2005 07:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Pete" skryf in boodskap news:d6b788$pb8$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Die redenasie oor waarborge hou nie water nie. Vir 'n addisionele USD 35
> kon
> ek 'n global guarantee by bhphotovideo.com uitgeneem het. Dit sou my USD26
> gekos het om die kamera weer by hulle uit te kry. Hierdie global guarantee
> dek alles vir vyf jaar, Canon SA het nie eens so iets nie. Selfs as ek my
> kamera in die swembad laat val sal hulle die ding vervang. Buitendien, die
> tegnologie verander deesdae so vinnig dat as jy die kamera onherstelbaar
> verniel het, kry maar eerder die nuutste latest. Nee wat, gogga try nou om
> vir baba bang te maak met waarborge. Eerste ding wat Canon SA ook getraai
> het. Augustus hierdie jaar is my kamera 'n jaar oud, sonder enige Canon SA
> waarborg. En hy neem nog uitstekend foto's. Sonder 'n Canon SA waarborg.
------Ek is 'n handelaar en weet daarom so effe waarvan ek praat. Ek gee
nie om dat jy jou Canon in die buiteland koop nie. Jy is welkom, solank jy
net nie na my winkel toe terugkom sodra jy 'n probleem optel nie....dan het
ons vrede. Wat ek probeer sê het, is dat jy die kamera in die buiteland
koop vir dieselfde geld wat ek daarvoor betaal [minder eintlik want verklaar
jy die kamera op sy regte waarde as jy hom inbring in die land in?]. Ek
kan nie net een koop nie en ook nie net 'n enkele model nie. As jy bv
Canon wil aanhou, dan moet jy jou winkel inrig sodat dit lyk soos 'n
handelaar wat Canon versprei en van jou personeel moet opgelei word sodat
die publiek bedien kan word met vaardigheid en die nodige kennis het om te
help as die persoon nie sy eie nuwe kamera nie lekker verstaan nie. Nog
is't einde niet. As van die kameras op jou rakke verouder raak omdat Canon
'n nuwer model uitgebring het, moet jy specials maak en dan verloor jy.
>
> Nou sê julle slim handelaars wat hier wegkruip op hierdie nuusgroep
> bietjie
> vir my: hoekom is McDonalds se pryse wêreldwyd min-of-meer aangepas met
> die
> plaaslike geldeenheid. Pas nou op wat jy sê, dink 'n bietjie of jy die
> storielyn van "plaaslike landbou produkte" moet gebruik. Hongkong het nie
> juis beeste waarvan ek bewus is nie.
----In alle respek gesê, dit klink nie vir my of jy veel kennis van
besigheid het nie! McDonald's is eenvoudig. Dis massa aankope van
dieselfde produk. Hulle gaan an 'n bakkery toe [as hulle dit nie self doen
nie] en bak die 'buns' teen 'n massatarief. Die beesvleis koop hulle in
massa op van spesifieke ko-operasies [agente] vir vleis en kan hulle die
prys van die vleis in 'n groot mate beheer. Nog iets, jou plaaslike vleis
en ander kos is veel goedkoper in die RSA as enige plek oorsee. Dit
beteken McDonald's RSA maak veel meer wins as die mense oorsee!

Beide Canon SA en Canon USA kry hulle
> kameras vanuit Japan en Hongkong het nie beeste nie. Maar tog eet hulle
> realisties-geprysde McDonalds produkte. Wat nie deur 'n Canon SA waarborg/
> software upgrade/ guaranteed lobotomy gedek word nie.
----Ken jy van radio-beheerde vliegtuie? Net ter illustrasie. In die RSA
word net sekere frekwensies toegelaat om op te vlieg en een van hulle is in
die 60MHz band. Dit is die enigste land in die wêreld behalwe Namibië wat
hierdie frekwensie gebruik. Soek jy ontvangers by Futaba in Japan en jy
bestel 300 van hulle, dan wag jy maklik 5 maande voor jy die goed kry want:
300 ontvangers is nie eers 'n fraksie van die DAAGLIKSE produksie van die
fabriek nie en hulle moet wag dat die een lyn sy einde kry voor hulle kan
verander om 60MHz te maak. LOGIES is die spesiale ontvangers veel duurder!
Wat ek sê, is dat wat vir jou en vir my na baie klink, is 'n pisstrepie in
die terme van die VSA! Dink jy werklik 'n mark wat sê 500 000 kameras
aankoop en versprei gaan dieslefde pryse handhaaf as 'n mark wat skaars 5
000 versprei?
>
> DNIK! ;-) ---Juis, juis! Dalk moet jy reguit dink? Soos jou spelling!
>
> Terwyl ek as "dief" uitgemaak word vertel tog van die mense van Zimbabwe
> dieselfde storie. Ek hoor hoeka dat hulle oor die Beitbrug grens stroom om
> goedkoper brandstof in SA te kom koop. Sulke rakkers!!! In fact, hulle
> elite
> zanu-poefter regeerders kom gereeld vir inkopies SA toe. Sulke diewe!! En
> dit sonder 'n Canon SA waarborg........hoe gaan ek vanaand 'n oog toemaak
> want ek het nie 'n Canon SA waarborg nie. Gaan die son weer opkom want
> daar
> is nie 'n Canon SA waarborg op dit nie. Shame.
----Twee verkeerdes maak nie een reg nie. Wat jy vir my sê is dat jy nie
glo aan die wette van 'n land nie en ek het vrede daarmee. Maak gerus so.
Moet egter dan nie kla as jy voel jou regering doen nie die wat jy voel
hulle moet nie want jy betaal nie jou regmatige deel aan invoerbelasting
nie. Om te sê jy maak so omdat die ander ook so maak, gaan nie vir my af
nie.....dis 'n teken van 'n skuldige gewete. Jy WEET jy doen iets verkeerd
en nou's jy die moer in oor ek dit vir jou sê.
>
Re: Oor invoere II [boodskap #103190 is 'n antwoord op boodskap #103188] Di, 17 Mei 2005 07:53 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ek kan nie verstaan hoekom alle invoere nie verban word nie:)))
In die goeie ou dae toe die hele wêreld sanksies teen ons moes toepas, was
dit 'n besondere geil tyd vir denkendes om ons eie produkte wat ons nodig
het hier te ontwerp en te vervaardig.

Van die os op die jas - ellie vertel dat sy VSA klere en skoene koop, omdat
dit van sulke hoogstaande gehalte is.
Op 'n ander forum vertel 'n VSA deelnemer dat sy VSA klere en skoene sal
koop AS sy dit in die hande kan kry.

Dus, die vraag is - sal die verbruiker ter wille van patriotisme kilometers
ver ry agter 'n plaaslike, duurder produk aan, terwyl 'n goedkoper
buitelandse produk geredelik en naby beskikbaar is?

Die groot skoenfabriek daar duskant George het toegemaak. Al die ruite is
stukkend, en die verwaarloosde gebou ontsier die uitsig. Op my vraag hoekom
na al die jare, was die antwoord dat die vervoerkoste na die verkoopspunte
te duur geword het.
Wie beheer die spoorvrag?

Rex Trueform het nou die dag hier toegemaak, ten koste van 600 werkers -
sommige het al dertig jaar daar gewerk. Hul rede was dat hulle nie meer kon
kompeteer in die mark nie.
Nou sal mens dink 'n goeie entrepeneur sal dink aan nuwe ontwerpe, met nuwe
materiale, om sy produk uniek te maak - maar die enigste ontwikkeling in
manspakke sedert hulle opgehou het om gepoeierde pruike te dra, was breër,
smaller of lapellose pakke, of waar sakke moes sit indien enige.

Haai!! Het julle gesien die 60's tipe pakkies wat Johan op Noot vir Noot
dra? Hou my aan die giggel die hele program lank.:))

--
Groetnis
Annette

"Suidwester" skryf in boodskap news:fPqdnYyFwseLAxTfRVn-qA@is.co.za...
>
> "Pete" wrote in message
> news:d6b788$pb8$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>> Die redenasie oor waarborge hou nie water nie. Vir 'n addisionele USD 35
>> kon
>> ek 'n global guarantee by bhphotovideo.com uitgeneem het. Dit sou my USD26
>> gekos het om die kamera weer by hulle uit te kry. Hierdie global guarantee
>> dek alles vir vyf jaar, Canon SA het nie eens so iets nie. Selfs as ek my
>> kamera in die swembad laat val sal hulle die ding vervang. Buitendien, die
>> tegnologie verander deesdae so vinnig dat as jy die kamera onherstelbaar
>> verniel het, kry maar eerder die nuutste latest. Nee wat, gogga try nou om
>> vir baba bang te maak met waarborge. Eerste ding wat Canon SA ook getraai
>> het. Augustus hierdie jaar is my kamera 'n jaar oud, sonder enige Canon SA
>> waarborg. En hy neem nog uitstekend foto's. Sonder 'n Canon SA waarborg.
> ------Ek is 'n handelaar en weet daarom so effe waarvan ek praat. Ek gee
> nie om dat jy jou Canon in die buiteland koop nie. Jy is welkom, solank jy
> net nie na my winkel toe terugkom sodra jy 'n probleem optel nie....dan het
> ons vrede. Wat ek probeer sê het, is dat jy die kamera in die buiteland
> koop vir dieselfde geld wat ek daarvoor betaal [minder eintlik want verklaar
> jy die kamera op sy regte waarde as jy hom inbring in die land in?]. Ek
> kan nie net een koop nie en ook nie net 'n enkele model nie. As jy bv
> Canon wil aanhou, dan moet jy jou winkel inrig sodat dit lyk soos 'n
> handelaar wat Canon versprei en van jou personeel moet opgelei word sodat
> die publiek bedien kan word met vaardigheid en die nodige kennis het om te
> help as die persoon nie sy eie nuwe kamera nie lekker verstaan nie. Nog
> is't einde niet. As van die kameras op jou rakke verouder raak omdat Canon
> 'n nuwer model uitgebring het, moet jy specials maak en dan verloor jy.
>>
>> Nou sê julle slim handelaars wat hier wegkruip op hierdie nuusgroep
>> bietjie
>> vir my: hoekom is McDonalds se pryse wêreldwyd min-of-meer aangepas met
>> die
>> plaaslike geldeenheid. Pas nou op wat jy sê, dink 'n bietjie of jy die
>> storielyn van "plaaslike landbou produkte" moet gebruik. Hongkong het nie
>> juis beeste waarvan ek bewus is nie.
> ----In alle respek gesê, dit klink nie vir my of jy veel kennis van
> besigheid het nie! McDonald's is eenvoudig. Dis massa aankope van
> dieselfde produk. Hulle gaan an 'n bakkery toe [as hulle dit nie self doen
> nie] en bak die 'buns' teen 'n massatarief. Die beesvleis koop hulle in
> massa op van spesifieke ko-operasies [agente] vir vleis en kan hulle die
> prys van die vleis in 'n groot mate beheer. Nog iets, jou plaaslike vleis
> en ander kos is veel goedkoper in die RSA as enige plek oorsee. Dit
> beteken McDonald's RSA maak veel meer wins as die mense oorsee!
>
>
>
> Beide Canon SA en Canon USA kry hulle
>> kameras vanuit Japan en Hongkong het nie beeste nie. Maar tog eet hulle
>> realisties-geprysde McDonalds produkte. Wat nie deur 'n Canon SA waarborg/
>> software upgrade/ guaranteed lobotomy gedek word nie.
> ----Ken jy van radio-beheerde vliegtuie? Net ter illustrasie. In die RSA
> word net sekere frekwensies toegelaat om op te vlieg en een van hulle is in
> die 60MHz band. Dit is die enigste land in die wêreld behalwe Namibië wat
> hierdie frekwensie gebruik. Soek jy ontvangers by Futaba in Japan en jy
> bestel 300 van hulle, dan wag jy maklik 5 maande voor jy die goed kry want:
> 300 ontvangers is nie eers 'n fraksie van die DAAGLIKSE produksie van die
> fabriek nie en hulle moet wag dat die een lyn sy einde kry voor hulle kan
> verander om 60MHz te maak. LOGIES is die spesiale ontvangers veel duurder!
> Wat ek sê, is dat wat vir jou en vir my na baie klink, is 'n pisstrepie in
> die terme van die VSA! Dink jy werklik 'n mark wat sê 500 000 kameras
> aankoop en versprei gaan dieslefde pryse handhaaf as 'n mark wat skaars 5
> 000 versprei?
>>
>> DNIK! ;-)
> ---Juis, juis! Dalk moet jy reguit dink? Soos jou spelling!
>>
>> Terwyl ek as "dief" uitgemaak word vertel tog van die mense van Zimbabwe
>> dieselfde storie. Ek hoor hoeka dat hulle oor die Beitbrug grens stroom om
>> goedkoper brandstof in SA te kom koop. Sulke rakkers!!! In fact, hulle
>> elite
>> zanu-poefter regeerders kom gereeld vir inkopies SA toe. Sulke diewe!! En
>> dit sonder 'n Canon SA waarborg........hoe gaan ek vanaand 'n oog toemaak
>> want ek het nie 'n Canon SA waarborg nie. Gaan die son weer opkom want
>> daar
>> is nie 'n Canon SA waarborg op dit nie. Shame.
> ----Twee verkeerdes maak nie een reg nie. Wat jy vir my sê is dat jy nie
> glo aan die wette van 'n land nie en ek het vrede daarmee. Maak gerus so.
> Moet egter dan nie kla as jy voel jou regering doen nie die wat jy voel
> hulle moet nie want jy betaal nie jou regmatige deel aan invoerbelasting
> nie. Om te sê jy maak so omdat die ander ook so maak, gaan nie vir my af
> nie.....dis 'n teken van 'n skuldige gewete. Jy WEET jy doen iets verkeerd
> en nou's jy die moer in oor ek dit vir jou sê.
>>
>
Re: Oor invoere II [boodskap #103192 is 'n antwoord op boodskap #103186] Di, 17 Mei 2005 09:28 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi Greyling  is tans af-lyn  Ferdi Greyling
Boodskappe: 1232
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 17 May 2005 00:34:39 +0200, "Pete" wrote:

.hoe gaan ek vanaand 'n oog toemaak
> want ek het nie 'n Canon SA waarborg nie.

Ek het ook al - can 'n ander kamera-vervaardiger - die verduideliking
oor hoe"r plaaslike pryse gekry dat dit 'n waarborg verteenwoordig.
Toe wou ek weet of hulle kameras dan so kak is dat hulle die prys moet
laai met waarborge.
Re: Oor invoere II [boodskap #103193 is 'n antwoord op boodskap #103190] Di, 17 Mei 2005 09:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi Greyling  is tans af-lyn  Ferdi Greyling
Boodskappe: 1232
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 17 May 2005 09:53:30 +0200, "Annette" wrote:

> Dus, die vraag is - sal die verbruiker ter wille van patriotisme kilometers
> ver ry agter 'n plaaslike, duurder produk aan, terwyl 'n goedkoper
> buitelandse produk geredelik en naby beskikbaar is?

Nee
Re: Oor invoere II [boodskap #103195 is 'n antwoord op boodskap #103190] Di, 17 Mei 2005 09:43 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Interessant dat die mense wat in London bly reken RSA klere is myle
goedkoper as dit wat hulle in Engeland kan koop. Vele mense het al vir my
vertel dat juis SA klere van so 'n goeie gehalte is ivm dit wat oorsee
beskikbaar is teen hul geldeenhede? Veral Woolies se goed. Die plaaslike
vervaardigers kan nie kompeteer met die massa intog van buite af nie. Bv.
net om 'n enkele nuwe produk te vervaardig kos klompe, klompe geld net aan
ontwerp, navorsing en ontwikkeling en dan, as die produk markgereed is, die
vervaardiging daarvan se masjienerie kos 'n moerse lot geld. Net om jou 'n
idee te gee, die 'tooling' van 'n nuwe tipe hekskuif, kan maklik oor die
R300 000 kos. Plus die nuwe masjienerie en personeel en jy's dalk amper 'n
miljoen weg voor die eerste item die straat tref. Die groot vraag is
hoeveel JAAR neem dit om jou belegging te maak betaal? Is die RSA mark
ooit groot genoeg? Jy moet dit verkoop teen 'n prys waarop jy kan
verhaal.....en dan kom iemand en voer 'n Sjinese produk in teen 'n derde van
die prys, en jy's in jou moer.
In Namibië het ons ondervinding van hierdie storie. Ramatex, die firma
wat Nike en ander sportklere vervaardig [én uitvoer na Amerika!], het 'n
fabriek in Windhoek oopgemaak. Hulle het die Munisipaliteit van Windhoek
omgepraat [omgekoop?] om vir hulle grond teen belaglike pryse te gee, hulle
kry spesiale water, 'n spesiale 'siding' is aangebou sodat treintrokke naby
die fabriek kan kom en spesiale toerusting is aangekoop om die houers te
hanteer in Windhoek en ook in Walvisbaai op die hawe. Alles vir hierdie
moerse fabriek. hulle het Sjinese werkers ingebring uit Sjina uit en hul
lone wat hulle betaal is ver onder die minimum loon wat geld in Namibië want
die arbeidswette is nie van toepassing op Sjinese burgers nie [of eintlik
draai die politici wat sekerlik so 'n ietsie in hul gatsakke gekry het in
die onderhandeling]. Sê vervaardig hulle regte, egte Nike klere
spotgoedkoop en word dit in die VSA verkoop teen pryse wat skrik vir niks.
Wat ek eintlik sê, is dat niks eitlik is soos wat dit op die oog af is
nie. Jy kry deesdae mos alle soorte van 'Warehouses' wat teen goedkoop
pryse die publiek bestook. Vat verf: As jy 'n goeie verf wil maak, is
daar 'n sekere aantal bestanddele wat jy bymekaar moet gooi. Dié
chemikalieë kom almal binne 'n paar persentasiepunte van mekaar en sal dit
redelik wees om te sê dat die verwe nie meer as tot so 15% in prys te
verskil nie. MAAR, nou vervang van die groter manne van die chemikalieë
met minderwaardige alternatiewe of los van hulle bloot uit. Nou word hulle
produk maklik 40%+ goedkoper en die publiek kóóp. 'n Verf is mos 'n verf,
is mos 'n verf, huh? Na 'n jaar of wat, as die goedkoop verf verbleik of
die strepe kleur teen die mure afloop, hoe bewys jy dat dit die verf was wat
swak was?
Dieselfde met goed soos rekenaars. Die meerderheid van die publiek is
salig tevrede as hulle 'n kompleet PC gekoop het by 'n handelaar en die ding
het 'n klomp knoppies en funksies en programme wat baie indrukwekkend lyk,
maar binne in daai boks? Daar vind jy alles wat kak is en juis dit wat die
kundige gebruiker nie eers na sal kyk nie. Weet jy hoe gebeur dit? As JY
genoeg onderdele op 'n slag vat vanuit die Ooste sal hulle dit in jou eie
naam maak.

"Annette" skryf in boodskap news:d6c828$f38$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Ek kan nie verstaan hoekom alle invoere nie verban word nie:)))
> In die goeie ou dae toe die hele wêreld sanksies teen ons moes toepas, was
> dit 'n besondere geil tyd vir denkendes om ons eie produkte wat ons nodig
> het hier te ontwerp en te vervaardig.
>
Re: Oor invoere II [boodskap #103196 is 'n antwoord op boodskap #103190] Di, 17 Mei 2005 09:43 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Interessant dat die mense wat in London bly reken RSA klere is myle
goedkoper as dit wat hulle in Engeland kan koop. Vele mense het al vir my
vertel dat juis SA klere van so 'n goeie gehalte is ivm dit wat oorsee
beskikbaar is teen hul geldeenhede? Veral Woolies se goed. Die plaaslike
vervaardigers kan nie kompeteer met die massa intog van buite af nie. Bv.
net om 'n enkele nuwe produk te vervaardig kos klompe, klompe geld net aan
ontwerp, navorsing en ontwikkeling en dan, as die produk markgereed is, die
vervaardiging daarvan se masjienerie kos 'n moerse lot geld. Net om jou 'n
idee te gee, die 'tooling' van 'n nuwe tipe hekskuif, kan maklik oor die
R300 000 kos. Plus die nuwe masjienerie en personeel en jy's dalk amper 'n
miljoen weg voor die eerste item die straat tref. Die groot vraag is
hoeveel JAAR neem dit om jou belegging te maak betaal? Is die RSA mark
ooit groot genoeg? Jy moet dit verkoop teen 'n prys waarop jy kan
verhaal.....en dan kom iemand en voer 'n Sjinese produk in teen 'n derde van
die prys, en jy's in jou moer.
In Namibië het ons ondervinding van hierdie storie. Ramatex, die firma
wat Nike en ander sportklere vervaardig [én uitvoer na Amerika!], het 'n
fabriek in Windhoek oopgemaak. Hulle het die Munisipaliteit van Windhoek
omgepraat [omgekoop?] om vir hulle grond teen belaglike pryse te gee, hulle
kry spesiale water, 'n spesiale 'siding' is aangebou sodat treintrokke naby
die fabriek kan kom en spesiale toerusting is aangekoop om die houers te
hanteer in Windhoek en ook in Walvisbaai op die hawe. Alles vir hierdie
moerse fabriek. hulle het Sjinese werkers ingebring uit Sjina uit en hul
lone wat hulle betaal is ver onder die minimum loon wat geld in Namibië want
die arbeidswette is nie van toepassing op Sjinese burgers nie [of eintlik
draai die politici wat sekerlik so 'n ietsie in hul gatsakke gekry het in
die onderhandeling]. Sê vervaardig hulle regte, egte Nike klere
spotgoedkoop en word dit in die VSA verkoop teen pryse wat skrik vir niks.
Wat ek eintlik sê, is dat niks eitlik is soos wat dit op die oog af is
nie. Jy kry deesdae mos alle soorte van 'Warehouses' wat teen goedkoop
pryse die publiek bestook. Vat verf: As jy 'n goeie verf wil maak, is
daar 'n sekere aantal bestanddele wat jy bymekaar moet gooi. Dié
chemikalieë kom almal binne 'n paar persentasiepunte van mekaar en sal dit
redelik wees om te sê dat die verwe nie meer as tot so 15% in prys te
verskil nie. MAAR, nou vervang van die groter manne van die chemikalieë
met minderwaardige alternatiewe of los van hulle bloot uit. Nou word hulle
produk maklik 40%+ goedkoper en die publiek kóóp. 'n Verf is mos 'n verf,
is mos 'n verf, huh? Na 'n jaar of wat, as die goedkoop verf verbleik of
die strepe kleur teen die mure afloop, hoe bewys jy dat dit die verf was wat
swak was?
Dieselfde met goed soos rekenaars. Die meerderheid van die publiek is
salig tevrede as hulle 'n kompleet PC gekoop het by 'n handelaar en die ding
het 'n klomp knoppies en funksies en programme wat baie indrukwekkend lyk,
maar binne in daai boks? Daar vind jy alles wat kak is en juis dit wat die
kundige gebruiker nie eers na sal kyk nie. Weet jy hoe gebeur dit? As JY
genoeg onderdele op 'n slag vat vanuit die Ooste sal hulle dit in jou eie
naam maak.

"Annette" skryf in boodskap news:d6c828$f38$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Ek kan nie verstaan hoekom alle invoere nie verban word nie:)))
> In die goeie ou dae toe die hele wêreld sanksies teen ons moes toepas, was
> dit 'n besondere geil tyd vir denkendes om ons eie produkte wat ons nodig
> het hier te ontwerp en te vervaardig.
>
Re: Oor invoere II [boodskap #103201 is 'n antwoord op boodskap #103193] Di, 17 Mei 2005 13:17 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Stem saam......maar hê bietjie simpatie ook vir die winkelier wat nie die
item vir dieselfde prys in sy winkel kón hê nie. Moet hom nie daarvoor
slegsê nie en die dag wat jy dalk met jou direk ingvoerde item moeilikheid
het en jy kom vra die winkelier om jou te help, vat sy weiering met
dieselfde grasie as wat jy jou 'score' aan die begin gevat het.

"Ferdi Greyling" skryf in boodskap news:ibej81tep0jagutrikkphunjfggdnv4mm8@4ax.com...
> On Tue, 17 May 2005 09:53:30 +0200, "Annette"
> wrote:
>
> kilometers
>> ver ry agter 'n plaaslike, duurder produk aan, terwyl 'n goedkoper
>> buitelandse produk geredelik en naby beskikbaar is?
>
> Nee
>
Re: Oor invoere II [boodskap #103202 is 'n antwoord op boodskap #103193] Di, 17 Mei 2005 13:17 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Stem saam......maar hê bietjie simpatie ook vir die winkelier wat nie die
item vir dieselfde prys in sy winkel kón hê nie. Moet hom nie daarvoor
slegsê nie en die dag wat jy dalk met jou direk ingvoerde item moeilikheid
het en jy kom vra die winkelier om jou te help, vat sy weiering met
dieselfde grasie as wat jy jou 'score' aan die begin gevat het.

"Ferdi Greyling" skryf in boodskap news:ibej81tep0jagutrikkphunjfggdnv4mm8@4ax.com...
> On Tue, 17 May 2005 09:53:30 +0200, "Annette"
> wrote:
>
> kilometers
>> ver ry agter 'n plaaslike, duurder produk aan, terwyl 'n goedkoper
>> buitelandse produk geredelik en naby beskikbaar is?
>
> Nee
>
Re: Oor invoere II [boodskap #103210 is 'n antwoord op boodskap #103188] Di, 17 Mei 2005 18:44 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DD  is tans af-lyn  DD
Boodskappe: 1166
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 17 May 2005 09:30:33 +0200, "Suidwester" wrote:

>
>
> ------Ek is 'n handelaar en weet daarom so effe waarvan ek praat.

ag nee, jy't 'n stereotipiese klomp kak gepraat.
Ag ek 'n kortbroek gaan koop en moet besluit
tussen R150 en R30 sal die winkel se uitgawes
en patriotisme nie eens by my opkom nie.

> As jy bv 'n Nike hemp in 'n winkel kry wat Nike
> verspreidingsregte het, kan jy seker wees dis die genuine artikel. Koop jy
> hom op straat vir 'n goedkoop prys, dan is hy of 'n namaaksel of 'n reject
> of hy's gesteel. Vanuit die regte kanale sal jy hom nie so goedkoop kry
> nie.

So jy skryf Nike op jou hempsak. Of wie kyk op die label by jou nek
wat jy dra. Of sê jy vir die mense wat jy dra? Dit klink omtrent soos
bouwer wat graag vertel oor wie en wat sy ken.

Stereotipiese kak het ek dit genoem, want 'n aand of twee gelede
het ek iets hier gelees van jou wat weer die ou holruggeryde storie
vertel van van die Afrikaners wat op 'n eiland land en twee politieke
partye stig. Julle dink ook nie eens 'n nuwe een uit nie. En probeer
voorgee dat slegs Suid Afrikaners nie ooreen kom nie, maar kyk
met opset dinge mis soos... kom ons kyk sommer net na vanmiddag
se Daily News:

1.
Buthelezi ignores Zulu king on imbizo - Tuesday May 17 2005

2.
News
ANC needs to speak with one voice - Ngonyama

http://www.dailynews.co.za/

ek het vanmôre se Mercury ook. Moet ek jou vertel hoeveel verskille
tussen die swartes daar bespreek word? Waarom dan altyd spot
en maak of dit uniek is aan die Suid Afrikaner om verskille te hê?

Dat 'n kliënt in sommige opsigte diens wil hë. is logies. Gister het
ek 'n nuwe monitor vir my rekenaar gaan koop, en kon dit by
die klein winkel by Game City vir dieselfde prys kry, as by
Incredible Connection in Gateawy, Umhlanga. Ek het by
Incredible Connection gekoop, en nie die klein man ondersteun nie,
omdat hy dit in 'n geseëlde boks aan my wou verkoop, (wat ek
natuurlik ook by Incredible gekry het, maar by Incredible
kon ek die monitor demo, en soos ek 'n rekenaar gebruik,
wou ek seker maak van die kallibrasie moontlikhede op verskillendes.
Verskillendes met almal dieselfde pryse. Ek het toe op Philips
besluit.

Dit is anders. Dit is nie 'n lap nie.

Wees getroos... ek koop nou weer klere lokaal.
By 'n fabriek waarvan ek nooit geweet het nie.

DD
Re: Oor invoere II [boodskap #103222 is 'n antwoord op boodskap #103210] Wo, 18 Mei 2005 07:31 Na vorige boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"DD" skryf in boodskap news:4tck81t74fr9i42shpfr5nje22tf9kmrpe@4ax.com...
> On Tue, 17 May 2005 09:30:33 +0200, "Suidwester"
> wrote:
>


>> ------Ek is 'n handelaar en weet daarom so effe waarvan ek praat.
>
> ag nee, jy't 'n stereotipiese klomp kak gepraat.
> Ag ek 'n kortbroek gaan koop en moet besluit
> tussen R150 en R30 sal die winkel se uitgawes
> en patriotisme nie eens by my opkom nie.
----En as jy reg gelees het dan sou jy gesien het dat ek nie 'n moer omgee
WAAR jy jou broek gaan koop nie en of dit jou ballas toemaak nie!
>
>> As jy bv 'n Nike hemp in 'n winkel kry wat Nike
>> verspreidingsregte het, kan jy seker wees dis die genuine artikel. Koop
>> jy
>> hom op straat vir 'n goedkoop prys, dan is hy of 'n namaaksel of 'n reject
>> of hy's gesteel. Vanuit die regte kanale sal jy hom nie so goedkoop kry
>> nie.
>
> So jy skryf Nike op jou hempsak. Of wie kyk op die label by jou nek
> wat jy dra. Of sê jy vir die mense wat jy dra? Dit klink omtrent soos
> bouwer wat graag vertel oor wie en wat sy ken.
---Ek sê nie jy moet 'n wapen op jou hemp hê om vir ander mense te beïndruk
nie. Dit is egter 'n waarborg vir kwaliteit. O, en daar's niemand op
hierdie ng juis meer as jy wat jou verbeel jy het hierdie moerse kennis nie!
>
> Stereotipiese kak het ek dit genoem, want 'n aand of twee gelede
> het ek iets hier gelees van jou wat weer die ou holruggeryde storie
> vertel van van die Afrikaners wat op 'n eiland land en twee politieke
> partye stig. Julle dink ook nie eens 'n nuwe een uit nie. En probeer
> voorgee dat slegs Suid Afrikaners nie ooreen kom nie, maar kyk
> met opset dinge mis soos... kom ons kyk sommer net na vanmiddag
> se Daily News:
----Ag foeitog my ou, duidelik lees jy nie jou geskiedenis reg nie!
Wanneer laas het die Afrikaner saamgestaan? In die Vryheidsoorlog? Wat
van die spul in die Kaap en die spul Boereverraiers? Met die Groot Trekke?
Die een spul is Natal toe en die ander Transvaal toe. Hoekom? Oor
stryery. net so met die Dorslandtrek. Meer as helfte is vrek juis oor
stryery. Destyds met jou KP het hulle vir ou Treurwilger [Treurnicht] op
TV 'n kaart gegee en vir hom gesê hier's 'n pen, wys jy vir ons waar jy jou
tuisland wil hê....en hy kon nie!
>
> 1.
> Buthelezi ignores Zulu king on imbizo - Tuesday May 17 2005
>
> 2.
> News
> ANC needs to speak with one voice - Ngonyama
>
> http://www.dailynews.co.za/
>
> ek het vanmôre se Mercury ook. Moet ek jou vertel hoeveel verskille
> tussen die swartes daar bespreek word? Waarom dan altyd spot
> en maak of dit uniek is aan die Suid Afrikaner om verskille te hê? ----omdat ons Boere maar altyd met onsself spot?
>
> Dat 'n kliënt in sommige opsigte diens wil hê. is logies. Gister het
> ek 'n nuwe monitor vir my rekenaar gaan koop, en kon dit by
> die klein winkel by Game City vir dieselfde prys kry, as by
> Incredible Connection in Gateawy, Umhlanga. Ek het by
> Incredible Connection gekoop, en nie die klein man ondersteun nie,
> omdat hy dit in 'n geseëlde boks aan my wou verkoop, (wat ek
> natuurlik ook by Incredible gekry het, maar by Incredible
> kon ek die monitor demo, en soos ek 'n rekenaar gebruik,
> wou ek seker maak van die kallibrasie moontlikhede op verskillendes.
> Verskillendes met almal dieselfde pryse. Ek het toe op Philips
> besluit.
------Ek self weer koop nie rekenaartoerusting by Incredible Connections nie
want my ondervinding met hulle is juis dat hulle jong mense op die vloer
aanhou wat nie eintlik werklik iets weet van rekenaars nie, anders as om dit
te verkoop. Ek hou daarvan om 'n persoon in 'n firma te identifiseer en
deur hom te deel sodat as daar probleme met 'n item kom, dan praat hy en ek
met mekaar. Of hy kan my na sy tegniese afdeling verwys as 'sy' kliënt en
so kry ek my goed reg.

> Wees getroos... ek koop nou weer klere lokaal.
> By 'n fabriek waarvan ek nooit geweet het nie.
----Ek het vrede met waar jy jou klere koop. Wat ek probeer weergee het,
is dat daar 'n ander kant ook is. Die handelaar wat sy voorraad aankoop,
sy winsgrens bysit en dit aanbied. As dit billik is in die oë van die lede
van die publiek, dan koop hy dit. So nie, los hy dit. Gee dit egter die
publiek die reg tot 'verbal abuse' op die handelaar? Ek dink nie so nie.
> DD
>
Vorige onderwerp: vir Frikkie, Ferdi en bouwer
Volgende onderwerp: Oor invoere III
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 08 16:30:00 MGT 2024