|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Waar's jy Elaine? [boodskap #102972 is 'n antwoord op boodskap #102969] |
Di., 10 Mei 2005 21:51   |
DD
Boodskappe: 1165 Geregistreer: Junie 2003
|
Senior Lid |
|
|
On Tue, 10 May 2005 22:59:25 +0200, "Elaine" wrote:
> Is dit jy in daai foto DD? Baie nice... ek het nou net gaan kyk.
>
> E
>
Ja Elaine en dankie, maar eintlik het ek dit net vir jou gewys
omdat jy vrae gevra het oor die restorasie van foto's.
Die foto is sowat 20 jaar oud, en ek het 'n gym
besit daardie jare.
Dit gaan nie daaroor nie. Ek neem geweldig foto's,
vandag meer as 'n honderd geneem, met my
huidige kamera al sewe duisend foto's
geneem, en foto's waarop ek is,
hetsy alleen of saam met ander,
is sowat 5 of 7.
Jy het PhotoShop? By elke foto het ek gewys
wat ek gedoen het, en vir die aardigheid het
ek op 'n swart en wit foto, die oë gekleur.
My oë is werklik groen, en jy sal sien dat ek
dit op een van die fotos gedoen het.
Dit was net in opvolg oor ons gesprek oor
die restourasie van foto's. (die grap is dat
dit geneem is nie lank voor die jare wat
Gloudina gedink het ek is iemand in
Noord Amerika, en vertel het hoe vet ek is:-)
Dit was vir my snaaks.
Ek is nou besig om foto's wat ek vanmiddag
geneem het, te verwerk, en miskien wys ek netnou vir
jou een of twee.
Dave
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Waar's jy Elaine? [boodskap #102985 is 'n antwoord op boodskap #102976] |
Wo., 11 Mei 2005 18:46  |
knersus
Boodskappe: 211 Geregistreer: April 2006
|
Senior Lid |
|
|
Inderdaad 'n vlamboom. Ander naam is ook "flamboyant". Spathodea Campanulata.
Hier is 'n skakel met inligting:
http://www.up.ac.za/academic/botany/garden/species/98.html
Dit is eintlik nie 'n boom van SA nie, wel van Afrika en meer tropies van aard.
'n Vreeslike morsige boom, maar darem baie mooi blomme. Hullle vertoon op hul
bestes as daar massas en massas blomme is - die blomme neig om aan die bokant
van die boom te groepeer.
Jou foto is baie goed - beligting net reg met baie detail.
Julius Bergh het geskryf:
> Terwyl on so van fotos praat, hierdie tyd van die jaar blom die "African Tulips" bome baie mooi. Hulle is baie gewild hir in OZ en hulle enigste
> probleem is dat hulle te maklik groei. Gevolglik hou die natuurbewaarings mense nie so baie van hierdie Immerrant uit Suid Afrika nie.
>
> Ek het hierdie outjie sowat n week gelede gefotografeer.
>
> Ek dink in Afrikaans word hy algemeen die flamboom genoem.
>
> Help my reg as dit nie so is nie
>
> http://www.juliusbergh.com/temp/IMGP8308W.jpg
>
>
--
_______
| OSCAR |
|KNERSUS|
|_&_KIE_|
|
|
|
|