Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Ek wag nog op repliek, At.
Re: Ek wag nog op repliek, At. [boodskap #10250] Wo, 06 Augustus 1997 00:00 na volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote in article ...
>
>>>
>>>>
>>>> Maar jy, Gloudina, _praat_ nie op hierdie nuusgroep nie. Jy laster. Jy
>>>> laster soos die Legio. Mag jy ook 'n varktrop invaar en oor 'n krans
>>>> verdwyn!
>>>>
>>>> Leendert
>>>
>>
>
>

Spring, At!

Hoe durf jy Haar Boosheid laat wag!

En terwyl jy spring, hiermee sommer ook my reaksie op 'n vroeëre berig van
HB, hier by 6 Julie rond.

Groete, Leendert

Bouwer wrote in article ...
>
>
>
> (1) Leendert, vir iemand wat 'n wetenskaplike is, is
> jou geskrywery 'n aaneenflansing van veralgemenings.

Dankie vir 'n stukkie weldeurdagte, goedgemotiveerde literêre kritiek.
Dit sou help as jy uit my teks voorbeelde gee van "veralgemenings".

> Jy het 'n agenda.

How perceptive of you! En wat sou my agenda wees? Ek het bloot punt vir
punt gereageer op jou stellings.

> Jy sê julle is nou so arm dat julle
> nie meer koppies kan koop nie. Jy moet iets verkeerd
> doen.

Inderdaad. Ek bly hier.

> Die indruk wat ek kry uit ons kontak met vriende
> en kuberkontakte se vriende, is dat die witmense in SA
> nog orals rondry, baie buiteland toe gaan (meer as die
> deursnee Kanadees) en eintlik baie bederf is.

Ek het jou in die afgelope maande al herhaaldelik daarop gewys dat jou
indrukke foutief - of uiters selektief - is. Iemand anders het jou daarop
gewys dat jou vriendekring klaarblyklik uit besonder bevoorregde mense
gekies is. Dit is die soort wat alyd bo uitkom, ongeag die omstandighede -
die soort wat soos die eerste Lord Rothchild glo: "The time to buy is when
the blood is running in the streets". Jou indrukke, Gloudina, gee 'n kykie
op jou vriendekring.

En, tussen hakies, hierdie stelling oor "die witmense in Suid-Afrika" moet
die koek vat - van veralgemenings gepraat! Kom vertel dit gerus vir die
verflenterde "wit Suid-Afrikaanse" vroue wat by elke tweede verkeerslig
staan en bedel.

> As daar
> aan die geld- en mag-strukture van Afrikaanse universi-
> teite gekap word, is dit natuurlik.

Daaroor moet ek voor jou meerdere kennis buig - ek was nog nooit deel van
die "geld- en magstrukture" nie.

> Daar is nou nie meer
> so baie geld om op witvelliges uit te gee nie.Dit was in
> alle geval van voor 1948 al 'n skandaal: al die vet van die
> land bestee aan 'n paar miljoen wittes.

Nou wie is hoogheilig oor veralgemenings? Of wat noem jy hierdie een!

> Dit is wel waar dat daar 'n probleem met geweld
> is. Maar dieselfde familielid van my wat (deur die ou
> regime) as lid van die Goldstone Kommissie benoem is,
> is nou (deur die nuwe regime) aangestel om die regering
> se beleid vir die bekamping van geweld te ko-ordineer.
> Hy is dus geen lakei van "hulle" nie.
> Die regering probeer dus wel iets aan die saak doen.
> Ek dink hulle is net so bekommerd daaroor as jy.

Ek weet nie waarop jy hierdie persepsie van jou grond nie - waarskynlik op
dieselfde soort bronne as die wat jou die indruk gee van bedorwe wit
Suid-Afrikaners. Of dalk wil jy my verduidelik hoe en waar hierdie "kommer"
manifesteer - dat ek dit ook kan sien.

> Die feit
> is egter dat die saad wat in die apartheidsdae gesaai is, nou
> warrelwinde maai.

Hierdie keurige stukkie sinisme is veel nader aan die huidige regering se
standpunt oor misdaad en geweld - dis die slagoffer se skuld dat hy die
teiken daarvan geword het - "blame the victim"!!

> As ten minste al die "Christene" soos
> jy (of jou ouers) in die vyftigerjare opgestaan het en gesê
> het tot hiertoe en nie verder nie, dan sou die hele Suid-Afrika
> definitief nou anders gelyk het. Maar nee, julle het geluister
> na die sogenaamde Christelike predikante wat vir julle
> probeer oortuig het dat apartheid skriftelik korrek is. En
> daardie predikante wat vir julle wou vertel dat iets nie
> reg is nie, het julle onder huisarres geplaas, of deur die
> venster doodgeskiet terwyl hulle met hul kleinkinders gesit
> en speel het.

Ek neem ernstig aanstoot aan hierdie stelling. As jy besef wat jy hier sê,
en dit bedoel, moet jy ook saamstem dat jy ons hier 'n blik gegee het op 'n
mees afstootlike dimensie van jou persoonlikheid. Die laaste sin, in
besonder, is onverhole laster!

Ek hoop jy het desnieteenstaande genoeg ordentlikheid om hierdie beweringe
terug te trek.

> En as julle as Christene en as Afrikaners
> nou julle hande wil was van al daardie dinge, en aangaan
> om die huidige demokraties-verkose regering (NP in die
> provinsiale regering van die WesKaap) aan te val met julle
> better-than-thou instelling, dan beswadder julle nie net die
> goeie naam van opregte Christene nie, maar ook die naam
> van die regte Afrikaner, wat verontwaardig is dat sy goeie
> naam besoedel is deur 'n bende, wat in sy naam 'n land
> oorgeneem en tot amper ondergang gelei het.

Ek het dit al tevore duidelik gemaak - tot vervelens toe - ek moet nog sien
hoe verskil hierdie regering van die vorige waar dit integriteit aangaan.
En dit sluit die spul rowers in die Wes-Kaap in.

[...]

> Ek dink haar opmerking dat die
> swartmense in SA nie lag nie, kom van die feit dat sy in
> Montreal in aanraking kom met mense wat Frans praat van
> Haiti en ander dele van die Karibbiese eilande en wat baie
> meer voor op die wa is met hulle emosies. Ek dink die
> mense uit swart stamme in SA is baie meer beleefd, amper
> "solemn" wanneer hulle vreemdelinge ontmoet, en laat hul-
> self eers toe om loslyf te lag as hulle die saak bekyk het.

En hierdie is 'n totaal ander kontekstualisering as die een waarin jy
aanvanklik Michelle se waarneming geplaas het - nou lyk dit so onskuldig.

Sies Gloudina!

> En ek glo dat dit veral Afrikaners is wat nou moet help
> om 'n gesonde maatskappy daar te stel, sodat ons ten minste
> die nuwe eeu kan ingaan as beskaafde wesens. Ek het eintlik
> baie vertroue dat dit die Afrikaners is wat dit sal teweegbring.

Nie jou soort nie, ou ding!

Gloudina, vandag het jy jouself waaragtig oortref - in oneerlikheid,
eenoogigheid, kleinsieligheid en verwaandheid.

Ek hoop inniglik jy stik daaraan!

Leendert
Re: Ek wag nog op repliek, At. [boodskap #10284 is 'n antwoord op boodskap #10250] Sa, 09 Augustus 1997 00:00 Na vorige boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 6 Aug 1997 17:22:22 GMT, "Leendert van Oostrum"
wrote:

standpunt oor misdaad en geweld - dis die slagoffer se skuld dat hy die[/color]
> teiken daarvan geword het - "blame the victim"!!>>>

Leendert, terwyl ek nog wag op jou weergawe van wat Mandela presies
van die Jode gese het, lees ek toe die raak.
Jy gaan darem wild om met wat die nuwe regering se, heh?
Of moet ek eerder se: Wat JY se die nuwe regering se.
Jou opmerking hierbo is twak. Dis nie die regering se mhouding of
posisionering teenoor misdaad nie.
Miskien verwag jy dit met mense wat se die misdaad van vandag het
wortels in armoede en werkloosheid en dat dit baie kere verband hou
met "disposession" en so meer.
Dan se hulle die werklike oplossing vir die misdaad-probleem le ONDER
MEER in die skepping van welvaart en werkgeleenthede.

Hoe de hel jy dit kan verander wat jy hierbo se, sal net jy weet.
Vorige onderwerp: oogs ploggers deplompf deebittiesdorf in snag oort
Volgende onderwerp: Ek wag nog op repliek, At.
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Jun 26 01:59:44 MGT 2024