Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Vrae oor Jan Smuts
Vrae oor Jan Smuts [boodskap #10127] |
Wed, 30 July 1997 00:00  |
G.B.
Boodskappe: 2172 Geregistreer: May 1997
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
In my kleindae was die persoon van Generaal
Smuts soos iets wat uit graniet gekap was. Deel van
my ékennisê van hom was gebaseer op die wete dat
hy baiekeer Tafelberg op en af geklim het. Deel daar-
van was die wete dat my ma se familie �Sappe� was,
veral my ouma en oupa van moederskant wat gereeld
vir my na politieke vergaderings geneem het, waar
ons lekker tussen die grootmense se bene gespeel het.
Soos ek groter geword het, het ek bewus geword dat
hy 'n internasionale figuur is, een van die leiers in
San Fransisco by die ontstandkoming van die VVO.
Ek was daarvan bewus dat my pa nie 'n Sap was nie,
maar hy het altyd waarderend gepraat van Smuts as
boeregeneraal in die Boere-oorlog, dus het ek nooit
negatief oor Smuts gevoel nie. Ek het nooit sover ge-
kom om sy Holistiese filosofie in besonderhede te
bestudeer nie. (Wens At wil meer daarvan vertel.) Ek
kan egter onthou dat ek baie verontwaardig was toe
ek uitvind dat Smuts aan bewind was toe die stemreg
van die Indiërs in die Kaapland weggeneem is. Ek
wonder hoe hy dit geregverdig het?
Gloudina
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Vrae oor Jan Smuts [boodskap #10242 is 'n antwoord op boodskap #10127] |
Tue, 05 August 1997 00:00  |
John
Boodskappe: 10 Geregistreer: August 1997
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
Ek vind die bespreking oor Jan Smuts interessant, veral omdat ek min oor
die onderwerp weet. Veral treffend was die insig in 'n vorige pos, oor
sy diep begrip van beide die Afrikaanse en Engelse kulture, en die
positiewe daarin. Die noem van Sir Laurens van der Post in 'n parallelle
bydrae, herinner my toe daaraan dat hier nog 'n persoon is wat dieselfde
kon regkry, hierdie keer vanaf Engelse kant. Waar ek lg. besef het, is
in een van sy (v.d.Post) se boeke (fiksie, ek onthou nie meer die naam
nie; dit was nie `Lost World of the Kalahari' nie), waar hy sy storielyn
onderbreek vir 'n bladsy of meer, om eers die woord `janee' uit een van
sy karakters se monde te verduidelik. Hy het dit gewoon as `yes-no'
vertaal, maar in sy verduideliking 'n verrassende insig in
Afrikanerwees, en die gevolglike noodwendigheid van so 'n klaarblyklik
teenstrydige woord, gelewer, wat my diep beindruk het. Ek wil nie
probeer om dit hier te herhaal nie; ek dink nie ek sal reg kan laat
geskied daaraan nie. Ek sal probeer om dit weer op te spoor en hier te
deel. Intussen: Is daar dalk iemand anders wat dit al teegekom het?
Groetnis
--
John
|
|
|
Re: Vrae oor Jan Smuts [boodskap #10243 is 'n antwoord op boodskap #10127] |
Tue, 05 August 1997 00:00  |
cg
Boodskappe: 19 Geregistreer: January 1996
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
Gloudina het geskryf...
> Colin, baie dankie vir die sites. Dis so verbasend
> om verwysings na J. C. Smuts te sien in stukke post-
> modernistiese denke. Ek moet dadelik die biblioteek
> vra om sy boek oor Holisme vir my te laat laat kry.
> En sy korrespondensie, as hulle dit het.
Probeer ook om in die hande te kry, Piet Beukes se vier baie interessante boekies...
_The Holistic Smuts_, Human & Rousseau, Cape Town, 1991
_The Romantic Smuts_, Human & Rousseau, Cape Town, 1992
_The Religious Smuts_, Human & Rousseau, Cape Town, 1994
_Smuts the Botanist_, Human & Rousseau, Cape Town, 1996
> Wat 'n lewensloop wat hy moes deurmaak! Generaal
> in drie oorloë.
En die smart van Ouma Smuts. Wat moes sy nie deurmaak nie! Hier het ons nie net die storie van een
van die uitstekende denkers van die 20ste Eeu maar ook een van die wêreld se onvergeetlike
liefdesverhale.
> Seker as gevolg daarvan die brandende
> begeerte om 'n wereldliggaam te skep om die vrede te
> bewaar.
'n Vlam wat ook aangesteek is deur Christus en veral die versoeningsliefde van Kwakers soos
Hobhouse. Iewers in die' man se drome, hart en lewensverhaal, vermoed ek, skuil die geheim vir vrede
tussen vyande in die Nuwe SA.
Colin
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Sun Mar 09 22:23:45 UTC 2025
|