Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Onheilige genot
Onheilige genot [boodskap #10219] Ma, 04 Augustus 1997 00:00
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Verlede Donderdag was ek in Natal, waar die huidige hoof van een van die ou
Engelse families 'n toeris iets van die geskiedenis vertel het. Onder
andere het hy hom uitgelaat oor sy afsku aan "die Afrikaners" wat direk uit
die kerk sou kom en "Voertsek Kaffer", slaan en vloek onder hul werknemers.

Ek verneem toe die Saterdag dat hy net die volgende dag aangekla is van
aanranding op een van _sy_ werknemers. Dit het hom 'n verskoei gekos om die
saak buite die hof te skik.

Ek het nie die hart om die storie vir die toeris te vertel nie, maar ek kan
nie help om iets van 'n "schadenfreude" (is dit die woord, Vira?) te voel
nie.

Maar miskien moet mens die een Biskop van Kantelberg se woorde ter harte
neem. By die aanskou van 'n dronklap in die straat het hy opgemerk: "There,
but for the Grace of God, go I". Dalk pas dit ons almal om maar nie te
heilig voor te doen nie. Miskien is dit inderdaad net Genade dat ons nie
almal Goebels, Beria, of Pol Pot heet nie.

Dit herinner aan 'n verwante verskynsel. Sir Laurens van der Post het op
verskeie plekke gewys op iets wat hy die eerste maal opgelet het by die
verhore van die Japannese wat die bewakers was van die konsentrasiekamp
waar hy (Van der Post) en duisende ander in die oorlog aangehou is, met die
gepaardgaande mishandeling en marteling. Van der Post het opgemerk dat die
mense wat self gevangenes in die kamp was min morele verontwaardiging, haat
en vergeldingsgesindheid teenoor die Japannese getoon het. Hierdie houdings
het feiltik uitsluitlik gekom van mense wat hoegenaamd nie in die kamp was
nie, en net daarvan gehoor het. Hy het soortgelyke verskynsels later in
diverse situasies opgeteken.

Die gedagte hieraan was iets van 'n troos toe 'n Deense toeris (met 'n "dun
ou minusmond" - letterlik) my eenmaal op 'n bus in Europa fisies toegetakel
het toe sy verneem ek is van Suid-Afrika.

Mens sou dink dat dit juis Afrikaners is wat uit ervaring die drang moes
verleer om die geraamtes in ons kas te hanteer deur lekker te kry as daar
'n sondebok oor ons pad kom. Ons ken per slot van rekening die posisie van
die een vir Azazel.

My genot met Peter die Ingelsman se predikament is dus inderdaad
"onheilig".

Groete, Leendert
Vorige onderwerp: OORDENKING
Volgende onderwerp: ag, asseblief !
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Jun 10 19:11:15 MGT 2024