Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Vir Ferdi & Suidwester
Vir Ferdi & Suidwester [boodskap #101825] Do, 10 Maart 2005 14:32 na volgende boodskap
Riaan  is tans af-lyn  Riaan
Boodskappe: 1008
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
Wat is die rede volgens julle dat die SA spanne net nie die mas opkom in die
Super 12 nie.
Re: Vir Ferdi & Suidwester [boodskap #101827 is 'n antwoord op boodskap #101825] Do, 10 Maart 2005 14:42 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Sien Volkslied.

Verlede jaar het die span teen wie Stormers verlede week gelykop gespeel
het, erg verloor teen Stormers.
En geen span gaan teen 'n swakker Brumbiepsan as verlede week s'n speel nie,
en die Blouselbloubulltjies kon nog steeds nie wen nie.
Net een rede eintlik - hulle en die afrigters chat hulself te veel in hoe
goed hulle nou kamstig is.

--
Groetnis
Annette

"Riaan" skryf in boodskap news:1110465164.399358@proxy.jhb.stormnet.co.za...
> Wat is die rede volgens julle dat die SA spanne net nie die mas opkom in die
> Super 12 nie.
>
Re: Vir Ferdi & Suidwester [boodskap #101829 is 'n antwoord op boodskap #101825] Do, 10 Maart 2005 15:23 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
1. Nie professioneel genoeg nie. Beide spelers en afrigters moet besef
dat rugby lankal nie meer net 'n lekker lewenswyse is nie. Wedstryde is
daar om gewen te word teen alle koste. Beide spelers en afrigters moet
oopkop genoeg wees om te besef dat as daar tekorte is in speler of afrigter,
dan moet dit so gou moontlik reggestel word. As 'n man nie 'perform' nie,
gooi hom uit en kry 'n ou wat graag wil werk.
2. Ons dwaal in 'n Curriebekerkultuur rond. Daar is een moerse verskil
tussen Curriebeker en S12, die weet ons almal. Jy kan in die Curriebeker
met oudmodiese tipe rugby wegkom, maar in die S12 werk dit eenvoudig nie.
3. Ons spanne het almal 'n moerse behoefte aan 'n behoorlike strategiese
leier op die veld. Iemand wat die gang van die spel kan lees en aanpas.
Voorbeelde hiervan is beroemde en huidige bekende losskakels, soos bv. Naas
in die verlede, nou se Mehrtens, Spencer, Larkham. Destyds na Naas het SA
gely aan 'n anti-Naas kultuur en was 'n skoppende losskakel iets absoluut
ongewens. Daar is begin met stampkarrugby en dit het gewerk vir 'n paar
jaar......tot die teenstanders die storie natuurlik uitgewerk het. Solank
as wat ons gaan bly rondploeter op die afrigter se 'game plan', so lank gaan
ons sukkel.
4. Ons spelers kry te maklik seer. Onfiks? Nie maklik nie. Ons het
wel die kultuur om deesdae met geweld in die opponente vas te hardloop en
hom so te probeer intimideer, terwyl die oorsese mense probeer om eerder
rondom die opponente te hol. Dit maak die straf op die lyf minder.
Hierdie modus operandi maak dat ons eerder die man as die bal speel. Kyk
maar na die Ozzies en die 'Blacks: Hulle 'tackle' 'n ou met die primôre
doel om die bal weer beskikbaar te kry vir een van sy spanmaats om verder te
speel. Ons manne slaat die ou met geweld en staan dan terug en kyk angstig
hoe seer het hy die ou gemaak. Teen die tyd wat hy weer begin speel het
die ander mense al amper tot op sy doellyn gevorder. In kort, ons benodig
vaardigheid dringend. Sterk is die manne ja, maar meer breins sal vreeslik
baie help!

"Riaan" skryf in boodskap news:1110465164.399358@proxy.jhb.stormnet.co.za...
> Wat is die rede volgens julle dat die SA spanne net nie die mas opkom in
> die Super 12 nie.
>
Re: Vir Ferdi & Suidwester [boodskap #101836 is 'n antwoord op boodskap #101829] Vr, 11 Maart 2005 06:13 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Riaan  is tans af-lyn  Riaan
Boodskappe: 1008
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
Stem 100% saam met jou. Een ding wat ek eger nog vir myself moet uitwerk is
weg wedstryde vs tuis wedstryde. Ek wonder hoe baie verskil 'n weg wedstryd
regtig maak, aangesien die ouens deesdae so baie rondspeel, en om James
Small as voorbeeld te gebruik, Hy het gese in 1995 het hulle so op die veld
gekonsentreer dat hulle nie eers die mense gehoor het nie. Nou wonder ek net
hoekom hulle "as prof spelers" nie altyd so konsentreer nie

"Suidwester" skryf in boodskap news:OuadnSR92q4A9a3fRVn-oQ@is.co.za...
> 1. Nie professioneel genoeg nie. Beide spelers en afrigters moet besef
> dat rugby lankal nie meer net 'n lekker lewenswyse is nie. Wedstryde is
> daar om gewen te word teen alle koste. Beide spelers en afrigters moet
> oopkop genoeg wees om te besef dat as daar tekorte is in speler of
> afrigter, dan moet dit so gou moontlik reggestel word. As 'n man nie
> 'perform' nie, gooi hom uit en kry 'n ou wat graag wil werk.
> 2. Ons dwaal in 'n Curriebekerkultuur rond. Daar is een moerse verskil
> tussen Curriebeker en S12, die weet ons almal. Jy kan in die Curriebeker
> met oudmodiese tipe rugby wegkom, maar in die S12 werk dit eenvoudig nie.
> 3. Ons spanne het almal 'n moerse behoefte aan 'n behoorlike strategiese
> leier op die veld. Iemand wat die gang van die spel kan lees en aanpas.
> Voorbeelde hiervan is beroemde en huidige bekende losskakels, soos bv.
> Naas in die verlede, nou se Mehrtens, Spencer, Larkham. Destyds na Naas
> het SA gely aan 'n anti-Naas kultuur en was 'n skoppende losskakel iets
> absoluut ongewens. Daar is begin met stampkarrugby en dit het gewerk vir
> 'n paar jaar......tot die teenstanders die storie natuurlik uitgewerk het.
> Solank as wat ons gaan bly rondploeter op die afrigter se 'game plan', so
> lank gaan ons sukkel.
> 4. Ons spelers kry te maklik seer. Onfiks? Nie maklik nie. Ons het
> wel die kultuur om deesdae met geweld in die opponente vas te hardloop en
> hom so te probeer intimideer, terwyl die oorsese mense probeer om eerder
> rondom die opponente te hol. Dit maak die straf op die lyf minder.
> Hierdie modus operandi maak dat ons eerder die man as die bal speel. Kyk
> maar na die Ozzies en die 'Blacks: Hulle 'tackle' 'n ou met die primôre
> doel om die bal weer beskikbaar te kry vir een van sy spanmaats om verder
> te speel. Ons manne slaat die ou met geweld en staan dan terug en kyk
> angstig hoe seer het hy die ou gemaak. Teen die tyd wat hy weer begin
> speel het die ander mense al amper tot op sy doellyn gevorder. In kort,
> ons benodig vaardigheid dringend. Sterk is die manne ja, maar meer
> breins sal vreeslik baie help!
>
>
> "Riaan" wrote in message
> news:1110465164.399358@proxy.jhb.stormnet.co.za...
>> Wat is die rede volgens julle dat die SA spanne net nie die mas opkom in
>> die Super 12 nie.

>
Re: Vir Ferdi & Suidwester [boodskap #101838 is 'n antwoord op boodskap #101836] Vr, 11 Maart 2005 06:32 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Die tuiswedstryde behoort meer ondersteuners te hê - maar behoort die gebrek
aan ondersteuners nie juis 'n ekstra aansporing wees nie?
Of het hulle applous nodig elke keer as hulle aan die bal raak om te kan
presteer?

--
Groetnis
Annette

"Riaan" skryf in boodskap news:1110521620.584378@proxy.jhb.stormnet.co.za...
> Stem 100% saam met jou. Een ding wat ek eger nog vir myself moet uitwerk is
> weg wedstryde vs tuis wedstryde. Ek wonder hoe baie verskil 'n weg wedstryd
> regtig maak, aangesien die ouens deesdae so baie rondspeel, en om James
> Small as voorbeeld te gebruik, Hy het gese in 1995 het hulle so op die veld
> gekonsentreer dat hulle nie eers die mense gehoor het nie. Nou wonder ek net
> hoekom hulle "as prof spelers" nie altyd so konsentreer nie
>
>
> "Suidwester" wrote in message
> news:OuadnSR92q4A9a3fRVn-oQ@is.co.za...
>> 1. Nie professioneel genoeg nie. Beide spelers en afrigters moet besef
>> dat rugby lankal nie meer net 'n lekker lewenswyse is nie. Wedstryde is
>> daar om gewen te word teen alle koste. Beide spelers en afrigters moet
>> oopkop genoeg wees om te besef dat as daar tekorte is in speler of
>> afrigter, dan moet dit so gou moontlik reggestel word. As 'n man nie
>> 'perform' nie, gooi hom uit en kry 'n ou wat graag wil werk.
>> 2. Ons dwaal in 'n Curriebekerkultuur rond. Daar is een moerse verskil
>> tussen Curriebeker en S12, die weet ons almal. Jy kan in die Curriebeker
>> met oudmodiese tipe rugby wegkom, maar in die S12 werk dit eenvoudig nie.
>> 3. Ons spanne het almal 'n moerse behoefte aan 'n behoorlike strategiese
>> leier op die veld. Iemand wat die gang van die spel kan lees en aanpas.
>> Voorbeelde hiervan is beroemde en huidige bekende losskakels, soos bv.
>> Naas in die verlede, nou se Mehrtens, Spencer, Larkham. Destyds na Naas
>> het SA gely aan 'n anti-Naas kultuur en was 'n skoppende losskakel iets
>> absoluut ongewens. Daar is begin met stampkarrugby en dit het gewerk vir
>> 'n paar jaar......tot die teenstanders die storie natuurlik uitgewerk het.
>> Solank as wat ons gaan bly rondploeter op die afrigter se 'game plan', so
>> lank gaan ons sukkel.
>> 4. Ons spelers kry te maklik seer. Onfiks? Nie maklik nie. Ons het
>> wel die kultuur om deesdae met geweld in die opponente vas te hardloop en
>> hom so te probeer intimideer, terwyl die oorsese mense probeer om eerder
>> rondom die opponente te hol. Dit maak die straf op die lyf minder.
>> Hierdie modus operandi maak dat ons eerder die man as die bal speel. Kyk
>> maar na die Ozzies en die 'Blacks: Hulle 'tackle' 'n ou met die primôre
>> doel om die bal weer beskikbaar te kry vir een van sy spanmaats om verder
>> te speel. Ons manne slaat die ou met geweld en staan dan terug en kyk
>> angstig hoe seer het hy die ou gemaak. Teen die tyd wat hy weer begin
>> speel het die ander mense al amper tot op sy doellyn gevorder. In kort,
>> ons benodig vaardigheid dringend. Sterk is die manne ja, maar meer
>> breins sal vreeslik baie help!
>>
>>
>> "Riaan" wrote in message
>> news:1110465164.399358@proxy.jhb.stormnet.co.za...
>>> Wat is die rede volgens julle dat die SA spanne net nie die mas opkom in
>>> die Super 12 nie.
>
>>
>
Re: Vir Ferdi & Suidwester [boodskap #101839 is 'n antwoord op boodskap #101836] Vr, 11 Maart 2005 08:33 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Is dit nie dalk oor hulle al te gewoond is aan die hele proses nie? Dat
niks meer vir hulle eintlik snaaks is nie. Hulle is daar om hul geld te
verdien en dit maak nie saak of hulle wen of verloor nie, hul geldjie kry
hulle? Wat is eintlik nog daar oor vir hulle om persoonlik te bereik. Om
springbok te word is nie meer snaaks nie en in elk geval is seker meer as
die helfte van die ouens wat in die S12 speel alreeds springbokke?
Springbokkleure is so goedkoop gemaak dat dit eintlik geen waarde meer het
nie.
Miskien kan ek vir jou beter verduidelik oor die snaaksigheidwaarde wat
verlore gaan met 'over exposure': Vroeër jare het die mense die rugby
geoordeel 99% op wat hulle oor die radio kon hoor met 'n erg partydige
Gerhard Vivier aan woord. Wonderwerke is vir die mense met smaak beskryf
en die die publiek se verbeeldings het die res gedoen. Miskien het 'n ou
die kans gekry om 'n toets of twee te gaan kyk en vir ewig sal hierdie
beelde vasgebrand sit in die geheues van die entoesias en as 'n man daai dag
iets spesiaal gedoen het, dan is hy hierdie ou se held vir ewig. Die mens
se verbeelding is iets geweldigs. Ek neem aan jy bly en werk in 'n stad
en is blootgestel aan die jong meisies van vandag, maar dit is niks snaaks
meer vir julle om meisies met kaal pense oral te sien rondloop nie. Laer
halse is aan die orde van die dag. Ons plattelanders is egter minder
blootgestel daaraan en vind dit baie, eh, 'versteurend.' Sekerlik ook nog
meer snaaks, maar is jy lank genoeg in die stad, dan raak jy seker maar
gewoond?
En vandag? Ons sien elke wedstryd se besonderhede in grafiese detail
op die TV en kundige mense bespreek en verduidelik elke beweging. Alles is
daar vir elkeen om te sien en sy eie oordeel te fel want in die proses het
sy eie kennis van die spel gegroei en hy kan self sien of 'n span kak speel
of nie. Ek dink dieselfde geld vir die spelers ook. Hulle het alles
gedoen, gesien. Niks is meer snaaks nie. Die S12 is maar net nog 'n
toernooi. As ek nou 'n afrigter was, dan sou ek 'n puntestelsel ontwerp
het en so 'n paar kenners gekry het om my te help, byvoorbeeld:
Die Bulls en ek sou vir Naas, Joost en Stransky kry om elke wedstryd dop
te hou en vir elke speler punte toe te ken volgens hoe hy 'n wedstryd speel.
Die spelers sal weet hulle word beoordeel en daai punte gaan bepaal hoeveel
van sy wedstrydgeld hy gaan kry en of hy die volgende wedstryd gaan speel.
As hy vir te veel wedstryde onder die standaard presteer is dit ghoebaai met
hom. Laat teken hulle kontrakte wat prestasiegekoppel is. Gee hulle 'n
doel om voor te werk.
Nog iets: Is die S12 nie besig om afgesaag te raak nie? Wat van hulle
speel die S12 elke tweede jaar en in die tussen-in jare speel hulle 'n
toernooi gemeng met Noordelike halfrond spanne?

"Riaan" skryf in boodskap news:1110521620.584378@proxy.jhb.stormnet.co.za...
> Stem 100% saam met jou. Een ding wat ek eger nog vir myself moet uitwerk
> is weg wedstryde vs tuis wedstryde. Ek wonder hoe baie verskil 'n weg
> wedstryd regtig maak, aangesien die ouens deesdae so baie rondspeel, en om
> James Small as voorbeeld te gebruik, Hy het gese in 1995 het hulle so op
> die veld gekonsentreer dat hulle nie eers die mense gehoor het nie. Nou
> wonder ek net hoekom hulle "as prof spelers" nie altyd so konsentreer nie
Re: Vir Ferdi & Suidwester [boodskap #101840 is 'n antwoord op boodskap #101839] Vr, 11 Maart 2005 08:37 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Goeie idees Suidwester.
Behalwe dat ek "versteurend" met "opwindend" sou vervang:))
--
Groetnis
Annette

"Suidwester" skryf in boodskap news:BvCdnRytvbxLyqzfRVn-3Q@is.co.za...
> Is dit nie dalk oor hulle al te gewoond is aan die hele proses nie? Dat
> niks meer vir hulle eintlik snaaks is nie. Hulle is daar om hul geld te
> verdien en dit maak nie saak of hulle wen of verloor nie, hul geldjie kry
> hulle? Wat is eintlik nog daar oor vir hulle om persoonlik te bereik. Om
> springbok te word is nie meer snaaks nie en in elk geval is seker meer as
> die helfte van die ouens wat in die S12 speel alreeds springbokke?
> Springbokkleure is so goedkoop gemaak dat dit eintlik geen waarde meer het
> nie.
> Miskien kan ek vir jou beter verduidelik oor die snaaksigheidwaarde wat
> verlore gaan met 'over exposure': Vroeër jare het die mense die rugby
> geoordeel 99% op wat hulle oor die radio kon hoor met 'n erg partydige
> Gerhard Vivier aan woord. Wonderwerke is vir die mense met smaak beskryf
> en die die publiek se verbeeldings het die res gedoen. Miskien het 'n ou
> die kans gekry om 'n toets of twee te gaan kyk en vir ewig sal hierdie
> beelde vasgebrand sit in die geheues van die entoesias en as 'n man daai dag
> iets spesiaal gedoen het, dan is hy hierdie ou se held vir ewig. Die mens
> se verbeelding is iets geweldigs. Ek neem aan jy bly en werk in 'n stad
> en is blootgestel aan die jong meisies van vandag, maar dit is niks snaaks
> meer vir julle om meisies met kaal pense oral te sien rondloop nie. Laer
> halse is aan die orde van die dag. Ons plattelanders is egter minder
> blootgestel daaraan en vind dit baie, eh, 'versteurend.' Sekerlik ook nog
> meer snaaks, maar is jy lank genoeg in die stad, dan raak jy seker maar
> gewoond?
> En vandag? Ons sien elke wedstryd se besonderhede in grafiese detail
> op die TV en kundige mense bespreek en verduidelik elke beweging. Alles is
> daar vir elkeen om te sien en sy eie oordeel te fel want in die proses het
> sy eie kennis van die spel gegroei en hy kan self sien of 'n span kak speel
> of nie. Ek dink dieselfde geld vir die spelers ook. Hulle het alles
> gedoen, gesien. Niks is meer snaaks nie. Die S12 is maar net nog 'n
> toernooi. As ek nou 'n afrigter was, dan sou ek 'n puntestelsel ontwerp
> het en so 'n paar kenners gekry het om my te help, byvoorbeeld:
> Die Bulls en ek sou vir Naas, Joost en Stransky kry om elke wedstryd dop
> te hou en vir elke speler punte toe te ken volgens hoe hy 'n wedstryd speel.
> Die spelers sal weet hulle word beoordeel en daai punte gaan bepaal hoeveel
> van sy wedstrydgeld hy gaan kry en of hy die volgende wedstryd gaan speel.
> As hy vir te veel wedstryde onder die standaard presteer is dit ghoebaai met
> hom. Laat teken hulle kontrakte wat prestasiegekoppel is. Gee hulle 'n
> doel om voor te werk.
> Nog iets: Is die S12 nie besig om afgesaag te raak nie? Wat van hulle
> speel die S12 elke tweede jaar en in die tussen-in jare speel hulle 'n
> toernooi gemeng met Noordelike halfrond spanne?
> "Riaan" wrote in message
> news:1110521620.584378@proxy.jhb.stormnet.co.za...
>> Stem 100% saam met jou. Een ding wat ek eger nog vir myself moet uitwerk
>> is weg wedstryde vs tuis wedstryde. Ek wonder hoe baie verskil 'n weg
>> wedstryd regtig maak, aangesien die ouens deesdae so baie rondspeel, en om
>> James Small as voorbeeld te gebruik, Hy het gese in 1995 het hulle so op
>> die veld gekonsentreer dat hulle nie eers die mense gehoor het nie. Nou
>> wonder ek net hoekom hulle "as prof spelers" nie altyd so konsentreer
nie
>
Re: Vir Ferdi & Suidwester [boodskap #101847 is 'n antwoord op boodskap #101825] Vr, 11 Maart 2005 09:44 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi Greyling  is tans af-lyn  Ferdi Greyling
Boodskappe: 1232
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 10 Mar 2005 16:32:44 +0200, "Riaan" wrote:

> Wat is die rede volgens julle dat die SA spanne net nie die mas
opkom in die Super 12 nie.

Swak afrigters. Swak vaardighede van die spelers. Algemene domheid.

Bv die Bulls - Heynecke Meyer het 'n rekord twee jaar gelede in die
S12 van iets soos 1 wen en 20 verloor. Tog word hy weer afrigter
gemaak vanjaar. Sy plan: On die Bulls se voorspelers een-een in die
opposisie te laat vashardloop en aan almal wat wil luister te vertel
hoe goed Derick Hougaard skop.
Resultaat? Opposisie vat die bal by die Bulls se voorspelers af en
Hougaard skop kak.
Hy koop Brian Habana - die opwindendste agterspeler in SA vanjaar. Dan
sit hy hom op vleuel waar hy geen balle kry nie.
Hy sit voorts met Ettienne Botha wat nie briljant verdedig nie, maar
great kan hardloop. So, op die einde 'n lekker agterlyn (Botha en
Habana) vir hardloop. Wie sit hy dan op no 10, die spil van die
agterlyn? Hougaard wat stadig soos n krap is, 100 myl agter die
voorspelers staan en doodstil staan as hy begin speel.
Dus het hy 'n agterlyn gevat wat goed kan hardloop maar swak verdedig
en hulle struktureel gegiet in 'n patroon (met Hougaard) waar hulle
nie gaan hardloop nie, maar gaan verdedig.

en so aan en so aan

Stormers: Die span se afrigter, Gert Smal, speel lank al sonder
ordentlike slotte. Nou vir so drie jaar al. Die Stormers word gereeld
voor gevou. Kry Smal slotte? Nee.
Dit worry my dat hy die Bokke se voorspeler-afrigter is maar dat die
span wat hy afrig, so kak voor is.

Wat skills betref: Wie is die Stormers se beste spelskepper? Jean de
Villiers. Wat is De Villiers se beste en verkose posisie? Senter. Waar
speel Smal hom? Op vleuel.
Wie speel hy op buite-senter? Marius Joubert. Wat is Joubert se swak
punte? Kan nie pass nie kan nie die spel lees nie.
Die Stormers moet De Villiers OP SENTER en Breyton heel eerste kies in
die S12 en dan die res van die span om hulle bou.

Vat bv. vandag. Stormers speel teen ACT. Dus is dit 'n gegewe die
spel gaan oop en vol hardloop-rugby wees.
Wie is vandag die vinnigste vleuel in wereld-rugby? Chavanga. Kies
Smal hom? Nee.

en so aan en so aan.

Basies is ons spelers en afrigters dom fokkers. Die Aussies en Kiwis
is doodeenvoudig slimmer as ons. En het beter vaardighede.

As Danie Gerber vandag vir of die Bulls of die Stormers beskikbaar
was, sou hy in albei spanne op vleuel gespeel het.
Re: Vir Ferdi & Suidwester [boodskap #101848 is 'n antwoord op boodskap #101840] Vr, 11 Maart 2005 09:44 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
He-he! Ek kon natuurlik gesê het dat ons aanmekaar handbriek moet optrek,
maar hier is sensitiewe oortjies!

"Annette" skryf in boodskap news:d0rmpk$64n$2@ctb-nnrp2.saix.net...
> Goeie idees Suidwester.
> Behalwe dat ek "versteurend" met "opwindend" sou vervang:))
> --
> Groetnis
> Annette
> "Suidwester" wrote in message
> news:BvCdnRytvbxLyqzfRVn-3Q@is.co.za...
>> Is dit nie dalk oor hulle al te gewoond is aan die hele proses nie? Dat
>> niks meer vir hulle eintlik snaaks is nie. Hulle is daar om hul geld te
>> verdien en dit maak nie saak of hulle wen of verloor nie, hul geldjie kry
>> hulle? Wat is eintlik nog daar oor vir hulle om persoonlik te bereik.
> Om
>> springbok te word is nie meer snaaks nie en in elk geval is seker meer as
>> die helfte van die ouens wat in die S12 speel alreeds springbokke?
>> Springbokkleure is so goedkoop gemaak dat dit eintlik geen waarde meer
>> het
>> nie.
>> Miskien kan ek vir jou beter verduidelik oor die snaaksigheidwaarde
> wat
>> verlore gaan met 'over exposure': Vroeër jare het die mense die rugby
>> geoordeel 99% op wat hulle oor die radio kon hoor met 'n erg partydige
>> Gerhard Vivier aan woord. Wonderwerke is vir die mense met smaak
>> beskryf
>> en die die publiek se verbeeldings het die res gedoen. Miskien het 'n
>> ou
>> die kans gekry om 'n toets of twee te gaan kyk en vir ewig sal hierdie
>> beelde vasgebrand sit in die geheues van die entoesias en as 'n man daai
> dag
>> iets spesiaal gedoen het, dan is hy hierdie ou se held vir ewig. Die
> mens
>> se verbeelding is iets geweldigs. Ek neem aan jy bly en werk in 'n
>> stad
>> en is blootgestel aan die jong meisies van vandag, maar dit is niks
>> snaaks
>> meer vir julle om meisies met kaal pense oral te sien rondloop nie.
>> Laer
>> halse is aan die orde van die dag. Ons plattelanders is egter minder
>> blootgestel daaraan en vind dit baie, eh, 'versteurend.' Sekerlik ook
> nog
>> meer snaaks, maar is jy lank genoeg in die stad, dan raak jy seker maar
>> gewoond?
>> En vandag? Ons sien elke wedstryd se besonderhede in grafiese
>> detail
>> op die TV en kundige mense bespreek en verduidelik elke beweging. Alles
> is
>> daar vir elkeen om te sien en sy eie oordeel te fel want in die proses
>> het
>> sy eie kennis van die spel gegroei en hy kan self sien of 'n span kak
> speel
>> of nie. Ek dink dieselfde geld vir die spelers ook. Hulle het alles
>> gedoen, gesien. Niks is meer snaaks nie. Die S12 is maar net nog 'n
>> toernooi. As ek nou 'n afrigter was, dan sou ek 'n puntestelsel ontwerp
>> het en so 'n paar kenners gekry het om my te help, byvoorbeeld:
>> Die Bulls en ek sou vir Naas, Joost en Stransky kry om elke wedstryd
> dop
>> te hou en vir elke speler punte toe te ken volgens hoe hy 'n wedstryd
> speel.
>> Die spelers sal weet hulle word beoordeel en daai punte gaan bepaal
> hoeveel
>> van sy wedstrydgeld hy gaan kry en of hy die volgende wedstryd gaan
>> speel.
>> As hy vir te veel wedstryde onder die standaard presteer is dit ghoebaai
> met
>> hom. Laat teken hulle kontrakte wat prestasiegekoppel is. Gee hulle
>> 'n
>> doel om voor te werk.
>> Nog iets: Is die S12 nie besig om afgesaag te raak nie? Wat van
> hulle
>> speel die S12 elke tweede jaar en in die tussen-in jare speel hulle 'n
>> toernooi gemeng met Noordelike halfrond spanne?
>> "Riaan" wrote in message
>> news:1110521620.584378@proxy.jhb.stormnet.co.za...
>>> Stem 100% saam met jou. Een ding wat ek eger nog vir myself moet
>>> uitwerk
>>> is weg wedstryde vs tuis wedstryde. Ek wonder hoe baie verskil 'n weg
>>> wedstryd regtig maak, aangesien die ouens deesdae so baie rondspeel, en
> om
>>> James Small as voorbeeld te gebruik, Hy het gese in 1995 het hulle so
>>> op
>>> die veld gekonsentreer dat hulle nie eers die mense gehoor het nie. Nou
>>> wonder ek net hoekom hulle "as prof spelers" nie altyd so konsentreer
> nie


>
Re: Vir Ferdi & Suidwester [boodskap #101849 is 'n antwoord op boodskap #101836] Vr, 11 Maart 2005 09:47 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi Greyling  is tans af-lyn  Ferdi Greyling
Boodskappe: 1232
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 11 Mar 2005 08:13:38 +0200, "Riaan" wrote:

> Stem 100% saam met jou. Een ding wat ek eger nog vir myself moet uitwerk is
> weg wedstryde vs tuis wedstryde.

Dit tel teen ons. Ons is langer op die pad en ons reis oos. In die VSA
is daar al statistiek opgestel om te kyk wie verloor meer weg - die
wat oos reis mof die wat wes reis - en die resultaat was duidelik dat
om oos te reis jou meer nadelig beinvloed as om wes te reis.
Dit word bevestig itv vlugvlouheid deur mense wat gereeld reis ook.

So ons het in die S12 'n agterstand, maar dis nie so groot om ons
lagwekkend swak vertoningslys te verduidelik nie.
Re: Vir Ferdi & Suidwester [boodskap #101850 is 'n antwoord op boodskap #101847] Vr, 11 Maart 2005 09:49 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ferdi, my hart is stukkend omdat ek hier met elke woord van jou moet
saamstem. ( behalwe Habana wat verlede jaar so goed gespeel het)
--
Groetnis
Annette

"Ferdi Greyling" skryf in boodskap news:p9p2311bpsqnggifdtdmsftbdr5r9rn6ik@4ax.com...
> On Thu, 10 Mar 2005 16:32:44 +0200, "Riaan" wrote:
>
> opkom in die Super 12 nie.
>
> Swak afrigters. Swak vaardighede van die spelers. Algemene domheid.
>
> Bv die Bulls - Heynecke Meyer het 'n rekord twee jaar gelede in die
> S12 van iets soos 1 wen en 20 verloor. Tog word hy weer afrigter
> gemaak vanjaar. Sy plan: On die Bulls se voorspelers een-een in die
> opposisie te laat vashardloop en aan almal wat wil luister te vertel
> hoe goed Derick Hougaard skop.
> Resultaat? Opposisie vat die bal by die Bulls se voorspelers af en
> Hougaard skop kak.
> Hy koop Brian Habana - die opwindendste agterspeler in SA vanjaar. Dan
> sit hy hom op vleuel waar hy geen balle kry nie.
> Hy sit voorts met Ettienne Botha wat nie briljant verdedig nie, maar
> great kan hardloop. So, op die einde 'n lekker agterlyn (Botha en
> Habana) vir hardloop. Wie sit hy dan op no 10, die spil van die
> agterlyn? Hougaard wat stadig soos n krap is, 100 myl agter die
> voorspelers staan en doodstil staan as hy begin speel.
> Dus het hy 'n agterlyn gevat wat goed kan hardloop maar swak verdedig
> en hulle struktureel gegiet in 'n patroon (met Hougaard) waar hulle
> nie gaan hardloop nie, maar gaan verdedig.
>
> en so aan en so aan
>
> Stormers: Die span se afrigter, Gert Smal, speel lank al sonder
> ordentlike slotte. Nou vir so drie jaar al. Die Stormers word gereeld
> voor gevou. Kry Smal slotte? Nee.
> Dit worry my dat hy die Bokke se voorspeler-afrigter is maar dat die
> span wat hy afrig, so kak voor is.
>
> Wat skills betref: Wie is die Stormers se beste spelskepper? Jean de
> Villiers. Wat is De Villiers se beste en verkose posisie? Senter. Waar
> speel Smal hom? Op vleuel.
> Wie speel hy op buite-senter? Marius Joubert. Wat is Joubert se swak
> punte? Kan nie pass nie kan nie die spel lees nie.
> Die Stormers moet De Villiers OP SENTER en Breyton heel eerste kies in
> die S12 en dan die res van die span om hulle bou.
>
>
> Vat bv. vandag. Stormers speel teen ACT. Dus is dit 'n gegewe die
> spel gaan oop en vol hardloop-rugby wees.
> Wie is vandag die vinnigste vleuel in wereld-rugby? Chavanga. Kies
> Smal hom? Nee.
>
> en so aan en so aan.
>
> Basies is ons spelers en afrigters dom fokkers. Die Aussies en Kiwis
> is doodeenvoudig slimmer as ons. En het beter vaardighede.
>
> As Danie Gerber vandag vir of die Bulls of die Stormers beskikbaar
> was, sou hy in albei spanne op vleuel gespeel het.
>
Re: Vir Ferdi & Suidwester [boodskap #101867 is 'n antwoord op boodskap #101849] Sa, 12 Maart 2005 08:26 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek kan nie sien hoe vlugflouheid kan veroorsaak dat jy skielik 'n gebrek aan
rubyvaardighede optel nie. Die verskille tussen die SA spanne en die
oorsese spanne is ongelukkig besig om al groter te raak.

"Ferdi Greyling" skryf in boodskap news:96q231h991g80pv87ounv3d5b98pjromge@4ax.com...
> On Fri, 11 Mar 2005 08:13:38 +0200, "Riaan" wrote:
>
> uitwerk is
>> weg wedstryde vs tuis wedstryde.
>
> Dit tel teen ons. Ons is langer op die pad en ons reis oos. In die VSA
> is daar al statistiek opgestel om te kyk wie verloor meer weg - die
> wat oos reis mof die wat wes reis - en die resultaat was duidelik dat
> om oos te reis jou meer nadelig beinvloed as om wes te reis.
> Dit word bevestig itv vlugvlouheid deur mense wat gereeld reis ook.
>
> So ons het in die S12 'n agterstand, maar dis nie so groot om ons
> lagwekkend swak vertoningslys te verduidelik nie.
>
Re: Vir Ferdi & Suidwester [boodskap #101869 is 'n antwoord op boodskap #101867] Sa, 12 Maart 2005 09:14 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ek dink Riaan? het 'n punt beet - ons reis verkeerdom na daardie plek - dis
hoekom ons verloor daar, en hulle wen hier.
Dood moet 'n oorsaak hê:))

--
Groetnis
Annette

"Suidwester" skryf in boodskap news:eeydnfZbh8g5Oq_fRVn-tA@is.co.za...
> Ek kan nie sien hoe vlugflouheid kan veroorsaak dat jy skielik 'n gebrek aan
> rubyvaardighede optel nie. Die verskille tussen die SA spanne en die
> oorsese spanne is ongelukkig besig om al groter te raak.
> "Ferdi Greyling" wrote in message
> news:96q231h991g80pv87ounv3d5b98pjromge@4ax.com...
>> On Fri, 11 Mar 2005 08:13:38 +0200, "Riaan" wrote:
>>
>> > uitwerk is
>>> weg wedstryde vs tuis wedstryde.
>>
>> Dit tel teen ons. Ons is langer op die pad en ons reis oos. In die VSA
>> is daar al statistiek opgestel om te kyk wie verloor meer weg - die
>> wat oos reis mof die wat wes reis - en die resultaat was duidelik dat
>> om oos te reis jou meer nadelig beinvloed as om wes te reis.
>> Dit word bevestig itv vlugvlouheid deur mense wat gereeld reis ook.
>>
>> So ons het in die S12 'n agterstand, maar dis nie so groot om ons
>> lagwekkend swak vertoningslys te verduidelik nie.
>>
>
Re: Vir Ferdi & Suidwester [boodskap #101886 is 'n antwoord op boodskap #101867] So, 13 Maart 2005 09:20 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi Greyling  is tans af-lyn  Ferdi Greyling
Boodskappe: 1232
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 12 Mar 2005 09:26:07 +0100, "Suidwester" wrote:

> Ek kan nie sien hoe vlugflouheid kan veroorsaak dat jy skielik 'n gebrek aan
> rubyvaardighede optel nie.

Ek kan dit ook nie sien nie. Daarom het ek dit nie gese nie.

Die verskille tussen die SA spanne en die
> oorsese spanne is ongelukkig besig om al groter te raak.

Dit bly eintlik maar wat dit was. Twee jaar gelede het heynecke Meyer
ook die Bulls afgerig en toe was sy rekord iets soos 20 verloor en 1
gewen.
Re: Vir Ferdi & Suidwester [boodskap #101890 is 'n antwoord op boodskap #101886] Ma, 14 Maart 2005 06:06 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek het die rugby die naweek mooi gesit en kyk, gedagting aan ons gesprek en
die redes vir die swak vertonings. Een baie opvallende ding vir my was dat
die SA-spanne nie voluit aanval nie. Hulle hardloop soort van vorentoe,
nader na die lyn van verdediging toe, en probeer dan om die aanvallers te
flous met 'n uitgee wat die bal wegvat van die kontakpunt af. Opvallend is
dat hulle reguit vorentoe hardloop. Daarenteen het die oorsese spelers, of
hy nou voorspeler of agterspeler is, hierdie manier aangeleer om op beide
voete te kan aftrap. hulle hardloop nie net reguit vorentoe nie en
verander so vinnig van rigting dat die SA'ers meeste van die tyd na lug
gryp. Die aftrap veroorsaak dat die ooponente nie mooi weet watter kant om
te verdedig nie.
EN, hulle kom nie sommer maklik in een lang lyn op na die verdediging toe
nie. As die nie 'n heelagter is nie, dan is dit 'n vleuel, maar hulle
bring altyd 'n ekstra ou of twee van ver agter wat op volle vaart na die lyn
toe aankom en daar is geen manier wat 'n halfhartige verdediger so 'n
missiel dood kan stop nie. 'n Gat word geslaan en ons wonder hoe kom hulle
so maklik deur?
Die belangrikste egter is om die posisie van losskakel weer te verhef na
die belangrikste posisie op die veld. Op die ooblik speel almal soort van
losskakel en ook sy eie posisie en die arme losskakel weet nie eintlik wat
hy moet doen nie!

"Ferdi Greyling" skryf in boodskap news:fc1831l2sj61hvu2a92oam47otsdlc1jsl@4ax.com...
> On Sat, 12 Mar 2005 09:26:07 +0100, "Suidwester"
> wrote:
>
[color=blue]>
Re: Vir Ferdi & Suidwester [boodskap #101892 is 'n antwoord op boodskap #101886] Ma, 14 Maart 2005 06:24 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Riaan  is tans af-lyn  Riaan
Boodskappe: 1008
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi weet jy wat vind ek ook baie interesant. Op die oomblik is die Bulls
en die Stormers al vir omtrent 3 weke daar oorkant. Lank genoeg dink ek om
enige verskoning van vlugvlouheid ens opsy te kan skuif. Maar daar is ook
spanne van hulle hier ... En hulle wen.

Die spanne van hulle wat op die oomblik hier is moet nou terugvlieg om die
Bulls en die Stormers te gaan speel, met ander woorde hulle sit nou in
dieselfde situasie as toe die SA spanne soontoe moes vlieg, so indien die
Huricanes die Bulls Saterdag pak gee sal dit baie interesant wees om die
verskonings te hoor.

"Ferdi Greyling" skryf in boodskap news:fc1831l2sj61hvu2a92oam47otsdlc1jsl@4ax.com...
> On Sat, 12 Mar 2005 09:26:07 +0100, "Suidwester"
> wrote:
Re: Vir Ferdi & Suidwester [boodskap #101898 is 'n antwoord op boodskap #101890] Ma, 14 Maart 2005 09:52 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi Greyling  is tans af-lyn  Ferdi Greyling
Boodskappe: 1232
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 14 Mar 2005 07:06:00 +0100, "Suidwester" wrote:

> Ek het die rugby die naweek mooi gesit en kyk, gedagting aan ons gesprek en
> die redes vir die swak vertonings. Een baie opvallende ding vir my was dat
> die SA-spanne nie voluit aanval nie.

Dis 'n baie ou probleem. SA spanne drafstap op die aanval en wag vir
gaps om oop te gaan.
Veral in S12 moet jy van diep af voluit hardloop.

Veral hier kom die Bulls se een groot probleem dan na vore - Hougaard
is eenvoudig te stadig vir die klas rugby. Hy staan boonop diep en
stil as hy die bal kry.
Re: Vir Ferdi & Suidwester [boodskap #101901 is 'n antwoord op boodskap #101898] Ma, 14 Maart 2005 12:08 Na vorige boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Vat jy aan die Bulls, dan vat jy aan my hart, maar ek's nie blind vir die
probleme nie. Ek pes die spul losskakels in die span en so goed en sterk
soos wat Anton Leonard, so pes ek die manier waarop hy speel. Hy's die
voorste stampkar en al die ander voorsspelers probeer soos hy maak. Dit
maak dat die Bulle net een opsie het en as hulle vasgevat word in daardie
eerste trefslag....ghoebaai Bulle!
Oor Hougaard stem ek ook saam. Doer aan die begin het hy Joost se
ervaring gehad om hom te lei, maar nou het hy 'n skrumskakel wat net so jonk
soos hy is en ook nog nie daardie moerse ervaring het nie. Maar ek sien
Heyneke Meyer reken hy volhard maar met wat hy het en verloor maar weer alle
wedstryde? Hoe pateties kan mens dan nou wees?

"Ferdi Greyling" skryf in boodskap news:uhna31hs1dlvg11m3e94l1mlgigb0pi2ni@4ax.com...
> On Mon, 14 Mar 2005 07:06:00 +0100, "Suidwester"
> wrote:
>
> gesprek en
>> die redes vir die swak vertonings. Een baie opvallende ding vir my was
>> dat
>> die SA-spanne nie voluit aanval nie.
>
> Dis 'n baie ou probleem. SA spanne drafstap op die aanval en wag vir
> gaps om oop te gaan.
> Veral in S12 moet jy van diep af voluit hardloop.
>
> Veral hier kom die Bulls se een groot probleem dan na vore - Hougaard
> is eenvoudig te stadig vir die klas rugby. Hy staan boonop diep en
> stil as hy die bal kry.
>
Vorige onderwerp: Jay Leno
Volgende onderwerp: Ons weet nog maar min
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 19 06:23:13 MGT 2024