| Ons nuwe duikbote [boodskap #101675] |
Do., 03 Maart 2005 08:14  |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Gaan mos nou per vragskip afgelewer word.
Volgens die koerant is dit omdat die 90 bemanningslede wat 2 jaar in
Duitsland opleiding ontvang het ( saamgestel streng volgens die
bevolkingsamestelling) nie in staat is om dit op eie stoom hier te kry nie.
Volgens 'n politikus vanoggend, omdat al die ander bote glo so afgelewer is.
Feit is, is dat die fregatte wat so afgelewer was net leë doppe was, en eers
hier toegerus is. Die duikbote is ten volle toegerus, en heeltemal in staat
om op eie stoom hier te kom met 'n opgeleide bemanning.....
Wonder net hoe lank neem dit om 90 bemanningslede op te lei, as twee jaar in
die vreemde nie genoeg is nie...
--
Groetnis
Annette
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Ons nuwe duikbote [boodskap #101687 is 'n antwoord op boodskap #101675] |
Do., 03 Maart 2005 17:26   |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Ek is bly oor die ID kaarte - my ID boeke is aan flarde:))
--
Groetnis
Annette
.com> skryf in boodskap news:d07cs6$54b$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Maar - die doel van die oefening was nie om duikbote te koop nie. Dit was
> bloot die rookskerm waarvolgens kickbacks bekom kon word. Soos die nuwe
> bestuurlisensies wat daarop gemik was om die Shaik-bende te verryk.
>
> En nou kry ons nuwe ID-kaarte. Wat 'n grap. Daar is absoluut niks verkeerd
> met die bestaande ID-bewys nie. Maar daar is 'n baie groot probleem met die
> uiteikings- en beheerstelsel. Nuwe ID-kaarte gaan nie die duisende onwettige
> dokumente aanspreek nie.
>
|
|
|
|
|
|
|
|