Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Is die revolusie op hande?
Is die revolusie op hande? [boodskap #101638 is 'n antwoord op boodskap #101640] Ma, 28 Februarie 2005 10:51 na volgende boodskap
Schorsch  is tans af-lyn  Schorsch
Boodskappe: 96
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Volle Lid
From: http://www.praag.co.za/rubriek147.htm

Is die revolusie op hande?
___________________________________________________________

Dan Roodt

Miskien klink ek dié week onnodig alarmisties, maar gebeure oor die
afgelope paar dae het my onder die indruk gebring dat 'n revolusionêre
klimaat tans besig is om in die land pos te vat.

In die eerste plaas het daar 'n histeriese ideologiese aanval vanaf 'n
groep akademici op Stellenbosch - dieselfde groep wat vir Braam Fischer
se eredoktoraat verantwoordelik was - teen my losgebars. Hulle poog om
my te verhoed om op 12 Maart by die Woordfees op die kampus oor my
boeke te praat omdat ek kwansuis 'n "rassis" sou wees wat in 'n
Engelstalige stuk op die internet "haatspraak" sou verkondig het. Die
naam van die artikel is Adapt and die, en behandel bloot ons
misdaadprobleem, asook die rol wat jong swart mans daarin speel. In die
VSA sou dit geen wenkbrou laat lig het nie.

Sulke histeriese heksejagte op openbare figure soos skrywers of
politici is tipies van onstabiele samelewings soos wat Europa in die
twintiger- en dertigerjare tydens die opkoms van sowel Nazisme as
Bolsjewisme was. Tydens enige revolusie raak ideologiese suiwerheid van
wesentlike belang omdat alle mededingende denkrigtings of sienswyses
teenoor dié van die revolusionêre uitgeskakel moet word.

Ten tweede is daar die huidige betogings van swart studente op kampusse
byna oral in die land. Ek was nog nie self by dié betogings om die
"temperatuur te meet" nie, maar van die slagspreuke wat daar geskree
is, klink uiters radikaal. Op die Mamelodi-kampus van die Pretoriase
Universiteit is daar onder andere gejou: "kill all the whites,
Afrikaans and English", asook "revolution is the only solution".

In die ou dae sou daar seker intelligensiedienste gewees het wat dié
soort dinge monitor. Blykbaar is die gemiddelde kwalifikasie van iemand
by ons intelligensiedienste deesdae 'n persoon met graad tien of
standerd agt in die ou taal. Ons kan dus nie veel vanuit daardie oord
verwag nie.

Die studenteorganisasie wat tans in die nuus is, PASMA (Pan-African
Students Movement of Azania), fassineer my nogal. Blykbaar is dit in
die Kaap gestig en op hul webwerf wat deur die Kaapse Technikon geborg
word, kom mens die volgende interessante leesstof teë:

"PASMA word gelei deur die beginsel van Pan-Afrikanisme, wat die totale
bevryding en vereniging van al die mense in Afrika en in die buiteland
onder wetenskaplike sosialisme beteken. Dié Pan-Afrikanisme word gelei
en is gewortel in, die filosofie van Marxisme-Leninisme (dialektiese
materialisme, wetenskaplike sosialisme en proletariese
internasionalisme) wat die totale bevryding van die hele mensdom deur
die werkersklasrevolusie en die totstandbring en skepping van 'n
klasselose maatskappy beteken."

Ná die stel van sy beginsels, gaan die organisasie voort om sy metodes
te verduidelik, wat die "opleiding" van lojale partylede ("kaders")
behels: "Om net 'n ingeskrewe lid van PASMA te wees, is nie genoeg om
as 'n egte en lojale kader te kwalifiseer nie. Ingeskrewe lede moet
eers opleiding ondergaan sodat hulle as egte en lojale lede van die
party of organisasie kan kwalifiseer. 'n Egte en lojale lid van PASMA
woon die organisasie se vergaderings en byeenkomste by en moet aan elke
opdrag gehoorsaam wees, sonder uitsondering, tensy sodanige
uitsondering aan omstandighede buite sy/haar beheer toegeskryf kan
word. Die organisasie kom eerste. Die opleiding behoort te verseker dat
hierdie houding die kultuur van die organisasie word; lede behoort
PASMA te ken, dit is, sy ideologie, doelwitte, beleid, beginsels en
program en in staat wees om dit met selfvertroue en helderheid te
artikuleer..."

Moontlik gaan dit hier oor studentepret, moontlik nie. PASMA mag
vasbeslote wees om 'n revolusie te begin. Die manier waarop groot
betogings oor die afgelope paar dae landwyd op kampusse uitgeslaan het,
toon dat die PASMA oor organisasie en "egte en lojale kaders" beskik.

Hierdie soort manifestasie van massabewegings interesseer my geweldig,
en ek sal nou verduidedlik waarom. In November 2001 het ek die
sogenaamde "Nasionale Konferensie teen Rassisme" in Sandton bygewoon.
Waarskynlik was daar net twintig blankes in die hele saal, te midde van
750 swartes: een en almal lid van die swart elite wat tans die land
regeer. Telkens as sprekers anti-blanke uitsprake gemaak het, is hulle
met krete van genoegdoening begroet. Tydens die teepouse het ek in
niemand minder nie as Antjie Krog vasgeloop. "Die swart elite maak my
bang," het sy aan my gefluister.

Ná die konferensie was daar sprake dat blankes hulself in die openbaar
moes verneder deur vir apartheid om verskoning te vra by groot
massabyeenkomste. Hierdie plan het my baie onrustig gestem, want oral
waar groot skares opgeruide mense om politieke redes bymekaar kom,
bestaan die potensiaal vir geweld en selfs revolusie, veral in Afrika.
Oral op die kontinent speel jongmense 'n groot rol in die revolusies en
rebellebewegings wat soveel regerings al tot 'n val gebring het. Die
leier van die radikale anti-blanke jeugfaksie wat die blanke Franse
verlede jaar uit die Ivoorkus laat sit het en die krag agter Laurent
Gbagbo se bewind verteenwoordig, is Charles Blé Goudé, die nasionale
studenteleier! Hy sorg vir die skares; hy organiseer die geweld, die
aanvalle en sluipmoorde.

Ons moet ook onthou dat die jeug onder swartes vanweë hul hoë
geboortesyfer ongeveer 40% van die bevolking verteenwoordig, anders as
by blankes waar hulle maar 20% is. Die jeug in Afrika verteenwoordig so
te sê die meerderheid. Daarom is hulle by uitstek die revolusionêre
klas.

Tot dusver was die ANC se revolusie iets wat van bo af gedryf is deur
'n ouerige elite wat eintlik deur F.W. de Klerk "aangestel" is, in dié
sin dat hy en sy amptenare die omstandighede geskep het wat eintlik net
tot een logiese resultaat sou lei: 'n bewindsoorname deur die ANC. Tien
jaar gelede het die gemiddelde swart persoon in Suid-Afrika weinig van
revolusie of "transformasie" verstaan. Maar danksy beheer oor die
massamedia, veral radio en TV wat ook grotendeels aan die ANC in 1994
oorgedra is, is die "opvoedingswerk" sedertdien gedoen. Vandag is die
massa meer as ooit oortuig dat daar groot onreg aan hom gepleeg is en
dat die blankes behoort te boet.

Een van die beste boeke oor massabewegings en skares is dié deur Elias
Canetti met die titel Massen und Macht (Massas en mag). Vir 'n
revolusie om aan die gang te kom, moet daar eers groot skares mense
saamdrom, simbole van die ou orde (soos universiteite, standbeelde,
geboue) moet afgebreek of verkieslik afgebrand word. Canetti bestee 'n
hele hoofstuk aan die rol en aantrekkingskrag van vuur vir die
gepeupel.

Die saad vir revolusie in Suid-Afrika is gesaai, in die vorm van
versugtinge na grootskaalse verandering en transformasie, tesame met
anti-wit gevoelens. Al wat nou kortkom, is die massa-element. Die
huidige gebeure op die kampusse het vir seker die potensiaal, indien
dit wyer uitkring, om die massabeweging aan die gang te kry wat tot
revolusie sal lei. Nie die elite-gedrewe ideologiese revolusie wat ons
tot dusver gesien het nie, maar 'n regte egte revolusie met bestanddele
soos geweld, plundering, vuur en waarskynlik bloed.

Een van my gunsteling politieke denkers is Alexis de Tocqueville. As
Franse aristokraat moes hy die ondergang van sy eie stand tydens die
Franse Revolusie omtrent sestig jaar na die tyd probeer verstaan. Sy
opstel L'ancien régime et la révolution (Die ancien regime en die
revolusie) verteenwoordig steeds die beste ontleding van revolusie wat
daar is. Die groot punt wat Tocqueville oor revolusies maak, is dat
hulle juis plaasvind wanneer die massas se lewensomstandighede
verbeter, veral in tye van ekonomiese voorspoed en groter sosiale
mobiliteit. Voorspoed wek die aptyt vir groter rykdom of bates wat net
deur revolusie bekom kan word

Dink daaraan: die winkels in dié land was nog nooit so vol nie. Daar
was nog nooit soveel opwaartse sosiale mobiliteit vir middelklas- en
veral jong swartes nie. Juis daarom is die potensiaal vir revolusie
tans groter as ooit. Sandton City of Menlynpark se winkelsentrums moet
vir die armes in die plakkerskampe lyk soos Kersvader se slee wat verby
sweef; soveel dinge om net te kan vat sodra die teken daar is.

Ek sou sê dat al wat nodig is vir 'n revolusie soos in die Ivoorkus,
Zimbabwe of watter Afrikaland ook al, om hier plaas te vind, is een
groot, woedende skare van omtrent tien tot twintigduisend mense wat op
loop begin gaan. In Soweto in 1976 het ons 'n polisie- en weermag gehad
wat iets beteken het. Hulle sou so 'n skare kon stuit, met geweld as
dit moet. Ons het dit nie meer nie. Al wat tussen ons en 'n revolusie
staan, is die privaat veiligheidsdienste.

Hoe goed is hulle opgelei? Hoe lojaal is hul werknemers teenoor die
sosiale stand (of ras) wie se besittings hulle moet beskerm?

Moontlik is dit vrae wat binnekort beantwoord gaan word...
Re: Is die revolusie op hande? [boodskap #101640 is 'n antwoord op boodskap #101638] Ma, 28 Februarie 2005 08:43 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Bodie[2]  is tans af-lyn  Bodie[2]
Boodskappe: 14
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Junior Lid
"Schorsch" wrote in message
news:1109587874.115189.251790@l41g2000cwc.googlegroups.com.. .
From: http://www.praag.co.za/rubriek147.htm



Oi!!!!!!!!!!!!!!!!!!
You lot!!!!!!!!!!!!!!!!
Yes, YOU, afrikaans geezers.........................
Please do not post to this group in afrikaans.
There IS a forum for afrikaans posts as you seem to have noticed so please
do not pollute this one.
Thank you.

Bodie.
Re: Is die revolusie op hande? [boodskap #101641 is 'n antwoord op boodskap #101640] Ma, 28 Februarie 2005 14:12 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Riaan  is tans af-lyn  Riaan
Boodskappe: 1008
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
Verseker, net 'n kwessie van tyd

"Schorsch" wrote in message
news:1109587874.115189.251790@l41g2000cwc.googlegroups.com.. .
From: http://www.praag.co.za/rubriek147.htm

Is die revolusie op hande?
Re: Is die revolusie op hande? [boodskap #101642 is 'n antwoord op boodskap #101640] Ma, 28 Februarie 2005 14:17 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi Greyling  is tans af-lyn  Ferdi Greyling
Boodskappe: 1232
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
On 28 Feb 2005 02:51:14 -0800, "Schorsch" wrote:
> From: http://www.praag.co.za/rubriek147.htm
>
> Is die revolusie op hande?

Shame. Arme ou Dan.
Re: Is die revolusie op hande? [boodskap #101643 is 'n antwoord op boodskap #101640] Ma, 28 Februarie 2005 14:20 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Rob  is tans af-lyn  Rob
Boodskappe: 1
Geregistreer: Februarie 2005
Karma: 0
Junior Lid
"Karoshi" skryf in boodskap news:slrnd25ul7.523.karoshi=@10.0.0.138...

>> Misschien. Maar de Naam van de Uil uit de verhalen van Paulus de
>> Boskabouter is Oehoeboeroe.

> Onzin, je weet heel goed dat het Oeroeboeroe is!

Nee hoor, Oehoeboeroe. Vroeger vaak genoeg naar Paulus de Boskabouter
geluisterd.
Re: Is die revolusie op hande? [boodskap #101644 is 'n antwoord op boodskap #101640] Ma, 28 Februarie 2005 15:21 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietHein  is tans af-lyn  PietHein
Boodskappe: 64
Geregistreer: Oktober 2003
Karma: 0
Volle Lid
"Supergonzo," schreef in bericht :
> On 28 Feb 2005 02:51:14 -0800, "Schorsch" wrote:
>
>> Is die revolusie op hande?
>
> Misschien. Maar de Naam van de Uil uit de verhalen van Paulus de
> Boskabouter is Oehoeboeroe.

Hallo boeties & sussies! Mag ek aan julle ons nuusgroep-moffie voorstel?
Hy heet Herbert en is kapper soos alle moffies.
Kortom, 'n reuse lief, gevoelig en teerhartig wese.
--
PietHein

"Daar hoop jij natuurlijk op domme stoephoer. Kan je net
zoals je opa weer fijn bij de NSB gaan. Helaas moeten we
je daarna wel weer kaal scheren."
- Supergonzo in nl.politiek

"Vertel eens, Hitler-lover.... Heb je de swastika's al gepoetst?"
- Supergonzo in nl.politiek

"Jij was anders maar wat blij dat de vrienden van
jouw vrienden ons land binnen kwamen vallen in 1940."
- Supergonzo in nl.politiek

"Hij (doelt op Mussert) lag toch in jouw familiegraf,
waar jij nog elk jaar op 4 mei een krans legt met swastikaatjes?"
- Supergonzo in nl.politiek
Re: Is die revolusie op hande? [boodskap #101645 is 'n antwoord op boodskap #101640] Ma, 28 Februarie 2005 15:24 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietHein  is tans af-lyn  PietHein
Boodskappe: 64
Geregistreer: Oktober 2003
Karma: 0
Volle Lid
"Supergonzo," schreef in bericht :
> On 28 Feb 2005 02:51:14 -0800, "Schorsch" wrote:
>
>> Is die revolusie op hande?
>
> Misschien. Maar de Naam van de Uil uit de verhalen van Paulus de
> Boskabouter is Oehoeboeroe.

Hallo boeties & sussies! Mag ek aan julle ons nuusgroep-moffie voorstel?
Hy heet Herbert en is kapper soos alle moffies.
Kortom, 'n reuse lief, gevoelig en teerhartig wese.
--
PietHein

"Daar hoop jij natuurlijk op domme stoephoer. Kan je net
zoals je opa weer fijn bij de NSB gaan. Helaas moeten we
je daarna wel weer kaal scheren."
- Supergonzo in nl.politiek

"Vertel eens, Hitler-lover.... Heb je de swastika's al gepoetst?"
- Supergonzo in nl.politiek

"Jij was anders maar wat blij dat de vrienden van
jouw vrienden ons land binnen kwamen vallen in 1940."
- Supergonzo in nl.politiek

"Hij (doelt op Mussert) lag toch in jouw familiegraf,
waar jij nog elk jaar op 4 mei een krans legt met swastikaatjes?"
- Supergonzo in nl.politiek
Re: Is die revolusie op hande? [boodskap #101646 is 'n antwoord op boodskap #101642] Di, 01 Maart 2005 08:53 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Riaan  is tans af-lyn  Riaan
Boodskappe: 1008
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi as jy nou die stuk ontleed, met watter deel / dele stem jy nie saam
nie

"Ferdi Greyling" skryf in boodskap news:0v96219sbnqb3gbil6f0uqev33socq09m3@4ax.com...
> On 28 Feb 2005 02:51:14 -0800, "Schorsch" wrote:
>
> > Is die revolusie op hande?
>
> Shame. Arme ou Dan.
>
Re: Is die revolusie op hande? [boodskap #101647 is 'n antwoord op boodskap #101646] Di, 01 Maart 2005 09:05 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi Greyling  is tans af-lyn  Ferdi Greyling
Boodskappe: 1232
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 1 Mar 2005 10:53:56 +0200, "Riaan" wrote:

> Ferdi as jy nou die stuk ontleed, met watter deel / dele stem jy
nie saam nie

Die vae en wollerige aard daarvan diskwalifiseer dit vir ernstige
ontleding.
So eenvoudig soos dit : wie gaan die revolusie voer teen wie en vir
watter idee?

'n Revolusie is die beplande omverwerping van 'n staatsbestel. Dit is
iets anders as "riots" omdat mense - bv. armes - kwaad is.
Laasgenoemde is waarskynlik moontlik in Dainfern waar Roodt bly.

Maar revolusie? Wie?

Gaan die ANC die land oorneem? Hulle regeer klaar.
Die PAC? Met die 2% steun wat hulle ghekry het in verkiesing op
verkiesing?

Nerens word genoem wie die revolusionere sou wees nie. Wie dink jy is
die revolusionere na wie hy verwys?
Re: Is die revolusie op hande? [boodskap #101648 is 'n antwoord op boodskap #101647] Di, 01 Maart 2005 10:17 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Riaan  is tans af-lyn  Riaan
Boodskappe: 1008
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
Soos ek dit afgelei het is dit die swart jeug. Veral die wat baie arm is en
as gevolg daarvan maklik opgesweep kan word tot enige vorm van aksie gesien
in die lig van beloftes van rykdom.

"Ferdi Greyling" skryf in boodskap news:jtb8219c4fs32f9h0591gd4ngu73f97i10@4ax.com...
> On Tue, 1 Mar 2005 10:53:56 +0200, "Riaan" wrote:
>
> nie saam nie
>
> Die vae en wollerige aard daarvan diskwalifiseer dit vir ernstige
> ontleding.
> So eenvoudig soos dit : wie gaan die revolusie voer teen wie en vir
> watter idee?
>
> 'n Revolusie is die beplande omverwerping van 'n staatsbestel. Dit is
> iets anders as "riots" omdat mense - bv. armes - kwaad is.
> Laasgenoemde is waarskynlik moontlik in Dainfern waar Roodt bly.
>
> Maar revolusie? Wie?
>
> Gaan die ANC die land oorneem? Hulle regeer klaar.
> Die PAC? Met die 2% steun wat hulle ghekry het in verkiesing op
> verkiesing?
>
> Nerens word genoem wie die revolusionere sou wees nie. Wie dink jy is
> die revolusionere na wie hy verwys?
>
Re: Is die revolusie op hande? [boodskap #101653 is 'n antwoord op boodskap #101648] Di, 01 Maart 2005 12:55 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Riaan" skryf

> Soos ek dit afgelei het is dit die swart jeug

Op ons kabelnetwerk koop die diensverskaffer sy Amerikaanse
ABC inhoud van 'n televisiestasie in Detroit. Dit beteken dat ,
tesame met die Oprah en ander nasionale programme op hierdie
netwerk, ons ook die lokale nuus uit Detroit kry. Nou, die
bevolking van Detroit is grotendeels swart. Die burgemeester
is swart. Die hoof van polisie is swart. Meeste van die
polisiemanne is swart. En die vreeslike klomp moorde en
doodslag wat daar in Detroit gepleeg word, tesame met die
vreeslike klomp inbrake, sal mens nou laat dink dat dit
swartes is wat so moordadig is en so baie steel. En dat
die korrupsie in die burgemeester se kantoor, waaroor
daar daagliks verslag gedoen word, nou ook is omdat
hulle swart is. Maar dan hoor jy weer Amerikaanse nuus
uit ander oorde, en jy vind uit dat daar net so baie
moorde en inbrake en korrupsie in ander dele van die
VSA is. Waar die bevolking oorwegind "wit" is, is die
inbrake en korrupsie en moorde meer aan die hand van
"wit" mense. Dan Roodt kyk teen sy oogvelle vas. Hy
dink soos 'n "wit" man in 'n land wat basies "swart" is.
Hy het nog die laer-mentaliteit, wat hy behoort te hê
in sy luukse voorstad. Maar sy swart bure wat ook
rol in die geld, vrees dieselfde dinge wat hy vrees. En
hulle behoort bang te wees. Waar armes te lank verontreg
word, kom daar rewolusie.
Snaaks genoeg, na die onlangse BTK massamoordenaar
gevang is, luister ek gister na 'n analise van die tipiese
Amerikaanse massamoordenaar se profiel. En die eerste
twee items op die profiel is: Hy is 'n man en hy is wit.

Gloudina
Re: Is die revolusie op hande? [boodskap #101667 is 'n antwoord op boodskap #101648] Wo, 02 Maart 2005 13:01 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi Greyling  is tans af-lyn  Ferdi Greyling
Boodskappe: 1232
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 1 Mar 2005 12:17:30 +0200, "Riaan" wrote:

> Soos ek dit afgelei het is dit die swart jeug. Veral die wat baie arm is en
> as gevolg daarvan maklik opgesweep kan word tot enige vorm van aksie gesien
> in die lig van beloftes van rykdom.

Dis soos dit lyk,ja.
Maar dit is niks nuuts nie. Mense wys al vir jare daarop.
Terselfdertyd is dit mos maar die posisie die afgelope 100 jaar of so
gewees?

Die punt is as jy begin praat van "revolusie" moet jy seker se wie die
revolusie beplan en aan die hand van watter idee.

Soos ek gese het, daar is 'n wereld se verskil tussen 'n revolusie en
arm mense wat kwaai raak en begin riot. Dit het ons gister in Jhb se
middestad gehad. 'n Revolusie is wat die Franse in 1792 gehad het. Of
die Kubane in 1959 ens.
Re: Is die revolusie op hande? [boodskap #101694 is 'n antwoord op boodskap #101646] Vr, 04 Maart 2005 02:13 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Dan Roodt se siening in die verband is glad nie vergesog nie.
Hierdie arbeid en studente-proteste en geweld kan bloot op klimaatskepping
gerig wees.
Wanneer die SAKP/COSATU die land as onregeerbaar (onbeheerbare misdaad)
beskou sal hulle nie tweemaal wag om mag in eie hande te kry nie. Dan kry 'n
nuwe groep onbevoegde en korruptes die geleentheid om hulself te verryk.
Re: Is die revolusie op hande? [boodskap #101720 is 'n antwoord op boodskap #101653] Sa, 05 Maart 2005 10:49 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Julius Bergh  is tans af-lyn  Julius Bergh
Boodskappe: 111
Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Naard sê Antie,

Ek hoor jou dat as jy in n swart/wit/geel gemeenskap bly, sal die
meeste misdaad deur swartes/wittes/geles gepleeg word.

Los nou maar kleur uit vir n effe.

Die kwessie hier is die SKAAL van misdaad in die Nuwe SA wat enige
ander plek vreedsaam laat lyk.

Twee van die baie redes:

Die ANC het jare voor die oorhandinging van die regeering, veldtogte
geloots om die land onregeerbaar te maak. Nou dat hulle regeer, is
die land nog steeds onregeerbaar.

Die grootste deel van die bevolking is nou ekonomies slegter daaraan
toe terwyl die regerende elite in weelde leef. n Jong man met n werk,
n huis om af te betaal en n gesin om te onderhou is minder geneig tot
misdaad as een wat in armoede leef sonder enige vooruitsig dat hy iets
kan doen om sy lot te verbeter. Sy situasie maak hom woedend en hy
haal dit uit op die mense wat het wat hy begeer. Dit is so ongeag die
kleur van die wat begeer en die wat het. Om historiese redes is dit
swart & wit.

On Tue, 1 Mar 2005 07:55:49 -0500, "@rogers.com" wrote:

>
> "Riaan" skryf
>
>> Soos ek dit afgelei het is dit die swart jeug
>
> Op ons kabelnetwerk koop die diensverskaffer sy Amerikaanse
> ABC inhoud van 'n televisiestasie in Detroit. Dit beteken dat ,
> tesame met die Oprah en ander nasionale programme op hierdie
> netwerk, ons ook die lokale nuus uit Detroit kry. Nou, die
> bevolking van Detroit is grotendeels swart. Die burgemeester
> is swart. Die hoof van polisie is swart. Meeste van die
> polisiemanne is swart. En die vreeslike klomp moorde en
> doodslag wat daar in Detroit gepleeg word, tesame met die
> vreeslike klomp inbrake, sal mens nou laat dink dat dit
> swartes is wat so moordadig is en so baie steel. En dat
> die korrupsie in die burgemeester se kantoor, waaroor
> daar daagliks verslag gedoen word, nou ook is omdat
> hulle swart is. Maar dan hoor jy weer Amerikaanse nuus
> uit ander oorde, en jy vind uit dat daar net so baie
> moorde en inbrake en korrupsie in ander dele van die
> VSA is. Waar die bevolking oorwegind "wit" is, is die
> inbrake en korrupsie en moorde meer aan die hand van
> "wit" mense. Dan Roodt kyk teen sy oogvelle vas. Hy
> dink soos 'n "wit" man in 'n land wat basies "swart" is.
> Hy het nog die laer-mentaliteit, wat hy behoort te hê
> in sy luukse voorstad. Maar sy swart bure wat ook
> rol in die geld, vrees dieselfde dinge wat hy vrees. En
> hulle behoort bang te wees. Waar armes te lank verontreg
> word, kom daar rewolusie.
> Snaaks genoeg, na die onlangse BTK massamoordenaar
> gevang is, luister ek gister na 'n analise van die tipiese
> Amerikaanse massamoordenaar se profiel. En die eerste
> twee items op die profiel is: Hy is 'n man en hy is wit.
>
> Gloudina
>
Re: Is die revolusie op hande? [boodskap #101724 is 'n antwoord op boodskap #101720] Sa, 05 Maart 2005 16:01 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Julius Bergh" skryf

> Die kwessie hier is die SKAAL van misdaad in die Nuwe SA wat enige
> ander plek vreedsaam laat lyk.

Ek raak moeg vir mense wat na ander lande
uitwyk en gaan bly in plekke waar daar 'n
minimum misdaad is omdat dit middelklas
is, en dan in jou geval verklaar dat Australië
sê "vreedsaam" is. Australië het ook dele
waar daar baie misdaad is. Gaan bly daar
en dan kan jy praat. Dis dieselfde hier in
Kanada. Vat nou maar vir Vancouver. Dit
is die Mekka vir 'n hele klomp Suid-
Afrikaners, maar daar is dele van Vancouver
wat net so gevaarlik is as Johannesburg se
middestad.
Bo en behalwe dit het SA 'n verskynsel wat
nog Australië nog Kanada het - 'n massiewe
metropolitaanse stad en sy voorstede, wat
in grootte alleen vergelyk kan word met stede
soos New York en London en Rio en
Calcutta. Dit skep sy eie probleme.
Maar jy is reg. Die witmense in SA, wat nog
altyd bo-gemiddelde inkomste het, nog altyd
in die goeie karre rondry, oes maar nog die
warrelwind wat die apartheidsvaders geskep
het toe hulle alle mense wat nie blank was nie,
verhinder het om ook middelklas standaard
te bereik. Hulle het 'n probleem geskep wat
seker nog 'n halfeeu gaan neem om opgelos
te word.

Gloudina
Re: Is die revolusie op hande? [boodskap #101725 is 'n antwoord op boodskap #101724] Sa, 05 Maart 2005 16:48 Na vorige boodskapna volgende boodskap
news[3]  is tans af-lyn  news[3]
Boodskappe: 61
Geregistreer: Januarie 2005
Karma: 0
Volle Lid
"Julius Bergh" skryf

> Die kwessie hier is die SKAAL van misdaad in die Nuwe SA wat enige
> ander plek vreedsaam laat lyk.

Ek raak moeg vir mense wat na ander lande
uitwyk en gaan bly in plekke waar daar 'n
minimum misdaad is omdat dit middelklas
is, en dan in jou geval verklaar dat Australië
só "vreedsaam" is. Australië het ook dele
waar daar baie misdaad is. Gaan bly daar
en dan kan jy praat. Dis dieselfde hier in
Kanada. Vat nou maar vir Vancouver. Dit
is die Mekka vir 'n hele klomp Suid-
Afrikaners, maar daar is dele van Vancouver
wat net so gevaarlik is as Johannesburg se
middestad.
Bo en behalwe dit het SA 'n verskynsel wat
nog Australië nog Kanada het - 'n massiewe
metropolitaanse stad en sy voorstede, wat
in grootte alleen vergelyk kan word met stede
soos New York en London en Rio en
Calcutta. Dit skep sy eie probleme.
Maar jy is reg. Die witmense in SA, wat nog
altyd bo-gemiddelde inkomste het, nog altyd
in die goeie karre rondry, oes maar nog die
warrelwind wat die apartheidsvaders geskep
het toe hulle alle mense wat nie blank was nie,
verhinder het om ook middelklas standaard
te bereik. Hulle het 'n probleem geskep wat
seker nog 'n halfeeu gaan neem om opgelos
te word.

Gloudina

Dit sal nooit opgelos word nie. Die poorte is oopgegooi, en mens van enige
Afrika land is welkom om in Suid-Afrika te woon, en die boorlinge se werke
oor te neem. En hulle stroom nog in hulle duisende in, en gaan plak naby
die groter stede, waar daar meer geld is vir sosiale dienste.

Ellie
Re: Is die revolusie op hande? [boodskap #101726 is 'n antwoord op boodskap #101724] Sa, 05 Maart 2005 23:04 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Julius Bergh  is tans af-lyn  Julius Bergh
Boodskappe: 111
Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 5 Mar 2005 11:01:00 -0500, "@rogers.com" wrote:

>
> "Julius Bergh" skryf
>
>> Die kwessie hier is die SKAAL van misdaad in die Nuwe SA wat enige
>> ander plek vreedsaam laat lyk.
>
> Ek raak moeg vir mense wat na ander lande
> uitwyk en gaan bly in plekke waar daar 'n
> minimum misdaad is omdat dit middelklas
> is, en dan in jou geval verklaar dat Australië
> só "vreedsaam" is.

Haai Antie, jy kan maar my skrywe met n vergrootglas lees en nêrens
sal jy kry wat jy nou hier in my mond lê nie.

Ek sê weer: die ding is orals - dit is die SKAAL wat die Nuwe Suid
Afrika anders maak. Daar mag wel "pockets" van die ding in Kanada en
VSA en Engeland wees maar SA is een groot "pocket" met erger "pockets"
binne die "pocket".

Jy reken dit sal 50 jaar neem om die situasie op te los? Meskien sal
dir 49 jaar neem as die Nuwe Regeering besef hulle het nie duikbote
nodig nie.

Maak dit 48 jaar as hulle besef hulle het nie SAAB straalvegters nodig
nie.

Maak dit 47 jaar as Die President sy Luukse Persoonlike Boing 737
verkoop.

ens ens ens.
Re: Is die revolusie op hande? [boodskap #101727 is 'n antwoord op boodskap #101724] Sa, 05 Maart 2005 23:12 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Julius Bergh  is tans af-lyn  Julius Bergh
Boodskappe: 111
Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 5 Mar 2005 11:01:00 -0500, "@rogers.com" wrote:

> Ek raak moeg vir mense wat na ander lande
> uitwyk en gaan bly in plekke waar daar 'n
> minimum misdaad is omdat dit middelklas
> is, en dan in jou geval verklaar dat Australië
> só "vreedsaam" is.

Nog n voutiwe observasie Antie: Jy het die volgorde verkeerd om. Dis
nie dat mense die NSA verlaat en dan agterkom die plek was geweldadig
nie - dis andersom. Mense verlaat die plek juis omdat dit so n
geweldadige plek is.

Hoekom het jy die plek verlaat ?
Re: Is die revolusie op hande? [boodskap #101728 is 'n antwoord op boodskap #101727] So, 06 Maart 2005 00:16 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Julius Bergh" skryf

> Hoekom het jy die plek verlaat ?

Omdat 'n klomp gewetenlose skurke die mag
in hulle hande gekry het en 'n diktatorskap in SA
begin het.
En ek moet vir jou sê, miskien was dit makliker
om in daardie jare binne SA te gebly het, as om buite
SA te bly en die kritiek van almal oor wat in SA
aangaan, te verdra.

Gloudina
Re: Is die revolusie op hande? [boodskap #101729 is 'n antwoord op boodskap #101725] So, 06 Maart 2005 00:17 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"news" skryf

> Dit sal nooit opgelos word nie. Die poorte is oopgegooi, en mens van enige
> Afrika land is welkom om in Suid-Afrika te woon, en die boorlinge se werke
> oor te neem. En hulle stroom nog in hulle duisende in, en gaan plak naby
> die groter stede, waar daar meer geld is vir sosiale dienste.
>
> Ellie

Dis natuurlik 'n probleem wat julle ook in die VSA het.

Gloudina
Re: Is die revolusie op hande? [boodskap #101730 is 'n antwoord op boodskap #101728] So, 06 Maart 2005 02:38 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Julius Bergh  is tans af-lyn  Julius Bergh
Boodskappe: 111
Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 5 Mar 2005 19:16:02 -0500, "@rogers.com" wrote:

>
> "Julius Bergh" skryf
>
>> Hoekom het jy die plek verlaat ?
>
> Omdat 'n klomp gewetenlose skurke die mag
> in hulle hande gekry het en 'n diktatorskap in SA
> begin het.
> En ek moet vir jou sê, miskien was dit makliker
> om in daardie jare binne SA te gebly het, as om buite
> SA te bly en die kritiek van almal oor wat in SA
> aangaan, te verdra.
>
> Gloudina
>

As dit nou nie te persoonlik is nie, watter jaar was dit ?
Re: Is die revolusie op hande? [boodskap #101735 is 'n antwoord op boodskap #101667] So, 06 Maart 2005 12:19 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Schorsch  is tans af-lyn  Schorsch
Boodskappe: 96
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Volle Lid
Ferdie - jy sal seker ook kan se wie die Franse, Kubaanse en Russiese
revolusies beplan het.
Re: Is die revolusie op hande? [boodskap #101736 is 'n antwoord op boodskap #101730] So, 06 Maart 2005 12:20 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Julius Bergh" skryf

> As dit nou nie te persoonlik is nie, watter jaar was dit ?

In 1968.
In die jare toe dit moontlik was vir enige wit mens, veral as
hy 'n Afrikanernaam gehad het, om te klim en te klim in die
range van enige pos, want geen nie-blankes kon klim nie,
en Engelssprekendes is ook in daardie jare meer en meer
op die sylyne gedwing.
In die jare toe, veral as jy 'n Afrikaner was, jy nie net langs
die vleespotte in die laer gesit het nie, maar ook die vleespotte
kon bekook.
Maar ook in die dae toe dit duidelik geword het vir mense met
beginsels dat daar 'n duiwel los is, selfs in die harte van die
sogenaamde NG kerkleiers in SA.
Toe het ons maar besluit om, na vier jaar in SA, weer die land
te verlaat. ( Vantevore het my man in Kanada studeer en ek is
daar met hom getroud. Toe is ons vir vier jaar terug. )

Gloudina
Re: Is die revolusie op hande? [boodskap #101737 is 'n antwoord op boodskap #101736] So, 06 Maart 2005 13:05 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Julius Bergh  is tans af-lyn  Julius Bergh
Boodskappe: 111
Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 6 Mar 2005 07:20:03 -0500, "@rogers.com" wrote:

>
> "Julius Bergh" skryf
>
>> As dit nou nie te persoonlik is nie, watter jaar was dit ?
>
> In 1968.
> In die jare toe dit moontlik was vir enige wit mens, veral as
> hy 'n Afrikanernaam gehad het, om te klim en te klim in die
> range van enige pos, want geen nie-blankes kon klim nie,
> en Engelssprekendes is ook in daardie jare meer en meer
> op die sylyne gedwing.

Dit was ne so eenvoudig nie!

Jy moes n lid van die Broederbond gewees het of ten minste n
Raportryer.
Re: Is die revolusie op hande? [boodskap #101740 is 'n antwoord op boodskap #101729] So, 06 Maart 2005 13:44 Na vorige boodskapna volgende boodskap
news[3]  is tans af-lyn  news[3]
Boodskappe: 61
Geregistreer: Januarie 2005
Karma: 0
Volle Lid
"@rogers.com" skryf in boodskap news:r4OdnSMvuYUw17ffRVn-ig@rogers.com...

"news" skryf

> Dit sal nooit opgelos word nie. Die poorte is oopgegooi, en mens van enige
> Afrika land is welkom om in Suid-Afrika te woon, en die boorlinge se werke
> oor te neem. En hulle stroom nog in hulle duisende in, en gaan plak naby
> die groter stede, waar daar meer geld is vir sosiale dienste.
>
> Ellie

Dis natuurlik 'n probleem wat julle ook in die VSA het.

Gloudina

Jy is natuurlik heeltemaal reg, maar die gesprek gaan nou nie juis om die
VSA nie, of hoe?

Ellie
Re: Is die revolusie op hande? [boodskap #101744 is 'n antwoord op boodskap #101740] So, 06 Maart 2005 14:06 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"news" skryf

> Jy is natuurlik heeltemaal reg, maar die gesprek gaan nou nie juis om die
> VSA nie, of hoe?
>
> Ellie

Ek vind dit 'n amper psigotiese sindroom : hierdie "sit en kla
oor SA." Vir mense wat oë het om te sien en ore het om
te hoor, is dit natuurlik duidelik dat dit net 'n bedekte vorm
van rassisme is.
Waarom kan mens nie kyk na die probleme
van die VSA en van SA as dieselfde verskynsel nie? Beide
het mense wat instroom in die land in omdat dit lyk of die
land meer welvarend is as waar hulle bly. Dus 'n instroming
van die derde wêreld na die eerste wêreld. Dit is op 'n ander
skaal ook wat besig is om te gebeur binne SA. Die nie-
blankes is vir jare ingehok in die derde wereldse deel van
SA, of anders is groot stede soos Johannesburg verdeel
in eerste wereldse en derde wereldse dele. Noudat daardie
verdelings opgehef is, stroom die werelde ineen.

Gloudina
Re: Is die revolusie op hande? [boodskap #101745 is 'n antwoord op boodskap #101737] So, 06 Maart 2005 14:13 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Julius Bergh" skryf

> Dit was ne so eenvoudig nie!
>
> Jy moes n lid van die Broederbond gewees het of ten minste n
> Raportryer.

Tot 'n sekere mate was dit waar. Ek het al vantevore die
storie vertel van universiteitsvriende wat in die Transkei
wou gaan skoolhou (omdat veral die man uit 'n sendeling-
familie kom.) Maar toe hulle nou vir 'n rukkie daar gebly
het en hulle kinders word groter en hulle wil graag na
groter skole gaan op groter plekke, sodat hulle kinders
beter hoërskole kan besoek, toe vind hulle uit die
Afrikaners in beheer van die Transkei se onderwys
stel net hulle pals uit Transvaal in al die "goeie" poste
aan. Uiteindelik was hulle so ontevrede oor wat hulle
daar ondervind het, dat hulle swart onderwys gelos
het en in blanke skole gaan skoolhou het. ( Hierdie
mense was, ten spyte van alles, nog altyd Nasionale
Party ondersteuners, tot die einde. Ek wonder vir
wie hulle nou stem.)

Gloudina
Re: Is die revolusie op hande? [boodskap #101746 is 'n antwoord op boodskap #101744] So, 06 Maart 2005 14:20 Na vorige boodskapna volgende boodskap
news[3]  is tans af-lyn  news[3]
Boodskappe: 61
Geregistreer: Januarie 2005
Karma: 0
Volle Lid
"@rogers.com" skryf in boodskap news:4aOdnchYc6JPkbbfRVn-1A@rogers.com...

"news" skryf

> Jy is natuurlik heeltemaal reg, maar die gesprek gaan nou nie juis om die
> VSA nie, of hoe?
>
> Ellie

Ek vind dit 'n amper psigotiese sindroom : hierdie "sit en kla
oor SA." Vir mense wat oë het om te sien en ore het om
te hoor, is dit natuurlik duidelik dat dit net 'n bedekte vorm
van rassisme is.
Waarom kan mens nie kyk na die probleme
van die VSA en van SA as dieselfde verskynsel nie? Beide
het mense wat instroom in die land in omdat dit lyk of die
land meer welvarend is as waar hulle bly. Dus 'n instroming
van die derde wêreld na die eerste wêreld. Dit is op 'n ander
skaal ook wat besig is om te gebeur binne SA. Die nie-
blankes is vir jare ingehok in die derde wereldse deel van
SA, of anders is groot stede soos Johannesburg verdeel
in eerste wereldse en derde wereldse dele. Noudat daardie
verdelings opgehef is, stroom die werelde ineen.

Gloudina

Die verskil is dat dit in die VSA onwettig is, en hulle probeer mense
uithou, terwyl dit in S.A. wettig is, en dalk selfs aangemoedig word. Wat
dom is, veral as jy sukkel om jou eie mense te voed, hoekom mense van ander
lande in Afrika toelaat om in S.A. te gaan plak? Dit maak nie sin uit nie.

Ellie
Re: Is die revolusie op hande? [boodskap #101748 is 'n antwoord op boodskap #101746] So, 06 Maart 2005 15:40 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"news" skryf

> Die verskil is dat dit in die VSA onwettig is, en hulle probeer mense
> uithou, terwyl dit in S.A. wettig is, en dalk selfs aangemoedig word. Wat
> dom is, veral as jy sukkel om jou eie mense te voed, hoekom mense van ander
> lande in Afrika toelaat om in S.A. te gaan plak? Dit maak nie sin uit nie.
>
> Ellie

Waar kry jy die idee vandaan dat SA onwettige instroming
uit ander lande aanmoedig. Haal aan waar dit van regeringswyse
gedoen word en goedgepraat word. Al wat ek weet, is dat toe
ons seun net vir 'n jaar in SA wou gaan studeer, hy taamlik
goed ondervra is, en 'n taamlike groot deposito moes maak,
wat hy later weer sou terugkry, sodra hy kon bewys dat hy
die land verlaat het. Hulle was natuurlik bang dat hy sê hy
wil daar studeer, en dan in die land agterbly. So as hulle
so streng met studentevisas is, wat laat jou dink dat hulle
laks is met instromingsbeheer?
En wat dink jy van die onlangse gepraat in die VSA van
permitte uitryk vir sogenaamde onwettige werkers in die
VSA.

Gloudina
Re: Is die revolusie op hande? [boodskap #101750 is 'n antwoord op boodskap #101748] So, 06 Maart 2005 17:35 Na vorige boodskapna volgende boodskap
news[3]  is tans af-lyn  news[3]
Boodskappe: 61
Geregistreer: Januarie 2005
Karma: 0
Volle Lid
"@rogers.com" skryf in boodskap news:Csednea5F4Fzv7bfRVn-qw@rogers.com...

"news" skryf

> Die verskil is dat dit in die VSA onwettig is, en hulle probeer mense
> uithou, terwyl dit in S.A. wettig is, en dalk selfs aangemoedig word. Wat
> dom is, veral as jy sukkel om jou eie mense te voed, hoekom mense van ander
> lande in Afrika toelaat om in S.A. te gaan plak? Dit maak nie sin uit nie.
>
> Ellie

Waar kry jy die idee vandaan dat SA onwettige instroming
uit ander lande aanmoedig. Haal aan waar dit van regeringswyse
gedoen word en goedgepraat word. Al wat ek weet, is dat toe
ons seun net vir 'n jaar in SA wou gaan studeer, hy taamlik
goed ondervra is, en 'n taamlike groot deposito moes maak,
wat hy later weer sou terugkry, sodra hy kon bewys dat hy
die land verlaat het. Hulle was natuurlik bang dat hy sê hy
wil daar studeer, en dan in die land agterbly. So as hulle
so streng met studentevisas is, wat laat jou dink dat hulle
laks is met instromingsbeheer?
En wat dink jy van die onlangse gepraat in die VSA van
permitte uitryk vir sogenaamde onwettige werkers in die
VSA.

Gloudina

Gloudina, ek wil nie oor Amerika praat nie, ons het ons probleme, en ek is
teen die permitte ens. Wat ek wel iets oor te se het is die onwettige
(swart) mense wat in S.A. bly. Ek was nou pas vir net minder as n maand in
S.A. (met die hulp van Delta se skymiles en familie en vriende wat my
gehuisves het, want dis taamlilk duur daar nou), en omtrent elke kelner wat
ek teegekom het is van noord Afrika. Hulle staan uit, want hulle praat met
n sterk Franse aksent, is baie vriendelik en gesofistikeerd, en meng goed.
Die een ou het vir my gese hy kom van die Ivoorkus, en het net eenvoudig
vanaf Zim na S.A. gekom op n toeristevisa, en niemand weet van hom nie, hy
werk as kelner en doen n goeie werk, en niemand se enigiets daaroor nie.

Ek het hulle teegekom in Johannesburg en Kaapstad, en die plaaslike voorheen
benadeeldes is nie gelukkig daaroor nie. Dan praat ek nie eens van die
straatventers wat hulle ware in die strate verkoop nie, meeste van Noord
Afrika.

Ellie
Re: Is die revolusie op hande? [boodskap #101751 is 'n antwoord op boodskap #101750] So, 06 Maart 2005 22:04 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Julius Bergh  is tans af-lyn  Julius Bergh
Boodskappe: 111
Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Die ironie is dat selfs in die dae van aprtheid was die onmenslike Ou
Suid Afrika so aantreklik dat derduisende uit vrye Afrika na die
apartheid staat gestroom het.

Een oggend, 1978 in Pietersburg, klop n twee swart voue aan die deur
op soek na werk vir een van hulle - die een wat nie Afrikaans of
Engels kon praat nie en my Sotho het sy ook nie verstaan nie. Ek vra
toe haar maatjie watter taal sy praat. "Swahili" kom die antwoord!

In die jare 70 plus het die Nasianale regeering hard geprobeer om n
swart middelklas te skep maar ewe hard is daar druk uitgeoefen deur
die ANC en andere om die ekonomie dood te wurg deur sanksies.
Buthelezi was veroordeel omdat hy nie saam wou toi-toi vir sanksies
nie.

Moet dus nie die swak ekonomie totaal aan die blanke regeering
toeskryf nie.

Net so hard soos die ekonomie gewurg was, was alle pogings to geboorte
beperking teegestaan as n poging van die blankes om die swart
meerderheid te verminder. Nou sit die Nuwe SA met n stukkende
ekonomie en n bevolkings onploffing - en n gesondheids probleem wat
die ekonomie verder sal afbreek en die bevolkings probleem op n wrede
manier in toom gaan bring.

Daar was natuurlik ander opsies. China is vandag besig om vryer te
word - nie as gevelg van sanksis nie maar juis die teenoorgestelde.
Kontak met die buitewêreld en blootstelling aan ander beskouings bring
sosiale verandering.
Re: Is die revolusie op hande? [boodskap #101761 is 'n antwoord op boodskap #101745] Ma, 07 Maart 2005 09:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Julius Bergh  is tans af-lyn  Julius Bergh
Boodskappe: 111
Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 6 Mar 2005 09:13:26 -0500, "@rogers.com" wrote:

>
> "Julius Bergh" skryf
>
>> Dit was ne so eenvoudig nie!

>> Jy moes n lid van die Broederbond gewees het of ten minste n
>> Raportryer.
>
> Tot 'n sekere mate was dit waar. Ek het al vantevore die
> storie vertel van universiteitsvriende wat in die Transkei
> wou gaan skoolhou (omdat veral die man uit 'n sendeling-
> familie kom.) Maar toe hulle nou vir 'n rukkie daar gebly
> het en hulle kinders word groter en hulle wil graag na
> groter skole gaan op groter plekke, sodat hulle kinders
> beter hoërskole kan besoek, toe vind hulle uit die
> Afrikaners in beheer van die Transkei se onderwys
> stel net hulle pals uit Transvaal in al die "goeie" poste
> aan. Uiteindelik was hulle so ontevrede oor wat hulle
> daar ondervind het, dat hulle swart onderwys gelos
> het en in blanke skole gaan skoolhou het. ( Hierdie
> mense was, ten spyte van alles, nog altyd Nasionale
> Party ondersteuners, tot die einde. Ek wonder vir
> wie hulle nou stem.)
>
> Gloudina

Ek was self in Swart Onderwys en het dit ironies gevind dat ons
gesegregeerde skole en Universiteite het sodat kwansuis, elke groep sy
eie identiteit kon behou maar swart onderwys se "identiteit" was op
bestuursvlak beheer deur die Afrikaner Broederbond!

Dan leer ons hulle van vryheid, gelykheid en broederskap maar as hulle
dit prakties wou toepas, stop on hulle in die tronk!

Ek was nog in die onderwys toe die joernalis van die Sunday Times sy
boek "The Super Afrikaners" gepubliseer het. Die boek het n lys van
lede en die datum van toetrede gelys. Deur datums te vergelyk kon ons
nie-broederbonders uitwys dat al die skoolhoofde in ons dorp hoofde
geword het binne ses maande tot n jaar nadat hulle by die Broederbond
aangesluit het.
Re: Is die revolusie op hande? [boodskap #101762 is 'n antwoord op boodskap #101761] Ma, 07 Maart 2005 10:23 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Mens wonder hoekom geen Broederbonder by die TRC opgetree het nie....
Hoekom al ons Afrikaanses vir die vergrype van die Broederbonders moet ly
moet iemand vir my vertel:))
Ek het nou net gedink aan 'n lekker tema vir 'n brief aan Die Burger, wat 'n
lekker bakleiery kan veroorsaak:))
--
Groetnis
Annette

"Julius Bergh" skryf in boodskap news:1a7o219qmlpjmqtcaek8a2cnlsc6ela90k@4ax.com...
> On Sun, 6 Mar 2005 09:13:26 -0500, "@rogers.com"
> wrote:
>
>>
>> "Julius Bergh" skryf
>>
>>> Dit was ne so eenvoudig nie!
>
>>> Jy moes n lid van die Broederbond gewees het of ten minste n
>>> Raportryer.
>>
>> Tot 'n sekere mate was dit waar. Ek het al vantevore die
>> storie vertel van universiteitsvriende wat in die Transkei
>> wou gaan skoolhou (omdat veral die man uit 'n sendeling-
>> familie kom.) Maar toe hulle nou vir 'n rukkie daar gebly
>> het en hulle kinders word groter en hulle wil graag na
>> groter skole gaan op groter plekke, sodat hulle kinders
>> beter hoërskole kan besoek, toe vind hulle uit die
>> Afrikaners in beheer van die Transkei se onderwys
>> stel net hulle pals uit Transvaal in al die "goeie" poste
>> aan. Uiteindelik was hulle so ontevrede oor wat hulle
>> daar ondervind het, dat hulle swart onderwys gelos
>> het en in blanke skole gaan skoolhou het. ( Hierdie
>> mense was, ten spyte van alles, nog altyd Nasionale
>> Party ondersteuners, tot die einde. Ek wonder vir
>> wie hulle nou stem.)
>>
>> Gloudina
>
>
> Ek was self in Swart Onderwys en het dit ironies gevind dat ons
> gesegregeerde skole en Universiteite het sodat kwansuis, elke groep sy
> eie identiteit kon behou maar swart onderwys se "identiteit" was op
> bestuursvlak beheer deur die Afrikaner Broederbond!
>
> Dan leer ons hulle van vryheid, gelykheid en broederskap maar as hulle
> dit prakties wou toepas, stop on hulle in die tronk!
>
> Ek was nog in die onderwys toe die joernalis van die Sunday Times sy
> boek "The Super Afrikaners" gepubliseer het. Die boek het n lys van
> lede en die datum van toetrede gelys. Deur datums te vergelyk kon ons
> nie-broederbonders uitwys dat al die skoolhoofde in ons dorp hoofde
> geword het binne ses maande tot n jaar nadat hulle by die Broederbond
> aangesluit het.
>
Re: Is die revolusie op hande? [boodskap #101766 is 'n antwoord op boodskap #101762] Ma, 07 Maart 2005 13:11 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Annette" skryf

> Mens wonder hoekom geen Broederbonder by die TRC opgetree het nie....
> Hoekom al ons Afrikaanses vir die vergrype van die Broederbonders moet ly
> moet iemand vir my vertel:))

Ek dink daar was Broederbonders, of kinders van
Broederbonders, wat in 'n groep om verskoning
gevra het.
Maar hoekom klink jy nou asof die grootste gros
Afrikaners nie die dinge wou doen waarvoor jy
nou die Broederbond verantwoordelik hou nie?
Het die wittes van SA dan nie vir amper 'n
halfeeu hierdie diktators aan die bewind gehou
nie?

Gloudina
Re: Is die revolusie op hande? [boodskap #101767 is 'n antwoord op boodskap #101761] Ma, 07 Maart 2005 13:18 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Julius Bergh" skryf

> Ek was self in Swart Onderwys en het dit ironies gevind dat ons
> gesegregeerde skole en Universiteite het sodat kwansuis, elke groep sy
> eie identiteit kon behou maar swart onderwys se "identiteit" was op
> bestuursvlak beheer deur die Afrikaner Broederbond!

Nie net op bestuursvlak nie. Die skepping van Bantoe-Onderwys
het die grootste maak-werk vir wit Afrikaners geskep wat daar
nog ooit in SA gewees het. Skielik toe is daar honderde en
honderde poste vir skoolhoofde en onderskoolhoofde oop
orals in SA. Want in baie gevalle moes die swart skoolhoof
verwyder word om plek te maak vir 'n wit een. Hoekom?
Omdat daar 'n reël was dat wit onderwysers nie onder
swart skoolhoofde kon werk nie. In my geval is my swart
skoolhoof, Mr. Mtshali, verskuif na die Universiteit van
Zululand in 'n klein possie, en het Jaap Strydom, 29 jaar
oud, skoonseun van iemand in die upper echelons van
Bantoe-Onderwys, sy pos oorgeneem. In die annale
van apartheid word hierdie skandaal, dat wit onderwysers
Bantoe-Onderwys oorstroom het, nie genoeg genoem
nie.

Gloudina
Re: Is die revolusie op hande? [boodskap #101768 is 'n antwoord op boodskap #101750] Ma, 07 Maart 2005 13:29 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"news" skryf

>
> Gloudina, ek wil nie oor Amerika praat nie, ons het ons probleme, en ek is
> teen die permitte ens. Wat ek wel iets oor te se het is die onwettige
> (swart) mense wat in S.A. bly.

Maar hoekom veroordeel jy SA terwyl jy in 'n land
sit waar PRESIES dieselfde gebeur. Die laaste keer
toe ek in Kalifornië getoer het en in Santa Cruz my
wasgoed in 'n laundromaat moes was, toe is daar
net Meksikaanse vrouens in met bondels en bondels
wasgoed, en hulle kan nie Engels praat nie. En hulle
laat my nie toe om te was nie, want hulle sit die
geldstukke in die gleufies in soos hulle die wasgoed
uithaal, sodat ek nie 'n masjien kan kry nie. Ek
moes wasgoed was, en besluit toe maar om daar
te sit totdat hulle klaar is. Maar hulle moes blykbaar
wasgoed vir ander mense ook doen, want hulle
het net aangegaan en aangegaan. Na omtrent 'n
uur en'n half het een van die vroue besluit dat ek
een kans kan kry. Maar sy het, nadat ek een was
gewas het, haar eie geld weer kom insit, en dus
duidelik gemaak dat ek nou moet loop. Nou,
hierdie mense, wat nie Engels kan praat nie,
en heelwaarskynlik onwettig in jou land is, is
nou OK. Maar die soortgelyke toestand is
iets wat jy blameer op die SA regering?

Gloudina
Re: Is die revolusie op hande? [boodskap #101790 is 'n antwoord op boodskap #101768] Di, 08 Maart 2005 15:40 Na vorige boodskapna volgende boodskap
news[3]  is tans af-lyn  news[3]
Boodskappe: 61
Geregistreer: Januarie 2005
Karma: 0
Volle Lid
"@rogers.com" skryf in boodskap news:p9udnZC0ENApyLHfRVn-sA@rogers.com...

"news" skryf

>
> Gloudina, ek wil nie oor Amerika praat nie, ons het ons probleme, en ek is
> teen die permitte ens. Wat ek wel iets oor te se het is die onwettige
> (swart) mense wat in S.A. bly.

Maar hoekom veroordeel jy SA terwyl jy in 'n land
sit waar PRESIES dieselfde gebeur. Die laaste keer
toe ek in Kalifornië getoer het en in Santa Cruz my
wasgoed in 'n laundromaat moes was, toe is daar
net Meksikaanse vrouens in met bondels en bondels
wasgoed, en hulle kan nie Engels praat nie. En hulle
laat my nie toe om te was nie, want hulle sit die
geldstukke in die gleufies in soos hulle die wasgoed
uithaal, sodat ek nie 'n masjien kan kry nie. Ek
moes wasgoed was, en besluit toe maar om daar
te sit totdat hulle klaar is. Maar hulle moes blykbaar
wasgoed vir ander mense ook doen, want hulle
het net aangegaan en aangegaan. Na omtrent 'n
uur en'n half het een van die vroue besluit dat ek
een kans kan kry. Maar sy het, nadat ek een was
gewas het, haar eie geld weer kom insit, en dus
duidelik gemaak dat ek nou moet loop. Nou,
hierdie mense, wat nie Engels kan praat nie,
en heelwaarskynlik onwettig in jou land is, is
nou OK. Maar die soortgelyke toestand is
iets wat jy blameer op die SA regering?

Gloudina

:-)) Ek was al by Santa Cruz, mooi ou kusdorpie. Was jy ook by Half Moon
Bay, net so mooi.
Ek het lekker gelag vir jou en die Meksikaners, en ja, dit gaan n groot
probleem word. Ons praat juis nou die dag daarvan dat Texas, wat n groot en
ryk staat is, kan beskostig om die Meksikaners wat, blykbaar sodra hulle
citizenship kry, dadelik aftree en op die dole gaan (weet nie of dit waar is
nie, iemand het my dit vertel), maar hier in Alabama begin hulle ook
instroom, en ons staat gaan dit nie bekostig om hulle almal te onderhou sou
hulle besluit om ook hier af te tree nie. In ons staat is dit meerendeels
mans, wat n woonstel huur, en dan bly maklik tot 10 van hulle in so n
woonstel, en le laag, en werk hard. Mens wonder waar dit alles gaan eindig,
soms wonder ek of ons nie maar vir Meksiko moet koop nie?

Ek het nie bedoel om SA te veroordeel nie, dit was net vir my opmerklik hoe
baie immigrante van Afrika daar was. Met my laaste besoek (so twee en n
half jaar gelede) het ek dit nie opgemerk nie.

Ellie
Re: Is die revolusie op hande? [boodskap #101792 is 'n antwoord op boodskap #101790] Di, 08 Maart 2005 20:47 Na vorige boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"news"

> :-)) Ek was al by Santa Cruz, mooi ou kusdorpie. Was jy ook by Half Moon
> Bay, net so mooi.

Nee, het nie teveel rondgery toe nie. Dit was lank
gelede en ons het van oos na wes oor die VSA
gery. My man het eers letterlik die kinders hulle
tone in die Atlantiese oseaan laat doop in Maine,
en twaalf dae daarna weer in die Stille Oseaan
suid van Los Angeles.
Maar oor omtrent vier weke gaan ons na San
Jose om 'n nuwe kleinkind te gaan kyk. Dan sal
ek miskien daar uitkom.

Gloudina
Vorige onderwerp: Monster
Volgende onderwerp: Manto se taktiek
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 17 00:48:12 MGT 2024