Tuis » Taal » Prosa & poësie » " Wat van Ettienne se swart bloed" deur FERDI GREYLING ( Beeld Forum)
" Wat van Ettienne se swart bloed" deur FERDI GREYLING ( Beeld Forum) [boodskap #100103] |
Thu, 04 November 2004 15:19 ![na volgende boodskap na volgende boodskap](/theme/default/images/down.png) |
bouer
Boodskappe: 4791 Geregistreer: December 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Beeld-forum:
Wat van Ettienne se swart bloed?
Ferdi Greyling
Daar word lank reeds baie gepraat en verklarings gedoen oor kwotas en
transformasie in sport, maar hoe meer daar verduidelik word, hoe
onduideliker word dinge.
Dit lyk soms of 'n mens dit soos volg kan opsom: Daar is nie meer kwotas nie
en net meriete geld. Maar daar is nou transformasie en transformasie beteken
daar moet swart spelers in die span wees.
Dit lyk of die verskil eintlik maar is dat daar met kwotas 'n vasgestelde
aantal swart spelers in die span moes wees, maar dat die aantal spelers nie
met transformasie vasgestel is nie.
Die hele struktuur is natuurlik op ras gebou en niemand het klaarblyklik nog
aan die betrokke mense gesê dat daar nie meer 'n wet op rasseklassifikasie
in Suid-Afrika is nie.
Ons word nie meer deur die staat as dié of daai ras geklassifiseer nie en
dit beteken eksklusiewe regte kan nie meer vandag volgens wet aan ras
gekoppel word nie.
Dit laat 'n mens vra wat dan gebruik kan word om ras te bepaal in die
afwesigheid van 'n wet wat rassegroepe omskryf en sê waaraan iemand moet
beantwoord om as deel van dié of daardie rassegroep geklassifiseer te word.
Omstandighede seker. Ek het die geval Ettienne Botha gevat. Hy is die Blou
Bulle se uitstekende binne-senter wat nie die Bok-span gehaal het nie.
Alles dui daarop dat hy die span sou gehaal het as hy swart was.
Ek het my gewend na die proefskrif Groep sonder grense wat in die jare 80
verskyn het. Dit is 'n studiestuk deur H.F. Heese wat gaan kyk het watter
huwelike tussen sogenaamde wittes en slawe tussen 1652 en 1795 amptelik in
die Kaap aangeteken is.
Die rekords toon dat vyf Bothas in daardie tyd amptelik huwelike met mense
wat vandag swart genoem word, aangegaan het.
Dit is seker goeie omstandigheidsgetuienis dat Ettienne Botha waarskynlik
swart bloed in sy are het, soos die meeste van ons.
As sodanig kan hy dan seker vir die Bokke gekies word as 'n
transformasie-speler.
Die doel van dié gespottery is eintlik om by die volgende punt uit te kom:
Ek vermoed as iemand die transformasie/kwota-kwessie na die konstitusionele
hof neem, 'n interessante saak sal volg.
My gesonde verstand sê die hof sal dalk beslis dat as daar 'n sekere aantal
swart spelers in die span moet wees, 'n mens regtens moet kan bepaal wie
swart is.
Dit sal vereis dat die eienskappe van 'n sekere rassegroep amptelik omskryf
sal moet word sodat mense daaraan gemeet kan word. Dan is ons natuurlik
terug by een van die dinge waarteen daar in opstand gekom is deur die einste
ANC wat nou die proses dryf - rasseklassifikasie aan die hand van
regulasies.
Miskien kan die moderne DNS-toetse gebruik word, maar wie weet wat dit gaan
oplewer?
Vir 'n onlangse M-Net-program is 'n reeks Suid-Afrikaners op dié manier
getoets om hul herkoms te bepaal. Die wit Afrikaner Pieter-Dirk Uys het
deels 'n swart Afrika-agtergrond en die bruin vermaaklikheidster Marc
Lottering se vasstelbare wortels was almal in Europa!
As dié soort toetse gebruik word, sal Uys dus 'n transformasie-speler in die
Bok-span kan wees terwyl Lottering uitgelaat sal moet word.
Moet 'n mens dalk net op velkleur oordeel? Wat dan van albino's? Uit
ervaring weet ek ook dat "wittes" se velkleur dikwels 'n effens dieper bruin
kan wees as "bruin mense" se velkleur.
Wat kan nog gebruik word? Die vorm van neuse? Kyk 'n bietjie om jou rond,
dit sal ook nie werk nie.
Die punt is dat die wet op rasseklassifikasie met sy potlood-toetse en lawwe
etikette een van die snaakser, maar ook tragieser aspekte van apartheid was
en dat ons weer in so 'n situasie is - dié keer genadiglik sonder die wet.
Die onsekerheid wat dit meebring, skep sy eie absurditeite.
Sekere groepe in die land is in die verlede sleg afgeskeep en daar moet
toegesien word dat geleenthede en deure vir hulle oopgaan en oopbly en dat
daardie deure dan vir almal ewe oop bly. Daarmee het niemand seker 'n saak
nie. Wesenlik is dit egter 'n klasse-ding en nie 'n rasse-ding nie. Klasse
is in die verlede gerieflik op ras geoordeel, maar dit vervaag nou.
Dis tyd dat iemand in die kwessie gesonde verstand begin gebruik en die land
heeltemal en finaal uit sy ronddwalery in die ras-doolhof probeer haal.
Begin met helder verduidelikings oor alle aspekte van transformasie.
Ook die einddoel, hoe die einddoel gemeet word en dan veral die situasie
nadat die einddoel gemeet is.
|
|
|
|
|
Re: " Wat van Ettienne se swart bloed" deur FERDI GREYLING ( Beeld Forum) [boodskap #100123 is 'n antwoord op boodskap #100108] |
Fri, 05 November 2004 08:11 ![Na vorige boodskap Na vorige boodskap](/theme/default/images/up.png) ![na volgende boodskap na volgende boodskap](/theme/default/images/down.png) |
Ferdi Greyling
Boodskappe: 1232 Geregistreer: May 2006
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Het ou Jonas weer deur sy mond gepoep?
Ek kom dit agter as iemand hom antwoord want hy is op my kill file.
Agent vee sy poste af nog voor dit vertoon word.
Ek sien sy reaksie is nog verder die afgrond in as van te vore. Daai
man se brein het nie meer lank om te gaan nie.
On Thu, 04 Nov 2004 21:27:19 +0200, DD wrote:
> On Thu, 4 Nov 2004 19:11:36 -0800, "Jonas"
> wrote:
>
>> Vraag is waarom Ferdietjiekie steeds met sy witbas by die Beeld sit? Is dit
>> omdat hy gatkruip by die ANC, of kan hy ook aanspraak maak op swart bloed?
>> Vraag - hoe vorder die regstellende aksies daar by die Beeld - sleep hulle
>> doelbewus voete?
>> Waarom dra moffies snorre?
>
> Jou en Ferdi se fights kan somtyds nogal heel oortuigend
> gevoer word hoor:-) Julle het jul roeping gemis. Moes drama
> geswot het. JÃ rre gelede het ek by Carletonville
> se vliegklub so storie gehoor wat nie vir my ore bedoel was nie;
> toe iemand gesê het dat iemand gesê het, dat ek, wanneer ek
> 'n grap maak, so ernstig is, dat mense dink dat ek ernstig is.
>
> (Die tweede 'iemand' was die lokale oogkundige wat nou in die
> hienamaals praktiseer. Die eerste 'iemand' was my skelm by die klub.
>
> Ek dink ek moet hierdie een maar naamloos doen.
>
> anoniem
>
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: " Wat van Ettienne se swart bloed" deur FERDI GREYLING ( Beeld Forum) [boodskap #100163 is 'n antwoord op boodskap #100133] |
Sun, 07 November 2004 11:21 ![Na vorige boodskap Na vorige boodskap](/theme/default/images/up.png) ![na volgende boodskap na volgende boodskap](/theme/default/images/down.png) |
Ferdi Greyling
Boodskappe: 1232 Geregistreer: May 2006
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On Fri, 05 Nov 2004 20:10:51 +0200, DD wrote:
> Dit was so interessant toe Trevor Manual gister gesê het "en gister
> was hy 'n verkeerskonstabel en vandag is hy 'n bestuurder; wat op
> aarde is ons besig om te doen...!(?)" en as ek regonthou het hy dit
> gesê na aanleiding van die hope bankrot munisipaliteite.
> Vir hom was dit natuurlik punte werd by die praktiese of meer
> konserwatiewe deel van die bevolking, en ek dink nie dat hy dit vir
> punte score gesê het nie.
Manual is oud-UDF.
Die UDF het nie-rassigheid as basiese beginsel gehad. Nie net as idee
nie, maar op sypaadjie-vlak as lewensbeginsel.
Dit was hulle sosiale reaksie op apartheid oor jare.
Hulle het geleer dat al wat apartheid kan besweer is nie-rassigheid en
soos die Bybel of die Koran waarskynlik ook se, as jy wil he iemand
moet nie-rassig met jou wees, moet jy nie-rassigheid met hom of haar
wees.
Die beginsel van nie-rassigheid was hulle fondament.
Wat hierby aansluit is seker die fight wat nou uitbars tussen die ANC
en Cosatu oor Zimbabwe. In effek is dit Cosat wat se as jy demokrasie
wil he, moet jy dit as beginsel aanvaar en as jy dit as beginsel
aanvaar, moet jy dit op almal van toepassing maak, op jouself en jou
vriende ook.
En ons wil demokraties wees en Bob is allesbehalwe. As ons demokrasie
vir onsself wil red, moet ons sy ondemokrasie sien vir wat dit is en
dit se. Dan is hy 'n vyand van demokrasie en dus van wat ons in glo.
Maak nie saak of hy wit of swart is nie.
Die fight raak (na my denke) aan twee goed: Thabo se opvolger en die
split in die alliansie wat die een of ander tyd kan kom en 'n
werkilike opposisie-party kan oplewer.
|
|
|
|
Re: " Wat van Ettienne se swart bloed" deur FERDI GREYLING ( Beeld Forum) [boodskap #100167 is 'n antwoord op boodskap #100163] |
Sun, 07 November 2004 12:08 ![Na vorige boodskap Na vorige boodskap](/theme/default/images/up.png) ![na volgende boodskap na volgende boodskap](/theme/default/images/down.png) |
DD
Boodskappe: 1165 Geregistreer: June 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On Sun, 07 Nov 2004 13:21:28 +0200, Ferdi Greyling wrote:
> On Fri, 05 Nov 2004 20:10:51 +0200, DD wrote:
>
>
> > gesê na aanleiding van die hope bankrot munisipaliteite.
>> Vir hom was dit natuurlik punte werd by die praktiese of meer
>> konserwatiewe deel van die bevolking, en ek dink nie dat hy dit vir
>> punte score gesê het nie.
>
> Manual is oud-UDF.
en sy ma kon nie 'automatic' spel nie
(O ja, manual is sy van:-)
> Die UDF het nie-rassigheid as basiese beginsel gehad. Nie net as idee
> nie, maar op sypaadjie-vlak as lewensbeginsel.
> Dit was hulle sosiale reaksie op apartheid oor jare.
> Hulle het geleer dat al wat apartheid kan besweer is nie-rassigheid en
> soos die Bybel of die Koran waarskynlik ook se, as jy wil he iemand
> moet nie-rassig met jou wees, moet jy nie-rassigheid met hom of haar
> wees.
> Die beginsel van nie-rassigheid was hulle fondament.
die regte uitgangspunt natuurlik.' As jy vriende wil hê, moet jy 'n
vriend wees', tipe van beginsel. Dit is tog prakties, maar so
lees basies die konstitusie van die ANC ook. Maar net in teorie.
>
> Wat hierby aansluit is seker die fight wat nou uitbars tussen die ANC
> en Cosatu oor Zimbabwe. In effek is dit Cosat wat se as jy demokrasie
> wil he, moet jy dit as beginsel aanvaar en as jy dit as beginsel
> aanvaar, moet jy dit op almal van toepassing maak, op jouself en jou
> vriende ook.
>
> En ons wil demokraties wees en Bob is allesbehalwe. As ons demokrasie
> vir onsself wil red, moet ons sy ondemokrasie sien vir wat dit is en
> dit se. Dan is hy 'n vyand van demokrasie en dus van wat ons in glo.
> Maak nie saak of hy wit of swart is nie.
>
Wat is die naam van die program waarna ek nou net gekyk het - iets
soos 'the Big Question' waarin ook die probleem vervat is. Iets soos
93% persent van die bevolking het gestem daarvoor dat daar 'n sterker
houding teenoor Zim ingeneem moet word. Op die vloer voor die gehoor
was basies slegs swartes, en slegs een het daarteen gestem.
Toe dit voor die TV kameras aan Kadar Asmal gesê word, het hy gevra
wàt dan gedoen moet word. Na sowat drie sekondes van tyd gee vir 'n
antwoord daarop, het hy sy skouers opgehaal en gesê dat mense
aanhoudend sê dat daar sterker teen Zimbabwe opgetree moet word,
maar niemand sê wàt gedoen moet word nie. 'n Man, asiaat, het
onmiddellik daarop geantwoord dat Asmal en kie daar is om die tipe van
dinge uit te sorteer, en nie om vir die publiek vra hòe om dit te doen
nie.
> Die fight raak (na my denke) aan twee goed: Thabo se opvolger en die
> split in die alliansie wat die een of ander tyd kan kom en 'n
> werkilike opposisie-party kan oplewer.
>
Natuurlik is dit daardie opposisie-party wat kommer wek. Daar is
hoegenaamd nie 'n kans dat dit 'n meer konserwatiewe inslag sal hê
nie. Ons gaan dus ultra-links en ultra'er-links hê.
Ook 'n interessante debat gewees 'n dag of twee gelede (dink dit was
gister) toe aan die hoof van die SAUK (Peter Maklare of so iets) gevra
is waar hy aan die reg gekom het om die keuse van top tien Afrikaners,
wat deur hulle begin is, stop te sit, toe die stemme anders uitgebring
word as wat hulle verwag het. Demokrasie noem hùlle dit. Gedink die
stemme gaan vir swartes wees. Stop die verkiesing toe vir wit gestem
word.
Watter nasie is Pahad (daai een wie se vrou nou vir die tweede of
derde keer gevang is vir dronk bestuur)? Hy lyk op die oog af nie na
'n Indiër nie. 'n Kleurling miskien?
|
|
|
|
|
|
|
|
![Stuur antwoord](/theme/default/images/post_reply.gif) |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [ ![XML-voer RSS](/theme/default/images/rss.gif) ]
Tyd nou: Tue Feb 18 00:17:35 UTC 2025
|