Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » waarskuwing aan johan
|
|
Re: waarskuwing aan johan [boodskap #18645 is 'n antwoord op boodskap #18455] |
Wed, 28 October 1998 00:00 |
Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880 Geregistreer: July 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Ferdi wrote in message ...
> On Thu, 22 Oct 1998 17:07:41 +0200, "Henri Burger" wrote:
><< het gedog die gedagte polisie het saam met die ou SA gesneuwel? Wys jou
>> net, hoe meer dinge verander, hoe meer bly hulle dieselfde, of hoe?>>
>
>
> Henri, hoe sal jy reageer as n verwoede PAC jou herhaaldelik op erg
> rassistiese wyse in die openbaar beledig?
Is dit nou soos wat verskeie ANC parlementslede neig om te doen met
Afrikaners of wittes wanneer dit hulle pas?
Of soos "kill te Boer, kill the farmer", of soos "one settler, one bullet"?
Of soos wat die liewe Thomas Jacobs neig om op hierdie nuusgroep te doen?
|
|
|
|
|
|
|
Re: waarskuwing aan johan [boodskap #18650 is 'n antwoord op boodskap #18455] |
Wed, 28 October 1998 00:00 |
Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880 Geregistreer: July 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
@igs.net wrote in message ...
> Dit is ook gevaarlik om, as jy wit is,
> mense soos Frikkie en sy denkgenote te
> ignoreer. Dit is wat meeste van die
> wit mense in SA gedoen het in die middel
> van die eeu en kyk waar het dit vir hulle
> laat beland. Dis wat Duitsers gedurende
> Hitler se tyd gedoen het, en kyk waar
> het dit hulle laat beland.
Hier hang jou onderrok weer myle ver uit, Gloudina:
'n Paar weke gelede maak Thomas Jacobs uit kru en rassistiese (volgens enige
maatstaf) opmerkings op hierdie groep. Frikkie dreig hom met persoonlike
benadeling.
Jy het Frikkie verwoed ingevlieg, en ek het hom ernstig betig.
Johan maak hierdie week opmerkings wat hoogstens as krities beskou kan word,
maar, in politiek korrekte sin, "rassisties". Leswin dreig hom met
persoonlike benadeling van 'n veel ernstiger graad as die dreigemente wat
Frikkie ge-uiter het.
Vir Leswin, egter, ondersteun en verdedig jy.
Ek reken, Gloudina, dat jou dubbele standaard nog veel gevaarliker is om te
ignoreer as enigiets waarmee "Frikkie en sy denkgenote" op hierdie nuusgroep
uitgekom het.
|
|
|
|
|
Re: waarskuwing aan johan [boodskap #18653 is 'n antwoord op boodskap #18455] |
Wed, 28 October 1998 00:00 |
Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880 Geregistreer: July 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
En ferdi,
Wie het vir Leswin sulke raad gegee?
(Maar die ou vragie wal jy weer ignoreer, nie waar nie, want die antwoord
is: Niemand nie - nie waar nie?)
Vriendelike groete, Leendert
Ferdi wrote in message <363d530a...@news.icon.co.za>...
> On Wed, 28 Oct 1998 20:50:01 +0200, "Leendert van Oostrum"
> wrote:
>
>
> <<>Is dit nou soos wat verskeie ANC parlementslede neig om te doen met
>> Afrikaners of wittes wanneer dit hulle pas?
>>
>> Of soos "kill te Boer, kill the farmer", of soos "one settler, one bullet"?
>>
>> Of soos wat die liewe Thomas Jacobs neig om op hierdie nuusgroep te doen?>>
>
> En hoe voel jy daaroor?
> Se jy ook - soos die raad aan Leswin - dat n mens dit maar moet
> ignoreer en smile?
>
>
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: waarskuwing aan johan [boodskap #18733 is 'n antwoord op boodskap #18455] |
Fri, 30 October 1998 00:00 |
ferdinand
Boodskappe: 1462 Geregistreer: September 1997
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On Thu, 29 Oct 1998 21:46:26 +0200, "Leendert van Oostrum"
wrote:
<<>Ek sę: "En wie het nogal vir Leswin sulke raad gegee?"
>
> Nie dat ek 'n antwoord verwag nie, want die antwoord is "Niemand nie".>>
Opsie! Leendert piepie mis.....
1. Lou skryf aan Leswin: <<<Laat vryheid van spraak op die groep toe -
as jy nie van Johan se skrywe
hou nie - ignoreer hom! >>
2. Ene Leendert van Oostrum skryf (op gebruiklike wollerige wyse):
<<<Dit is wat jy doen wanneer jy uitlatings wat geen haatspraak is
nie,
klassifiseer as "haatspraak", 'n konstruk wat (tans nog nie) in die
Amerikaanse reg ontwikkel is nie, en dit gebruik om mag uit te oefen
om
Johan te verhoed om uitdrukking te gee aan idees waarvan jy nie hou
nie.
Die algemene woord wat ons vir sulke gedrag gebruik is "intimidasie".
>>>
Die hierbo lyk vir my nes iemand was se: "Laat hom toe om dit te se.
Moenie hom probeer keer om dit te se nie."
[Bygewerk op: Sat, 04 January 2025 07:10] deur moderator Rapporteer boodskap aan 'n moderator
|
|
|
|
Re: waarskuwing aan johan [boodskap #18751 is 'n antwoord op boodskap #18455] |
Sat, 31 October 1998 00:00 |
Leendert van Oostrum[2]
Boodskappe: 264 Geregistreer: February 1996
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
In article ,
wrote:
> ferd...@icon.co.za (Ferdi ) writes:
>
>> Hel, Leendert, het jy dan nie altyd die "feit" verkondig dat die WVK
>> bloot n "politieke arm" van die ANC is nie?
>>
>> Het jy nie altyd voorspel dat die WVK die ANC gaan salwe en opvryf en
>> god maak in sy verslag nie, hmmm Leendert?
>>
>> (Of was dit dalk jou broer gewees wat ook hier aan besprekings
>> deelgeneem het? )
>
> Ek dink dis net die geval dat ons
> vriend Leendert 'n tweegat-jakkals
> is. As jy hom by die een gat inwag,
> spring hy by die ander een uit. Maar
> elke tweegat-jakkals word uiteindelik
> gevang.
Met styl, doen jy dit, nie waar nie Gloudina? Voortreflike kultivarkstyl - die
stylvoorskrif wat jou verhoed om jou veralgemeende skelbewerings te ondersteun
met enige vorm van beredenering, nie waar nie?
Want jy kan geen bewys bring van die tweegatgedrag waarvan jy my hier
beskuldig nie, kan jy?
Vriendelike groete, Leendert
|
|
|
|
|
|
|
Re: waarskuwing aan johan [boodskap #18773 is 'n antwoord op boodskap #18455] |
Sun, 01 November 1998 00:00 |
cafe
Boodskappe: 3 Geregistreer: November 1998
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
Johan Vermaak beantwoord, vanaf 'n Internet Cafe...
Gedurende 'n tyd, toe PW deur hel gegaan het deur newsgroups, en newsgroups
1 en 2 lyne Anti-ANC sinnetjies bestaan het, het ek, dmv 'n regse
mombakkies elle lange geskrywe gepos, en antiAfrikaners in die bek geruk.
(nou klink ek soos Jaap). Ek bedoel nie regtig om Marais en ET en andere
bymekaar uit te bring nie. Net om julle te laat skrik. En om die atmosfeer
meer demokraties te verander. In Desember '97 het ek 'n plakaat opskrif van
'n Engelse blad gelees, waar Mbeki se hy sal oor die Afrikaners loop. Die
berig het ek nie gelees nie. Die opskrif was provokasie genoeg om te skryf
wat ek geskryf het. Afrikaners, regs en links, ons is ook hier, en hoef nie
skaam te wees vir onsself nie, en bang the wees om 1 en 2 lyne sinnetjies
te pos nie.
Vrede is ons konstitusionele reg. In 1955 (of is dit '56) het die Apartheid
regering die pragtigste wet geplaas - Dit is 'n kriminele oortreding om die
Rus en Vrede the Verstoor. Vandag word daardie wet gebruik veral in die
werks omgewing, om aanranding te voorkom. Ek, as belastingbetaler sal nie
sulke tipe koerant opskrifte duld nie. My belasting is op datum. Die
regering is immers dienaars van sy bevolking, of nie ?
Vrede is wat ek, en alle SA'ners werklik wil he. Nie geweld en oorlog nie.
My lewe gemors met die NG Kerk, Marais, Illuminatie boeke, ens.
Werklik is ek al New Age vanaf 1980. Onlangs het ek 'n boek gelees deur
Osho (Bhagavan Shree Rashneesh) met die naam "Politics and Religion - the
Mafia of the Soul.", en besef watse aap (ek se dit) ek al hierdie jare was.
Die "Mutch Deformed Church", met sy skuld gevoel komplekse degenereer die
samelewing - jy is in sonde ontvang en gebore, vol sonde is jy, en jou
beste werke is vol sonde. En vier die filosie eis hulle 10% van jou bruto
inkomste. Lees Malle Agie 3 vers 6. Totale gemors. Verwronge persepsie. In
die werklikheid het 'n mens elke komende sekonde 'n keuse - selfde, beter
of swakker. New Age het my gehelp om te verbeter. Na die ewebeeld van God
waanvan ons almal geskape is. Nie beter as God nie. Beter as wat die
telogie wil he jy moet wees. En dan wil hulle jou verneder deur van jou
verwag om te se jy is skuldig. Verdomp. Jy is so geskape.
Politiek, en Aparthate, waarvoor ek vanaf std 3 tot 10 geveg het, ly net
tot haat vir andere persone, vir hulle opinies. En die ergste, dit ly tot
komplekse, veral uitsluiting, to bekom. Ek het in die New Age geleer dat
elke persoon se opinie REG is vir hom. Jou opinie is reg vir jou, en myne
vir my. Dit pas in met die Karmiese lesse ons moet leer. Die 10 gebooie is
Karmiese wette. Dit geweet? Lees Seth Speaks, van Jane Roberts.
Teenoorgestelde realiteite leef in vrede saam op dieselfde tyd. Dis is 'n
universiele wet. Ons moet leer om saam met mekaar in Vrede te leef. En
mekaar se opinies te respekteer. Ons is almal verskillende kleure van
dieselfde diamant. Volgens Osho is politici klein groen mannetjies wat
jaloers is op andere se besittings, regte, ens. Die CIA was nie baie lief
vir hom nie. Hy het die VSA en Rusland dmv die ArmsRace uitgewys vir wat
hulle werklik is. Veroorsaak konflikte en dan verkoop hulle ou voorraad aan
byde kante om aan te gaan met R&D om beter, nuwe wapens te maak. SA is
veronderstel om KOS, nie wapens uit te voer. Die Regering behoort die geld
van Kernwapens (as dit nog voortgaan) oor te skakel na R&D vir boerderry en
plase - dis immers geestelik beter vir ons land.
Die WVK is hier vir rekonsiliasie en geestelike geneesing van die totale SA
gemeenskap. Om Wit en Swart te verenig. Nie te verbaster nie. Om Vader's
Naam. Werklike genesing gaan net plaasving deur ondersoek, om dit te
verwerk, en dan die heel belangrikste - Vergewing. Om mekaar te vergewe.
Dit is die "high road". Die "low road" is om wraak te neem op mekaar. Dan
sal ons nooit erens uitkom nie. Dis baie moeilik om "impartial" te wees.
Die 2e Anglo boere oorlog was 'n totale miskenning van mense regte. Afrika
is 'n wrede land. J.C. Smuts se boek "Een eeu van Onreg" wys die onreg uit
wat die Afrikaner vanaf 1652 te doen mee gehad het. Vrouens en kinders het
soos Ethiopiers gelyk in die konsentrasiekampe. Die ethnic cleansing en
scorched earth policy het toe nie gewerk nie. En ons is nog hier. Voor 1905
was dit Afrikaans teen Engels, vandag is dit Swart teen Wit. Sonder 'n
oorlog kan ons herening.
Ons het HIV en Vigs voor ons om te oorkom. Saam kan ons dit doen. Julie wil
nie weet hoe erg dit is nie. 'n Universiteit se studente het bloed geskenk.
60% was HIV positief. Die medici van die hospitaal reken dat studente net
bloed sal skenk as hulle nie vigs het nie. Dit skok 'n mens. Blankes wil
nie weet wie die Universiteit is nie. Oor 5-10 jaar gaan ons bars. Ons moet
die WVK ondersteun, op die High Road. Op die Low Road gaan dit in ''n Wraak
en Vervolgings kommissie ontaard. Iets wat ons almal nie wil he nie.
Onthou nog Max du Preez se Vrye Weekblad. Party mense se definisie van
Vryheid van Spraak hang af van hoeveel tande jy in jou bek oor het.
So, mag ek maar now in SA bly? Wel ek bly in elk geval hier. Ek vra nie
julle toestemming nie. Onthou altyd - as ek kan verander, kan almal. Wees
meer inklusief, nie eksklusief nie. Ondersteun. Of ander is dit die Regses
wat julle van apartheid kan beskuldig.
Bobbejaan klim die berg
so lastig en so haastig bobbejaan klim die berg,
Om AntiAfrikaners te vererg,
Hoera vir die jollie bobbejaan!
O moenie huil nie, O moenie treur nie
Die jollie bobbejaan kom weer.
...
Nie deur om mekaar
Ferdi wrote in article
...
> On Wed, 28 Oct 1998 20:52:18 +0200, "Leendert van Oostrum"
> wrote:
>
>
> dinge sê as
>> Marais en ET. Dis maklik as jy nie 'n keuse het (behalwe emigreer)
nie.>>
>
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: waarskuwing aan johan [boodskap #18863 is 'n antwoord op boodskap #18455] |
Tue, 03 November 1998 00:00 |
Leendert van Oostrum[2]
Boodskappe: 264 Geregistreer: February 1996
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Ferdi wrote in message ...
> On Sat, 31 Oct 1998 07:09:32 GMT, oos...@geocities.com wrote:
>
>
> En wat is die beginsel, Leendert?
>>
>> Net wat mens kon verwag: ferdi herken nie 'n beginsel as hy teen teëkom nie.>>
>
>
> En wat IS die beginsel, Leendert?
>
> Die een wat jy so heilig se jy so vas by staan.
>
> Wat is hy?
Die een wat ek nuttig vind wanneer ek jou bydraes beoordeel. Die
Spreukedigter bewoord hom so: "Soos 'n hond wat teruggaan na sy braaksel, so
is die dwaas wat sy sotheid herhaal".
Vriendelike groete, Leendert
-----------== Posted via Deja News, The Discussion Network ==----------
http://www.dejanews.com/ Search, Read, Discuss, or Start Your Own
|
|
|
Bladsye (3): [ 2 ] |
|
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [ ]
Tyd nou: Mon Jan 13 07:40:32 UTC 2025
|