Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Nuus » Uit Beeld - vergiffenis vra
Re: Uit Beeld - vergiffenis vra [boodskap #117907 is 'n antwoord op boodskap #117905] Wo, 25 Junie 2008 19:10 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Daun Johnson  is tans af-lyn  Daun Johnson
Boodskappe: 1155
Geregistreer: Januarie 2009
Karma: 0
Senior Lid
, Hessie
> Ek dink meeste van die mense in die VSA
> is ook eintlik teen die doodstraf. Daar is net 'n
> hele klomp polities aktiewe Christian Conservatives
> wat die doodstraf wil hê. Dis dan ook hulle wat
> so vreeslik teen aborsie is, maar nie mense
> veroordeel wat dokters doodskiet wat aborsies
> doen nie.
>
> Gloudina

Volg nou hierdie klein bietjie raad
van my. Lees jou eie geskrif voordat jy
dit die kuberruimte instuur.

Moet nie laatt ek jou wys op jou dwase uitlatings nie.
As mense wat die doodstraf wil hê, nie mense veroordeel wat dokters
teregstel wat ongebore babatjies vermoor, nie, dan tree hulle beslis
nie botsend met hul eie sienswyses op nie.
Dit wat jy hier sê bots egter teen dit self.

Lees dit eers jou eie geskrif voordat jy dit die kuberruimte instuur.
Re: Uit Beeld - vergiffenis vra [boodskap #117910 is 'n antwoord op boodskap #117907] Wo, 25 Junie 2008 21:57 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Dave skryf

> As mense wat die doodstraf wil hê, nie mense veroordeel wat dokters
> teregstel wat ongebore babatjies vermoor, nie, dan tree hulle beslis
> nie botsend met hul eie sienswyses op nie.

Dave, jou argument is so ingewikkeld dat ek amper
nie kan glo ek verstaan wat jy sê nie. Kom ons vat
die geval van die Rudolph ou ( hoop ek onthou sy
naam reg) wat 'n dokter doodgeskiet het, omdat hy
in Rudolph se oë moord gepleeg het. Nou ek kan
verstaan, as Rudolph teen die doodstraf is, dat hy
ook teen aborsie sal wees, want dis 'n vorm van
moord. Maar blykbaar was hy teen aborsie, maar
nie teen dokters doodmaak nie. Dis hierdie soort
denkwyse wat ek net nie kan verstaan nie. Hoe
kan hierdie Christian Conservatives teen aborsie
wees, maar by sommige is Rudoph 'n held?

Gloudina
Re: Uit Beeld - vergiffenis vra [boodskap #117913 is 'n antwoord op boodskap #117892] Do, 26 Junie 2008 05:19 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Riaan  is tans af-lyn  Riaan
Boodskappe: 1008
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Hessie" wrote in message
news:dae2ecb8-3b15-4c19-a156-53215bae7c4e@c58g2000hsc.google groups.com...
"Riaan" skryf

> Steve Biko en Chris Hani sou nie geweet het of dit kersfees of paasfees is
> as ek oud genoeg was en die geleentheid gegun was om met hulle af te reken
> nie.

So jy identifiseer met die Poolse immigrant wat
Chris Hani voor sy kind langs sy huis doodgeskiet
het. Jy identifiseer met die polisiemanne wat die
voosgeslaande Steve Biko in 'n kar van Port
Elizabeth na Pretoria vervoer het en hom op
die pad laat sterf het. As jy Chris Hani doodgeskiet
het, soos daardie Poolse ou, en nou in die tronk
sit saam met Derby-Lewis, sou jy ook wou hê
dat die doodstraf teruggebring moet word?

Gloudina

Ek het nie gese ek sal die ou by sy huis gaan doodskiet het nie. Ek sal
hulle deur die regstelsel gejaag het, en indien hulle dan skuldig bevind is
en die doodstraf gekry het, sou ek dit met 'n groot glimlag aanvaar het.
Re: Uit Beeld - vergiffenis vra [boodskap #117918 is 'n antwoord op boodskap #117904] Do, 26 Junie 2008 08:08 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke[1]  is tans af-lyn  Torreke[1]
Boodskappe: 423
Geregistreer: Februarie 2008
Karma: 0
Senior Lid
On Jun 25, 8:03 pm, Hessie wrote:
> "Torreke" skryf
>
>>>> My antwoord of Biko en Hani die doodstraf moes gekry het is 'n besliste
>>>> "Ja"!!!
>
>>>              Jy yl.
>
>> Hoe het ek geweet jy sal alles uitvee en die een skryffout, die onopsetlike
>> weglating van die woorde "se moordenaar" gryp om daarop te antwoord?
>
>            Omdat ek, Torreke, twee oë in my kop het,
>            en omdat ek, Torreke, blykbaar kan lees
>            en verstaan wat ek lees. As jy verkondig wat
>            jy  verkondig  het, dan kan ek alleen my
>            hande saamslaan en tot die gevolgtrekking
>            kom  dat jy yl. Want ek kan nie glo dat jy
>            nie weet dat Hani vermoor is  en dat Biko
>            vermoor is nie. Ek het vir jou die benefit
>            of the doubt gegee, en aangeneem jy yl.
>            Want om te dink dat jy bedoel het die
>            Poolse ou het Hani die doodstraf gegee
>            daar langs sy huis, en die SA  manne
>            wat Biko laat doodgaan het aan sy wonde
>            wat hulle hom toegedien het in die tronk,
>            het hom "doodstraf" gegee, was net te
>            naar om te kontempleer.
>                     Volg nou hierdie klein bietjie raad
>            van my. Lees jou eie geskrif voordat jy
>            dit die kuberruimte instuur.
>                      In alle geval, Torreke, jy word nou
>           bietjie boring. As jy aandag wil hê, sal jy
>           meer kreatief moet word. Ek gee jou goeie
>           raad. Vergeet Tant Hessie. Ignoreer Tant
>           Hessie. Dan sal jy nie so 'n spektakel van
>           jouself maak nie.
>
>            Tant Hessie van Beacons Baai


1) As jy tot enige objektiewe denke en selfkritiek in staat is, staan
terug, lees weer wat jy hierbo geskryf het met die name omgeruil.
Dit behoort jou 'n idee te gee van wat die meerderheid op hierdie
nuusgroep van jou dink.

2) Ek hoor jou al se: "Die meerderheid? Torreke, Jy yl!".

Nou ja, dié wat nie met my saamstem nie, is welkom om my hier openlik
te weerspreek en hulle van my stelling te distansieer.

Sal ons "Survivor" speel, Ta' Hessie? - en kyk wie word uitgestem?

Ek verseker almal: As ek uitgestem word, sal ek nie vir Bob nadoen
nie.
Ek sal ook nie onder ander skuilnaam terugkom nie; ek sal my hoed vat
en loop.

En jy, wat sal jy doen, Ta' Hessie? Sal jy loop as jy uitgestem
word?

3) Ek irriteer jou!!! - ek irriteer jou grenseloos!!! "Of cause" was
ek moedswillig en opsetlik!!! Dis nie mooi van my nie!!!

Maar waarom?

Selfs jy kan nie so in jou eie gewaande belangrikheid vasgevang wees
dat jy nie die antwoord kan raai nie.

Soos Ferdi het ek met jou 'n gebalanseerde gesprek probeer voer.
Soos Ferdi het ek my telkens vasgeloop teen jou totale eensydigheid.
En soos Ferdi het ek vir jou gese ek stel nie verder in enige gesprek
met jou belang nie.

Netsoos jy nie na my wou luister toe ek met jou gesprek probeer voer
het nie,
netso min wou jy luister toe ek nie met jou 'n gesprek wou voer nie.
Jy het aangehou om aan my te karring om reaksie te kry.

Ander deelnemers het vir jou uitgewys dat jy nie aan my kan karring
en,
as jy reaksie kry, dan koggel dat ek nie weet wat die woord "ignoreer"
beteken nie.
Jy't ook nie na hulle geluister nie.

4) Ek het vantevore ook gese dat ek nie verder in enige gesprek met
Jim Again of Suidwester belangstel nie.
Tog het ons voor almal weer met mekaar begin gesels en - NB - op 'n
vriendelike toon!!!
'n Jaar gelede wou Dave en Suidwester niks van mekaar weet nie.
Nou gesels hulle vriendelik met mekaar wanneer 'n onderwerp ter sprake
kom waarin albei belangstel.

Waarom?

Omdat almal, sonder om 'n ophef daarvan te maak, 'n bereidwilligheid
getoon het om te hoor wat die ander een se en elkeen sy eie gedrag te
korrigeer.

Jy, daarenteen, stoom net voort op jou ingeslane weg.

5) Jy het vir jouself as redder en bewaker van die Afrikanervolk
aangestel!!!
- die een wat die Afrikaners weer op die pad moet tereglei nadat ons
deur die apartheidsvarke gemesmeraais is!!!
- die reg om jou wil en sienings op almal af te dwing!!!

Hierdie nuusgroep sukkel om te oorleef! - ons het almal skuld
daaraan!!! - maar JY is die grootste oorsaak!!!
Jy dryf deelnemers weg met die eensydige eiertjies wat jy op almal se
poste le.

6) "Kom ons begin weer van voor af. Druk die lippies op mekaar. Sê vir
die vingertjies 'moenie tik nie' en sluk diep, knyp die oë styf toe
en bid."

Dit wil se: "Geneesheer genees jouself"!!!
Re: Uit Beeld - vergiffenis vra [boodskap #117925 is 'n antwoord op boodskap #117913] Do, 26 Junie 2008 11:32 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Riaan" skryf

>> Steve Biko en Chris Hani sou nie geweet het of dit kersfees of paasfees is
>> as ek oud genoeg was en die geleentheid gegun was om met hulle af te reken
>> nie.

> Ek het nie gese ek sal die ou by sy huis gaan doodskiet het nie. Ek sal
> hulle deur die regstelsel gejaag het, en indien hulle dan skuldig bevind is
> en die doodstraf gekry het, sou ek dit met 'n groot glimlag aanvaar het.

Riaan, gaan lees weer wat jy gesê het. Wees
'n man en erken wat jy gesê het. Jy sê duidelik
dat jy met Chris Hani of Steve Biko wou "afreken."

Gloudina
Re: Uit Beeld - vergiffenis vra [boodskap #117929 is 'n antwoord op boodskap #117910] Do, 26 Junie 2008 12:13 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Daun Johnson  is tans af-lyn  Daun Johnson
Boodskappe: 1155
Geregistreer: Januarie 2009
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 25 Jun 2008 14:57:17 -0700 (PDT), Hessie wrote:

> Dave, jou argument is so ingewikkeld dat ek amper
> nie kan glo ek verstaan wat jy sê nie.

Dit is omdat jy jouself vaspraat.

In jou eerste sktywe het jy gesê dat hulle die doodstraf voorstaan.
Hier is jou woorde:

> Ek dink meeste van die mense in die VSA
> is ook eintlik teen die doodstraf. Daar is net 'n
> hele klomp polities aktiewe Christian Conservatives
> wat die doodstraf wil hê. Dis dan ook hulle wat
> so vreeslik teen aborsie is, maar nie mense
> veroordeel wat dokters doodskiet wat aborsies
> doen nie.

Nou sê jy weer (lees nou onder) dat Rudolph teen die doodstraf is.
In jou eerste skrywe het jy gepraat van mense wat dit voorstaan.
Jy vind my argument(?) (jy moet 'n verklarende woordeboek gebruik en
na die verskil tussen 'n redenasie en argument gaan kyk) ingewikkeld
omdat jy nie jou eie verstaan nie. Want dit see saw.

> Dave skryf
>
>> As mense wat die doodstraf wil hê, nie mense veroordeel wat dokters
>> teregstel wat ongebore babatjies vermoor, nie, dan tree hulle beslis
>> nie botsend met hul eie sienswyses op nie.
>
> Dave, jou argument is so ingewikkeld dat ek amper
> nie kan glo ek verstaan wat jy sê nie. Kom ons vat
> die geval van die Rudolph ou ( hoop ek onthou sy
> naam reg) wat 'n dokter doodgeskiet het, omdat hy
> in Rudolph se oë moord gepleeg het. Nou ek kan
> verstaan, as Rudolph teen die doodstraf is, dat hy
> ook teen aborsie sal wees, want dis 'n vorm van
> moord. Maar blykbaar was hy teen aborsie, maar
> nie teen dokters doodmaak nie. Dis hierdie soort
> denkwyse wat ek net nie kan verstaan nie. Hoe
> kan hierdie Christian Conservatives teen aborsie
> wees, maar by sommige is Rudoph 'n held?
>
> Gloudina
Re: Uit Beeld - vergiffenis vra [boodskap #117936 is 'n antwoord op boodskap #117925] Do, 26 Junie 2008 13:17 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Riaan  is tans af-lyn  Riaan
Boodskappe: 1008
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Hessie" wrote in message
news:31e127a0-d44d-4abe-9e45-9e1a76042731@d45g2000hsc.google groups.com...
"Riaan" skryf

>> Steve Biko en Chris Hani sou nie geweet het of dit kersfees of paasfees
>> is
>> as ek oud genoeg was en die geleentheid gegun was om met hulle af te
>> reken
>> nie.

> Ek het nie gese ek sal die ou by sy huis gaan doodskiet het nie. Ek sal
> hulle deur die regstelsel gejaag het, en indien hulle dan skuldig bevind
> is
> en die doodstraf gekry het, sou ek dit met 'n groot glimlag aanvaar het.

Riaan, gaan lees weer wat jy gesê het. Wees
'n man en erken wat jy gesê het. Jy sê duidelik
dat jy met Chris Hani of Steve Biko wou "afreken."

Gloudina

My Antie - Ek was net 7 jaar oud toe Steve Biko dood is ok. So ek sou nie
met hom kon afreken nie al wou ek.
Re: Uit Beeld - vergiffenis vra [boodskap #117939 is 'n antwoord op boodskap #117936] Do, 26 Junie 2008 14:33 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Riaan" skryf

> My Antie - Ek was net 7 jaar oud toe Steve Biko dood is ok. So ek sou nie
> met hom kon afreken nie al wou ek.

Maar daar is haat in jou hart teen Biko, selfs
al was jy 'n onskuldige kind toe Biko gedood
is deur die agente van die apartheidsregime.
Nou sidder ek vir die gif wat jy seker in jou
klein kindertjies se gemoede plaas, sodat
wanneer hulle jong volwassenes is, hulle
net soos jy sal praat.
En wat het die apartheidsregime en
hulle agente bereik deur so moorddadig
te wees? Buitekant SA het hulle die lied
"Biko" begin sing, 'n lied wat nog vandag
oor en oor gesing word. Weet jy hoe ek
gesit en huil het die dag toe ek daardie
lied vir die eerste keer van daardie konsert
in London gehoor het. Ek het gehuil nie
net omdat Biko doodgemaak is op 'n
wrede manier nie, maar ek het ook gehuil
uit skaamte dat hierdie dinge in my
geboorteland besig was om te gebeur.

Gloudina
Re: Uit Beeld - vergiffenis vra [boodskap #117951 is 'n antwoord op boodskap #117939] Vr, 27 Junie 2008 05:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Riaan  is tans af-lyn  Riaan
Boodskappe: 1008
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Hessie" wrote in message
news:5700e8f1-5075-4241-bacf-87ca66f73ca5@e39g2000hsf.google groups.com...
> "Riaan" skryf
>
>> My Antie - Ek was net 7 jaar oud toe Steve Biko dood is ok. So ek sou nie
>> met hom kon afreken nie al wou ek.
>
> Maar daar is haat in jou hart teen Biko, selfs
> al was jy 'n onskuldige kind toe Biko gedood
> is deur die agente van die apartheidsregime.
> Nou sidder ek vir die gif wat jy seker in jou
> klein kindertjies se gemoede plaas, sodat
> wanneer hulle jong volwassenes is, hulle
> net soos jy sal praat.
> En wat het die apartheidsregime en
> hulle agente bereik deur so moorddadig
> te wees? Buitekant SA het hulle die lied
> "Biko" begin sing, 'n lied wat nog vandag
> oor en oor gesing word. Weet jy hoe ek
> gesit en huil het die dag toe ek daardie
> lied vir die eerste keer van daardie konsert
> in London gehoor het. Ek het gehuil nie
> net omdat Biko doodgemaak is op 'n
> wrede manier nie, maar ek het ook gehuil
> uit skaamte dat hierdie dinge in my
> geboorteland besig was om te gebeur.
>
> Gloudina

Hoe sou die wereld gewees het as Hitler nie ouer as 20 geword het nie. En
hier kan jy die naam Hitler vervang met baie ander. Biko en Hani se dood
"hoe tragies" dit ook al mag gewees het vir hulle ondersteuners en familie,
sien ek persoonlik as iets wat moes gebeur het "for the greater good", want
ek dink SA sou 'n totale ramp gewees het as Hani / Biko nog gelewe het.
Hulle was 'n regte nasty piece of work.
Re: Uit Beeld - vergiffenis vra [boodskap #117952 is 'n antwoord op boodskap #117951] Vr, 27 Junie 2008 06:08 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Daun Johnson  is tans af-lyn  Daun Johnson
Boodskappe: 1155
Geregistreer: Januarie 2009
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 27 Jun 2008 07:30:20 +0200, "Riaan" wrote:

>
> "Hessie" wrote in message
> news:5700e8f1-5075-4241-bacf-87ca66f73ca5@e39g2000hsf.google groups.com...
>> "Riaan" skryf

>>> My Antie - Ek was net 7 jaar oud toe Steve Biko dood is ok. So ek sou nie
>>> met hom kon afreken nie al wou ek.

>> Maar daar is haat in jou hart teen Biko, selfs
>> al was jy 'n onskuldige kind toe Biko gedood
>> is deur die agente van die apartheidsregime.
>> Nou sidder ek vir die gif wat jy seker in jou
>> klein kindertjies se gemoede plaas, sodat
>> wanneer hulle jong volwassenes is, hulle
>> net soos jy sal praat.
>> En wat het die apartheidsregime en
>> hulle agente bereik deur so moorddadig
>> te wees? Buitekant SA het hulle die lied
>> "Biko" begin sing, 'n lied wat nog vandag
>> oor en oor gesing word. Weet jy hoe ek
>> gesit en huil het die dag toe ek daardie
>> lied vir die eerste keer van daardie konsert
>> in London gehoor het. Ek het gehuil nie
>> net omdat Biko doodgemaak is op 'n
>> wrede manier nie, maar ek het ook gehuil
>> uit skaamte dat hierdie dinge in my
>> geboorteland besig was om te gebeur.

>> Gloudina
>
>
> Hoe sou die wereld gewees het as Hitler nie ouer as 20 geword het nie. En
> hier kan jy die naam Hitler vervang met baie ander. Biko en Hani se dood
> "hoe tragies" dit ook al mag gewees het vir hulle ondersteuners en familie,
> sien ek persoonlik as iets wat moes gebeur het "for the greater good", want
> ek dink SA sou 'n totale ramp gewees het as Hani / Biko nog gelewe het.
> Hulle was 'n regte nasty piece of work.
>
>
>

Watter deel van SA sou jy sê, is nie 'n totale ramp nie, Riaan?
Gesondheidsdienste? Staat? Misdaadbestryding? Ekonomie?
Re: Uit Beeld - vergiffenis vra [boodskap #117954 is 'n antwoord op boodskap #117952] Vr, 27 Junie 2008 06:17 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Riaan  is tans af-lyn  Riaan
Boodskappe: 1008
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Dave" skryf in boodskap news:9n09645qinrb2ch43nj6hf3uurforhf0hj@4ax.com...
> On Fri, 27 Jun 2008 07:30:20 +0200, "Riaan"

> Watter deel van SA sou jy sê, is nie 'n totale ramp nie, Riaan?
> Gesondheidsdienste? Staat? Misdaadbestryding? Ekonomie?

He He ... Moet dit nie te hard se nie Dave - Die Antie het dit nog ie aan
haar lyf gevoel nie, so sy sal se dit is alles nog in werkende toestand.
Re: Uit Beeld - vergiffenis vra [boodskap #117969 is 'n antwoord op boodskap #117951] Vr, 27 Junie 2008 11:41 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Riaan" skryf

> Hoe sou die wereld gewees het as Hitler nie ouer as 20 geword het nie. En
> hier kan jy die naam Hitler vervang met baie ander. Biko en Hani se dood
> "hoe tragies" dit ook al mag gewees het vir hulle ondersteuners en familie,
> sien ek persoonlik as iets wat moes gebeur het "for the greater good", want
> ek dink SA sou 'n totale ramp gewees het as Hani / Biko nog gelewe het.
> Hulle was 'n regte nasty piece of work

Verduidelik hoekom jy dink Chris Hani en Biko
was "a nasty piece of work." Biko was sover ek
kan onthou 'n mediese dokter wat swart-self-
help gepredik het en 'n mediese kliniek êrens
in stand probeer hou het sonder die sogenaamde
hulp van wittes. Hy het die black consciousness
movement begin, wat daarop gewys het dat
swartes, ten spyte van die onderdrukking van
die regering en rassistiese wittes, hulle self-
respek moet opbou en lewe asof daar 'n beter
dag op die horison sal kom. Chris Hani was
'n sterk leier, en sou seker in Mandela se
voetstappe geloop het as hy nie vermoor is
nie. Ek wonder of jy kan onthou wat gebeur
het die dag toe Chris Hani doodgeskiet is op
sy eie erf. Een van sy bure, 'n Afrikanervrou,
het die lisensienommer van die kar van die
Poolse ou wat hom doodgeskiet het, onthou
en die polisie gebel. Die polisie kon hom dus
vang voordat hy kon wegkom, en die kar
is terug opgespoor as die besitting van
Clive Derby-Lewis. Albei van hulle sit nou
seker nog in die tronk. Baie mense het
daardie dag, toe Chris Hani doodgeskiet
is, gevrees dat daar op grootskaals
wittes doodgemaak sou word deur woedende
swartes. Maar Mandela het daarop gewys
dat 'n Afrikanervrou gehelp het om die
moordenaars vas te trek, en gemoedere
gekalmeer.
Riaan, jy pos aanhoudend Engelse
poste wat baie opswepend is. Het jy al
daaraan gedink dat hierdie soort opswepende
rassistiese poste die nag van die lang messe
kan veroorsaak?

Gloudina
Re: Uit Beeld - vergiffenis vra [boodskap #118010 is 'n antwoord op boodskap #117969] Ma, 30 Junie 2008 06:13 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Riaan  is tans af-lyn  Riaan
Boodskappe: 1008
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Hessie" wrote in message
news:b6bc51dc-1f28-4131-8c67-b31ba8eb4756@y21g2000hsf.google groups.com...

Verduidelik hoekom jy dink Chris Hani en Biko
was "a nasty piece of work." Biko was sover ek
kan onthou 'n mediese dokter wat swart-self-
help gepredik het en 'n mediese kliniek êrens
in stand probeer hou het sonder die sogenaamde
hulp van wittes. Hy het die black consciousness
movement begin, wat daarop gewys het dat
swartes, ten spyte van die onderdrukking van
die regering en rassistiese wittes, hulle self-
respek moet opbou en lewe asof daar 'n beter
dag op die horison sal kom. Chris Hani was
'n sterk leier, en sou seker in Mandela se
voetstappe geloop het as hy nie vermoor is
nie. Ek wonder of jy kan onthou wat gebeur
het die dag toe Chris Hani doodgeskiet is op
sy eie erf. Een van sy bure, 'n Afrikanervrou,
het die lisensienommer van die kar van die
Poolse ou wat hom doodgeskiet het, onthou
en die polisie gebel. Die polisie kon hom dus
vang voordat hy kon wegkom, en die kar
is terug opgespoor as die besitting van
Clive Derby-Lewis. Albei van hulle sit nou
seker nog in die tronk. Baie mense het
daardie dag, toe Chris Hani doodgeskiet
is, gevrees dat daar op grootskaals
wittes doodgemaak sou word deur woedende
swartes. Maar Mandela het daarop gewys
dat 'n Afrikanervrou gehelp het om die
moordenaars vas te trek, en gemoedere
gekalmeer.

Gloudina ek gaan 'n blaaitjie uit jou boek vat en nie bostaande beantwoord
totdat jy die vrae wat ek aan gou gevra het begin antwoord nie.

Riaan, jy pos aanhoudend Engelse
poste wat baie opswepend is. Het jy al
daaraan gedink dat hierdie soort opswepende
rassistiese poste die nag van die lang messe
kan veroorsaak?

Persoonlik my antie dink en nie daar kan iets meer gebeur om die Uhuru
storie te KEER nie.
Re: Uit Beeld - vergiffenis vra [boodskap #118019 is 'n antwoord op boodskap #118010] Ma, 30 Junie 2008 12:06 Na vorige boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Riaan" skryf

> Persoonlik my antie dink en nie daar kan iets meer gebeur om die Uhuru
> storie te KEER nie.

Riaan, dis wanneer ek jou en jou maters se
gepraat oor Uhuru hoor, dat ek begin bang
word. Het jy al die Engelse uitdrukking
"self-fulfilling prophecy" gehoor? As julle
so sit en praat oor die nag van die lang
messe, begin julle dinge in mense se koppe
sit. Dis tyd dat ander witmense in SA, wie
se lewens in gevaar is, begin objekteer
teen julle moedswillige gevaarlike gepraat.

Gloudina
Re: Uit Beeld - vergiffenis vra [boodskap #120673 is 'n antwoord op boodskap #117864] Di, 24 Junie 2008 14:49 Na vorige boodskap
Torreke[1]  is tans af-lyn  Torreke[1]
Boodskappe: 423
Geregistreer: Februarie 2008
Karma: 0
Senior Lid
"Hessie" <wrote

Jy bly in 'n
beskaafde land waar die doodstraf
afgeskaf is.

(Tussen hakies jy't dit gister 'n "derde wêreld land" genoem.)

Beskaafde land waar die doodstraf afgeskaf is?

'n Beskaafde land waar babas verkrag en vermoor word,
waar mans vasgebind en hulle vroue en dogters voor hulle oë verkrag en
verniel word,
waar die man dikwels daarna afgryslik doodgemartel word,
waar mens in diep moeilikheid is as jou voertuig êrens op die pad gaan
staan,
waar petrol op mense uitgegooi en dan aan die brand gesteek word,
waar mense doodgeskiet word vir 'n selfoon en 'n paar skoene,
waar ANC leiers openlik verklaar hulle sal Bob se geweldenaars nadoen -
"doodmaak vir Zuma"
waar die Regering niks doen om die brutale en bloedige tirannie in die
buurstaat te stop nie.

'n Beskaafde land?
waar die doodstraf afgeskaf is?

Moenie van jouself nog 'n groter GAT maak as wat jy alreeds gedoen het nie.

Die wettige doodstraf wat na 'n behoorlike regsproses opgelê is, is
afgeskaf, ja! -
maar nie die doodstraf nie!
Die doodstraf word ELKE DAG in SA op die mees barbaarse wyses uitgevoer,
- sonder dat die "ter dood veroordeelde" enige misdaad gepleeg het,
- sonder dat die "ter dood veroordeelde" enige verhoor gehad het, wat staan
nog 'n regverdige een,
- sonder enige skuldigbevinding!
Die doodstraf word uitgevoer sonder dat 'n greintjie genade aan die "ter
dood veroordeeldes" betoon word,
- sonder dat die pleitroepe deur vroue en kinders enige indruk maak.


Dit sluit natuurlik nie
uit dat daar mense in SA is wat
onbeskaafd die doodstraf voorstaan
nie.

As jy dit "onbeskaaf" noem om te sê dat mense wat so optree soos wat ek
hierbo beskryf, die doodstraf moet kry,
dan sê jy dat handevol regters, wit en swart, wat by herhaling aan
beskuldigdes sê dat hulle die doodstraf sou opgelê het,
as hulle mog, onbeskaaf is.
As daardie regters onbeskaaf is, dan gee ek nie om om onbeskaaf te wees nie.

Vorige onderwerp: SA hospitale - nog 'n episode
Volgende onderwerp: Uit die Burger - 30 Desember 1986
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Apr 28 19:40:13 MGT 2024