Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Vir Ferdi
Raad vir Gloudina [boodskap #64040 is 'n antwoord op boodskap #64013] Do, 20 Junie 2002 15:53 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
> Wouter :
> totale onvermoë om by jou eie vooroordele verby te kyk
> en gee nie 'n flenter om dat jy in die proses 'n klomp
> mense te na kom nie.. Jy is verkeerd, hoor. Verkeerd.

Gloudina
Wouter, ek dink jy moet my om verskoning
vra. Waar het ek in een van my poste vir
"Danielle" beskuldig dat sy gesplete
persoonlikhede het?

Wouter
Jy braak aanmekaar gal teen Danielle en Annette. En jy het
dit duidelik gemaak dat jy nie na Annette verwys nie. So
selfs 'n eenvoudige plaasvark kon daardie een uitwerk. Dis jy
wat vir Theuns, Chrisjolette en Danielle 'n verskoning skuld.

Gloudina
Kom aan, pos vir my die spesifieke pos waar ek haar naam noem.

Wouter
Kom jy liewers en verduidelik vir ons waarna jy verwys het toe jy
na Theuns met berserkte en crossdresser geskimp het. Kom aan,
kom uit daarmee, jy is mos nou skielik sterk op etiket. Dan kan
ons verder praat oor wie vir wie 'n verskoning skuld. Jy gee hier
hoog op oor etiket, maar een van die mees basiese etiketreëls
is om op vrae te reageer as dit aan jou gerig is. Maar jy ignoreer
Theuns se billike vrae oor wat jy bedoel het. Tot dan sal enige
redelike mens Danielle se verduideliking aanvaar.

Gloudina
En ek moet vir jou ook begin uitwys dat
jy veral 'n hele klomp mense te na kom op
hierdie nuusgroep deur taamlike rowwe taal
te gebruik deur hulle te probeer terroriseer
om op te hou om sekere dinge te sê.

Wouter
Sjoe!! Dit ontken ek nie, maar jy is die "past master" met
mense terroriseer en uitskel!! Kyk wie praat nou! Jy deel
dit graag uit maar huil as ek dit waag doen. Ek doen dit
minstens oor dinge wat hier gesê is en nie oor dinge wat
in 'n vorige eeu gebeur het in 'n land waarin ek vroeër
gewoon het nie.

Gloudina
En ek moet ook uitwys dat ek gedurig skimpe
moet verduur van hoe lang in die tand ek is
en dus, ipso facto, die vriende wat ons in
Suid-Afrika het. Jy dink dus jy en jou "vriende"
kan maar met hulle swepies klap, maar ander
mense het nie die reg om so nou en dan 'n klip
in die bos te gooi nie. Hoe skoon is jou hande?

Wouter
Ek reageer in die register van dit waarop ek reageer.
Jou styl bepaal dus die styl van die reaksie wat jy van
my kry. My hande is dus net so skoon of vuil soos joune.
Hoe skoon is jou hande?

Daardie opmerking oor lank in die tand is 'n goeie voorbeeld,
ouderdom het baie met emigrasie te doen en jy het op 'n
aggressiewe manier gevra hoekom jou familie dan nie emigreer
nie. Asof ons dit kan weet. Toe gee ek jou die waarskynlike
rede in die register wat jou vraag verdien het. As jy die vraag
anders gestel het, kon jy 'n meer diplomatiese antwoord
verwag het. Ek reken daardie antwoord het perfek gepas.
Baie meer gepas as jou berserkte crossdresser-opmerkings
op 'n nuweling wat niks gedoen het om dit te verdien nie.

Gooi maar jou klippe, Gloudina. Hulle maak nie seer nie.
Hulle tref niks.
Re: Oor name.... [boodskap #64043 is 'n antwoord op boodskap #64015] Do, 20 Junie 2002 16:48 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: Johan Bornman (johanaticondotcodotza)

Johan Bornman reageer op Louwarm wat sluipsiet:

Aangesien julle my naam eidelik gebruik, laat ek intjip.

Ek weet nie waaroor die paranoia hier gaan nie, ek is nie Ferdi nie.
Ek is Johan. Toevallig het ek ook vir 'n koerant gewerk - The Star -
maar dis blote toeval, ons is nie een mens nie.

Dit kan natuurlik wees dat as jy byvoorbeeld vir 'n koerant
> werk
>> dit help as jy jou verligte uitkyk hier adverteer.

Hierdie implikasie van gatkruip by jou baas deur verligte sienswyses
op sokkie.afrikaans.kultuur te wapper is simpel. As jy ooit vir 'n
koerant gewerk het sal jy weet dat selfs tikmasjiene hulle intimideer
en die kans dat jou baas jou op 'n nuusgroep gaan raakloop is ziltch.
Daar's makliker maniere om gat te kruip.

> Ou "Lou" - siende dat die verwysing na my is, laat ek jou antwoord.
>
> LOU: Jy weet Ferdi - jou eggo is darem vreeslik groot. Dat die ou
> onslukdige stukkie so 'n lang relaas kan uitlok!!

Watter eggo....eggooo...eggoo....eggo....egg....eg.eg ?

> 1. Niemand by die koerant lees die nuusgroepe nie.

Dis verseker, hulle begin nou eers webblaaie verstaan

> LOU: Soos ek al reeds gesê het Ferdi, as jy sover terug kan onthou - ek
> score geen punte uit deur my naam op die net te verkondig nie en dit heg
> nie enige waardigheid aan my argumente nie - die is die kuber ruimte -
> ek verkies dat dit wat ek sê gelees word en nie wie dit sê nie. As jy
> jou naam nodig het as kruk om jou argumente te steun - go vir dit!

Kruk se gat my skat. Dis juis jou naam wat jou sal temper.
Wie is jy en waarom skuil jy? Bel jy ou tannies om middernag om en kry
kicks daaruit?

> Maar kom ons maak so - ek sal Johan kry om in te stem om jou vir
> middagete te ontmoet in enige coffee shop in Johannesburg. Ons sal
> albei ons ID dokumente saambring.

Hou my uit die ding uit.

> Lou: Somtyds liewe Ferdi vat jy jouself heeltemal te ernstig op, wat
> laat jou dink dat ek saam met jou en jou tjommie sal wil gaan koffie
> drink?

Heeey. Wiese tjommie praat jy nou van?

> Maar as julle bereid is om die rekening op te tel vir ete -
> Villa More in Sandton City sal lekker wees dankie. By the way ek - sal
> twee weke weg wees - so kom ons maak dit vir middel Julie - boek vir ons
> 'n tafel - verkieslik nie te naby aan die waterval nie - dit raak
> bietjie koud daar :)

Jy bedoel seker Villa Mora? Over-rated en duur. Selfs nie as jy betaal
nie. Besides, ek bly nie in Johannesburg nie.

Wat is jou punt? My punt, en dit lyk vir my Ferdi s'n ook, is dat dit
swak maniere is om weg te kruip en die verkoning dat hierdie die
kuberruimte is help nie julle saak nie.

Sideshow:
Maar nou wil ek jou net vra, hoekem is dit kouer by die waterval as in
die res van die restaurant? Watervalle absorbeer nie hitte nie
(volgens Joule is water aan die onderkant van 'n waterval warmer as
bo) en al sou jy verdamping as die rede aangee, sal ek jou aanvat oor
die verklike temperatuurverskil daar en elkers in die plek. Jy verbeel
jou.

> Moenie die lwe so ernstig opneem nie - jy gaan nooit lewend hier uit kom
> nie.

Kom Lou, klim uit daai hangkas uit. Dit sal nie seermaak nie.

Johan Bornman
Re: Oor name.... [boodskap #64046 is 'n antwoord op boodskap #64007] Do, 20 Junie 2002 17:20 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Kinky[1]  is tans af-lyn  Kinky[1]
Boodskappe: 193
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
nospam@at.all (Ferdi Greyling) skryf in boodskap news:...
> On Wed, 19 Jun 2002 21:07:41 +0200, "Theuns Erasmus"
> wrote:
>
[color=blue]>
Re: Raad vir Gloudina [boodskap #64049 is 'n antwoord op boodskap #64040] Do, 20 Junie 2002 18:53 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Wouter Plaasvark wrote:

jy het op 'n
> aggressiewe manier gevra hoekom jou familie dan nie emigreer
> nie. Asof ons dit kan weet. Toe gee ek jou die waarskynlike
> rede in die register wat jou vraag verdien het. As jy die vraag
> anders gestel het, kon jy 'n meer diplomatiese antwoord
> verwag het.

Jy verdraai die hele storie so in
midstroom. Ek het NIE gevra hoekom
my familie emigreer nie. Ek het ge-
vra hoekom ons kennisse in SA, onder
andere akademiese kontakte wat my man
ontwikkel het as gevolg van sy werk,
en wat glad nie baie oud is nie, nie
uit die land uitstroom nie. Wat wel
uitstroom, of na 1994 vinnig begin uit-
stroom het, is liggewig mannetjies,
sommige van hulle wat amper onmiddellik
hulle werk verloor as hulle hier kom.
Wat ek wel oor my familie gesê het,
is dat die broers- en susterkinders wat
goed opgelei is, geen teken toon van
planne het om te emigreer nie, en dat
die enigste een wat neul dat hy nie in
SA werk kan kry nie as gevolg van die
"veranderde omstandighede" die een is wat
net Matriek gemaak het.
So die "lang in die tand" opmerking
is totaal onvanpas, en jy moes gemerk het
hoe jou snipperige opmerking opgeneem word
as skietgoed vir verdere snedige opmerkings
oor my.
Ek kla natuurlik nie. Hierdie soort turf
wars is baie goed vir die nuusgroep. Anders
ontaard dit maar net in 'n klomp mense wat vir
mekaar oor ditjies en datjies probeer "stroke."
Maar onthou, Tant Hessie gives as good as she
gets. And is'nt that the truth.

Tant Hessie van Tonder
Re: Raad vir Theuns [boodskap #64050 is 'n antwoord op boodskap #63988] Do, 20 Junie 2002 19:23 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Die Veldmuis  is tans af-lyn  Die Veldmuis
Boodskappe: 304
Geregistreer: April 2002
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 19 Jun 2002 22:43:02 GMT, "@rogers.com" wrote:

>
> ......... soos Davie
> Davis in al sy vorme vroeër, word hulle lateraan
> nie meer ernstig opgeneem nie. Dan sit hulle hul
> wonde en lek en verklaar dat dit nie meer lekker
> is om op die nuusgroep te wees nie. In die opsig
> moet ek vir Annette gelukwens. Sy bly by een naam,
> en is gewoonlik informatief en interessant, al moet
> mens haar so nou en dan wys waar Dawid die wortels
> gegrawe het.
>
> Gloudina
>

Hallo Antie,
ek handhaaf 'n openbare beroep
en mense soos ek ontwikkel gewoonlik,
ondermeer juis as gevolg daarvan, 'n effe
beter as gemiddeld mensekennis.
Tog het ek my hopeloos met jou misgis.
Verkeerd opgesom omdat ek jou gekrediteer
het met meer intelligensie as wat jy nou openbaar.
As jy die argiewe gaan naslaan sal jy agterkom
dat ek uiters selde op die groep ernstig was.
Dink terug en jy sal onthou dat ek eendag vir
Daniëlle gesê het dat ek die kuns om te 'Ballroom dance'
bemeester het maar steeds verkies om te wals eerder as
om met 'n stywe gesig formele passies uit te voer.

Daar is mense op die groep wat probeer om ernstig te beïndruk.
Davie Davis nie; ek is steeds wat ek was toe ek hier begin deel
het. Jy sê dat mense soos ek later nie meer ernstig opgeneem word
nie? Besef jy hoe min het ek iets hier gesê wat ek werklik as 'n
stelling beskou het? Ek gebruik die nuusgroep as 'n uitlaatklep
Tannie Hester, Ek sit in die aande by my lessenaar en werk en
loer dikwels hier in vir 'n onderbreking. Het jy al agtergekom dat
ek somtyds om 1:30 vm steeds besig is? Ja jy het en glo my dit is
nie ter wille van die nuusgroep nie.

Die rede waarom ek huidiglik so min hier is het nie daarmee te doen
dat ek dink dat die geselsskap verswak nie (wat inderwaarheid die
geval is verwysende na atteïstiese gesprekke) maar om 'n heel ander
rede.
Drie porsies ruimte wat beslaan 90 m elk. Drie verskillende woonstel
ontwerpe. Hulle moet totaal verskil. Hulle moet interessant wees.
Hulle moet anders wees.
Probeer jy nou, mét presies die regte afmetings, die sketse maak.
Dan sal jy sien dat dit steeds lekker is om somtyds die
tekengereedskap weg te skuif en hier in te loer.

Onthou dit nou en onthou dit môre - ek voel zero vir julle opinie
oor my. Ek probeer nie indruk maak nie. Ek wìl nie HIÉR ernstig
opgeneem word nie.

Koebaai Antie

Die nimlike
Davie Davis:-)))
Re: Raad vir Theuns [boodskap #64058 is 'n antwoord op boodskap #64050] Do, 20 Junie 2002 21:26 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Davie Davis wrote:

> Die nimlike
> Davie Davis:-)))

Ja-nee, tannie wou maar net die
klokkie lui. Tant Hessie weet
darem goed hoe om reaksie uit te
lok.

Tant Hessie van Helsdingen.
Re: Raad vir Gloudina [boodskap #64061 is 'n antwoord op boodskap #64049] Do, 20 Junie 2002 21:55 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
Wouter Plaasvark wrote:
> jy het op 'n
> aggressiewe manier gevra hoekom jou familie dan nie emigreer
> nie. Asof ons dit kan weet. Toe gee ek jou die waarskynlike
> rede in die register wat jou vraag verdien het.

Gloudina
Jy verdraai die hele storie so in
midstroom. Ek het NIE gevra hoekom
my familie emigreer nie. Ek het ge-
vra hoekom ons kennisse in SA ....
nie uit die land uitstroom nie.

Wouter
Kennisse, familie, dit maak geen verskil nie, ek het dit net
verkeerd onthou.. Maar dis jy wat die storie probeer verdraai,
dit maak geen verskil aan die feit dat jy bloot gekry het
waarvoor jy gesoek het nie. In die register waarin jy daarna
gesoek het. Die "lang in die tand" opmerking het perfek gepas.

Gloudina
en jy moes gemerk het hoe jou snipperige opmerking
opgeneem word as skietgoed vir verdere snedige
opmerkings oor my.

Wouter
Nee, ek het nie, want jy lok in elk geval konstant sulke
snedigheid uit met jou eie snedigheid.

Gloudina
Ek kla natuurlik nie.

Wouter
You could have fooled me. Jou vorige brief was een lang
Jeremiade. Hierdie een ook.

Gloudina
Maar onthou, Tant Hessie gives as good as she
gets. And is'nt that the truth.

Wouter
Die Plaasvark ook, soos jy agtergekom het en nou oor sanik.
Laat waai Ta'Hessie, hierdie vark is reg vir jou. En jy het my
nog nie in my regte vark-mode gesien nie.

Amper sê ek jou ... my ....

En o ja, jy skuld vir 'n paar mense 'n paar verskonings, moenie
vergeet nie, anders vertel ek die mense van Swellendam.
Re: Raad vir Gloudina [boodskap #64062 is 'n antwoord op boodskap #64061] Do, 20 Junie 2002 22:31 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Wouter Plaasvark wrote:


> Amper sê ek jou ... my ....

Wel, wel, wel. Jy durf nie meer om
jou geliefkoosde sêding so kwistig
rond te gooi nie, nè. Word effens meer
versigtig vir Tant Hessie, nè?
Sê, Wouter, weet jy miskien wie
Piet Pompdonkie is? Dit hinder my nog
altyd dat ek dit nie weet nie. Die
enigste een wat ek weet dit NIE is nie,
is jy, want jy het al tweekeer kategories
verklaar dat jy nie Piet Pompdonkie is nie,
en jou woord is so goed soos goud.

Tant Hessie van Kandahar
Re: Oor name.... [boodskap #64066 is 'n antwoord op boodskap #64024] Vr, 21 Junie 2002 04:35 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Hallo Theuns, van nog 'n gelukkige.
As die aantie jou nie antwoord op jou vrae nie, moenie dat dit jou ontstel
nie.
Vragie ( nie eintlik nie) - as iemand wat jy nog nooit ontmoet het nie, jou
uit die bloute van sekere snaakse goed beskuldig, dan dink jy die persoon is
koekoes, reg?
Dus, liewe nuwe vriend, daar is geen logiese manier om met so 'n persoon
rede te voer nie.
Annette

"Theuns Erasmus" skryf in boodskap news:3d11eb14$0$18846@hades.is.co.za...
> Wierd. Baie weird. Oulike manier om my te verwelkom, noem my berzerkerig en
> 'n crossdresser.
>
> Raas jou kop nog steeds, tannie? Ek sien jy wag vir my om iets te vertel.
> Wat wil jy hoor, dalk wat ek van jou opmerkings dink? Jy wil nie weet nie.
> Verduidelik 'n slag wat jy bedoel, sodra die stemme in jou kop lank genoeg
> stil raak
>
> Theuns
>
>
> "Katryn" wrote in message
> news:52q1huohlqcflrn3b5p2vql2p4arurafu7@4ax.com...
> "Theuns Erasmus" wrote:
>
>>>> Theuns
>>>> Ek het al verduidelik, Ferdi. In die boodskap waarop jy gereageer het
>>>> toe jy gevra het waar ek werk
>>
>>>> Doen jou eie eksperimente,
>>
>>> Pasop tog op vir die berserkerrigheid,
>>> Theuns. En vir die crossdressing. Jou
>>> onderrok hang uit.
>>> Tant Hessie Watson-Poirot
>>
>> Verduidelik asseblief, tannie speurder, waar was ek berserk?
>> En hoekom crossdressing, is dit iets wat tannie in spesialiseer?
>> Is tannie se kop nog orrait? Hoor tannie stemme? Pla hulle?
>>
>> Tawwe Theunsie
>
> Tawwe Theunsie - moenie bekommerd wees nie. Tant Hessie het iets
> raakGEsien in die manier waarop jy woorde gebruik, en toe tel sy 2 en
> 2 bymekaar en kry sommer 22. (Ek praat van "gereageer" - hier is nog
> iemand wat lief is daarvoor om 'n "ge" vooraan woorde te sit, en daai
> persoon was laas geskel vir beserkerrigheid en crossdressing. ) Oor
> die stemme en goeters - ja, daai persoon het laas ook daaroor
> gewonder. Maar jy's nie daai persoon nie, so wees gerus.
> :-)
>
Re: Raad vir Gloudina [boodskap #64070 is 'n antwoord op boodskap #64062] Vr, 21 Junie 2002 08:50 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
> Amper sê ek jou ... my ....

Tant Hessie van Kandahar
Wel, wel, wel. Jy durf nie meer om
jou geliefkoosde sêding so kwistig
rond te gooi nie, né. Word effens meer
versigtig vir Tant Hessie, nê?

Wouter
Nee, jou gat Tant Hessie. Jy verstaan net nie humor nie.
En dis jy wat deesdae meer versigtig is vir my, daarom
het jy lanklaas 'n JGMS gekry. Ek het jou mos al gesê
ek antwoord in die register waarin jy skryf.

Gloudina
Sê, Wouter, weet jy miskien wie
Piet Pompdonkie is? Dit hinder my nog
altyd dat ek dit nie weet nie.

Wouter
As ek weet sal ek dit beslis nie op die lys sê nie.
En jy hou blykbaar nie van privaat e-pos nie, so
privaat sal ek jou ook nie kan inlig nie, dis nou as
ek 'n goeie vermoede het wie dit is, natuurlik.

Jy skuld nog 'n verduideliking, Ta Hessie. En 'n paar
verskonings. Onthou ek gaan die mense van Swellendam inlig.
Re: Oor name.... [boodskap #64100 is 'n antwoord op boodskap #64043] Sa, 22 Junie 2002 03:34 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
Johan Bornman (johanaticondotcodotza) wrote:

> Johan Bornman reageer op Louwarm wat sluipsiet:

Johan, wat laat jou dink dat Lou se naam nie eg is nie? Dalk is sy
naam Lourens, en dan noem mens hom mos Lou?

Danielle
IP spoofing [boodskap #64101 is 'n antwoord op boodskap #64028] Sa, 22 Junie 2002 04:09 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
Threeships Mcduck wrote:

> nie as jy jou mind apply nie. al gehoor van ip spoofing.

Vertel bietjie meer hieroor. Hoe kan ek byvoorbeeld 'n Suid
Afrikaanse IP adres wys as ek van Google of een van die ander gratis
nuusgroep bedieners pos? Kan 'n gewone gebruiker soos ek byvoorbeeld
my IP adres verander? Sovêr as wat ek weet kan mens dit GLADNIE
regkry met epos nie - tensy jy natuurlik self 'n sysadmin is of jou
eie bediener het? Maar ek stel nogal belang, en sal graag meer wil
hoor.

Die "nuwe" ouens wat skielik hier ingevaar het, pos almal definitief
van SA af, want hulle NNTP hosts dui dit duidelik aan.

> in die meeste
> gevalle is dit nie die tyd werd nie tensy jy iet leliks wil doen maar
> net om iemand te laat dink jy is iewers ander in die wereld dink ek
> nie dis al die moeite werd nie.

Maar ek sal graag wil weet vir interessantheidshalwe hoe om dit te
doen. Ek het byvoorbeeld 'n statiese IP - al is dit streng gesproke
dinamies en gebruik 'n DHCP - maar omdat dit 'n 24/7 konneksie is, gee
die DHCP bediener elke week of wat 'n "nuwe" IP en dit is altyd
dieselfde. Dit is natuurlik 'n groot probleem, want dit maak my
rekenaars 'n maklike teiken vir "hackers" , wat die IP adres optel
vanaf o.a Yahoo groepe waar ek deelneem. Usenet is deesdae 'n
plesier, want vandat ons oorgeneem is deur ons lokale kabel
maatskappy, gebruik ons 'n bediener wat nie die IP adresse aandui nie.
Maar ek sou nogal graag my IP adres wou wegsteek of verander vir die
Yahoo en MSN groepe indien dit moontlik is?

> daar is natuurlik nie so iets soos
> 'geen' net soos daar nie iets is soos 'nooit' nie maar ek het maar

Jy is seker reg. :-)

> aangeneem ons verwys hier na die normale usenet gebruiker maar as jy
> regtig toegang het tot logfiles op servers ens kan jy seker met net
> soveel moeite iemand uitsnuffel. dis nou as jy fbi resources het. o ja
> ek verwys ook daarna as jy `n 'regte' usenet server gebruik en nie `n
> web based service in watter geval dit nog makliker is.

Ek het nou wel 'n neef wat vir die FBI werk, en 'n hele paar vriende
wat vir een van die groot ISP's hier in Amerika werk, en nogal hoog op
is - maar soms wil mens nie die big guns inbring net om 'n ou klein
muggie dood te slaan nie. :-)
Wat is 'n "regte" usenet server?
Re: Raad vir Theuns [boodskap #64109 is 'n antwoord op boodskap #64039] Sa, 22 Junie 2002 11:33 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hantamkind  is tans af-lyn  Hantamkind
Boodskappe: 263
Geregistreer: Desember 2001
Karma: 0
Senior Lid
Dina
Kan mens, deur 'n @ yahoo.com
> pos op 'n nuusgroep te maak,
> nog steeds getrace word na SA?
> Wouter Jahoevark
> Chrisjolette gee 'n yahoo.com e-pos adres by haar boodskappe,
> maar sy pos via 'n SA diensverskaffer. As dit iemand van die VSA
> is, betaal hy of sy duur vir die oproepe. (Ek vermoed die dinge
> waarna Anton verwys is nie van toepassing nie.) Enige iemand kan
> 'n yahoo.com adres by sy boodskap voeg, kyk byvoorbeeld na
> my adres by hierdie boodskap. :-)

Hantamkind
Meeste lande het 'n resident Yahoo! server. By default sal jy opteken na die
resident server toe as jy aansluit by Yahoo!. Dit is hoe die Sysadmin ouens
die program ontwerp het. Met 'n bietjie meer moeite kan jy aansluit by 'n
offshore server. Met ander woorde uit SA aansluit by 'n UK server, ipv die
SA server. Dit kan plaasvind deur jou gewone lokale ISP te gebruik.

As jy inskakel op die internet sal die skakeling eerstens na jou ISP toe
gaan (in my geval Telstra) wat jou dan sal route na die Yahoo server toe
hetsy on/offshore. Dit behels baie "hops". Dit beteken dit word van server
tot server gestuur tot dit uiteindik by die meester nuus server uitkom in
Amerika (Cupertino - ek dink dit is in Seattle). Dit is soos 'n
telefoonsentrale. Jy sakel uit Johannesburg en dan gaan die oproep via
Vereening ... Beaufortwes ... Belville tot uiteindelik in Kaapstad.

Elke hop is "traceable" van begin tot einde. Wat is die goeie Afrikaanse
woord? "Naspeurbaar" is die beste waaraan ek kan dink. Vanaf die adres
waarvandaan dit gestuur is, tot die adres waarby dit aangekom het. Daar is
altyd 'n smart ass wat die protokol vir 'n rukkie kan omseil en homself
verbloem. Maar as jy op die geskiedenis van die posstuk ingaan en 'n klagte
le by die nuusbediener se adminstrateur DAN KAN HULLE hom/haar opspoor. Glo
my vry. Spoofing of-te-not.

Jy kan natuurlik ook opteken met bv. 'n Amerikaanse ISP, wat beteken jy maak
'n internasionale oproep elkeer wat jy die nuusgroep lees. (soos Wouter se .
..)

Gewone Jannie of Sannie met 'n gewone internet koppeling (soos ek) wat by sy
rekenaar sit en pos sal sy identieteit kan verbloem deur aliasse en web
based email/nuus adresse te gebruik.

Mens hoef regtig nie 'n PhD in rekenaar wetensakap te he hom dit te snap
nie.

Hantamkind
onvoltooide sin [boodskap #64112 is 'n antwoord op boodskap #64109] Sa, 22 Junie 2002 11:55 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hantamkind  is tans af-lyn  Hantamkind
Boodskappe: 263
Geregistreer: Desember 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Hantamkind" >
> Gewone Jannie of Sannie met 'n gewone internet koppeling (soos ek) wat by sy
> rekenaar sit en pos sal sy identieteit kan verbloem deur aliasse en web
> based email/nuus adresse te gebruik.

Ek wou nog bylas:
Dit is natuurlik superficial en sal nie water hou nie. Dit is naspeurbaar
... as jy weet hoe.
Re: Raad vir Theuns [boodskap #64116 is 'n antwoord op boodskap #63985] Sa, 22 Junie 2002 13:40 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hantamkind  is tans af-lyn  Hantamkind
Boodskappe: 263
Geregistreer: Desember 2001
Karma: 0
Senior Lid
Pop skryf:
Interessant dat mense nie eintlik meer privaat is nie,
veral nie hier in Amerika nie.

HK
> Inderdaad pop. Sodra jy inskakel op enige netwerk of elektroniese medium
van enige aard dan le jy jouself bloot. Fire walls of te not.
Re: Raad vir Theuns [boodskap #64140 is 'n antwoord op boodskap #64109] So, 23 Junie 2002 01:26 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur:

Dit laat my dink aan n storie op die nuus van n ou in Las Vegas (wat
toevallig Arabies praat) wat n "verkeerde" oproep gekry het op sy selfoon.
Glo n konferensieoproep met n hele paar mense wat besig was om te plot om
een of ander terreurdaad te pleeg in Las Vegas oor die fourth of July
vakansietydperk. Die polisie kon toe die oproep deur die gewone ou se
selfoon trace tot by n hele paar van die ander mense in die geselskap, hulle
was blykbaar in N.Y. Interessant dat mense nie eintlik meer privaat is nie,
veral nie hier in Amerika nie.

Pop

"Hantamkind" skryf in boodskap news:ngZQ8.343372$o66.891351@news-server.bigpond.net.au...
>
> Dina
> Kan mens, deur 'n @ yahoo.com
>> pos op 'n nuusgroep te maak,
>> nog steeds getrace word na SA?
>>
> Wouter Jahoevark
>> Chrisjolette gee 'n yahoo.com e-pos adres by haar boodskappe,
>> maar sy pos via 'n SA diensverskaffer. As dit iemand van die VSA
>> is, betaal hy of sy duur vir die oproepe. (Ek vermoed die dinge
>> waarna Anton verwys is nie van toepassing nie.) Enige iemand kan
>> 'n yahoo.com adres by sy boodskap voeg, kyk byvoorbeeld na
>> my adres by hierdie boodskap. :-)
>
> Hantamkind
> Meeste lande het 'n resident Yahoo! server. By default sal jy opteken na die
> resident server toe as jy aansluit by Yahoo!. Dit is hoe die Sysadmin ouens
> die program ontwerp het. Met 'n bietjie meer moeite kan jy aansluit by 'n
> offshore server. Met ander woorde uit SA aansluit by 'n UK server, ipv die
> SA server. Dit kan plaasvind deur jou gewone lokale ISP te gebruik.
>
> As jy inskakel op die internet sal die skakeling eerstens na jou ISP toe
> gaan (in my geval Telstra) wat jou dan sal route na die Yahoo server toe
> hetsy on/offshore. Dit behels baie "hops". Dit beteken dit word van server
> tot server gestuur tot dit uiteindik by die meester nuus server uitkom in
> Amerika (Cupertino - ek dink dit is in Seattle). Dit is soos 'n
> telefoonsentrale. Jy sakel uit Johannesburg en dan gaan die oproep via
> Vereening ... Beaufortwes ... Belville tot uiteindelik in Kaapstad.
>
> Elke hop is "traceable" van begin tot einde. Wat is die goeie Afrikaanse
> woord? "Naspeurbaar" is die beste waaraan ek kan dink. Vanaf die adres
> waarvandaan dit gestuur is, tot die adres waarby dit aangekom het. Daar is
> altyd 'n smart ass wat die protokol vir 'n rukkie kan omseil en homself
> verbloem. Maar as jy op die geskiedenis van die posstuk ingaan en 'n klagte
> le by die nuusbediener se adminstrateur DAN KAN HULLE hom/haar opspoor. Glo
> my vry. Spoofing of-te-not.
>
> Jy kan natuurlik ook opteken met bv. 'n Amerikaanse ISP, wat beteken jy maak
> 'n internasionale oproep elkeer wat jy die nuusgroep lees. (soos Wouter se .
> ..)
>
> Gewone Jannie of Sannie met 'n gewone internet koppeling (soos ek) wat by sy
> rekenaar sit en pos sal sy identieteit kan verbloem deur aliasse en web
> based email/nuus adresse te gebruik.
>
> Mens hoef regtig nie 'n PhD in rekenaar wetensakap te he hom dit te snap
> nie.
>
> Hantamkind
>
Re: Raad vir Theuns [boodskap #64142 is 'n antwoord op boodskap #64116] So, 23 Junie 2002 01:55 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur:

Juis. Groot broer kyk. Ons het nou die dag by die werk n bespreking gehad
oor die moontlikheid dat ons Amerikaners dalk n mikrochip onder ons boarmvel
gaan kry om dinge te vergemaklik vir Mediese doeleindes. Jy het mos al
gehoor daarvan seker, sodat al jou gegewens op die chip is soos watter
bloedgroep jy is, watter medikasies jy gebruik ens.

Toe gaan die gesprek oor die feit dat in die Bybel, in Openbaring, is daar
glo n verwysing daarna en oor die teken van die Bees ens. Mense het vir my
versies aangehaal wat dit probeer bewys, maar ek is en was baie skepties om
in so n argument te tree, want ek weet nie genoeg om sin te maak en om te
weet waarna hulle verwys nie.

Pop

"Hantamkind" skryf in boodskap news:g7%Q8.343558$o66.891525@news-server.bigpond.net.au...
> Pop skryf:
> Interessant dat mense nie eintlik meer privaat is nie,
> veral nie hier in Amerika nie.
>
> HK
>> Inderdaad pop. Sodra jy inskakel op enige netwerk of elektroniese medium
> van enige aard dan le jy jouself bloot. Fire walls of te not.
>
Re: IP spoofing [boodskap #64189 is 'n antwoord op boodskap #64101] Ma, 24 Junie 2002 06:47 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Threeships Mcduck  is tans af-lyn  Threeships Mcduck
Boodskappe: 244
Geregistreer: Junie 2002
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 22 Jun 2002 00:09:02 -0400, Katryn
served the following to the group:

> Threeships Mcduck wrote:
>
>> nie as jy jou mind apply nie. al gehoor van ip spoofing.
>
> Vertel bietjie meer hieroor. Hoe kan ek byvoorbeeld 'n Suid
> Afrikaanse IP adres wys as ek van Google of een van die ander gratis
> nuusgroep bedieners pos? Kan 'n gewone gebruiker soos ek byvoorbeeld
> my IP adres verander? Sovêr as wat ek weet kan mens dit GLADNIE
> regkry met epos nie - tensy jy natuurlik self 'n sysadmin is of jou
> eie bediener het? Maar ek stel nogal belang, en sal graag meer wil
> hoor.
>

katryn, dis nou vir moeilikheid soek ne. dit is onwetting om ip
spoofing of enige ander manier van disguise op die net te gebruik. dis
omdat hacker hierdie metodes te gebruik om te maak of hulle `n trusted
ip is en so op `n server kan in hack. interresant om mee te speel maar
definitief tronk stories veral in die vsa.

> Die "nuwe" ouens wat skielik hier ingevaar het, pos almal definitief
> van SA af, want hulle NNTP hosts dui dit duidelik aan.
>
>> in die meeste
>> gevalle is dit nie die tyd werd nie tensy jy iet leliks wil doen maar
>> net om iemand te laat dink jy is iewers ander in die wereld dink ek
>> nie dis al die moeite werd nie.
>
> Maar ek sal graag wil weet vir interessantheidshalwe hoe om dit te
> doen. Ek het byvoorbeeld 'n statiese IP - al is dit streng gesproke
> dinamies en gebruik 'n DHCP - maar omdat dit 'n 24/7 konneksie is, gee
> die DHCP bediener elke week of wat 'n "nuwe" IP en dit is altyd
> dieselfde. Dit is natuurlik 'n groot probleem, want dit maak my
> rekenaars 'n maklike teiken vir "hackers" , wat die IP adres optel
> vanaf o.a Yahoo groepe waar ek deelneem. Usenet is deesdae 'n
> plesier, want vandat ons oorgeneem is deur ons lokale kabel
> maatskappy, gebruik ons 'n bediener wat nie die IP adresse aandui nie.
> Maar ek sou nogal graag my IP adres wou wegsteek of verander vir die
> Yahoo en MSN groepe indien dit moontlik is?
>

ja jou dhcp server het `n lang lease periode so jy sal altyd die
selfde ip kry tensy jy vir baie lank nie konnekteer nie.
om jou ip te verander sodat ander dink jy is iemand anders moet jy op
`n baie lae vlak van wat hulle die osi model begin. dis die model wat
alles oor hoe `n rekenaar kommunikeer definieer. dit begin by die
fisiese kabel, modem, netwerk kaart ens en beweeg stapsgewys op tot by
die application layer wat definieer hoe applikasie kommunikeer. om jou
ip te verander of weg te steek moet jy op die 3de en 4de layer begin.
dis die netwerk en transport layers. jy moet fisies die header van die
packets verander sodat die source lyk soos iemand anders. hackers doen
dit natuurlik met sagteware. die probleem gaan natuurlik verder as net
jou ip. al steek jy jou ip weg (nie verander nie) kan mens dit
nogsteeds kry deur jou hostname te trace.

>> daar is natuurlik nie so iets soos
>> 'geen' net soos daar nie iets is soos 'nooit' nie maar ek het maar
>
> Jy is seker reg. :-)
>
>> aangeneem ons verwys hier na die normale usenet gebruiker maar as jy
>> regtig toegang het tot logfiles op servers ens kan jy seker met net
>> soveel moeite iemand uitsnuffel. dis nou as jy fbi resources het. o ja
>> ek verwys ook daarna as jy `n 'regte' usenet server gebruik en nie `n
>> web based service in watter geval dit nog makliker is.
>
> Ek het nou wel 'n neef wat vir die FBI werk, en 'n hele paar vriende
> wat vir een van die groot ISP's hier in Amerika werk, en nogal hoog op
> is - maar soms wil mens nie die big guns inbring net om 'n ou klein
> muggie dood te slaan nie. :-)
> Wat is 'n "regte" usenet server?

ek bedoel eintelik maar net `n server sonder `n web interface, een
waar jy direk vanaf jou news reader post. daar is heelwat web based
usenet servers wat anonymous posting toelaat.

die moral of the story natuurlik is dat, ja dis moontlik om jou self
te disguise, maar dit sit nie in die broek van die gewone gebruiker
nie en dis net die moeite werd as jy besig is om miljoene $ wil
verduister.

Threeships Mcduck
www.mothership.co.za
Re: Oor name.... [boodskap #64658 is 'n antwoord op boodskap #64038] Di, 09 Julie 2002 08:47 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lorinta Zonia  is tans af-lyn  Lorinta Zonia
Boodskappe: 164
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
nospam@at.all (Ferdi Greyling) skryf in boodskap news:...
> On Thu, 20 Jun 2002 14:19:59 +0200, Lou wrote:
>
>
> wat
>> laat jou dink dat ek saam met jou en jou tjommie sal wil gaan koffie
>> drink?
>
> Om jou beskuldiginge op te back?
> Om wat jy verkondig te toets?
> Om te kyk of wat jy se, die waarheid is?
>
> Al daai soort van redes, "Lou".

Wel - ek sien dit nou nie eintlik as genoeg rede om jou te ontmoet nie
"Ferdi".

>
> Villa More in Sandton City sal lekker wees dankie. By the way ek - sal
>> twee weke weg wees - so kom ons maak dit vir middel Julie - boek vir ons
>> 'n tafel - verkieslik nie te naby aan die waterval nie - dit raak
>> bietjie koud daar :)
>>
>> Moenie die lwe so ernstig opneem nie - jy gaan nooit lewend hier uit kom
>> nie.
>
> Ek neem dinge soos die dood en mens se integriteit en eerlikheid
> ernstig op, "Lou".
>
> Jy beter ook.

Is die 'n dreigement?

>
> So, wat is dit, "Lou"?
> Hardloop jy weg of gaan drink ons koffie dat jy kan sien hoe jy gelieg
> het?
>
> Hmmmm, "Lou" ?

Ek my liewe Ferdi het niks om aan jou te bewys nie. Maar soos ek
geskryf het - ek is altyd oop vir middagete op jou rekening as jy dit
nou so ernstig opneem ... hmmm Ferdi?
Re: Oor name.... [boodskap #64659 is 'n antwoord op boodskap #64043] Di, 09 Julie 2002 09:07 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lorinta Zonia  is tans af-lyn  Lorinta Zonia
Boodskappe: 164
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Johan Bornman (johanaticondotcodotza) skryf in boodskap news:...
> Johan Bornman reageer op Louwarm wat sluipsiet:

Huh? Sluipsiet?

>
> Aangesien julle my naam eidelik gebruik, laat ek intjip.
>
> Ek weet nie waaroor die paranoia hier gaan nie, ek is nie Ferdi nie.
> Ek is Johan. Toevallig het ek ook vir 'n koerant gewerk - The Star -
> maar dis blote toeval, ons is nie een mens nie.

Nou dit verduidelik alles ...

>
> Dit kan natuurlik wees dat as jy byvoorbeeld vir 'n koerant
>> werk
>>> dit help as jy jou verligte uitkyk hier adverteer.
>
> Hierdie implikasie van gatkruip by jou baas deur verligte sienswyses
> op sokkie.afrikaans.kultuur te wapper is simpel. As jy ooit vir 'n
> koerant gewerk het sal jy weet dat selfs tikmasjiene hulle intimideer
> en die kans dat jou baas jou op 'n nuusgroep gaan raakloop is ziltch.
> Daar's makliker maniere om gat te kruip.

Né - lyk my jy weet? :)



>
>> LOU: Soos ek al reeds gesê het Ferdi, as jy sover terug kan onthou - ek
>> score geen punte uit deur my naam op die net te verkondig nie en dit heg
>> nie enige waardigheid aan my argumente nie - die is die kuber ruimte -
>> ek verkies dat dit wat ek sê gelees word en nie wie dit sê nie. As jy
>> jou naam nodig het as kruk om jou argumente te steun - go vir dit!
>
> Kruk se gat my skat. Dis juis jou naam wat jou sal temper.
> Wie is jy en waarom skuil jy? Bel jy ou tannies om middernag om en kry
> kicks daaruit?

Net so het ek nie my naam en werk nodig om my argumente te ondersteun
nie ...

>
>> Maar kom ons maak so - ek sal Johan kry om in te stem om jou vir
>> middagete te ontmoet in enige coffee shop in Johannesburg. Ons sal
>> albei ons ID dokumente saambring.
>
> Hou my uit die ding uit.

He He ... maar toe kan jy nie die versoeking weerstaan nie.

>> Maar as julle bereid is om die rekening op te tel vir ete -
>> Villa More in Sandton City sal lekker wees dankie. By the way ek - sal
>> twee weke weg wees - so kom ons maak dit vir middel Julie - boek vir ons
>> 'n tafel - verkieslik nie te naby aan die waterval nie - dit raak
>> bietjie koud daar :)
>
> Jy bedoel seker Villa Mora? Over-rated en duur. Selfs nie as jy betaal
> nie. Besides, ek bly nie in Johannesburg nie.

Vertel dit vir Ferdi. En baie dankie vir die spell check.

Terloops - jou bostaande paragraaf maak nie sin nie.
>
> Wat is jou punt?

Ferdi het my genooi vir koffie - ek verkies 'n ete.

> My punt, en dit lyk vir my Ferdi s'n ook, is dat dit
> swak maniere is om weg te kruip en die verkoning dat hierdie die
> kuberruimte is help nie julle saak nie.

Ag hoe sleg voel ek nou - tut tut.

>
> Sideshow:
> Maar nou wil ek jou net vra, hoekem is dit kouer by die waterval as in
> die res van die restaurant? Watervalle absorbeer nie hitte nie
> (volgens Joule is water aan die onderkant van 'n waterval warmer as
> bo) en al sou jy verdamping as die rede aangee, sal ek jou aanvat oor
> die verklike temperatuurverskil daar en elkers in die plek. Jy verbeel
> jou.

Sideshow verduideliking - die wateval is naby die ingang. En dit is
waar die wind inkom en die wind is koud. Blykbaar iets te doen met die
inklinasie van die aarde op sy as en son strale en sulke goed :) .
Niks te doen met water nie ou dommie.

>
>> Moenie die lwe so ernstig opneem nie - jy gaan nooit lewend hier uit kom
>> nie.
>
> Kom Lou, klim uit daai hangkas uit. Dit sal nie seermaak nie.

Duidelik nog jonk op die nuusgroep ... sjym!
Re: Oor name.... [boodskap #64660 is 'n antwoord op boodskap #64100] Di, 09 Julie 2002 09:09 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lorinta Zonia  is tans af-lyn  Lorinta Zonia
Boodskappe: 164
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Katryn skryf in boodskap news:...
> Johan Bornman (johanaticondotcodotza) wrote:
>
>> Johan Bornman reageer op Louwarm wat sluipsiet:
>
> Johan, wat laat jou dink dat Lou se naam nie eg is nie? Dalk is sy
> naam Lourens, en dan noem mens hom mos Lou?
>
> Danielle

Hey - watchit - snoopers kry niks! Lou í snatuurlik ook 'n naam wat
baie mense mee gedoop is. Self die 'merikaners :)
Re: Oor name.... [boodskap #64672 is 'n antwoord op boodskap #64660] Di, 09 Julie 2002 21:40 Na vorige boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
l...@lous.zzn.com (Lou) wrote:

> Hey - watchit - snoopers kry niks! Lou í snatuurlik ook 'n naam wat
> baie mense mee gedoop is. Self die 'merikaners :)

Skies - ja, Lou isa alweer reg! :-)
Vorige onderwerp: wysheid met die grysheid
Volgende onderwerp: Re: Het ultieme IJ-compromisvoorstel, laatste bod. (was: aanelkaar?)
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 04 16:04:09 MGT 2024