Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Positiewe Nuus!!!!!!
Positiewe Nuus!!!!!! [boodskap #25474] Ma, 23 Augustus 1999 00:00 na volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
Hier is nou 'n artikel wat vandag in Beeld gelees kan word op die internet wat
'n mens sommer so goed laat voel: Ek hoop dit het op die papier weergawe se
voorblad verskyn!!!!!!!!

Ander kulture 'is nie anders'
Tessa Kruger


"Ons is geleer om weg te bly van mense van ander kulture omdat hulle ánders of
rassisties is. Ons het egter geleer ons is nie die waarheid vertel nie." Só het
een van die tophoërskoolleerlinge van Gauteng, Mpumalanga en KwaZulu-Natal wat
'n jeugbemagtigingsberaad by Esselenpark bygewoon het, gesê.

Die leerlinge van verskillende kulture is deur Beeld, Sowetan, Transnet en die
Universiteit van Pretoria geborg om drie dae in mekaar se geselskap deur te
bring terwyl hulle leierskap- en motiveringswerksessies bygewoon het.

Anje Bouwmeesters, 'n leerling van die Hoërskool Kempton Park, het gesê sy het
aan die begin van die beraad gedink "ek moet maar wegbly van die swart kinders.

"Toe ek my egter oopmaak en begin lêister , het ek besef dit maak nie saak wátse
kleur 'n mens is nie, julle dink eenders."

Tsholofelo Chiloane van Clapham High School het gesê hoewel hy in 'n township
woon en dus "anders" as die meeste ander skoliere op die beraad is, het hy
gesien dat hulle almal êrens iets gemeen het.

"Ons het in 'n stadium ons vrese bespreek en uit die bespreking het geblyk dat
almal diesélfde vrese het.

"Byna almal is bang vir mislukking en voel onseker oor die toekoms. Dit laat jou
besef jy is nie alleen nie, daar is ander wat dieselfde dinge deurmaak as jy."
Hy het gesê hy het 'n paar Indiër-seuns ontmoet wat hom van hul lewe vertel het.
Dit het sy oë oopgemaak.

Fabian Jood van General Smuts High School het gesê die kulturele interaksie is
nie vir hom 'n nuwe ervaring nie omdat kinders van verskillende kulture by sy
skool met mekaar te doen kry en goed met mekaar oor die weg kom.

Een leerling wie se persepsie van ander rasse egter soos handomkeer verander
het, is Duma Shongwe van Alra Park High School.

Die lang, sterk seun het gesê: "Wat ek van die mense hier geleer het, is anders
as die prentjie wat vir my geskets is. Ek bly in 'n landelike gebied en het
hulle (wit mense) as rassiste beskou.

"Mense sal gewoonlik sê: 'Baas Gert is like this,' maar hulle is vriendelike
mense wat lekker gesels en my kultuur verstaan.

"Ek het gesien hulle is ook net mense met wie jy kan praat.

"As ons net saamwerk, kan ons die land 'n beter Suid-Afrika maak."

'n Klompie leerlinge van The Hill High School en Hoërskool Monument het ook
gevind dat sommige van die ouer geslag se persepsies verkeerd is.

Joana da Silva van The Hill High School het gesê 'n mens se ouers sê aan jou
julle is verskillend, maar julle is nie.

Hoewel daar in die speelterrein van The Hill 'n groot getal wit, swart en bruin
skoliere is, vorm die kinders van verskillende rasse meestal groepe wat
afsonderlik van mekaar bly.

"Dit is amper of 'n mens bang of skaam is om met kinders van ander rasse te
assosieer. Daar is altyd die kwessie van wat gaan die ander wit kinders dink,"
het sy vertel.

"Hier het die situasie ons egter gedwing om mense van ander rasse te leer ken.
As 'n mens die moeite doen, is dit die moeite werd."
"Ek het vinnig agtergekom almal is net mense en ons het baie by mekaar te
leer," het Lizelle Esterhuizen van Hoërskool Monument gesê.

Henning Venter van Hoërskool Montana het gesê: "Ons het mekaar nooit leer ken
nie, want ons is geleer om weg te bly van mekaar af."

Beeld, Sowetan, Transnet en UP moet regtig met hierdie aksie geluk gewens word
en sommer gevra word om dit uit te brei sodat ELKE skoll kind so geleentheid kan
kry!!!
Re: Positiewe Nuus!!!!!! [boodskap #25544 is 'n antwoord op boodskap #25474] Wo, 25 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
reisiger  is tans af-lyn  reisiger
Boodskappe: 646
Geregistreer: Julie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Uiteindelik die feite. Isolasie veroorsaak paranoia. Het
van Julie af so gestel. A.g.v. my isolasie skryf ek
opswepery snert. Die Christelike godsdiens en die Voorvader
Geeste godsdiens is so baie naby mekaar, dit is net nie
waar nie. Wanneer 'n mens jou Jerigo mure van isolasie
afbreek, en sosiaal verkeer, dan is al die politieke
paranoia onnodig. Dankie Beeld.

Re: Positiewe Nuus!!!!!! [boodskap #25599 is 'n antwoord op boodskap #25474] Vr, 27 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
reisiger  is tans af-lyn  reisiger
Boodskappe: 646
Geregistreer: Julie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Dit sluit ook die dien van afgode...

Voorvader Geeste is beskerm engele. Nie afgode nie. Ons Bid
deur Jesus om by God uit te kom, hulle bid d.m.v.
Voorvader Geeste.

Re: Positiewe Nuus!!!!!! [boodskap #25600 is 'n antwoord op boodskap #25474] Vr, 27 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
reisiger  is tans af-lyn  reisiger
Boodskappe: 646
Geregistreer: Julie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Die Christelike godsdiens het 3 konsepte: Vader, Seun en
Heilige Gees. Jesus is die Seun van God, en ons is almal
kinders van God. Logies gesproke is Jesus ons Broer, en
ons almal eintlik seuns en dogters van God.

Die Voorvader Geeste godsdiens het dieselfde 3 aspekte, net
anders gesproke: God (die Vader), die Heilige Geeste, en
die mense - kinders van God. Het met baie Swartmense
daaroor gepraat, om hulle Voorvader Geeste geloof integreer
met die Christelike geloof wat hulle aangeneem het. Van
hulle glo aan beide. Het dit so vir hulle verduidelik. En
hulle kon dit nie glo nie. Dit is so eenvoudig - verander
Heilige Gees na Heilige Geeste, en alles maak sin.
Swartmense glo hulle Vader en Moeder beskerm hulle. Ons glo
aan een Heilige Gees, en party van ons aan Beskerm Engele.
Eintlik moet die van ons wat so glo, Heilige Gees verander
na Heilige Geeste / Heilige Engele.

Vir jou maak dit miskien nie 100% sin nie, maar vir die
Swartmense maak dit sin met wie ek gepraat het.

Reisiger, ek vermoed dat jy dalk iewers langs die pad
stilgehou, en dalk iets gerook het!
Die aanbidding van die voorvadergeeste en die aanbidding
van die Drie-eenige God is
DEFINITIEF nie baie naby aan mekaar nie!
In die eerste plek is aanbidding van die voorvadergeeste
juis net dit: Aanbidding van mense -
dooie mense.
In die Christelike aanbidding gaan dit juis om die
erkenning aan 'n Opperwese wat leef en vir
altyd leef. Jesus het as Sy seun na die wêreld gekom het om
die wêreld te bevry van sy
sondelas. Dit sluit ook die dien van afgode.
Jesus is en was nog altyd die mees positiewe nuus,
'nevermaaind' wat... reisiger wrote in
message ...

Re: Positiewe Nuus!!!!!! [boodskap #25648 is 'n antwoord op boodskap #25474] Ma, 30 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lou[1]  is tans af-lyn  lou[1]
Boodskappe: 579
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
reisiger wrote:
>
> Dit sluit ook die dien van afgode...
>
> Voorvader Geeste is beskerm engele. Nie afgode nie. Ons Bid
> deur Jesus om by God uit te kom, hulle bid d.m.v.
> Voorvader Geeste.
>
>

Doef! Daar val die reisger nou finaal uit die bus uit. Jy is rerig
confused my ou! Of is dit maar net nog een van jou troll's?
Re: Positiewe Nuus!!!!!! [boodskap #25674 is 'n antwoord op boodskap #25474] Di, 31 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 31 Aug 1999 21:11:50 +0200, "Thys de Wet" wrote:

|'Gaan na die mier en word wys..." sê die Spreuke skrywer.
|Ek het na die Woord der woorde gegaan, en die volgende onweerlegbare
|getuienis spreek vanself:
|
Goed gesê Thys! Wat jy net vir die ou moet bysê is dat God en Jesus een is en
dat ons direk vir God kan bid en nie soos hy dit voorstel asof Jesus 'n
voorvadergees is nie.
Re: Positiewe Nuus!!!!!! [boodskap #25675 is 'n antwoord op boodskap #25474] Di, 31 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 27 Aug 1999 10:43:32 -0700, reisiger wrote:

| Ons Bid
|deur Jesus om by God uit te kom

Wie is die "ons" van wie jy praat??? Want dis nie hoe ek my Christenskap
beoefen nie.
Re: Positiewe Nuus!!!!!! [boodskap #25676 is 'n antwoord op boodskap #25474] Di, 31 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @sympatico.ca

lou wrote:

> reisiger wrote:
>
>> Voorvader Geeste is beskerm engele. Nie afgode nie. Ons Bid
>> deur Jesus om by God uit te kom, hulle bid d.m.v.
>> Voorvader Geeste.
>>
>
> Doef! Daar val die reisger nou finaal uit die bus uit. Jy is rerig
> confused my ou! Of is dit maar net nog een van jou troll's?

Doef! Daar val nog een van die insulere
tailor-made-just-for-ou-wit-omies Christene uit die boom uit.

Gloudina
Re: Positiewe Nuus!!!!!! [boodskap #25677 is 'n antwoord op boodskap #25474] Di, 31 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @sympatico.ca

lou wrote:

> Miskien moet die ou antie met die kappie
> wat langs die kanaal opgegroei het en dink sy is liberaal eerder haar
> Bybel weer 'n keer lees.

My liewe Lou, die kanse is goed dat ek die Bybel meer intensbestudeer het in
die verlede en ook nou nog meer bestudeer as jy.
Wat wel waar is, is dat ons teologies nie langs dieselfde vuur sit
nie. Jy preek 'n enge Kalvinistiese rigting waarin almal moet
inpas anders kry hulle nie jou stamp of approval nie. Mens moet
oppas dat jy nie 'n "God" aanhang wat jou eie maaksel is nie.
William Blake het die soort "God" Old Nobodaddy genoem -
die God wat in skilderye gewoonlik as 'n ou (gewoonlik wit)
oom geskilder word. Nou Blake is, volgens Thomas Altizer
('n vooraanstaande Amerikaanse Christelike teoloog) die
belangrikste Christelike teoloog sedert St. Augustinus. So
dis die moeite werd om na hom te luister.

Gloudina
Re: Positiewe Nuus!!!!!! [boodskap #25678 is 'n antwoord op boodskap #25474] Di, 31 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lou[1]  is tans af-lyn  lou[1]
Boodskappe: 579
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
@sympatico.ca wrote:
>
> lou wrote:
>
>> reisiger wrote:
>>
>>> Voorvader Geeste is beskerm engele. Nie afgode nie. Ons Bid
>>> deur Jesus om by God uit te kom, hulle bid d.m.v.
>>> Voorvader Geeste.
>>>
>>>
>>
>> Doef! Daar val die reisger nou finaal uit die bus uit. Jy is rerig
>> confused my ou! Of is dit maar net nog een van jou troll's?
>
> Doef! Daar val nog een van die insulere
> tailor-made-just-for-ou-wit-omies Christene uit die boom uit.
>

Nee Gloudina - vanwaar is die voorvader geeste beskermde engele? En
Jesus is geen engel ie Hy is die Seun van God, deel van die drie
Eenheid. Reisger probeer, nes jy, om die geloof in Christus af te water
om jou menslike siening te pas. Miskien moet die ou antie met die kappie
wat langs die kanaal opgegroei het en dink sy is liberaal eerder haar
Bybel weer 'n keer lees.
Re: Positiewe Nuus!!!!!! [boodskap #25679 is 'n antwoord op boodskap #25474] Di, 31 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
De Waal Venter  is tans af-lyn  De Waal Venter
Boodskappe: 62
Geregistreer: April 1996
Karma: 0
Volle Lid
'Gaan na die mier en word wys..." sê die Spreuke skrywer.
Ek het na die Woord der woorde gegaan, en die volgende onweerlegbare
getuienis spreek vanself:

Jesus het van Homself dit gesê:
"Ek is die weg en die waarheid en die lewe. Niemand kom na die Vader toe
behalwe deur My nie' Johannes 14: 6

Oor die aanbidding van geeste en voorvaderlike geeste is die Woord dit eens:
"moenie hulp soek by geeste of waarsêers nie. Dit sal julle onrein maak. Ek
is die Here julle God' Levitkus 19:31

Dink ook aan wat met koning Saul gebeur het:
Hy het 'n dodebesweerster gaan raadpleeg, in stryd met sy eie wet: (1 Samuel
28:9), en is deur die gees van Samuel meegedeel dat God Saul se koningskap
reeds van hom af weggeneem het.

Nou wat leer ons hieruit: Dat daar net een enige ware lewende God is. Dat
Hy alleen waardig is om aanbid te word.

Wie hulle met ander geestelike dinge besig hou is buite God se verbond van
Sy ewige liefde vir ons. Jesus is die weg die waarheid en die lewe Hy het
na hierdie wêreld gekom sodat die wêreld deur Hom gered kan word, en nie
deur Hom veroordeel word nie.

En ek is nie een van die ou omies wat op die stoep sit en hulle Christenskap
met allerhande uitgediende religieuse praktyke wil handhaaf nie.
Mens beoefen nie jou Christenskap nie. Mens leef dit. En dit is binêr: Of
jy is dit of jy is dit nie. Soos 'n lig: Of aan of af!
Die vraag is: Het jy Jesus Christus as jou persoonlike Verlosser en
Saligmaker in jou lewe in genooi, en leef jy in 'n verhouding met Hom? As
jy het, dan kan daar geen twyfel meer in jou hart wees wie jy moet dien
nie.

'Kies julle dan vandag wie julle wil dien... Wat my en my familie betref,
ons sal die Here dien. ' Josua 8:15
(Alle aanhalings is uit die Nuwe Afrikaanse Bybel (1983 vertaling) geneem.

Groete

Thys in Somerset Wes.

knip knip

> | Ons Bid
> |deur Jesus om by God uit te kom
>
> Wie is die "ons" van wie jy praat??? Want dis nie hoe ek my Christenskap
> beoefen nie.
Re: Positiewe Nuus!!!!!! [boodskap #25730 is 'n antwoord op boodskap #25474] Wo, 01 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @sympatico.ca

lou wrote:

> Ek hang die God van die Bybel aan en vertrou dat Hy my sal lei. DIe
> hoofsaak van jou geloof is Gloudina dat jy in werklikheid geen geloof
> het nie - jy praat Boedisme nou, later kwoteer jy Blake - so deurmekaar
> soos 'n verkleurmannetjie op 'n Smartie boks. Jy hoof uitgangspunt moet
> die Bybel wees - moenie te veel op mense en engele vertrou nie

Lou, dit is vir my merkwaardig dat baie van die mense op hierdie nuusgroepwat 'n
aggressiewe Protestantse tipe Christelike leer aanhang (dis alles of
niks) en ek dink nou aan mense soos jy en Johan en Leendert spesifiek, juis
die mense is wat ook taamlik aggressiewe opmerkings maak teenoor mense
met wie hulle nie saamstem wat politiek en rasseverhoudinge ensovoorts
aangaan nie. Ek kan nie vergeet dat jy jou lewe op hierdie nuusgroep begin
het met taamlike growwe rassistiese opmerkings nie. En Leendert, groot
verkondiger van die feit dat hy Christen is, skroom nie om vir "Reisiger"
te vertel dat hy in Weskoppies hoort nie. Reisiger is ten minste 'n eerlike
en lyk my baie sagmoedige soeker na dinge, en het nie hierdie soort aksies
teen hom nodig nie. Wat is dit met julle? Gaan maar na die Bybel en lees
weer die dinge daar. Dit lyk my vir sommige van julle dis alleen nodig om
te "glo" en nie om Christus te volg nie.

Gloudina

>
Re: Positiewe Nuus!!!!!! [boodskap #25731 is 'n antwoord op boodskap #25474] Wo, 01 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 01 Sep 1999 14:20:17 -0700, reisiger wrote:

|Was Moses en Elia nie voorvader geeste nie?
|
Nee, en die verskil...? Hulle het verskyn....
Re: Positiewe Nuus!!!!!! [boodskap #25732 is 'n antwoord op boodskap #25474] Wo, 01 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
@sympatico.ca wrote:
> lou wrote:
>
>> Miskien moet die ou antie met die kappie
>> wat langs die kanaal opgegroei het en dink sy is liberaal eerder haar
>> Bybel weer 'n keer lees.
>
> My liewe Lou, die kanse is goed dat ek die Bybel meer intensbestudeer het in
> die verlede en ook nou nog meer bestudeer as jy.

Hm..... Ja. Christus het ook maar probleme gehad met die skrifgeleerdes
en die farisiërs. Dis nou volgens die Bybel.

> Wat wel waar is, is dat ons teologies nie langs dieselfde vuur sit
> nie. Jy preek 'n enge Kalvinistiese rigting waarin almal moet
> inpas anders kry hulle nie jou stamp of approval nie.

Gestel jou analise van lou se teologie is korrek.

Sou dit beteken dat hy nie die reg het om so te glo nie?

Sou dit jou die reg gee om kleinerend te verwys na sy oortuigings?

> Mens moet
> oppas dat jy nie 'n "God" aanhang wat jou eie maaksel is nie.

INDERDAAD!

Die soort teologie waarna ek tevore verwys het a 'n a la carte
godsdiens. Wat selektief met die Bybel omgaan.

> William Blake het die soort "God" Old Nobodaddy genoem -
> die God wat in skilderye gewoonlik as 'n ou (gewoonlik wit)
> oom geskilder word.

Die soort god wat in soetsappige "bybelstories" (en dikwels deur
sondagskoolonderwyseresse) en in pienk boekies verkondig word.

Die onderwerp van peitistiese "feel good" teologie, wat boedhiste kan
laat dink hulle is christene.

> Nou Blake is, volgens Thomas Altizer
> ('n vooraanstaande Amerikaanse Christelike teoloog) die
> belangrikste Christelike teoloog sedert St. Augustinus. So
> dis die moeite werd om na hom te luister.

Luister gerus na Blake. Die volledige Blake, en nie selektiewe
aanhalings nie.

Maar dit is ook die moeite werd om ook na lou en Henry te luister,
Gloudina, en hulle nie stil te maak met politiek korrekte - en
terwelfdertyd uiters onverdraagsame - slogans nie.
Re: Positiewe Nuus!!!!!! [boodskap #25733 is 'n antwoord op boodskap #25474] Wo, 01 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @sympatico.ca

reisiger wrote:

> Het jy langs die kanaal
> groot geword? Was dit in Upington?
>
>

Nee, op Marchand. Die hele wereld daar is vol kanale. Grotes enkleintjies. Een
van die vroegste herinneringe van my lewe is om
langs 'n kanaal te sit en kyk na die vinnige vloei van die modderwater,
met die geur van wilde mint in jou neus. En ons helde was daardie
mense wat bereid was om die kanale skoon te maak, selfs wanneer
die water onderdeur rivierspruite in pype van die een eiland na die
ander gevloei het. Elke jaar was daar 'n "Oproep" om die kanale
na te gaan en skoon te maak. Elke boer moes of self gaan of 'n
verteenwoordiger stuur.
Ken jy daardie geweste?

Gloudina
Re: Positiewe Nuus!!!!!! [boodskap #25734 is 'n antwoord op boodskap #25474] Wo, 01 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
reisiger  is tans af-lyn  reisiger
Boodskappe: 646
Geregistreer: Julie 1999
Karma: 0
Senior Lid
In article , Leendert van
Oostrum wrote:
> Die onderwerp van peitistiese "feel good" teologie, wat boedhiste kan
> laat dink hulle is christene.

Dit is die hele punt, Leendert. Hoekom moet 'n mens in die
grond in gedruk word d.m.v. skuldgevoel kompleks as 'n mens
in die ewebeeld van God geskape is? Dit klem val op sonde
en nie self-ontwikkeling nie. Dit is verkeerd. Maar om nie
weer 'n fout te maak nie, goeie werke meer as om die hele
tyd vir dieselfde sondes oor en oor vergewe te word. 'n
Mens is 'n swak wese, maar hy het die reg om homself te
ontwikkel, al bly hy 'n swak wese. God sal nie Sy belegging
in ons vernieting nie. Dit is die verskil.

Re: Positiewe Nuus!!!!!! [boodskap #25735 is 'n antwoord op boodskap #25474] Wo, 01 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Krokkie  is tans af-lyn  Krokkie
Boodskappe: 478
Geregistreer: Julie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Leendert van Oostrum wrote in message ...
> In article ,
> @sympatico.ca wrote:
>> lou wrote:
>>
>>> Miskien moet die ou antie met die kappie
>>> wat langs die kanaal opgegroei het en dink sy is liberaal eerder haar
>>> Bybel weer 'n keer lees.
>>
>> My liewe Lou, die kanse is goed dat ek die Bybel meer intensbestudeer het in
>> die verlede en ook nou nog meer bestudeer as jy.
>
> Hm..... Ja. Christus het ook maar probleme gehad met die skrifgeleerdes
> en die farisiërs. Dis nou volgens die Bybel.
>
>> Wat wel waar is, is dat ons teologies nie langs dieselfde vuur sit
>> nie. Jy preek 'n enge Kalvinistiese rigting waarin almal moet
>> inpas anders kry hulle nie jou stamp of approval nie.
>
> Gestel jou analise van lou se teologie is korrek.
>
> Sou dit beteken dat hy nie die reg het om so te glo nie?
>
> Sou dit jou die reg gee om kleinerend te verwys na sy oortuigings?
>
>> Mens moet
>> oppas dat jy nie 'n "God" aanhang wat jou eie maaksel is nie.
>
> INDERDAAD!
>
> Die soort teologie waarna ek tevore verwys het a 'n a la carte
> godsdiens. Wat selektief met die Bybel omgaan.
>
>> William Blake het die soort "God" Old Nobodaddy genoem -
>> die God wat in skilderye gewoonlik as 'n ou (gewoonlik wit)
>> oom geskilder word.
>
> Die soort god wat in soetsappige "bybelstories" (en dikwels deur
> sondagskoolonderwyseresse) en in pienk boekies verkondig word.
>
> Die onderwerp van peitistiese "feel good" teologie, wat boedhiste kan
> laat dink hulle is christene.
>
>> Nou Blake is, volgens Thomas Altizer
>> ('n vooraanstaande Amerikaanse Christelike teoloog) die
>> belangrikste Christelike teoloog sedert St. Augustinus. So
>> dis die moeite werd om na hom te luister.
>
> Luister gerus na Blake. Die volledige Blake, en nie selektiewe
> aanhalings nie.
>
> Maar dit is ook die moeite werd om ook na lou en Henry te luister,
> Gloudina, en hulle nie stil te maak met politiek korrekte - en
> terwelfdertyd uiters onverdraagsame - slogans nie.
>

Ek het op 'n staduim gedink dat Gloudina opgevoed is, maar dit klink maar of
sy die pad lekker byster geraak het

Krokkie
Re: Positiewe Nuus!!!!!! [boodskap #25736 is 'n antwoord op boodskap #25474] Wo, 01 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
reisiger  is tans af-lyn  reisiger
Boodskappe: 646
Geregistreer: Julie 1999
Karma: 0
Senior Lid
In article , "Thys de
Wet" wrote:
> Mens beoefen nie jou Christenskap nie. Mens leef dit. En dit is binêr: Of
> jy is dit of jy is dit nie. Soos 'n lig: Of aan of af!
> Die vraag is: Het jy Jesus Christus as jou persoonlike Verlosser en
> Saligmaker in jou lewe in genooi, en leef jy in 'n verhouding met Hom? As
> jy het, dan kan daar geen twyfel meer in jou hart wees wie jy moet dien
> nie.
>
> 'Kies julle dan vandag wie julle wil dien... Wat my en my familie betref,
> ons sal die Here dien. ' Josua 8:15
> (Alle aanhalings is uit die Nuwe Afrikaanse Bybel (1983
vertaling) geneem.

Pragtig geskrywe. Ek stem saam. As dit so maklik is. Meer
as 20 jaar gelede het ek gekatkiseer, en gereeld agterna
kerk toe gegaan. Maar die ritueel het vervelig geraak. Het
na geestelike groep studie na weermag opleiding verlang,
maar daar was niks nie. Daarom is ek okkulte / new age toe,
om geestelike verreiking te soek.

Vandag is die probleem dieselfde. New Age val oop, en mense
is moeg vir rituele. Party kerke herleef, andere nie. Mense
stel nie belang in rituele nie, maar hunker na broederlike
liefde, as om die hele tyd oor sonde te sit en preek. Ek
stel net belang in sonde as daar 'n verbeterings filosofie
by is. Verdieping is nodig. En dit is nie beskikbaar nie.
Net jou beste werke is vol sonde, en dit is al. Help my
asb.

Re: Positiewe Nuus!!!!!! [boodskap #25737 is 'n antwoord op boodskap #25474] Wo, 01 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 31 Aug 1999 23:47:22 GMT, @sympatico.ca wrote:

|lou wrote:
|
|> Miskien moet die ou antie met die kappie
|> wat langs die kanaal opgegroei het en dink sy is liberaal eerder haar
|> Bybel weer 'n keer lees.
|
|My liewe Lou, die kanse is goed dat ek die Bybel meer intensbestudeer het in
|die verlede en ook nou nog meer bestudeer as jy.
|Wat wel waar is, is dat ons teologies nie langs dieselfde vuur sit
|nie. Jy preek 'n enge Kalvinistiese rigting waarin almal moet
|inpas anders kry hulle nie jou stamp of approval nie. Mens moet
|oppas dat jy nie 'n "God" aanhang wat jou eie maaksel is nie.

Dit klink presies of dit is wat jy mee besig is, Gloudina. So of jy
alles wat nie vir jou gemaklik is nie, afmaak as die enge siening van
ou wit omies. En dan spog jy so dat jy so intens die Bybel bestudeer
- bid jy darem voor elke studie vir insig in wat jy lees?
Re: Positiewe Nuus!!!!!! [boodskap #25738 is 'n antwoord op boodskap #25474] Wo, 01 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
reisiger  is tans af-lyn  reisiger
Boodskappe: 646
Geregistreer: Julie 1999
Karma: 0
Senior Lid
In article , lou
wrote:
> Nee Gloudina - vanwaar is die voorvader geeste beskermde engele? En
> Jesus is geen engel ie Hy is die Seun van God, deel van die drie
> Eenheid. Reisger probeer, nes jy, om die geloof in Christus af te water
> om jou menslike siening te pas.

Glad nie hier om die Christelike geloof af te water nie.
Maar om Swartmense se Christelike geloof te verryk. Dit is
'n groot verskil. Christene weet van bose geeste, en
owerstes in die lug. Maar weet nie hoe om hulle te hanteer
nie. Die tyd het gekom om uit te vind. Ek beskou dit as
baie belangrik. Party mense besef nie die Onse Vader se
beskermde betekenis nie. Het Totius nie 'n gedig oor
beskerm engele geskryf nie? 2 aan my voetentent, ens.

Re: Positiewe Nuus!!!!!! [boodskap #25739 is 'n antwoord op boodskap #25474] Wo, 01 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
reisiger  is tans af-lyn  reisiger
Boodskappe: 646
Geregistreer: Julie 1999
Karma: 0
Senior Lid
In article , @sympatico.ca
wrote:
> Doef! Daar val nog een van die insulere
> tailor-made-just-for-ou-wit-omies Christene uit die boom uit.
>
> Gloudina

Dankie Gloudina, ek wardeer dit. Het jy langs die kanaal
groot geword? Was dit in Upington?

Re: Positiewe Nuus!!!!!! [boodskap #25740 is 'n antwoord op boodskap #25474] Wo, 01 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
reisiger  is tans af-lyn  reisiger
Boodskappe: 646
Geregistreer: Julie 1999
Karma: 0
Senior Lid
In article , "Thys de
Wet" wrote:
> Oor die aanbidding van geeste en voorvaderlike geeste is die Woord dit eens:
> "moenie hulp soek by geeste of waarsêers nie. Dit sal julle onrein maak. Ek
> is die Here julle God' Levitkus 19:31

Jesus en sy Apostels kon bose geeste uitdryf. Want hulle
het die Geesteswêreld verstaan. Hoeveel Christene verstaan
dit vandag? Jesus het sy Apostels opgelei. Wat het Hy vir
hulle gesê? En wonderwerke? Dit is alles weggelaat. Hoekom
mag ons dit vandag nie weet nie?

Lees gerus Matteus 17 v 3: Skielik het Moses en Elia aan
hulle verskyn en met Jesus gepraat. Lees die hele hoofstuk.
Was Moses en Elia nie voorvader geeste nie?

Re: Positiewe Nuus!!!!!! [boodskap #25741 is 'n antwoord op boodskap #25474] Wo, 01 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lou[1]  is tans af-lyn  lou[1]
Boodskappe: 579
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
@sympatico.ca wrote:
>
> lou wrote:
>
>> Miskien moet die ou antie met die kappie
>> wat langs die kanaal opgegroei het en dink sy is liberaal eerder haar
>> Bybel weer 'n keer lees.
>
> My liewe Lou, die kanse is goed dat ek die Bybel meer intensbestudeer het in
> die verlede en ook nou nog meer bestudeer as jy.
> Wat wel waar is, is dat ons teologies nie langs dieselfde vuur sit
> nie. Jy preek 'n enge Kalvinistiese rigting waarin almal moet
> inpas anders kry hulle nie jou stamp of approval nie. Mens moet
> oppas dat jy nie 'n "God" aanhang wat jou eie maaksel is nie.
> William Blake het die soort "God" Old Nobodaddy genoem -
> die God wat in skilderye gewoonlik as 'n ou (gewoonlik wit)
> oom geskilder word. Nou Blake is, volgens Thomas Altizer
> ('n vooraanstaande Amerikaanse Christelike teoloog) die
> belangrikste Christelike teoloog sedert St. Augustinus. So
> dis die moeite werd om na hom te luister.
>
> Gloudina

Yup! En enigiemand wat nie met jou saamstem nie is dus ook verkeerd? Ek
hang die God van die Bybel aan en vertrou dat Hy my sal lei. DIe
hoofsaak van jou geloof is Gloudina dat jy in werklikheid geen geloof
het nie - jy praat Boedisme nou, later kwoteer jy Blake - so deurmekaar
soos 'n verkleurmannetjie op 'n Smartie boks. Jy hoof uitgangspunt moet
die Bybel wees - moenie te veel op mense en engele vertrou nie :). En
Alitzer, Blake en Augustinus is/was ook maar net mense - deur hulle kan
jy nie gered word nie.

Interesante manier van redenasie oor hoekom ek juis na Blake sou moes
luister. Maar jy vergeet om te sê wie nou reken dat Alitzer die Alpha
en die Omega het? ens. ens. ens. to ad nauseum. :)
Re: Positiewe Nuus!!!!!! [boodskap #25742 is 'n antwoord op boodskap #25474] Wo, 01 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
reisiger  is tans af-lyn  reisiger
Boodskappe: 646
Geregistreer: Julie 1999
Karma: 0
Senior Lid
In article , e...@dot.com
(Johan) wrote:
> Wie is die "ons" van wie jy praat??? Want dis nie hoe ek my Christenskap
> beoefen nie.

Johan, om eerlik met jou te wees, ek het die Bybel 20 jaar
gelede gelees. Dit is nie 'n New Age praktyk nie, maar 'n
persoonlike voorkeur. Om alles weg te gooi en van vooraf
die waarheid uit te vind. Wat ek hier beaam in die
Christelike geloof blyk verkeerd te wees. Dankie dat jy dit
uitgewys het.

Maar die voorvader geeste / beskerm engele aspek is ek nie
bereid om van af te sien nie. Swartmense wat beide gelowe
praktiseer vind samevoeging van hierdie konsep, maar dit is
nie reg geskryf vir die Christelike godsdiens nie. Wat
belangrik is om te verstaan Swartmense kan beide
godsdienste integreer. Die Christelike godsdiens
konsentreer te min op die doen en late van geeste. Daar is
te veel vir my gesê om weg te bly van die okkulte. Die
woord beteken slegs dit wat verborge was, en nie meer is
nie.

Re: Positiewe Nuus!!!!!! [boodskap #25803 is 'n antwoord op boodskap #25474] Do, 02 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
reisiger  is tans af-lyn  reisiger
Boodskappe: 646
Geregistreer: Julie 1999
Karma: 0
Senior Lid
In article , @sympatico.ca
wrote:
> Wat is dit met julle? Gaan maar na die Bybel en lees
> weer die dinge daar. Dit lyk my vir sommige van julle dis alleen nodig om
> te "glo" en nie om Christus te volg nie.

Die verskil is ons moet terug gaan na die VOORBEELD van
2000 jaar gelede. Dit is die probleem vandag. Mense wil net
maak wat hulle wil, geloof in Jesus, sonde vergewe, ens. en
nie die VOORBEELD nastreef nie. Geen verantwoordelikheid
nie. Ons gee andere pyn maar besef dit nie. Dit is hoekom
ons sit waar ons sit vandag. En ons almal is skuldig
daaraan. Geloof sonder goeie werke is dood. Jakobus 2 v 14:
Wat help dit, my broers, as iemand beweer dat hy glo, maar
sy dade bevestig dit nie? Kan so 'n geloof 'n mens red? So
'n persoon glo dus nie, want sy werke bewys nie sy geloof
nie. Werke kry jou nie in die hemel, maar wel jou geloof.
Werke bewys net jou geloof.

Re: Positiewe Nuus!!!!!! [boodskap #25804 is 'n antwoord op boodskap #25474] Do, 02 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
reisiger wrote:
> In article , "Thys de
> Wet" wrote:

> Verlosser en
>> Saligmaker in jou lewe in genooi, en leef jy in 'n
> verhouding met Hom? As
>> jy het, dan kan daar geen twyfel meer in jou hart wees
> wie jy moet dien
>> nie.
>>
>
> Pragtig geskrywe. Ek stem saam. As dit so maklik is.

Dit is. Dit is 'n inellektuele en 'n wilsbesluit (in teenstelling met
Gloudina se bewerings, is dit nie 'n saak van "gevoel" nie - emosie is
die _gevolg_ van bekering, nie die oorsaak daarvan nie.)

> Mense
> stel nie belang in rituele nie, maar hunker na broederlike
> liefde, as om die hele tyd oor sonde te sit en preek.

Dit is waar dat mense hunker na liefde van ons medemens. Maar Christene
glo dat ware naasteliefde slegs moontlik is as mens jou in die eerste
plek met God versoen het - deur die reddernde genade van Jesus Christus.

> Ek
> stel net belang in sonde as daar 'n verbeterings filosofie
> by is. Verdieping is nodig. En dit is nie beskikbaar nie.

Vir die Christen is dit wel beskikbaar. God vergewe die sonde van
gelowiges. Gratis en verniet. Sonder voorwaarde. Bloot op grond van die
geloof dat Christus vir hul sondes gesterf het. Niks anders nie.

As mens dit begryp, kan jy ook verstaan waarom dankbaarheid die lewe
van verloste Christene so radikaal kan verander. Want daar is niks
anders as dankbaarheid wat paslik is teenoor soveel genade nie.

> Net jou beste werke is vol sonde, en dit is al. Help my
> asb.

Ons beste werke is vol sonde. Maar Christus, deur sy soendood, vergewe
al die sonde van elkeen wat in Hom glo.

Dit is al.

Sent via Deja.com http://www.deja.com/
Share what you know. Learn what you don't.
Re: Positiewe Nuus!!!!!! [boodskap #25805 is 'n antwoord op boodskap #25474] Do, 02 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
@sympatico.ca wrote:
> Leendert van Oostrum wrote:
>
>> "Die feit dat hy 'n Christen" is, Gloudina, veroorsaak dat Leendert -
>> vir so ver as wat hy kan - nie skroom om die waarheid te praat nie.
>
> Hy skroom dus nie om vir "reisiger" uit te jou en vir hom te vertel hyhoort
> in Weskoppies nie, want Christen Leendert skroom nie om die
> waarheid te praat nie?

Korrek. "reisiger" het self toegegee dat hy te ver gegaan het met sy
spekulasies oor Afrikaans en die verwantskap met Fries en Fries se
status as "taal van die gode". "reisiger" het vermoedelik ook die
skertsende elemente daarvan begryp.

> Hy maak amper voor die voet blatatante
> rassistiese opmerkings oor sy mede Suid-Afrikaners wat nie van
> dieselfde kleur as hy is nie.Dis Leendert die Christen wat nie skroom
> om die waarheid te praat nie?

Jy beter voorbeelde bring van hierdie "blatant rassistiese opmerkings"
waarna jy verwys, Gloudina. En jy beter verduidelik waarom jy hulle
beskou as "balatant rassisties". Anders is jy skuldig aan net nog een
van die vele leuens wat jy hier verkondig vir die waarheid. Jou gejuig
oor die omstandighede van Angelina se dood is maar een van hulle. (Jy
begin nou 'n reputasie ontwikkel daarvoor dat jy die waarheid draai -
of verwerp - soos dit jou pas, weet jy?)

> Neewat, ou Leendert, as ek jy is
> verkondig ek nie my Christenskap so openlik nie, want jy is nie 'n
> baie goeie advertensie daarvoor nie.

Ek weet ek is geen goeie "advertensie" vir Christus nie. Daaroor is ek
oneindig jammer.

Maar dit onthef my nie van my verpligting om te getuig nie. Die Heilige
Gees sal die getuienis laat werk - of nie - soos dit Hom behaag.

> As ek wil weet wat Christene
> dink, lees ek liewer vir Teilhard (ek het al sy boeke, in Engelse
> vertaling.)

Ek sou versigtig wees met De Chardin as gesag oor die denke van
Christene. Die Vatikaan het die publikasie van De Chardin se boeke
verbied terwyl hy geleef het. Hulle is na sy dood gepuliseer deur 'n
vrou aan wie hy hulle nagelaat het, en wat nie onder die eed van
gehoorsaamheid staan wat De Chardin geneem het nie.

Dit sou vreemd wees as die Vatikaan De Chardin se werk nou skielik
beskou as verteenwoordigend van Christelike denke.

Ek dink De Chardin se voorbeeld, deur sy onderwerping aan die
implikasies van sy eed, spreek veel sterker oor wat Christene dink as
De Chardin se gepuliseerde werke.

Maar, in die finale instansie is die Bybel is die gesaghebbende bron,
Gloudina. Die _hele_ Bybel.

Vriendelike groete, Leendert
Re: Positiewe Nuus!!!!!! [boodskap #25806 is 'n antwoord op boodskap #25474] Do, 02 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
@sympatico.ca wrote:

> Lou, dit is vir my merkwaardig dat baie van die mense op hierdie nuusgroepwat 'n
> aggressiewe Protestantse tipe Christelike leer aanhang (dis alles of
> niks) en ek dink nou aan mense soos jy en Johan en Leendert spesifiek, juis
> die mense is wat ook taamlik aggressiewe opmerkings maak teenoor mense
> met wie hulle nie saamstem wat politiek en rasseverhoudinge ensovoorts
> aangaan nie.

Nee. As dit wel, soos jy beweer, mense is wat 'n "aggressiewe" soort
godsdiens be-oefen, is dit geensins merkwaardig dat hulle ook in ander
opsigte 'n "aggressiewe" (volgens jou) houing inslaan nie.

Wat wel merkwaardig is, is die feit dat jy klaarblyklik nie bewus is
daarvan dat jou eie bydraes meer aggressief is as die van enigeen
anders op die nuusgroep nie.

> En Leendert, groot
> verkondiger van die feit dat hy Christen is, skroom nie om vir "Reisiger"
> te vertel dat hy in Weskoppies hoort nie.

"Die feit dat hy 'n Christen" is, Gloudina, veroorsaak dat Leendert -
vir so ver as wat hy kan - nie skroom om die waarheid te praat nie.

> Reisiger is ten minste 'n eerlike
> en lyk my baie sagmoedige soeker na dinge, en het nie hierdie soort aksies
> teen hom nodig nie.

Ek stem saam dat reisiger eerlik voorkom, en sagmoedig, en 'n soeker.
En geen eerlike soeker, hoe sagmoedig ook, sal terugdeins wanneer hy
die waarheid vind nie.

> Wat is dit met julle? Gaan maar na die Bybel en lees
> weer die dinge daar. Dit lyk my vir sommige van julle dis alleen nodig om
> te "glo" en nie om Christus te volg nie.

Dit is inderdaad nodig vir die gelowige om Christus te volg - uit
dankbaarheid.

En nie die "gentle jesus" - afgodsbeeld van die pienkboekie-
bybelstories nie, maar die ware Christus - wat sagmoedig was, maar wat
nie geskroom het om die Fariseërs en die Skrifgeleerdes, die
tempelwagte en sy eie dissipels aan die baard te vat wanneer hulle die
mense mislei het nie.

En in die volle wete dat dit nie vir 'n mens moontlik is om aan
Christus gelyk te wees nie.
Re: Positiewe Nuus!!!!!! [boodskap #25807 is 'n antwoord op boodskap #25474] Do, 02 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 02 Sep 1999 14:20:20 GMT, @sympatico.ca wrote:
|
|Jy besef natuurlik dat ons nie in dieselfde tydsone is nie.
|
Jy besef natuurlik my nuusleser is baie slimmer as dit en gee vir my die tyd van
plasings aan in my eie tydsone.
Re: Positiewe Nuus!!!!!! [boodskap #25808 is 'n antwoord op boodskap #25474] Do, 02 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
reisiger  is tans af-lyn  reisiger
Boodskappe: 646
Geregistreer: Julie 1999
Karma: 0
Senior Lid
In article , Leendert van
Oostrum wrote:
> Christene glo ook in voorvadergeeste. Die geeste van die voorvaders is
> in die hemel of in die hel. Christene respekteer en eer ook die geeste
> van hul voorvaders.
> Al verskil is dit: Christene bid nie tot die geeste van hul voorvaders
> nie, maar slegs tot God.

Voorvader geeste beskou ek as beskerm engele. Dieselfde
ding, net 'n ander naam. Ek verstaan hulle bid nie na
voorvader geeste nie. Ek bid nie na beskerm engele nie.

> Maar die resultaat is nie noodwendig Christelike geloof nie. Dit kan
> ook afgodery wees. En dit sou bedrog wees indien 'n Christen vir iemand
> sê dat 'n onchristelike praktyk Christelike geloof is.

Weereens, hulle bid nie na hulle voorvader geeste nie. Sien
voorvader geeste as beskerm engele. Dan kan beide praktyke
integreer word.

>> Die Christelike godsdiens
>> konsentreer te min op die doen en late van geeste.

> As jy sou sê "sommige Christene" in plaas van "die Christelike
> godsdiens", sou ek met jou saamstem.

Sal dit verander na die Bybel. Die inligting wat nodig is,
wat Jesus Sy Apostels geleer het, is nie opgeteken nie.

Re: Positiewe Nuus!!!!!! [boodskap #25809 is 'n antwoord op boodskap #25474] Do, 02 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
reisiger wrote:
>
> Maar die voorvader geeste / beskerm engele aspek is ek nie
> bereid om van af te sien nie. Swartmense wat beide gelowe
> praktiseer vind samevoeging van hierdie konsep, maar dit is
> nie reg geskryf vir die Christelike godsdiens nie.

Ek het 'n ou oom. So regs (polities) as wat jy maar kan kry.

Al die jare, en nog steeds, begin geen werk soggens op sy plaas voordat
daar nie saam met die werkers gelees en gebid is nie.

Hierdie oom (en ja - 'n ou wit omie) bespreek dikwels geloofsake met sy
swart werkers - ook die kwessie van voorvadergeeste, en sy standpunt is
dit:

Christene glo ook in voorvadergeeste. Die geeste van die voorvaders is
in die hemel of in die hel. Christene respekteer en eer ook die geeste
van hul voorvaders.

Al verskil is dit: Christene bid nie tot die geeste van hul voorvaders
nie, maar slegs tot God.

> Wat
> belangrik is om te verstaan Swartmense kan beide
> godsdienste integreer.

Ja, dit is moontlik. En dit is selfs moontlik, afhangende van die
elemente van beide wat ter sprake is, dat so 'n integrasie 'n suiwer
Christelike geloof kan wees.

Maar die resultaat is nie noodwendig Christelike geloof nie. Dit kan
ook afgodery wees. En dit sou bedrog wees indien 'n Christen vir iemand
sê dat 'n onchristelike praktyk Christelike geloof is.

> Die Christelike godsdiens
> konsentreer te min op die doen en late van geeste.

As jy sou sê "sommige Christene" in plaas van "die Christelike
godsdiens", sou ek met jou saamstem.
Re: Positiewe Nuus!!!!!! [boodskap #25810 is 'n antwoord op boodskap #25474] Do, 02 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @sympatico.ca

Johan wrote:

> Ek sien jy was vroeg op vanmore....kom jy ook agter dat die dae nou vinnig begin
> krimp? My kinders sal bly wees - hulle kry maar swaar om te moet gaan slaap as
> dit nog lig is.

Jy besef natuurlik dat ons nie in dieselfde tydsone is nie.

Gloudina
Re: Positiewe Nuus!!!!!! [boodskap #25813 is 'n antwoord op boodskap #25474] Do, 02 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
reisiger  is tans af-lyn  reisiger
Boodskappe: 646
Geregistreer: Julie 1999
Karma: 0
Senior Lid
In article , Leendert van
Oostrum wrote:
> Dit is. Dit is 'n inellektuele en 'n wilsbesluit

En daardie keuse maak elke sekonde van ons lewe. Nie een
keer en dan maak wat jy wil agterna nie. Elke sekonde is
ons oomblik van waarheid.

> Dit is waar dat mense hunker na liefde van ons medemens. Maar Christene
> glo dat ware naasteliefde slegs moontlik is as mens jou in die eerste
> plek met God versoen het - deur die reddernde genade van
Jesus Christus.

Het in baie lande rondgereis waar ander godsdienste beoefen
word. Die verskil is Boeddhiste in Thailand en Maleisië is
nie skaam om hulle godsdiens beelde in hulle winkels te hou
nie. Maar die Christene is baie skaam vir hulle godsdiens
in SA se publieke lewe. Nou onlangs eers het ek 'n "bord"
gesien met Bybelversies in Afrikaans en Engels in 'n
winkel. Ek dink dit is baie pragtig.

> Vir die Christen is dit wel beskikbaar. God vergewe die sonde van
> gelowiges. Gratis en verniet. Sonder voorwaarde. Bloot op grond van die
> geloof dat Christus vir hul sondes gesterf het. Niks
anders nie.

Hierdie beginsel word misbruik, wanneer sommige dink hulle
kan net doen wat hulle wil, andere seermaak, want hulle
beste werke is in elk geval in die sonde. Die verskil is om
uit die modder te klim. Die beginsel van "zero tolerance"
gaan mense seermaak. Maar dit is hulle eie verkragting van
hulle sonde teologie se skuld. Die tyd het gekom om "zero
tolerance" eerste op hulself / myself toe te pas, voordat
die Staat dit toepas.

> As mens dit begryp, kan jy ook verstaan waarom dankbaarheid die lewe
> van verloste Christene so radikaal kan verander.

Pas "zero tolerance" toe op sonde, of die lewe sal radikaal
verander.

> Ons beste werke is vol sonde. Maar Christus, deur sy soendood, vergewe
> al die sonde van elkeen wat in Hom glo.

Dit is nie genoeg. Met "zero tolerance" sal 'n mens op
aarde jou agterent sien. Wees gewaarsku.

Re: Positiewe Nuus!!!!!! [boodskap #25814 is 'n antwoord op boodskap #25474] Do, 02 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 01 Sep 1999 23:38:24 GMT, @sympatico.ca wrote:
|Lou, dit is vir my merkwaardig dat baie van die mense op hierdie nuusgroepwat 'n
|aggressiewe Protestantse tipe Christelike leer aanhang (dis alles of
|niks) en ek dink nou aan mense soos jy en Johan en Leendert spesifiek, juis
|die mense is wat ook taamlik aggressiewe opmerkings maak teenoor mense
|met wie hulle nie saamstem wat politiek en rasseverhoudinge ensovoorts
|aangaan nie.

Jy wil so graag, en jy kry dit noumaar net nie reg nie...

Gloudina, ons pas nie almal in jou boksies nie. Hou gouer jy besef jy sal moet
vrede maak met jou eie gevoel van ongemak omdat jy nie almal om jou in kassies
kan plaas en presies definieer nie, hoe gouer sal juis daardie gevoel van
ongemak verminder.

Ek beskou myself as so 'n 90% alles of niks Christen - en ek dink nie die konsep
van alles of niks wanneer dit by Christenskap kom, is verkeerd nie. Ekself vind
dit net baie moeilik om te glo dat die Jode geheel by God se planne uitgesluit
is, maar dis nie iets waaroor ek kan redeneer of stry nie, want ek dink net God
weet regtig hoe Hy gaan maak.

Aggresief oor ander sake? Lyk my jy is ook nie baie gemaklik as iemand anders
by 'n standpunt staan wat nie met joune ooreenstem nie...!?!?!

Ek sien jy was vroeg op vanmore....kom jy ook agter dat die dae nou vinnig begin
krimp? My kinders sal bly wees - hulle kry maar swaar om te moet gaan slaap as
dit nog lig is.
Re: Positiewe Nuus!!!!!! [boodskap #25815 is 'n antwoord op boodskap #25474] Do, 02 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
reisiger  is tans af-lyn  reisiger
Boodskappe: 646
Geregistreer: Julie 1999
Karma: 0
Senior Lid
In article , @sympatico.ca
wrote:
> Nee, op Marchand. Die hele wereld daar is vol kanale. Grotes enkleintjies. Een
> van die vroegste herinneringe van my lewe is om
> langs 'n kanaal te sit en kyk na die vinnige vloei van die modderwater,
> met die geur van wilde mint in jou neus. En ons helde was daardie
> mense wat bereid was om die kanale skoon te maak, selfs wanneer
> die water onderdeur rivierspruite in pype van die een eiland na die
> ander gevloei het. Elke jaar was daar 'n "Oproep" om die kanale
> na te gaan en skoon te maak. Elke boer moes of self gaan of 'n
> verteenwoordiger stuur.
> Ken jy daardie geweste?

Glad nie. Nie eers geweet die plek het kanale nie.
Jy skryf baie skilderagtig. Upington se kanale met hulle
modderwater en krappe vang was waar ons vakansies
deurgebring het.

Re: Positiewe Nuus!!!!!! [boodskap #25816 is 'n antwoord op boodskap #25474] Do, 02 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
reisiger  is tans af-lyn  reisiger
Boodskappe: 646
Geregistreer: Julie 1999
Karma: 0
Senior Lid
In article , e...@dot.com
(Johan) wrote:
> On Wed, 01 Sep 1999 14:20:17 -0700, reisiger

> wrote:
>
>
> |Was Moses en Elia nie voorvader geeste nie?
> |
> Nee, en die verskil...? Hulle het verskyn....

Hulle was die voorvaders van Israel. Dit is nie duidelik
hoe hulle verskyn het nie - in die gees of vlees. Omdat
Petrus wou hutte bou neem jy aan in die vlees.

Re: Positiewe Nuus!!!!!! [boodskap #25817 is 'n antwoord op boodskap #25474] Do, 02 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @sympatico.ca

Leendert van Oostrum wrote:

> "Die feit dat hy 'n Christen" is, Gloudina, veroorsaak dat Leendert -
> vir so ver as wat hy kan - nie skroom om die waarheid te praat nie.

Hy skroom dus nie om vir "reisiger" uit te jou en vir hom te vertel hyhoort
in Weskoppies nie, want Christen Leendert skroom nie om die
waarheid te praat nie? Hy maak amper voor die voet blatatante
rassistiese opmerkings oor sy mede Suid-Afrikaners wat nie van
dieselfde kleur as hy is nie.Dis Leendert die Christen wat nie skroom
om die waarheid te praat nie? Neewat, ou Leendert, as ek jy is
verkondig ek nie my Christenskap so openlik nie, want jy is nie 'n
baie goeie advertensie daarvoor nie. As ek wil weet wat Christene
dink, lees ek liewer vir Teilhard (ek het al sy boeke, in Engelse
vertaling.)

Gloudina

>
Re: Positiewe Nuus!!!!!! [boodskap #25818 is 'n antwoord op boodskap #25474] Do, 02 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
@sympatico.ca wrote:

> Neewat, ou Leendert, as ek jy is
> verkondig ek nie my Christenskap so openlik nie, want jy is nie 'n
> baie goeie advertensie daarvoor nie.

Ek weet ek is geen goeie "advertensie" vir Christus nie. Daaroor is ek
oneindig jammer.

Maar, aan die ander kant: Die feit dat self 'n boosaardige mens soos ek
verlos kan word, demonstreer die omvang van Sy genade.

Vriendelike groete, Leendert
Re: Positiewe Nuus!!!!!! [boodskap #25819 is 'n antwoord op boodskap #25474] Do, 02 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @sympatico.ca

reisiger wrote:

> Voorvader geeste beskou ek as beskerm engele. Dieselfde
> ding, net 'n ander naam. Ek verstaan hulle bid nie na
> voorvader geeste nie. Ek bid nie na beskerm engele nie.
>

Ek wonder of julle nie die konsep van "voorvadergeeste" by die
inheemse mense van SA effens uit die verkeerde hoek bekyk nie.
Ek kan onthou dat 'n Zulu onderwyser vir my een keer vertel het
dat dit vir hom snaaks is dat die Amerikaanse sendelinge teen
"voorvadergeeste" praat, en tegelyk "Founders' Day" vier by die
sendingskool. Wanneer Afrikaners oor Piet Retief en Paul Kruger
praat en hulle name in die bewussyn hou, is dit nie maar dieselfde
as voorvaders te onthou nie?

Gloudina
Re: Positiewe Nuus!!!!!! [boodskap #25820 is 'n antwoord op boodskap #25474] Do, 02 September 1999 00:00 Na vorige boodskapNa vorige boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
reisiger wrote:
>
> Dit is die hele punt, Leendert. Hoekom moet 'n mens in die
> grond in gedruk word d.m.v. skuldgevoel kompleks

Christene glo nie die mens word in die grond gedruk nie. Die mens is
van nature in die modder. Al wat hom daaruit kan ophef, is geloof in
Christus.

> as 'n mens
> in die ewebeeld van God geskape is?

En deur die vry wil wat God hom gegee het, gekies het en kies om te
sondig.

> Dit klem val op sonde
> en nie self-ontwikkeling nie. Dit is verkeerd.

Christene glo dat "self-ontwikkeling" nie moontlik is nie, behalwe in
Christus.

> Maar om nie
> weer 'n fout te maak nie, goeie werke meer as om die hele
> tyd vir dieselfde sondes oor en oor vergewe te word. 'n
> Mens is 'n swak wese, maar hy het die reg om homself te
> ontwikkel, al bly hy 'n swak wese.

Ek weet nie of die mens so 'n "reg" het nie. Wat ek wel weet, is dat hy
geen so 'n vermoë het nie. Ek sien geen teken dat die mens in die
sesduisend (?) jaar waarvan ons weet enigsins "ontwikkel" het na iets
wat minder sondig is nie. Ek dink ons kan aanvaar dat daar in hierdie
eeu ten minste net sulke groot sondes gepleeg is as op enige tyd
tevore. Ook deur "christene".

> God sal nie Sy belegging
> in ons vernieting nie.

Jy haal Genesis aan. In Gen 6:5-7 staan: "Toe die Here sien dat die
boosheid van die mens op aarde groot was, en al die versinsels wat hy
in sy hart bedink, altyddeur net sleg is, het dit die Here berou dat Hy
die mens op aarde gemaak het, en daar was smart in sy hart. En die Here
sê: Ek sal die mens wat ek geskape het, van die aarde verdelg..." (1953
-vertaling)
Vorige onderwerp: Gloudina vs. Wife's Immigration to SA
Volgende onderwerp: Net 'n Toets
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 14 05:10:17 MGT 2024