Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Positiewe Nuus!!!!!!
Re: Positiewe Nuus!!!!!! [boodskap #25821 is 'n antwoord op boodskap #25474] Do, 02 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @sympatico.ca

Leendert van Oostrum wrote:

> Jou gejuig
> oor die omstandighede van Angelina se dood

> I rest my case. Hy is heeltemal op die koffie.

Gloudina

>
Re: Positiewe Nuus!!!!!! [boodskap #25861 is 'n antwoord op boodskap #25474] Vr, 03 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 02 Sep 1999 22:18:09 GMT, @sympatico.ca wrote:
|
|Ek wonder of julle nie die konsep van "voorvadergeeste" by die
|inheemse mense van SA effens uit die verkeerde hoek bekyk nie.
|Ek kan onthou dat 'n Zulu onderwyser vir my een keer vertel het
|dat dit vir hom snaaks is dat die Amerikaanse sendelinge teen
|"voorvadergeeste" praat, en tegelyk "Founders' Day" vier by die
|sendingskool. Wanneer Afrikaners oor Piet Retief en Paul Kruger
|praat en hulle name in die bewussyn hou, is dit nie maar dieselfde
|as voorvaders te onthou nie?
|
Gloudina, hiers nou vir jou 'n lekker prentjie: Oom Karel Boshoff op
Oranja, dans om 'n vuur, sny 'n wit bok se keel af, bied die bloed vir
ou tannie Betsie aan in 'n klei kommetjie en gedenk so sy skoonpa se
gedagtenis!!!!!

Maar ernstig: Ek dink die verskil lê tussen die onthou en wat my
persepsie is van swartes se glo dat die voorvaders hulle kan sien,
beheer en kan bly wees of kwaad wees oor wat hulle doen en hule dan
daarvolgens beloon.
Re: Positiewe Nuus!!!!!! [boodskap #25863 is 'n antwoord op boodskap #25474] Vr, 03 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @sympatico.ca

Johan wrote:

> Ek dink die verskil lê tussen die onthou en wat my
> persepsie is van swartes se glo dat die voorvaders hulle kan sien,
> beheer en kan bly wees of kwaad wees oor wat hulle doen en hule dan
> daarvolgens beloon.

En dis presies waar die moeilikheid begin. Wat JOU PERSEPSIE is vanwat
"swartes" glo, kleur jou "verstaan" van die onderwerp. Nou wil ek vir
jou ook nog doodernstig 'n vraag vre: ek sal nie verbaas wees as jy vir
my vertel dat jy, na jou fisiese dood, verwag om in die "hemel" jou ouers
wat jou dan heelwaarskynlik voorafgegaan het, te ontmoet nie. Baie
Christene dui aan dat hulle dit glo. Hoekom word wit Christene "toegelaat"

om hierdie dinge te glo, maar "swart" Christene is nou skielik heeltemal
dwaas om voorvadergeeste te eer? Verduidelik vir my asseblief die verskil.

Gloudina
Re: Positiewe Nuus!!!!!! [boodskap #25901 is 'n antwoord op boodskap #25474] So, 05 September 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
reisiger  is tans af-lyn  reisiger
Boodskappe: 646
Geregistreer: Julie 1999
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
e...@dot.com (Johan ) wrote:
> On Thu, 02 Sep 1999 22:18:09 GMT, @sympatico.ca wrote:
> |
> |Ek wonder of julle nie die konsep van "voorvadergeeste" by die
> |inheemse mense van SA effens uit die verkeerde hoek bekyk nie.
> |Ek kan onthou dat 'n Zulu onderwyser vir my een keer vertel het
> |dat dit vir hom snaaks is dat die Amerikaanse sendelinge teen
> |"voorvadergeeste" praat, en tegelyk "Founders' Day" vier by die
> |sendingskool. Wanneer Afrikaners oor Piet Retief en Paul Kruger
> |praat en hulle name in die bewussyn hou, is dit nie maar dieselfde
> |as voorvaders te onthou nie?
> |
> Gloudina, hiers nou vir jou 'n lekker prentjie: Oom Karel Boshoff op
> Oranja, dans om 'n vuur, sny 'n wit bok se keel af, bied die bloed vir
> ou tannie Betsie aan in 'n klei kommetjie en gedenk so sy skoonpa se
> gedagtenis!!!!!
>
> Maar ernstig: Ek dink die verskil lê tussen die onthou en wat my
> persepsie is van swartes se glo dat die voorvaders hulle kan sien,
> beheer en kan bly wees of kwaad wees oor wat hulle doen en hule dan
> daarvolgens beloon.

reisiger skryf...
> Die Christelike godsdiens en die Voorvader Geeste
> godsdiens is so baie naby mekaar,
> dit is net nie waar nie.

Het nie geskryf dit is dieselfde nie. As ons verskille wil
soek, dan sal ons baie vind. Maar as ons ooreenkomste vind,
dan sal ons dit ook vind, want dit is daar. Daarvoor is
daar bestudering nodig. Het die naweek 'n opsomming gelees
daaroor. Maar hierdie is nie die plek vir my om dit te
bespreek nie, want dit is die openbare media. Sekeres neem
halwe inligting hieruit om haat aan te stook. Wat ek nie
sien nie!!! En net wat hulle wil uitgee. Ek hou nie daarvan
nie. Dit is beter vir my om nie voort te gaan met hierdie
bespreking nie.

Re: Positiewe Nuus!!!!!! [boodskap #25939 is 'n antwoord op boodskap #25474] Ma, 06 September 1999 00:00 Na vorige boodskap
lou[1]  is tans af-lyn  lou[1]
Boodskappe: 579
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
reisiger wrote:
>
> In article , @sympatico.ca
> wrote:
>> Nee, op Marchand. Die hele wereld daar is vol kanale. Grotes enkleintjies. Een
>> van die vroegste herinneringe van my lewe is om
>> langs 'n kanaal te sit en kyk na die vinnige vloei van die modderwater,
>> met die geur van wilde mint in jou neus. En ons helde was daardie
>> mense wat bereid was om die kanale skoon te maak, selfs wanneer
>> die water onderdeur rivierspruite in pype van die een eiland na die
>> ander gevloei het. Elke jaar was daar 'n "Oproep" om die kanale
>> na te gaan en skoon te maak. Elke boer moes of self gaan of 'n
>> verteenwoordiger stuur.
>> Ken jy daardie geweste?
>
> Glad nie. Nie eers geweet die plek het kanale nie.
> Jy skryf baie skilderagtig. Upington se kanale met hulle
> modderwater en krappe vang was waar ons vakansies
> deurgebring het.
>
Oppas die ou ding kan vreeslik lieg hoor so vat dit maar met 'n knippie
sout.
Vorige onderwerp: Gloudina vs. Wife's Immigration to SA
Volgende onderwerp: Net 'n Toets
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Jun 08 03:38:31 MGT 2024