Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » die skouerkabouter
die skouerkabouter [boodskap #140479] Sa, 22 Oktober 2022 10:35
Louis Basson  is tans af-lyn  Louis Basson
Boodskappe: 200
Geregistreer: Junie 2022
Karma: 4
Senior Lid
jou stoute kabouter wat so oor my skouers klouter
jy maak my baie seer elke keer as ek probeer
om jou te tug oor die dinge wat jy kwytraak hier op my rug

as ek jou in die hande kry gaan daar niks oorbly
van jou grote bek wat jy so lief is om te rek
maar al slaan ek so woes ontglip jy my houe deur te spring en te koes

eintlik is jy ‘n goeie ou as jy net wil onthou
dat jy moet leer om te luister en in my oor te fluister
eerder as om op jou rug te lê en jou sê te sê
Vorige onderwerp: ek het vir jou baie lief
Volgende onderwerp: die sterretjie in die hemelruim
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Apr 29 06:14:40 MGT 2024